I don’t like…

Vokkie, het my getag om 10 dinge te lys wat my afpp. Ek is ‘n “maklike” mens, dit vat nogal baie om my moer te koer. Maar jy vang my op ‘n slegte dag… dus…  

       Daai laaste druppel op die toiletsitplek… nie my eie manne nie, hulle het ek mooi getrain … dis die studente … flip!

       ‘n Bierbottel se prop wat ek nie kan afdraai nie, veral as dit ‘n aand soos gisteraand is en ek het dit RERIG nodig!

        Daai verspotte wrapping om ‘n nuwe CD – teen die tyd dat ek die ding af het, het ek nie meer naels nie en is ek sommer lus om op die CD te spring.

       Charities wat my tydig en ontydig bel en dink ek het genoeg geld om vir ALMAL te sorg – dit terwyl ek nie eers my Huisgenoot vir die week kan bekostig nie.

       Mense wat laat kom vir ‘n afspraak. Of nog beter, glad nie opdaag nie, en nie die moeite doen om te laat weet die kalf het in die put geval nie. En intussen sit ek vir hulle en wag soos Kiepie. (Wie is Kiepie, anyway?)

        Iemand wat te styf teen my staan in die ry voor die bankteller, so styf dat ek kan ruik wat hy drie dae terug vir middagete gehad het  – my magtig, gaan dit jou vinniger daar voor bring? Gee my asb spasie sodat ek kan asemhaal tot dit my beurt is.

       Girls wat onderlaag aansit soos ‘n masker, net tot op die ken en kakebeen. En in heel verkeerde skakering. Ek kry die wildste urge om hulle koppe tussen my knieë vas te druk en met skuurpapier die lyn te vryf sodat dit mooi insmelt met die kreukels in die nek.

       ‘n Man wat lelik praat met sy vrou, maak nie saak of ek dit per ongeluk hoor, OF of dit in die openbaar gebeur nie. Ek sien onmiddelik rooi.

       Vuil vingernaels en toonnaels – need I say more? Eeeek!

        Eksdom wat ons loadshit in die middel van ‘n lasagne wat nog moet gaarword…  

Ag dankie, nou voel ek sommer beter! Ek tag dan nou vir Sonneblom, Sonstudio, Bottertjie, Zee, Patches en Karl. Kry vir julle!

15 Responses so far »

  1. 1

    vokof said,

    Vokit Delilla, ek is bly ek het jou gister gevang, want jy is ‘n knorrige feetjie!

    Ek dink die onderlaag deel is moerse snaaks – kan jy asb net die gebeure op ‘n videokamera afneem, ek dink jy sal MK toe kan gaan met daai footage.

    Mag niemand vandag op jou seats p nie, en mag jou lasagne kraakbruin bo-op bak!

  2. 2

    vokof said,

    En jy neuk WRAGTAG weer met Huisgenoot. Het ons jou nou nognie bekeer nie?

  3. 3

    CLAZINE said,

    Hi baas!!

    Hoop ek en jy het ‘n beter Dinsdag!!

    Lekker werk. (ns. ek hoop niemand “drup” op die toilet sitplek vandag nie) hehe!

  4. 4

    Christa said,

    Hallo Dellie, jy praat nou..
    En ook mense wat my onderskat, omdat ek ‘n vrou is, veral as dit by karre kom. As ek my lighter soek, het gewoonlik ‘n paar maar soek altyd na een.
    As ek my sonbril by die huis vergeet….
    “Slaap” wat nog in die oe sit en ook vuil valstande – weet nie hoekom nie maar in valstande sien ‘n mens dit altyd raak.. – ag nee hel..(kry ‘n tandestokkie asb..)
    Uie in aartappel-slaai en lang rye..

    Lekker dag verder.
    Koekie

  5. 5

    BB said,

    Huisgenoot???!!! Tsk….😉

  6. 6

    Platkuif said,

    ek ‘luv’ mense wat laat kom vir afsprake…hulle maak my dan ‘betyds’😉

  7. 7

    […] 5, 2008 10 goetermajaties Posted by Zee under Sommer net    Ok, Dellie het my ge-tag van ‘n ander ge-taggery […]

  8. 8

    anne said,

    julle mense het issues,want to lay on a coach and talk about it?

  9. 9

    Bottertjie said,

    Uhm, ek’s nuut met hierdie ge”tag”gery. Moet ek nou op my blog my 10 goeters gaan post? Damn, Dellie, niemand kan jou beat nie. Dis cool!

  10. 10

    neykie said,

    (((dellie))) dit is skreeu snaaks

  11. 11

    Zee said,

    LMGA – Onderlaag, dis hoekom ek daardie goed aan my gesig sit nie, sukkel my alie af om dit “smooth” te kry en ook dan nou bang Dellie vang my innie straat😆

  12. 12

    Karl said,

    Dellie
    Geluk met jou ‘rating’ van beste blogs innie Sondag. Hehehe, media mogul aan die opkom hier.
    My tien pet hates:
    1. Hondestront op ‘n grasperk
    2. Posbus vol gemorspos
    3. Straatverkopers/bedelaars by my karvenster
    4. Mense wat kinders en babas in rookareas van restaurante laat sit
    5. Om in enige ry te moet staan
    6. Sokker ipv Oprah om 22H15 saans
    7. Babatjies wat onophoudelik huil op ‘n vliegtuig
    8. Nairobie se lughawe – glo my – dis HEL
    9. Mans wat hulle bene skeer
    10. Taai goed wat aan my skoensole klou

    Groetnis en dankike vir jou ondersteuning op my blog. Loer gerus more na die vreemdste trourokke wat ek nog gesien het.

    Karl

  13. 13

    patches said,

    Hallo dolla!! Ek het terwyl ek jou nuuste inskrywing gelees het sommer HEELTEMAL vergeet van die virus wat wegkruipertjie speel hier binne my. Ek is mal daaroor!!!

  14. 14

    Emil said,

    En natuurlik fokken vet, stinkerige huisvrouens met hulle drillige mae en 6 kinders wat by die betaalpunt skielik van nog 6 dinge onthou en jou moer vloek as jy haar daarop wys dat 11 ander in die tou staan en vriendelik versoek om haar lysie volledig op te skryf, of maar liewers ‘n anderse keer kom sodat ons ander sukkelaars ook kan klaarkry.

  15. 15

    mykopop said,

    😆 Ou Carl Boplaas het ‘n oulike gediggie geskryf oor so ‘n toustanery – nee, ek sal hom liewer nie blog nie! Stoute ou man gewees hy.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: