‘n Korte

More maters, op hierdie lieflike Maandagoggend!

Ekke was ‘n bietjie AFK van Donderdag af, ‘n baie oulike maagvirus het homself kom tuismaak by my. Ek kon eers gister weer die wêreld behoorlik in die oë kyk. En vandag wag hier BAIE werk!

Seun was so oulik om Donderdag en Vrydag my klasse waar te neem, maar al die admin en goete is agter. Ek gaan werk dat dit klap om alles op datum te kry vandag. Ek sal wanneer ek ‘n kansie kry, by almal gaan inloer. Dit voel kompleet of ek onder ‘n klip was vir ‘n maand, want ek het nie ‘n idee wat op die blogs of in die res van die wêreld aangaan nie!

Darem bietjie goeie nuus ook: Away2Xplore het vir Seun laat weet dat hulle afspraak by die Ambassade vir die 13de Maart is. En ons skat hulle sal seker ‘n week daarna vlieg. Nou het ons ten minste ‘n datum om op te werk.

Nou ja, die werk wag. Hoop julle Maandag is nie te erg nie, onthou, gryp hom aan die horings, en ry hom bloots!

14 Responses so far »

  1. 1

    Tersia said,

    Bly jy voel beter! Sterkte vir die week!

  2. 2

    rb said,

    Hier in ons dorpie het die maagvirus ook kop uitgesteek. My dogtertjie het Donderdag opgegooi en Sondag was dit weer pappa se beurt.
    Ek het so gewens ek kon hierdie week op verlof gaan, maar nou kan ek nie. Lekker werk!!!!!!!

  3. 3

    boendoe said,

    Ek het gewonner wat van jou geword het. Bly jy voel beter!

  4. 4

    BB said,

    Nou ja dan’s ek bly jy’s weer aanie gang; sal jou maar nie voorspoedige opelyf toewens nie🙄 x

  5. 5

    Carolina said,

    Sterkte, al wat goed is van so maag siekte is dat ‘n mens darem gewig verloor! Ek sou kon doen met “gewig verloor”! Seker het jy dit nie nodig? lekka dag!

  6. 6

    netjane said,

    Bly jy voel beter en dat daar darem nou al ‘n datum is!

  7. 7

    annedelicious said,

    yipeeeeeeeeeeeeeeeee!jy voel beter,ek het altyd vader xmas by sy horn gegryp as op my spring!

  8. 8

    Roer said,

    Wie’s hierdie simpel Anne vroumens!? Die ding is spils.

    Inelkgeval, welkom terug en sterkte vir die ‘koebaai’s’ wat voorle^ (seun). Dink aan jou.

  9. 9

    Dellie said,

    Carolina, as jy maar weet… dit is darem rerig een goeie ding na ‘n maagvirus… ek het nie gecheck nie, maar ek het so swak gevoel teen Saterdagaand, dat ek sekerlik ‘n kilo of twee moes verloor het! Hehe! Ek het dit baie nodig… die gewigsverlies, nie die virus nie!

    Ja ou Anne, jy helder darem maar elke dag vir my op!😆 Het jy darem nou al iemand anders wat jy aan die horing kan beetkry op jou kombuistafel?😉

  10. 10

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Jou maag draai seker van vooraf met die afspraak aankondiging. Bly jy voel beter. Sterkte met die maand wat voorle met al sy dingetjies en besluite jong. Dink aan julle. Seun is seker in sy noppies?

    Groetetjies
    Sonneblom

  11. 11

    Zee said,

    Dellie,
    Bly om te hoor daar is darem nou ‘n datum. Dit bly darem maar ‘n pyn in die alie as jy so in die duister is oor iets.

    Bly om te sien jy voel beter, klein Zee het nou vir die 2de keer mangel ontsteking in 3 weke saam met tande sny. Sjoe, hy het my darem al besig gehou hierdie laaste week hoor!

  12. 12

    mykopop said,

    Pasop laat jy nie vir Anne raakhardloop as jy moet hardloop nie, ander hardloop jy haar dalk met deur en al in die huisie in!
    Sterkte, hoop jy’s gou beter.

  13. 13

    annedelicious said,

    nee dellie,soek nog iemand,ek gaan maar rond sloer tot iemand op my tafel beland.ten minste het ek genoeg duracel batteries,it goes a looooooooooonnnngggg way!!!!!

  14. 14

    Eben said,

    Dellie, hoop jy voel al teen die tyd stukke beter. Sterkte met Seun se dinge saam en ek hoop die ou moederhart maak dit.

    Groete


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: