Going to America (3)

Away2Xplore het vanmore vir Seun gebel en bevestig dat sy afspraak by die Ambassade gereël is vir Dinsdag oggend. As hy goedgekeur word daar, kan hulle moontlik al teen Vrydag vlieg… nou kom die tyd vinnig nader!

Ek kan seker nie meer uitstel nie, ons sal die goedjies moet gaan kry wat hy nodig het om saam te neem. Sy bagasie mag nie 20kg oorskry nie, dus gaan ons net die nodigste goed inpak. Die res moet hy anderkant koop. Hier is die lysie:

2 “hoodies” (wat noem mens dit in Afrikaans?)

Warm baadjie

2 swart langbroeke

2 driekwart broeke

2 oorpakke

t-hemde

onderklere en sokkies

staalpunt skoene

battery aangedrewe alarm

noodhulp tassie met:

strepsils

hoesmedisyne

pynpille

voltaren jel

anti-septiese room

pleisters

verbande

skêr

multivitamiene

peacefull sleep

en ‘n tas om dit alles in te pak!

Die enigste ding wat my nog bietjie uitfreak op hierdie stadium, is sy ID. Dié het in die wasmasjien beland, en op 23-01-2008 het hy aansoek gaan doen vir ‘n tydelike ene. Op daardie stadium het ons gedink hulle sou al in Februarie vlieg, so ‘n normale ID sou te lank neem. Die beampte aan diens het ons laat verstaan dit neem 10 dae om dit uit te reik. Grappie! Elke keer as hy gaan navraag doen, is die antwoord dieselfde: “da siestêm is offline!”

Hy het die ID nodig om mee rond te beweeg in die VSA, want sy werkgewer hou sy paspoort, sodat dit nie erens verlore gaan nie. Wat gaan ons doen as hy dit nog nie het teen die tyd dat hy moet vlieg nie??? Update: Seun het sopas sy tydelike ID gekry. Die permanente ene sal eers in April uitgereik word, en die sal ons maar vir hom moet pos.

Die ander ding wat my opval, is dat die arme kind nie veel van “winter” gaan sien hierdie jaar nie… teen die tyd wat hy anderkant aankom, begin dit lente raak, en wanneer hy terugkom, is dit al weer somer hier! En as hy dalk volgende jaar weer gaan, is dit dieselfde storie. Ek reken hy gaan effens gatvol raak vir somer!

Nou ja, Mammie sal maar haar koppie moet beginne regkry, hier waar ek nou tik brand die trane al klaar agter my ooglede… my enigste ou voëltjie verlaat sowaar die nes! En hy vlieg sooo ver weg…

fly-like-an-eagle.jpg

16 Responses so far »

  1. 1

    Ai Dellie, ek kan net dink hoe jy moet voel…

    Die voordeel van die warm weer is natuurlik dat Boeta baie ligter kan pak. 20Kg is reeds min, wat nog as hy moes wintersklere neem.

    Sterkte!

  2. 2

    Zee said,

    Ai Dellie, wat kan mens sê! Onthou, ons skouers is groot! ((Dellie))

  3. 3

    Eben said,

    Dellie … ai ai ou vriendin!!! Ja mens gun hulle die wereld en liefde, maar as dit aanbreek dan stat jou hart uit stukke.

    Het die man toegang tot internet daar? Terloops onthou jy ons het al daaroor gesels. Skep vir die man ook ‘n blog, dat hy net kan tik en save!! Dan sien ons almal hier wat is wat, en ondersteun hom!!

    Sterkte weereens, ek sal spesiaal vir hom iets laat speel Dinsdagaand!!

  4. 4

    Dellie said,

    Ebie, ons weet op hierdie stadium nie HOE beskikbaar Internet gaan wees nie. Hy sal seker eers na ‘n maand of wat daardie kant ‘n laptop aanskaf. Hoe beskikbaar internet kafee’s is, weet ek ook nie. Maar hy is slim genoeg om self ‘n blog te skep, anders sal ons maar e-mail en ek sal julle op hoogte hou.

    Thanx, ek sal hom ook Dinsdagaand voor die rekenaar parkeer! Hehe, ‘n hele familie saamtrek!😆

  5. 5

    SHARKS said,

    Ai Dellie ek voel amper jou pyn, sterkte!

  6. 6

    boendoe said,

    Ek is seker hy sal oukei wees, maar ek weet nie van jou ou hartjie nie. Verlange is bliksem, jong! Huil maar op ons skouertjies wanneer dit te erg raak. En Vrydag is darem soooooooooooo gou…. 😦

  7. 7

    Sammi said,

    Ja mamma Dellie, ek moes amper drie jaar gelede totsiens sê, dit het my hart gebreek MAAR vandag weet ek dat daardie vlerkies van eie persoon wees, hulle hoog laat vlieg. Ek stem saam met Boendoe. (((Dellie en gesin)))

  8. 8

    duskant said,

    Oi, se maar vir hom sterkte met die Ambassade proses…ek het my beurt in Januarie gehad, kyk by http://duskant.wordpress.com/2008/01/07/so-werk-dit-vsa-visa-aansoek-proses/
    en vlieg volgende Vrydag.
    Sterkte vir die komende tyd!

  9. 9

    TristonJ said,

    wees sterk! ek weet nie of ek dit nou sou kon oorleef het nie.😕

  10. 10

    karoles said,

    Dellie, ek voel saam met jou. My seun het in Holland gebly, maar julle kan goeie kontak behou deur internet. Orals is internet kafee’s, julle kan chat, skype en dis ‘n goeie idee om vir hom sy eie blog te begin, so kan julle foto’s deel en sommer lekker met mekaar praat.

    Daai 20 kg is altyd ‘n probleem … dink net aan die skoene met die staalneuse, dit weeg al klaar baie.

    Baie baie sterkte, en as jy wil praat, ek is daar vir jou.

  11. 11

    Fina said,

    Hi Dellie
    Net ‘n praktiese voorstel. Om ‘n tas te pak wat slegs 20kg wees is ‘n kuns. Ek het self so paar maal moes tas pak. Wat ek bv gedoen het, is om die skoene wat die swaarste weeg, aan te trek. So ook het ek al eenkeer 2 bloese, 2 x T-hemde, trui en baadjie aangetrek – in ons somer! Alles net om die gewig in die tas reg te kry. Party maal is hulle nogal erg streng wat dit aanbetref. Ek het ook gevind dat as ek vroeg ‘in-check’, laat hulle ‘n kilo of wat oorgewig toe.

    Ek moes op ‘n kol besluit of ek 2 stelle klere inpak of die bottel wyn wat ek wou saamneem. (Dit was toe ek so ge-overdress het)🙂

    Sterke, en weet jy, hulle vlerkies is baie sterk! Moenie jou bekommer nie.

  12. 12

    Roer said,

    Sterkte Dellie. Ek wil nie nou al dink aan daai dag as ek my bloedjies moet laat ‘vlieg’ nie. ‘n Mens moet maar seker net aan hou vir jouself se^ dis tyd en hoe sal hy nou leer vlieg as ek hom nie laat gaan nie. (((Dellie)))

  13. 13

    bytjie said,

    Ai ou Dellie, dit moet swaar wees, maar nou ja, my dogter en gesin wil partykeer ook net gaan, sukkel om kop bo water te hou hier in ons land, maar gelukkig nog nie sover gekom nie, ek sal hulle te vreeslik mis

  14. 14

    Blue Eye said,

    Hi Vriendin ek weet nie wat om vir jou te sê nie, my voëltjie en parratjie is nog baie klein en as hulle net vir ñ saterdag by maatjies gaan speel en kom laat terug dan het jy al gesien hoe bekommerd ek raak. My beurt kom, dan praat jy weer vir my moed in. Jy het vir my gesê toe skoonsus moes weggaan ek kan op jou se skouer kom huil, so vriendin ek het nie groot, breë skouers nie maar ek is die naaste van al jou blog maatjies, kom huil maar op my skouer vir almal se part. Jy sal sien dit gaan net beter gaan elke dag. Ek sal vir jou briefies stuur.
    STERKTE!!!!

  15. 15

    Jurrie said,

    Hi daar

    Ek wil net graag uitvind of jou seun al terug, die rede hkm ek vra is ek wil self oor gaan. Ek is 20 jaar oud en het nou al tot selfs vir die onderhoud gegan. maar die probleem le nou by my ouers, julle is oortyg die kontrak isi goed genoeg ni, ek baat niks by di hele ding nie. asb gee my hoop, hoet dit met jou seun gegeen en wat is die positiewe en wat is die negtiewe. asb asb ek moet met n goeie saak na hulle toe gaan om hulle te oortyg

    Groete
    Jurrie


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: