Hoekom?

Hoekom bly ‘n pragtige vrou by ‘n man wat haar emosioneel en fisies mishandel?

Hoekom verdra sy dat hy haar in die openbaar so seermaak met woorde dat ek dit in haar oë kan sien?

Hoekom laat sy toe dat hy haar vrouwees vertrap?

Ek verstaan nie.

sadwoman.jpg

Advertisements

45 Responses so far »

  1. 1

    Kokkewiet said,

    Dellie, ek vra dieselfde vraag. Dis iets wat my verstand laat stilstaan, iets waarop ek baie vrae het, maar geen antwoorde!!!

  2. 2

    SHARKS said,

    Dellie ek was vir 12 jaar getroud met ‘n vroueslaner, dit is nie so maklik om uit so huis te ontsnap nie, hy het ons geslaan, gegooi met messe, geskop, met ‘n tuingraaf my gedonner dat ek bly lè het, op my al geskiet, een oggend voor werk het hy my vreeslik geslaan, daai pyn in my kinders se ogies het my laat wakker skrik, ek is polisie toe, saak gaan maak, dokters toe, hom laat toesluit, sy vuurwapens is van hom weg gevat, interdik gekry terwyl hy sy 3 dae in die tronk gesit het, toe eers kon ek en my kinders ons goedjies vat en vlug, my pa en sy broer het my en kinders kom haal. Mens kom nie so maklik weg van so bliksem nie. Hy dreig jou, jy is bang, verward deurmekaar, kruip weg in jou huis omdat jy nie wil hè die bure moet sien hoe jy lyk nie, nee dit is hel!!

  3. 3

    patches said,

    Dellie my ding, sal ons ooit weet? Die liefde is ‘n snaakse ding en al wat ons regtig kan doen is om te sê : Dankie Here dat ek nie so man het nie, or for that matter so vrou het nie. En verder kan ons net diegene wat deur so situasie gaan en in nog so situasie is probeer bystaan waar ons kan, probeer raad gee. Maar party keer weet jy nie eens dat jou beste vriendin, sussie, niggie, of jou buurvrou in so situasie is nie, dit is nie hulle skuld nie, hulle het nie gevra daarvoor nie, maar hulle is te bang om dit op die lappe te laat kom, want wat gebeur as (hy) uitvind ek het iemand daarvan vertel? Ons moet sulke mensies help anders kan dit net te laat wees.

  4. 5

    CLAZINE said,

    More sê baas,

    Ja nee, dis ‘n ernstige sakie wat jy hier opper.

    Weet jy ek het al gesien dit is absoluut waar wat sharks sê, al dit en dan verloof daai vrou haar selfbeeld, menswees en trots en dan begin hulle glo dat hulle moet geslaan word! Dit word ‘n bose kringloop wat net deur haarself gebreek kan word, almal kan probeer help maar as sy nie besluit om dit self te stop nie, is alles te vergeefs.

    Hier by ons werk ‘n ma van so ‘n dogter was so mishandel was, jy kan nie glo waardeur so mens gaan nie en magteloos moet toekyk, omdat die dogter elke keer weer die bliksem ‘n kans gee. Maar gelukkig met God se genade het sy haar weg oopgesien en uiteindelik die “ketting” gebreek. Sterkte aan almal daar buite wat miskien nie net fisies aangerand word nie, maar emosioneel verkrag word deur boelies wat nie hulle eie portuur kan face nie.

    Nou ja, Clazine moet werk, ‘n mooi Vrydag vir julle almal.

  5. 6

    Dellie, Ek het ‘n man wat my baie emosioneel mishandel. Ja en ek weetnie hoekom ek by hom bly nie. So het ek ook ‘n vriendin wat dieselfde pad as ek loop. Dit is baie baie eina, veral as hy dit doen voor my kinders. Want die kinders is sy hele lewe. So vat hy ook amper nooit aan my nie en ontvang ek dus baie min liefde, maar as hy seks wil hê dan moet ek gereed wees.

    Ek kan nie verstaan hoekom ek by hom bly nie, maar dis seker omdat ek nie kan op my eie finansieel staande gaan bly nie. Hy manupileer my ook daarmee, dat ek sal ook nie die kinders kry nie, want ek sal nie vir hulle kan sorg nie. Party dae is hy baie nice, maar dan verander hy binne ‘n uur na ‘n beledigende mens toe. Ons is al 24 jaar getroud, en so lank hou dit al aan. Ek dink miskien is jou vriendin ook bang om op haar eie te gaan weens finasiële druk. As ek ook finansieel sterk was, het ek ook seker al geloop. Maar sulke mense weet presies hoe om jou te manipuleer, en bang te maak.

  6. 7

    phibbie said,

    Hi hier ook. Dit is seker een van die moeilikste dinge vir iemand in daai posisie. Eintlik kan niemand daai persoon help nie, net die persoon self. Sy moet besef dis nie haar skuld nie. Hy is so gebore met daai gene of iewers het iets in sy lewe skeefgedraai en sy is die een wat die prys moet betaal. As daar kinners betrokke is is die situasie nog erger want wie gaan vir haar sorg, wie gaan vir die kinders sorg. Sy kan na die Landdroskantoor toe gaan en ‘n Vredesbevel teen hom kry en sy sal moet dr toe gaan vir die nodige ondersoek en bewyse teen hom. As sy dit nie wil doen nie, neem self foto’s sommer met die sel. Bewaar dit in of op ‘n baie veilige plek. Ek weet van vrouens wat gewag het tot die man slaap, dan bliksem hulle hom en neem fotos, maar hulle slaan merke waar mense dit kan sien. Ek sal hom bliksem en dan die fotos na al sy pelle toe stuur en dan hof toe gaan en hy sal maar moet sit, want die bail sal ek nie betaal nie. Maar sussie, jy moet die krag van iewers kry om op te staan en iets te doen vir jouself en vir jou kinders as jy het. Dit gaan nie ophou nie al belowe hy hoe hard en plegtig. Een woord van troos, dit voel nou soos die einde van die wereld, maar glo my eendag gaan die wereld vir jou oop en dan gaan jy sien die lewe isse lied, jy moet net saam sing. Baie sterkte en voorspoed en ons sal bid vir krag sodat jy kan doen wat jy weet jy moet doen.

  7. 8

    Zee said,

    Dellie, sjoe, diep sake hierso, ek gaan maar net nou en dan hierso loer, en sommer ((almal)) vir julle. Ek was nog nooit in die posisie nie, ken nie iemand in so posisie nie, maar ek dink ek gaan baie hier leer vandag.

  8. 9

    Ek het geleer om stil te bly en nie verder konfrontasie uit te lok nie. Dan draai ek om en doen my eie ding. Dit is nie lekker om kort kort te hoor hoe common jy is en hoe karakterloos jy is nie, maar ek het ook geleer om vir myself gelukkig te maak en nie op hom staat te maak vir geluk nie, daarom is my geloof in God so verskriklik sterk, want waar anders en met wie anders praat jy? En God laat nie toe dat iemand op Sy kinders trap nie, so dit kom altyd terug na hom toe.

    Die keer toe hy sonder werk was laas jaar, was dit vir my die ergste tyd van my lewe gewees, nie het ons absoluut sonder kos gesit nie, maar was hy gedurig deur onder my voete, en het hy al hoe meer dinge uitgedink om vir my te sê en oor te verneder. As daar nie kos was nie, het ek die vernedering en skel gekry. Want dis ‘n slegte ma wat nie kan kos maak nie!! Maar elke keer staan ek op en gaan aan. Soos ek ook sê party dae is hy baie baie vriendelik en dan gaan dit goed tussen ons, maar as ek net 1 skewe beweging of woord sê dan stroom die emosionele mishandeling. Die ander tipe van mishandeling is die feit dat ek altyd verkeerd is en die kinders reg. Maak nie saak hoe die kinders my behandel, hulle is altyd reg en hy vat hulle kant. Wat die ergste is, is die feit dat indien ‘n vrou in so situasie liefde gaan soek in ‘n ander man se arms, is sy die een wat verkeerd is. Maar weer sê ek, jou vriendin moet vasklou met allles wat sy het aan God. Dit is my anker. Ek gesels ure met God en dan kry ek nuwe krag en vertroosting. Ek sorg dat ek elke dag netjies lyk, hy moet nie ‘n vinger na my kan wys nie. Maar sulke mans soek totdat hulle iets kry om die vrou se selfbeeld af te breek sodat ons minderwaarder moet voel. Jy sien my man is ‘n weeskind, het by familie groot geword, wat hom altyd afgekraak het en seer gemaak het. Daarom weet hy nie hoe om ‘n vrou te hanteer nie, want hy het nooit ‘n moeder figuur geken nie. Hy het nooit ‘n pa figuur geken nie en daarom weet hy nie hoe om met liefde teenoor ‘n vrou op te tree nie. Ek en hy kan net so goed suster en broer gewees het. Dit klink verskriklik, maar dit is die realiteit. Party dae vang dit my verskriklik en dan huil ek my oe uit, maar ander dae dan staan ek sterk en hou ek my kop omhoog. Dit is nie ‘n lekker lewe nie, maar ‘n mens moet maar die beste maak van so ‘n situasie as jy nie daar kan uitkom nie.

  9. 10

    boendoe said,

    Soos Zee se, ek sal maar lees en leer, want ek was ook nog nie in so situasie nie. Sterkte aan almal wat hul harte hier kom leegmaak.

  10. 11

    gpcis said,

    Dellie se vriendin

    Kyk mooi en lank na jouself in ‘n spieel. Sien die gelukkige kind wat jy was, voel hoe die liefde vir jouself terugkyk na jou toe. Kyk na jou gesig – lyk jy nog bekend vir jouself of het swaarkry jou oë dof gemaak.

    Belowe jouself in daai spieel dat jy spesiaal is en nie die mens is wat van jou gemaak is nie. Draai dan weg en begin met jou eerste tree terug na geluk.

    Elke donker wolk het ‘n silwer randjie – my ma se sêding en baie waar.

    Sterkte

    Karl

  11. 12

    Dellie said,

    Dankie vir julle deel. ((Louise & Sharks))

    Ek wil so graag help, maar ek weet nie hoe nie. Stories soos julle s’n MOET haar dinge in ‘n ander lig laat sien.

  12. 13

    vygie said,

    Ja, vrek, dis nie ‘n eenvoudige saak die nie, want ons is mense. Ek kan verstaan hoe ‘n vrou (of man!) in ‘n verhouding kan bly waar hulle mishandel word.

    Wie van julle het As it is in heaven gekyk? Waar Gabriella vir Connie (wat haar mishandel het)in die tronk gaan besoek en vir hom iets sê van: Ek weet jy’t jou bes gedoen. Dis maar wat ons almal doen.

    Ek dink die man is dalk letterlik nie in staat daartoe om anders te reageer nie. En die vrou heel moontlik ook nie. Dit vat iets groots om haar te laat besluit, nou loop ek.

  13. 14

    mykopop said,

    Ek kon nie almal se bydraes lees nie, maar ek dink Sharks som dit baie raak op uit ondervinding, ook finansiële afhanklikheid soos Louise noem. Ek dink ‘n vrou wat in so ‘n situasie is moet net eenvoudig haar familie om hulp vra as hulle nie alleen daaruit kan kom nie, maar dit is seker ‘n bitter moeilike ding om te doen.

  14. 15

    Blue Eye said,

    Vriendin, ek weet nie hoe om dankie te sê dat jy en Christa en almal op jou blog so baie omgee nie. Julle weet nie hoe baie wardeur ek dit nie. Wat sou ek sonder julle almal tog maak.Ek weet dat ek darem nie alleen is nie.

  15. 16

    Jones said,

    Het in so huis grootgeword en die gelukkigste dag van my kinder dae is die dag wat my ma my pa gelos het. Ek was `n senuwee wrak as klein dogterjie en gesweer my man sal nooit sy hande vir my lig nie, ek sal hom so hard klap, hy sal so skrik en dit nie eens weer probeer nie. toe ek en my ma op ons eie was, was dit soos hemel op aarde. Ons het swaar getrek aan die begin maar dit was elke oomblik `n wonderwerk.

    Ek weet nie wat die situasie in ander mense se gevalle is nie, maar moet nooit ter wille van die kinders sulke nonsens vat nie. God het jou belangrik genoeg geag om jou te skep op die aarde van Hom, en dit is definitief nie om `n ander skepsel toe telaat om jou kosbare lewe te verwoes nie.

  16. 17

    Amanda said,

    Ek het ‘n tannie wat 30 jaar in ‘n fisiese en emosioneel afbrekende huwelik was. Ek en sy is vreeslik na aan mekaar so ek het presies geweet wat aangaan.

    Sy was huisvrou tot die kinders uit die skool was en het toe besluit die lewe raak te duur, sy moet ook gaan werk. Sy het haar eie geld verdien maar nooit gesien nie. Sy het nie eers geweet hoe om geld te trek nie. My oom of niggie het haar geld namens haar beheer (lees: uitgegee).

    Eendag het sy my net gebel en gesê sy is nou by die werk maar gaan gou huis toe, ek moet nie bekommerd raak as sy baie stil is vir ‘n dag of 2 nie, sy laat my weet waar sy is. Sy het huis toe gery, alles behalwe die belangrikste klere gelos en in ‘n tuinwoonstel ingetrek baie kilometers van waar hulle gebly het. Binne ‘n paar maande geskei en sy is nou die gelukkigste mens ooit, met die nuwe liefde in haar lewe.

    Sy sê altyd sy weet nie hoekom het sy nie lankal geloop nie maar tog het sy by hom gebly vir die kinders en ook omdat hy nooit wou hê sy moet gaan werk nie.

    Al wat jy kan doen vir jou vriendin is om daar te wees vir haar. Dit is so moeilik om uit so ‘n huwelik/verhouding te kom, hulle begin naderhand glo hul is “useless”. ((((((DELLIE & VRIENDIN)))))

  17. 18

    Eben said,

    Dellie allie wereld maar dis hartseer as jy daarvan praat. Ek kan nie glo mens kry sulke mense, en stem met Mykopop en Sharks, dit gaan seker oor finansies!! Maar blikkie emmer is dit alles die moeite werd!!

    Sterkte vir almal wat hierdeur gaan!!

  18. 19

    Platkuif said,

    ek dog die hele SH en HG sage is nou klaar…

  19. 20

    Dellie said,

    Platkuif, ons praat nie oor HG of SH nie. Daar is belangriker goed vandag.

    My Blouoog vriendin, ek wil net hê jy moet dit weet: jy is nie alleen nie. Jy hoef nie te worry oor ‘n dak oor jou en die kinders se koppe nie, en ons sal nie toelaat dat julle honger gaan slaap nie. Maar JY sal die volgende stap moet neem. Niemand anders kan dit vir jou doen nie.

    Jy is ‘n pragtige mens, ‘n wonderlik ma. Hy verdien jou nie. Wees sterk, neem daardie eerste treëtjie, ons is hier vir jou. ((Blue Eye))

  20. 21

    SHARKS said,

    Blue eye onthou ek was al daar, jy kan daar weg, laat hom toesluit, dit het vir my gewerk.

    Vandag is ek met ‘n groter bliksem getroud, ek sal ook nooit leer nie!!

  21. 22

    CLAZINE said,

    Ai Ai my mense, dis hartverskeurend om dit hier so te lees. Ek vir een verstaan dit glad nie dat jy by so ‘n mens kan bly nie (skuus, as ek dalk hard oorkom), weet julle, ek dink net asboluut te veel van myself.

    Die Here wat aan die kruis gesterf het vir elke iedere siel wat in Hom glo, het so ook vir my en vir julle gesterf! Daarom God verwag van ons as mens (ons is immers na Sy beeld geskape), om na onsself te kyk, dit is eintlik al wat hy vra die res is in Sy hande, Hy het ons gesonde verstand gegee om te kan dink en doen en verwag van ons om dit te gebruik, as Onse Liewe Jesus sien dat jy WIL gehelp word, SAL jy gehelp word deur Hom en vriende/vriendinne, familie, bure, mense wat jou lief het, as jy daardeur is en jy gaan staan “stil” en kyk terug, gaan jy sien God was die hele tyd onder jou, maar ….. Hy verwag van jou as Sy kind om die eerste treë te gee, die res sal vanself kom.

    So ek vra met liefde in my hart vir julle (elkeen weet wie hy/sy is), vat daardie eerste tree!!!!! daar is so baie hulp as jy net wil, NIEMAND kan jou help as jy nie jouself wil help nie. So groot asseblief, dit sal bitter moeilik gaan in die begin, maar jy sal nooit eendag spyt wees oor die “guts” wat jy gehad het nie, en daarmee saam mense om jou se respek, en voor jy jou kom kry is jou selfbeeld, selfrespek hoër as hoog en vra jy vir jouself die vraag af :hoekom het ek dit nie laaaaannnkaaalll gedoen nie. Die lewe is kort julle ouens, en ons kry hom net een keer, geniet hom want dis hoe God dit bedoel het toe hy ons geskape het.

    Liefde en baie sterkte vir iedere en elkeen van julle.

  22. 23

    Platkuif said,

    Dellie…sulke mans change nie.’a leopard…’of jy ‘n gewone man op die straat is en of jy ‘n superster is…die aksie,reaksie en optrede is PRESIES DIESELFDE.ek was al betrokke by vriendinne en kennisse in soorgelyke situasies…my voorstel en oplossing…stuur die doos in sy bliksem in.Punt.Red wat daar ter redde is.Cut your losses en beweeg aan.Tyd sal die seer beter maak.Iemand wat ‘n ander persoon fisies en emosioneel so apfok en afkraak verdien nie daardie persoon se teenwoordigheid nie.So persoon verdien niks nie.and that is all i have to say about that.

  23. 24

    Platkuif said,

    laaste gedagte…Do not be deceived, God is not mocked; for whatever a man sows, this he will also reap…(Galatians 6:7).

  24. 25

    CLAZINE said,

    Platkuif, waar woorde.

    Het eenkeer in die Kerk gesit en ‘n “ou” Dominee wat in my kinderjare
    altyd daar was het sy hand opgelig en na bo gewys en gesê: “Onthou net God laat nie met Hom spot nie”, en dit sal my,my lewe lank bybly en vind toepassing in my handel en wandel elke dag. (en… God was mos by toe ons die huweliksbelofte afgelê het?)

  25. 26

    Sammi said,

    Soveel eina by soveel mense, ai julle, sterkte!

  26. 27

    TristonJ said,

    Sammi ek stem… soooo veel eina! ((((almal))))

  27. 28

    sonkind said,

    ‘n Vrou bly nie altyd by so ‘n man net omdat sy nie finansieel op haar eie voete kan staan nie. Eens op ‘n tyd was jy lief vir daardie man. Jy hoop altyd hy sal jou nie weer verniel nie, soos hy elke keer belowe nadat hy afgekoel het en besef het hy het jou weereens aangerand. En dan wil jy dit so graag glo. Dalk het jy kinders by daardie man. Dit gaan ook nie elke dag net sleg saam met so ‘n man nie, daar is ook mooi tye saam. En dis hierdie bogenoemde wat jou laat bly en bly en hoop en hoop.

    Totdat jy een dag besef hy gaan nooit verander nie. Soms is jy teen daardie tyd so stukkend dat jy jouself nie meer herken nie, die gelukkige kind wat jy eens was verloor het, soos een van julle hier bo geskryf het. Dan, as jy nog genoeg moed iewers uit jou boomskraap gemoed kan bymekaarskraap, vat jy jou kinders en jou hond en jy loop. Dan tel aardse besittings nie meer nie, jy loop met niks meer as jou kinders en jou hond nie en jy gaan begin ‘n nuwe lewe en jy kyk nooit weer terug nie. En jare later kan jy nie glo jy het jouself ooit so laat verniel nie. Jy dink terug aan daardie tyd en jy is nie meer kwaad vir hom nie, jy is net kwaad vir jouself dat jy jou tyd so gemors het. Maar jy is gelukkig, want jy het heel anderkant uitgekom en jy het ‘n tweede kans op geluk gekry.

    Nie almal is so gelukkig nie, party wag te lank, hoop te lank en eendag is dit te laat.

    Blue Eye, moenie dat jy een van die word wat te lank gewag het nie, moenie dat dit vir jou te laat word nie. So ‘n man verander NOOIT nie, al is nooit ‘n baie lang tyd. Moenie glo dat jy nie op jou eie voete kan staan nie. Moenie glo dat jy niks werd is nie. Solank jy dit glo, sit jy die mag in sy hande.

    Glo in jouself, vat jou lewe terug. Jy is besig om jare te mors waaroor jy vir altyd spyt gaan wees. Glo my, ek weet waarvan ek praat.

  28. 29

    mieliepap said,

    Gert en Susan is getroud. Susan se ouers en vriende weet dat Gert nie cool is nie. (Ouers en vriende weet) Susan wil aanvanklik graag vir almal wys dat Gert nie so bad is soos wat hulle maak en sê nie. Sy glo dus in Gert, sy gee vir hom haar alles. Sy voel dat sy ‘n verhouding met Gert opbou, vir hom iets gee wat niemand anders bereid is om vir haar te gee nie. Dit is amper asof sy ‘n belegging in Gert maak, dus Gert skuld haar. Dan begin Gert haar timmer. Agv haar ingesteldheid (al die voorafgenoemde) gebeur iets baie vreemds in haar kop. Gert se aksies maak dat Gert nog dieper in die skuld is by haar, hy tree immers verkeerd op teenoor haar. Die logiese gevolg van hierdie “skuld” is dat Susan dink sy het meer van ‘n handle op Gert. Hy is nou iets aan haar verskuldig agv sy verkeerde optrede. Sy glo eerstens (verkeerdelik) dat hierdie verskuldiging vir haar leverage (onderhandelkrag) gee om hom te manipuleer (en miskien re te kry), wat tot haar voordeel kan wees, en tweedens, omdat sy dit toelaat, begin (obviously) sy dink dat sy dit verdien. Derdens is sy skaam oor die situasie, want face dit, dit is maar soos verkragting in die kleine, mense is skaam daaroor. Ek het nie regtig ‘n clue nie, maar dit is hoe ek daaroor dink.

  29. 30

    mieliepap said,

    O ja, ek wou nog bysê, “pragtige” vrouens verdien nie meer of minder om mishandel te word nie. of sy pragtig is (binne of buite) maak nie ‘n dooie duit verskil nie. Sy verdien nie om mishandel te word nie. Punt.

  30. 32

    Carolina said,

    Dis so hartseer dat verhoudings (eens op ‘n tyd was hulle tog lief vir mekaar!) so moet eindig! Dis so onnodig! Hoekom?? Wat het verkeerd geloop?

    Is daar ‘n geldelike gebrek? (Druk op jou man? Druk op jou?)
    Spandeer julle te min tyd saam? Kwaliteit tyd?
    Verstaan jy hom nie? Verstaan hy jou nie!
    Genoeg liefde? (Woorde en handelinge)

    Gebrek aan bg. goed kan ‘n man “very angry” maak!
    Hy is sommer kwaad vir homself en haal dit op die persoon naaste aan hom uit! Dis VERKEERD!! maar dit gebeur! en hoe meer dit gebeur hoe minder selfrespek het hy vir homself. Dit word ‘n bose kringloop!!

    Die kwaad loop in ons almal! Maar ons moet leer om mekaar te verstaan en te vertroetel! Dan kom die beste in mekaar na vore! Anders bou die kwaad in ons op!! En dinge loop lelik skeef!!!!!

    Miskien kan hy verander??
    By die Here is niks onmoontlik!

  31. 33

    Zee said,

    (((Blue eye, Sharks, Louise)))

  32. 34

    platterfuss said,

    dellie, ek was daar, 15 jr lank.

    Vrees en emosionele afpersing hou mens daar. En mens se selfbeeld word so vertrap, jy dink later jy verdien dit! Hulle is gewoonlik siek manipuleerders, en buitewereld sien hulle as na aan perfekte mans, min wetende…

    Ek is n sterk mens, ek kon nie daaruit kom voor dit amper te laat was nie. Hoe moeilik moet dit wees vir swakker mens? En as daar kinders is…

  33. 35

    Carolina said,

    Dellie
    Veels geluk ek sien jy is nommer 4 op die lys van top BLOGS! Welgedaan!

  34. 36

    Roer said,

    Ek verstaan dit ook nie.

  35. 37

    Vertrappte said,

    Dink is omdat jy van kleins geleer word dat jy as vrou nie ‘n sê het nie. As jou eggenoot se dit is so dan is dit so, want die man dra mos die broek.

    Het ook al in die Bybel gesoek na antwoorde maar net gesien dat al wanneer jy mag skei is met owerspel.

    Met die insetsel van jou het my oë weer oopgegaan maar daar is nog klomp komplikasies soos voertuig en blyplek.

  36. 38

    Dellie said,

    Vertrapte, sterkte vir jou ook! Ek sal julle op hoogte hou, Blue Eye het vandag begin planne maak. Hou duime vas dat dinge uitwerk. Genoeg is genoeg.

  37. 39

    Vertrappte said,

    Dankie!! Hoop net die beste vir haar ten minste is dit een vrou minder wat vertrap word

  38. 40

    Dellie said,

    Vertrappte, jy laat nie ‘n e-mail adres nie. Wil jy nie vir my ene stuur nie asseblief? My adres is homedotwelkomatgmaildotcom. Sit die punte in waar dit moet wees. Miskien kan ek iets doen?

  39. 41

    Niclau said,

    Dellie

    Het gou weer hier kom loer en kan vir jou net die volgende sê … die stelsel werk so … hulle is maar almal psigopaties van aard. Hy vind uit waarvan hou en waarvan nie, wat maak jou bang en en wat nie. Dan begin hulle met die games … hy sê iets en jy reageer daarop net sodat hy kan omdraai en sê hy het dit nooit gesê nie. Sodoende begin jy dink jy is mal. Jy mors met jou koppie… Die eerste keer wat hy jou slaan wonder jy hoekom? Die tweede keer het jy jou al oortuig jy verdien dit .. en later wonder jy of hy nie maar MOET klap nie. Jou selfbeeld is teen hierdie tyd so swak dat jy alles begin glo wat hy sê. Jy dink hy moet ‘n held wees om by jou te bly … Ander mense dink dan ook hy is SO wonderlik …. Genadiglik het ek die dag toe ek van die vloer af opstaan met harsungskudding genoeg gehad en gewaai. Ek het ‘n saak gaan maak … en terug getrek want hy het gebel en gesê doen ek dit nie, sal ek nie die volgende dag lewendige by die werk uitkom nie … en ek het hom geglo! Vandag is ek al 5 jaar geskei en 6 jaar van hom af weg…. Dit is die goeie nuus. Die slegte nuus is dat sy nuwe meisie haar tand so sleg gekraak het sy kan nie lewe van die pyn nie … en sy weet GLAD nie hoe dit gebeur het nie … ek weet wat gebeur het, ek het haar oë gesien, die pleit gesien …. en ek kan haar nie help nie, want sy is nog te sterk in sy greep en ek is die “jaloerse” eks …

  40. 42

    […] liefste Blouoog vriendin, van wie ek hier gepraat het, ek wil jou so graag help. En die enigste manier om dit te doen, is om jou storie te […]

  41. 43

    […] die van julle wat nie Blou-oog se storie ken nie, gaan lees hier en hier. Vir die res, ‘n update: sy gaan sien vanmiddag ‘n prokureur, en dan sal die […]

  42. 44

    ROXY said,

    EK HET JULLE WEBLAD BESOEK EN DIT IS HART VERSKEUREND OM TE WEET HOEVEEL VROUENS MISHANDEL WORD EK IS SO PAAR MAANDE TERUG GETROUD MET ‘N MAN WAT MY VERBAAL EN EMOSIONEEL AFKRAAK EN DIE VOLGENDE DAG SAL HY SE HY IS LIEF VIR MY EN HY IS SO JAMMER .

  43. 45

    Rody said,

    Ek was 2 jaar lank in so huwelik. ‘n “Gesiene” familie van die omgewing, Kerk mense…so ewe ‘n regte glas kasteel en die duurste voertuie, en net die beste is goed genoeg, ek mag nie gewerk het nie, en as ek iets nodig gehad het mag ek hom nie gevra het vir geld nie want dan was die moeder-koningin op my,vrouens in daai familie het niks beteken nie en was in die mans se oe net daar vir 1 rede, maar soos hulle se, bo blink, onder STINK!!! Dis moeilik om net weg te stap, ek weet nie waar ek daai dag die krag vandaan gekry het nie, maar ek kon net nie meer nie. Maar dit is waar, as daar nie liefde en aandag in die ouerhuis was nie, het ‘n persoon nie ‘n clue hoe om iemand anders te behandel nie, en tot vandag toe is daar geen liefde van die ouers se kant af nie, terwyl volwasse mans hulle alles gee en huwelike opgee, net om aanvaarding te kry. Ek is nou ‘n week lank geskei, na ek 6 maande terug uit gestap het, ek het met niks daar uit gestap nie, want geen besittings of geld kan die seer herstel wat hy veroorsaak het nie. Nou moet ek onder en van vooraf begin, dis nie maklik nie, maar genadiglik kan ek in my ouerhuis bly tot ek weer op my eie kan staan, en met die genade van ons Hemelse Vader is enige iets moontlik!! Dankie tog daarvoor!!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: