Wanneer is genoeg, GENOEG?

Ek is swartgallig vandag. Dis nie in my natuur nie. Daaroor voel ek al klaar bedonnerd. Ek weet nie wat om te doen daaromtrent nie, want dis nie iets wat gereeld met my gebeur nie. Daar is redes, en ek het al heel oggend gewroeg oor moet ek dit deel of nie? En toe eers by DM gaan kla….maar toe besluit dat ek nie sy hele dag wil beduiwel nie, so here goes…

My liefste Blouoog vriendin, van wie ek hier gepraat het, ek wil jou so graag help. En die enigste manier om dit te doen, is om jou storie te vertel. Want by myself KAN ek nie meer nie. Emosioneel is ek net so uitgeput soos jy. Ek kan nie glo dat ‘n man ‘n pragtige vrou soos jy sommer net so eenkant toe kan gooi nie.

Jou voorwaardes was die volgende, sodat jy hom nog ‘n kans kon gee. Eintlik het hy kom smeek en self die voorwaardes gestel:

  • Ek sal nie weer drink nie
  • Ek sal my deel doen in die huishouding
  • Ek sal ‘n werk kry en dit behou
  • Ek sal vir jou die man wees wat jy verdien om te hê
  • Ek sal weer jou liefde wen
  • Ek sal jou en die kinders op my hande dra 

Wat het gebeur intussen?

Baie dinge het gebeur intussen. Ten minste het hy werk gekry. Blouoog was verlede naweek na ‘n troue toe, net sy en die kinders, sonder hom. Hy wou nie saamgaan nie. En die enigste rede (in my mind) hoekom hy nie wou saamgaan nie, is omdat hy wou drink. En hy het behoorlik uitgehaak… Maar hy het vergeet ons was hier…. en ons het foto’s geneem….

Dis die “blame shifting” wat my onder kry. Sy was nie hier verlede naweek nie, dus is dit haar skuld dat hy weer gedrink het. Sy moet hom nou oppas, en daar is nie ‘n manier hoe sy kan aangaan met haar lewe nie. Al die beloftes wat hy nie nakom nie, is op een of ander manier haar skuld. Want sy pas hom nie op nie. (!)

Maar dis OK vir hom om haar half te verwurg in die vroeë oggendure. Dis regverdig, want sy het dit durf waag om saam met ons te kuier. Net langs hom. Nie eers op ‘n ander perseel nie. Nie in die stad by ‘n nagklub nie. Dit was net ons gewone ou klompie. Ons het net vleis gebraai en musiek geluister. Maar sy is die skurk in die verhaal. Al was hy gedrink, en al het sy net ‘n paar glasies wyn gedrink. Dis OK in sy mind.

Sorry, maar dis nie OK in my mind nie. Ek weet nie meer wat ek kan doen aan hierdie situasie nie. Ek het nie meer “iets” wat ek erens kan opdiep om dit vir haar beter te maak nie. Ek voel vandag absoluut gestroop. Daar is niks meer oor nie. Ek “sorg” vir hoeveel afvlerk voëltjies op hierdie stadium. Ek kan nie meer nie. Ek weet nie meer hoe nie. EK sit nou op moedverloor se vlaktes…. ek kan net nie meer nie! Asseblief my vriendin, DOEN iets! Nie een van ons kan VIR jou besluit nie, maar ek wil nie weer in die middel van die nag die polisie bel nie. Moet my  nie verkeerd verstaan nie, natuurlik SAL ek, maar genade, jy moet hier uitkom!

Ek voel afgeskeep deur my Liefie deesdae. Want net soos ek, kyk hy uit vir jou en al die ander. Teen die tyd dat hy klaar geworry het oor julle, is daar niks vir my oor nie… wat word dan van ONS? Ons gee raad, luister, help, maar wat bly emosioneel oor van ons aan die einde van die dag? Miskien voel ek more beter, maar vandag… ek weet nie meer nie.

32 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ai, Dellie en Blouoog-vriendin, ek het GEEN ondervinding van hierdie dinge nie. Maar wat Dellie se, het ek al baie gehoor by mense wat wel daardeur is: GET OUT OF IT!! En ongelukkig kan net JY dit doen. Ek glo Dellie en Liefie sal jou help. Maar jy sal iets moet doen. Sterkte.

  2. 2

    Skoor said,

    Jy moet net onthou dat dit gevaarlik is vir julle verhouding om onder die stres van ander, al is dit naby mense, s’n te val.

    Jy en jou man sal moet gaan stilsit en hieroor gesels, en duidelike lyne vir julself neerle. En julle moet mekaar help om die grense nie te oorskry nie, want dit kan ‘n vernietigende impak op julle verhouding he.

    Wat jou vriendin betref, dit is ‘n helse pad. Maar ongelukkig stap sy dit alleen. Julle kan ondersteun, maar julle kan dit nie vir haar stap nie. Julle kan raadgee, maar julle kan dit nie vir haar uitleef nie.

    Sterkte jong. Die lewe kan maar wreed wees, en mens moet heeltyd op jou hoede wees.

    Mag die son more sagte skadu’s oor jou pad gooi sodat vandag se dorheid deur ‘n mooier lens weerkaats.

  3. 3

    Karl said,

    Dellie

    Bos geel magrietjies vir jou.

    Waak teen die martelaar sindroom. Dit word baie gesien by vrouens wat met alkholiste getroud is. Hul koppe begin glo dat hulle vir alles verantwoordelik is en dan is al hul aksies ook so. Niks wat jy sê of doen breek daai sindroom nie.

    Sy sal elke keer maar weer teruggaan vir nog abuse.

    Sy moet met ‘n sielkundige gaan praat en gou ook. Jy moet tough love toepas en eers jou eie hart heelmaak hieroor.

    Ek dink aan jou doer vêr oppie vlaktes.

    Karl

  4. 4

    Jy en jou liefie is wonderlike steunpilare vir haar. Hierdie is so komplekse situasie en by betrokke te wees. Gee vir haar opsies en laat sy dalk self besluit? Sy moet beheer neem.
    Ek stem saam met Karl, sy moet by ‘n sielkundige uitkom. Die mense neem nie vir ‘n mens besluite nie, maar help jou om te fokus en uit te praat, sodat die emosionele las ligter is vir vriende en familie. Hulle help jou in objektief insig op ‘n situasie te kry soos niemand anders kan nie. Probeer haar aanspoor om dit te doen – die meeste mediese fondse betaal daarvoor. Sy moet ‘n kopskuif maak, want die man gaan nie verander nie en dit kan fisies baie gevaarlik raak.
    Baie baie sterkte.

  5. 5

    Zee said,

    Ai Dellie, ek het nie woorde nie. Nie alleen moes Blouoog-vriendin die trauma deurmaak nie maar julle saam met haar. Dit alleen is traumaties genoeg. Ek hoop dat daar gou ‘n oplossing vir haar probleem sal kom sodat sy weer met haar lewe kan voortgaan.
    Sterkte vir julle!

    ((((Dellie hulle))))

  6. 6

    Sammi said,

    Dellie
    Die situasie waarin jy jouself bevind, is om die minste te sê aaklig! Wanneer mens so duidelik kan sien dat ‘n ander persoon hulself vernietig EN hul laat dit toe, staan jy as betrokke buitestaander, magteloos. Dis asof die lewensbootjie saam met die sinkende skip ondergaan. Hierdie ding gaan jou en liefie hard ruk as jou vriendin dit aanhou toelaat.
    Jy kan net SOVEEL probeer en dan is dit tyd om ‘n tree terug te staan en ONTHOU, jy en liefie is nr 1. Terwyl julle daar is as ‘n “vangnet” gaan sy op julle leun. Die ou storie van “sometimes one has to be cruel to be kind”
    Baie sterkte vir jou, ek kan sien en voel dat dit baie moeilik is.

  7. 7

    platterfuss said,

    Dellie, ek was daar! Gn sielkundige, dominee, towenaar of toordokter kan help nie! SY MOET HOL!

    En net sy kan haarself help, sy moet wil hol. Anders help niks!

    En julle moet ondersteun maar neutraal bly…

    Sy is welkom om my te kontak!

    Vriendinne soos jy is yl gesaai! Luv u lots, altyd!

  8. 8

    sonkind said,

    Dellie, jy kan nie jou huwelik onder stres sit vir iemand anders nie, al is jy hoe ‘n goeie vriendin. Ongelukkig begin charity at home. En genoeg was lankal genoeg.

    Net sy kan haarself help en as sy hier lees, hoop ek sy help haarself voordat die bliksem haar of haar en hulle kinders ook, in hulle graf in help. En nee, ek is nie wreed nie, net realisties. I’ve been there and I’ve got the T-shirt en die T-shirt is nou al genadiglik al vir byna 16 jaar in die asblik.

    Blou-Oog lees nou mooi hier wat ek vir jou skryf: SO ‘N MAN VERANDER NOOIT NIE EN JY IS BESIG OM JOU KINDERS ONMEETLIKE SKADE AAN TE DOEN. DAAR IS NIE SO IETS SOOS “EK BLY TER WILLE VAN DIE KINDERS” IN ‘N HUWELIK WAAR DAAR SULKE MISHANDELING PLAASVIND NIE. AS JY ‘N SEUN HET, GAAN HY HEEL MOONTLIK DINK DIS REG AS HY EENDAG SY VROU DONDER (JA, EK STEL DIT KRAS, WANT DIT IS KRAS) EN AS JY ‘N DOGTER HET GAAN SY HEEL WAARSKYNLIK EENDAG DINK DIS REG AS HAAR MAN HAAR SLAAN!
    GET OUT AND RUN!!!!

    Dellie, jammer ek skree hier, maar ek wens ek kan haar face to face vertel. Ek voel so verdomp magteloos as ek sulke goed hoor!

  9. 9

    bytjie said,

    Hi Dellie, ja ek het `n skoondogter, reg gelees my seun se vrou, hoeveel keer het sy al `n sms gestuur, ma bel my asb. ek bel dan en moet hoor hoe my seun haar mishandel, sy kry nooit `n geldjie om iets mooi te koop nie, hy gee R10.oo dan moet sy melk en brood koop vi di heel week, want hy kom net naweke huis toe. di kinders is al op skool so as hul iets nodig het vi skool moet sy maar gaan leen by vriendinne, elke keer sit sy skeisaak aan en dan kom hy met beloftes dan bly sy weer en trek di saak terug. Maandagoggend word di kinders vroeg wakker gemaak en bevele vi di week wat hul alles moet doen, as hy vrydag by di huis kom dan is niks goed genoeg gedoen ni, hulle is al senuwee wrakke en dit beinvloed hul skoolwerk.
    hy luister nie vir my nie, praat nie eens meer met my nie. ek voel ook al magteloos!!

  10. 10

    Carolina said,

    Dellie,
    Dis baie mooi dat jy omsien na jou vriendin!
    Hou haar in jou gebede! Ek sal haar ok opdra aan die Here!
    Maar nou is dit vir eers tyd vir jy en man!!
    Sterkte!!

  11. 11

    BB said,

    Dis baie moeilik – ek weet. en al is daar so baie verskillende raad uit netsoveel oorde, is elke geval so uniek soos die persoon daaraan verbonde. Maar Dellie, jy moet die streep trek waar dit jou en jou man se verhouding raak. Miskien moet jy vir haar ‘n brief skryf – met konkrete raad (as jy het), voorstelle vir die pad vorentoe, wat jy bereid is om te doen om te help – en daarin moet jy dan ook die grense stipuleer.
    Of trek ‘n vertikale streep op 2 stukke papier en maak weerskante twee opskrifte: “wat ek self sal doen” en “wat ek van my vriendin verwag” – laat haar en jou dit apart invul. Sit met haar en vergelyk die twee – julle is altwee groot mense. Wees eerlik met die verwagtinge wat sy dalk neergepen het waaraan jy nie kan voldoen nie en andersom. Anders is hierdie ‘n bodemlose put…
    Sterkte skat! xx

  12. 12

    Xanika said,

    Soms is ek van mening dat ek te maklik my kind gevat en geloop het. En dit nog voor hy 4 maande oud is. Maar wanneer ek lees van mense soos jou blouoog vriendin, dan besef ek dat ek die regte ding gedoen het. Ek het geloop die oomblik toe dit vir my gevoel het dit werk nie meer nie. Hy sorg nie meer vir ons soos hy gesê het hy sal nie, hy laat my bang voel en ek vermoed hy het ander verhoudings. Ek dink hoe langer jy bly, hoe moeiliker word dit om te loop en daarom dat dit vir my so maklik was om te loop, want ons was maar twee jaar getroud.
    Maar vir my was dit maklik om te loop, want my ouers was bereid om ons in te neem en ek het ‘n goeie werk gehad.
    Sterkte vir jou en ook vir jou blouoog vriendin, jy is ‘n ware vriendin, maar moet dit nie doen ten koste van jou en jou huwelik nie.

  13. 13

    platkuif said,

    Life is too short to wake up in the morning with regrets. So love the
    people who treat you right. Forget about the ones who don’t, and
    believe that everything happens for a reason.

  14. 14

    Wat ek bedoel by die sielkundige sien is dat vroue wat mishandel word in talle gevalle nie die moed het om die man te verlaat nie. Deur ‘n professionele persoon te gaan sien, kry hulle baie keer die afstand om die situasie te beskou vir wat dit is en kry mens insig. So help die sielkundige om die vrou sover te kry en self te besluit (sonder dat sy vertel word) om die man, wat nooit sal verander nie, te verlaat.

  15. 15

    Sonneblom said,

    Ai ou Dellie, Ek stem met die ander bloggers. Jou eie huwelik is te kosbaar om skade aan te rig vriendin. Sy sal nie loop solank sy weet sy het ‘n skouer om op te huil by jou nie. Wees ferm met haar en gooi die bal terug in haar kant. Sy wil of haarself regruk en die man los, of sy wil ongelukkig voortgaan, maar moenie dat dit ‘n skeur in jou huwelik maak nie. Dis nie die moeite werd nie.

    Sterkte en groetetjies
    Sonneblom

  16. 16

    neykie said,

    ((((Dellie))))

  17. 17

    Niclau said,

    Hi Dellie

    Ag ek het al vir julle my storie vertel, en soos Platterfuss ook sê, sy en sy alleen kan haarself hieruit kry. Ek voel jammer vir jou blouoog vriendin, maar ek voel jammer vir jou en Liefie ook. Julle hulp word waardeer en julle insette is nodig …. maar wee o wee as sy hom los oor sy op julle aandrang dit doen. Die eerste keer wat dit moeilik gaan, kan sy so maklik sê julle het mos gesê ek moet! Dit is ‘n baie taai tammeletjie hierdie. Sy moet egter met iemand praat, en daarby bedoel ek nie ‘n sielkundige nie, want hulle weet ook nie altyd nie en praat maar uit boekgeleerdheid. Sy is welkom om my ook te bel … dit is nie elke dag maklik nie. Maar na die kiddies die naweek terugggekom het van hulle kuier by Pa en kleintjie het ‘n sigaretbrand op haar bo arm, weet ek net weer dit WAS die moeite werd …. al beweer die kiddies sy het haar met ‘n warm lepel gebrand!

    Baie sterkte vir julle en vir haar! (((((Blou oog vriendin)))))))))

  18. 18

    anne said,

    sterkte,kan nie raad gee nie,moeilike situasie….ag…..daar vergeet ek weer…….kry n kombuis tafel.

  19. 19

    boendoe said,

    Hi Dellie, voel jy bietjie beter vandag?

  20. 20

    Dellie said,

    Ag Boendoe, nie rerig nie. Ek voel moeg en down.

    Dankie vir al julle raad. Ek weet sy het dit gelees. En ek hoop sy het ingeneem. Maar van hier af kan ons niks meer doen nie. Die bal is terug in haar baan, en ek hoop sy maak die beste en regte besluit.

    Vriendin, ons sal altyd hier wees vir jou. Maak nie saak wat gebeur nie! Onthou dit asseblief.

  21. 21

    CLAZINE said,

    Hi ou Dels!

    Het lanklaas geblog maar lees darem as ek ‘n kansie kry.

    Jy moet nie dat hierdie “ding” julle onder kry nie! Ek weet dis makliker gesê as gedaan maar regtig dis waar wat die ouens sê wat daar was, SY moet daaruit kom en terwyl jy en Liefie so handig te pas kom (ek sê nie sy waardeer dit nie inteendeel….) maar julle moet afstand kry, julle huwelik kom EERSTE en die res daarna. As julle vir haar beteken wat sy vir julle beteken sal sy iets doen omtrent haar situasie anders is daar ‘n groot skroef los????? want ek weet wat dit beteken om vriende soos julle te hê en onnodig om te sê PRICELESS! So, as dit vir haar belangrik is om julle vriendskap te behou en te respekteer, SAL sy ‘n plan maak.

    Baie sterkte en ek hoop jy voel beter. Wat van so ‘n ou tamatie broodjie.

    En, wees dankbaar vir wie jy is en wat jy het en kyk mooi daarna.

    Liefde

  22. 22

    Nella said,

    BID! Daar is ongelooflik baie krag in gebed. As almal van ons vir hierdie blou oog vriendin bid, glo ek sal daar ‘n uitkoms wees vir haar. Sit haar op jul gebedslysie en dra haar en die kiddies op aan Jesus, asseblief.

    Ek bid vir jou en Liefie ook, Dellie. Sterkte!

    Nella

  23. 23

    Dellie said,

    Dankie Nella.

    Clazine, ek het maar jou raad gevolg. Maar ek werk nog, kan nie nou ‘n broodjie eet nie. Next best thing – a Virgin Mary! Lekker tamatiesap, yskoud, met Aromat en swartpeper. Njammies! En ek voel al klaar beter.😆 Sal maar bietjie later iets sterkers daar bygooi.😉

  24. 24

    Karl said,

    Bly om te sien jy cheer op!
    Voel sommer so deur die netwerk aan jy is down.
    Sal vanaand ‘n kers opsteek vir julle almal.

  25. 25

    Arabier said,

    Dellie,sterkte,doen wat jy in jou hart voel jy moet doen!

    A friend is like a flower,
    a rose to be exact,
    Or maybe like a brand new gate
    that never comes unlatched.
    A friend is like an owl,
    both beautiful and wise.
    Or perhaps a friend is like a ghost,
    whose spirit never dies.
    A friend is like a heart that goes
    strong until the end.
    Where would we be in this world
    if we didn’t have a friend. – By Emma Guest

    Grootneus🙂

  26. 26

    Eben said,

    Dellie probeer jou kontak … Herman het Sonnie se CD vergeet by sy werk.

  27. 27

    SHARKS said,

    Dellie sy moet wakker word en gou ook, voor dit te laat is!! ONS VROUENS HET OOK ‘N REG OP GELUK EN OM TE LEWE!!

  28. 29

    Dellie ek dink aan julle, jou vriendin ook.

  29. 30

    Adrie said,

    Ek sou ook my moer gestrip het.

  30. 31

    Adrie said,

    Hallo Juf IT

    Ek is beslis nie ‘n boffin met verhoudings nie. Ek vermy dit so ver as moontlik. Maar mens kan nooit ek gaan verander beloftes glo nie. Dit realiseer net mooi nooit nie.

  31. 32

    Al wat ek gaan se is: Cheaters and beaters NEVER change!!!! Dit kan jy maar glo…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: