Don’t worry, be happy

Roer het my getag om vyf goed te lys wat my gelukkig maak. Vir vandag is dit die volgende:

  • Hoesmedisyne wat jou laat ophou hoes. Rerig. 
  • Ekstra sagte sneesdoekies wat actually ekstra sag is en nie voel soos skuurpapier oor my rou neus nie. Dit sal ook help as ek kan weet waar om daai kraantjie toe te draai. Waar kom die goed wat so uitloop in elk geval vandaan? Issit my brein wat besig is om op te los?
  • Lakens wat sweet as gevolg van koors kan absorbeer en my nie laat dink my kano is besig om te sink as ek wakker word nie.
  • As die lugdruk boor hier op die hoek van ons straat vandag die gees kan gee, sal dit my histeries gelukkig maak. Dit voel of hy in my kop boor.
  • As iemand anders vanaand kan kos maak. Ek soek net ‘n broodjie. ‘n Tamatiesous toebroodjie. Witbrood. Met baie tamatiesous. Dis my trooskos as ek siek is. Ek is flippen siek. Asseblief iemand, kry my jammer?!

Sorry Roer, maar hierdie virus is besig om MY bloots te ry! Ek kan nie meer dink nie. Ek sal seker more onthou om iemand te tag. Nag. Ek gaan nou slaap.

flu.jpg

NS. Darem iets wat my RERIG gelukkig maak vandag: Ek het 94% gekry vir my eksamen van Vrydag! Woo-hoo! Nou gaan ek hierdie virus bloots ry met Brandy!

Advertisements

19 Responses so far »

  1. 1

    Roer said,

    Ai tog! Sterkte ou girl. Gemmer brandewyn!

  2. 2

    Lootiy said,

    Shame Dellie, jy klink genuine siek!. maar dit is waar wat Roer skryf, bietjie brandewyn en jouself styf toedraai in jou duvet.

    sterkte

  3. 3

    BB said,

    /me kry vir Dellie baaaaaie jammer – life’s a bitch, but since you’re a girl, you don’t have to worry about marrying one 😉 x

  4. 4

    koekie1 said,

    Hi Dellie, ek het nou net op SSSB “gewonder” hoekom is jy so skaars. Sterkte met die siekte. My man glo weer aan “Med-lemon” en dan onder die kombers om daai griep uit te sweet! Moet sê dit werk nogal vir hom. Baie geluk met jou puik uitslag op jou eksamen – ek drink solank een op jou – tjorts!

    Ek kry jou baie, baie jammer, hoor??

    Koekie

  5. 5

    boendoe said,

    Geluk met die uitslae!
    Ga klim NOU innie bed! Sterkte!

  6. 6

    sonkind said,

    Dellie, toe ek ‘n kinders was, het my neef en sy maatjie witbrood met tamatiesous op geëet tot dit by hulle ore uitgekom het. Ek kon nog nooit glo dis ‘n kombinasie wat mens saam eet nie. En hier lees ek vandag, na al die jare, van nog iemand wat dit eet. Ek staan verstom!

    Anyway, hoop jou griep vat die hasepad – ek sou as die lyf waarin ek woon brood met tamatiesous op geëet het 😆

    En baie geluk met jou goeie punte!

  7. 7

    Dellie said,

    Ek is wragtig nog wakker! 😯

    Ek dink ek het dalk ‘n oordosis van “iets” ingekry. Laat ek sien – daar was die Brandy, en toe die Med-lemon (cherry flavour!) en toe die Vicks Medi-Nite … en nou is ek wa-wyd wakker (dink ek – note to self “check hierdie post vroeg more-oggend!”) :mrgreen:

    Ek dink ek moet gaan bad en die bed gaan opsoek.

    Roer, nog ene vir jou: moet asseblief nie blog onder die invloed van enige griep medikasie nie! 😆

    ‘Night!

  8. 8

    Karl said,

    Snuif, drup,gorrel,blaas,proes,nies,vee,traan,pyn,nog drup.
    Hoop jy voel gou beter. slaap soveel as jy kan en drink banje water.

    Geluk met jou uitslae – beteken dit jy weet nog meer !?

    Karl

  9. 9

    Karl said,

    5 Dinge wat my regtig gelukkig maak

    1. Die helder gelag van ‘n kind – of as hulle loop en sing
    2. My tuin in die Lente – ek lê ‘n tuin aan vir troufotografie
    3. Die voëlgesang voor die son opkom
    4. ‘n Hele Sondag in die bed met tjoklits. koerante en slaap
    5. Die wete dat ek my mamma en pappa weer sal sien as ek sterf

  10. 10

    sonstudio said,

    Genade, jy klink regtig siek! Hoop jy slaap lekker van al daai medisyne en voel sommer gou-gou beter.

    Baie geluk met die goeie punte, slimkop!

  11. 11

    mykopop said,

    He, he, ek onthou nou net my broer-hulle hou altyd sulke snesies in hulle kar, die goed se naam is Hi-Lux! Hulle is net so duskant karton. Ek hoop jy voel gou beter – wat van die eksamen? Gaan kyk by Skoor, haar een raat is vir verkoue, maar net as jy dit begin kry, maar dalk sal die lag ook help.

  12. 13

    Eben said,

    Baie geluk vriendin … sommer trots op jou!!

    gie gie … geen kommetaar oor die dinge wat jou gelukkig maak. (Jy vra eintlik so min, net om gelukkig te wees!!)

    Voel gou beter …

  13. 14

    SHARKS said,

    Gaan maar dokter toe, ek was Vrydag by die dokter wat my afgeboek het – maar eish gister was ek op my pos, en vanoggend toe is my hele lyf seer en styf, my bors was nog nooit so seer nie, my rug alles pyn, seker maar longontsteking, ek voel genuine goor, gaan net nou weer die dokter sien.

    Baie geluk!!

  14. 15

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,
    Ek hoop jy voel beter vandag. Jy klink rerig under the weather. En ek hoop iemand het jou broodjie gemaak. Baie geluk met jou uitslag! Dis mos hoe dit gedoen wil wees. 😉
    Groetetjies
    Sonneblom

  15. 16

    Kokkewiet said,

    Ek hoop jy voel stukke beter vandag!

    My seun hou net so van die tamatiesous toebroodjies.

    Baie geluk met jou uitslae!!!!

  16. 17

    Emil said,

    5 dinge wat my gelukkig maak:

    1. Die bulle wen die Stormers
    2. Die voorreg op daagliks hierdie blog the lees
    3. ‘n Glas rooiwyn (enige tyd)
    4. Die Parlotones
    5. Die voorreg om hier ‘n kommentaartjjie te kan los.

  17. 18

    Marina said,

    Dellie, hoop jy voel beter vandag!!
    Baie geluk met die uitslae!
    Sterkte!

  18. 19

    neykie said,

    sterkte met die siekte. en geluk met die mooi prestasie


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: