Wat sal JY doen?

Ons lewe in moeilike tye. Meeste van ons werk vir ‘n salaris. Sommige van ons probeer ons eie potjie krap, maar dit beteken in die meeste gevalle dat ons ook maar swaar trek.

Petrol het byna onbekostigbaar duur geword. Om nie eens te praat van kos en klere nie. Water en elektrisiteit kos ‘n plaas se prys, en rentekoerse druk ons dood. Kortom, ons moet ons sente behoorlik omdraai.

Hier is die scenario: Jy koop ‘n item wat op die kop R100 kos. Betaal, neem jou inkopies en strokie en loop uit. In die motor kyk jy na die kleingeld in jou hand: R90! Die strokie lees korrek, die item is wel opgelui vir R100, maar jy het R90 kleingeld gekry….

Wat doen jy? Bly jy stil, wees bly oor die slag wat jy geslaan het, en ry huistoe? Of gaan jy terug en lig die kassier in oor die fout? Wees asseblief nou doodeerlik, ek weet die regte ding om te doen is om terug te gaan, maar sou jy werklik?

evil-money.jpg

Advertisements

25 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Oeeie! Jy vra baie! Nee, ek het al albei gedoen. Eendag het ek vleis gaan koop, was verbaas dat dit eintlik so goedkoop was. By die huis het ek agtergekom hulle het my net R1,50 gecharge vir die groot pak skaaptjops. Dit was so gemerk! Ek het die meevallertjie maar so aanvaar. Maar as ek by ‘n ‘till’ staan en ek kom agter ek kry te veel kleingeld, gee ek dit terug. Ek dink darem aan die tillslaner wat die geld op die einde van die dag uit hy/sy eie sak sal moet betaal. My Wiskunde is rerig nie baie hot nie, kom selde ‘n fout agter, maar as ek nog in die winkel is, sal ek die fout uitwys. As ek dit by die huis uitvind…too bad vir hulle.

  2. 2

    neykie said,

    Nes jy sê boendie.

  3. 3

    Zee said,

    Boendoe praat nogal waar hier vandag. Stem saam met haar behalwe vir een winkel…. Ek het een aand laat n paar nodige goed gaan koop asook 4 pakke sigarette. Doggie het dit by die huis uitgepak en toe ek die sigarette die volgende oggend soek is dit nie daar nie, sy sê toe daar was niks nie. Gaan winkel toe en sy sê vir my sy is nie ‘n skelm nie… groot baklei in winkel maar nogsteeds het ek het nie my sigarette gekry nie! Ek koop nie meer daar nie, maar as die nood nou moet druk en ek wel weer daar moet gaan koop, verseker sal ek stilbly! 😉

  4. 4

    Da Mario said,

    As dit die Kafee om die hoek is waar ek nou al die eienaars goed ken, sal ek nie kroek nie. Soms het ek ‘n paar rand te min dan moan die ouens nie, ek vat vir hulle die geld later of die volgende dag of so. Teen daai tyd het hulle al vergeet, maar hulle kry altyd hulle geld terug. So vir hulle sal ek nooit kroek nie.
    As dit Pick&Pay of Macro is – jammer om te hoor. 😉

  5. 5

    netjane said,

    Ek stem saammet Boendoe en DM – as ek dit daar en dan opmerk sal ek iets daaraan doen. Verder kyk jy ook maar jou customers uit, ek sal meer moeite doen om sake regtestel met familie handelaars as die reuse.

  6. 6

    Roer said,

    Terug gee. Ek glo in Mordegai se galg.

  7. 7

    Arabier said,

    Ek sal die geld gaan terug gee.Inteendeel,ek het al ‘n paar keer.Ek glo,soos Roer noem,aan die blinde sambok.En al is dit P&P, dit is nie die winkelgroep wat die verlies sal dra nie, maar wel die teller.En ons weet mos dat hulle van die laags besoldigste werkers is!
    Grootneus 🙂

  8. 8

    Eben said,

    Ek het ook al beide gedoen, maar een staan soos paal bo water, die KFC van Nelespruit. Daar is so deurry laan waar jy bestel en betaal en beweeg tot by ‘n ander punt dan kry jy jou hoender.

    Nou of dit my geluk is weet ek nie, maar elke keer as ek gaan, dan is daar bv ‘n rounder kort, of een of ander sous is nie ingesit ens. Dan moet ek die hele pad terug ry en sover ekke ry word ek de hel in. Daar aangekom weet hulle van niks en die bestuurder is ook nie regtig bereid om te hel ….. so bokker hulle.

    Wel as die kassier nie bevoeg is vir die werk, dan moet sy store gaan reg pak of ander joppie kry. As sy my bevark of haarself, dan kan sy net so wel iets anders doen. Hoeveel van ons gaan kleingeld na?

  9. 9

    Emil said,

    Seriously, net die naweek koop ek R90 se lotto kaartjies – daai R50 Quick Pick met Lotto Plus – glo dit of nie, ek betaal met ‘n R100 nooit en kry waaragtig R90 kleingeld!! Sadly, ek het die kassier reggehelp.

    ‘n Paar weke terug weer, koop ek ook ‘n paar goeters om die vrou the verras met aandete terwyl sy en die laaitie swemlesse en party het en die totaal was so R120 rand en ek betaal met ‘n R200 noot. En wrintiewaar, daar score ek toe R120 kleingeld – die kassier gee my terug wat sy eintlik moet vra – sadly, ek het die kassier nie reggehelp nie.

    Ek dink ‘n onderbewustelike skuldgevoel het my die naweek gedryf om die “regte” ding te doen.

  10. 10

    Karl said,

    Daar is net een beginsel wat hier van toepassing is – Karma.

    Wat jy nou score dmv ‘n fout, verloor jy maar weer elders. Gewoonlik wanneer jy dit die minste kan bekostig hehehehehe.

    Luister na my op RSG vanaand om 18H15 in Pixel.

    Groetnis
    Karl

  11. 11

    Ek het ook al albei gedoen. Vandag kan ek eerlik se dat die teruggee kere die lekkerste gevoel het… Ek glo ook aan die blinde sambok.

  12. 12

    Ek sal nie kroek nie, om die eenvoudige rede dat die kassiere se somme op die einde van die dag nie gaan somme maak nie. En dit is nie die ryk Pick en Pay wat gaan opdok nie, maar die kassiere uit haar/sy eie sak en hulle kry ook swaar. En, almal maak foute ek ook.

    En ek glo ook sulke goeters kom op een of ander manier na ‘n mens terug.

    Maar as kind sou ek die geld gevat het, maar as volwassene nie. Ek het ookal, want wat as ek die arme kassiere was wat die fout gemaak het?

  13. 13

    kyker said,

    Nee wat. Gee terug. Anders sal my gewete my erg opkeil. En: Dis so ‘n lekker manier om ‘n nuwe vriend te maak in die proses. Mense vergeet nie sommer gou so ‘n klein ou goeie daadjie nie.

  14. 14

    ICE said,

    Snaaks, ek het al kleingeld wat te veel was terug gegee, maar by die selfde winkel is ek te min kleingeld gegee. Ek het onmiddelik die fout agtergekom en aan die kasier gemeld dat ek haar ‘n R200 noot gegee het en nie ‘n R100 nie. Sy het hoog en laag gestry. Ek het die bestuurder laat roep. Hy het my tellefoon nommer geneem, en sou my skakel as die kasier meer geld in haar til gehad het as wat sy moes.

    Noodloos om te sê ek wag nog steeds vir die oproep…

  15. 15

    sonkind said,

    Gee terug, gee terug! As dit 90c was, miskien nie, maar R90 is ‘n kwaai hap. My geregtigheid se naam is Rettie met sy rooi motorbike. Hy sorg altyd dat dit wat ek nie reg doen nie, dubbel terugkom na my toe, so ek het al geleer. Ek het ‘n heilige vrees viir Rettie.

  16. 16

    Dellie said,

    Dankie vir al julle kommentaar.

    Ja, ek is die ene wat die kassier daarop wys dat sy nie die toiletpapier/hondekos opgelui het nie. Liefie voel dat dit ons toekom as iets gemis word, want soveel kere kom ons by die huis en soek iets wat wel op ons strokie is, maar nie in ons sakkies nie. En as ons terug gaan na die winkel, weet niemand niks! En ons verloor baie geld so, want ons moet dit weer koop! 😯

    Dus het ek gemengde gevoelens hieroor. Hierdie scenario was Liefie s’n, en ek voel glad nie sleg daaroor nie, die spesifieke outjie het ons al baie “ingedoen”.

  17. 17

    Carolina said,

    Ekke gee ok defnitief terug! En omdat ek so eerlike streep het, is ek vreeslik ontsteld as ander my probeer indoen! Word baie keer onkant gevang, want ek verdink niemand nie!

  18. 18

    007Meisie said,

    Uhm ja, daai wiel wat draai suster…hy draai wanneer jy nie wil hê dit moet nie! 🙂
    Ek sal ook as ek nog daar is die geld teruggee, maar as ek reeds tuis is, ag nou ja, dan gaan dit my meer geld kos om terug te ry en die fout te herstel…maar dit het actually nog nooit gebeur nie! Ek check op…alles altyd voor ek die shop verlaat…

    Kyker – ek like jou siening hoor! 😀

    Sonkind – O is dit wat sy naam is…hehe! Sal volgende keer onthou om aan Rettie te dink…jy sê dit kom dubbel terug…hmmm, ek het baie skuldeisers…hoop hul halfeer spoedig…

  19. 19

    platkuif said,

    omdraai,die geld terugvat en waarskynlik iets in die lyn van ‘onbevoeg’ mompel…en dan vies wees vir my pa-hulle wat my so grootgemaak het 😉

  20. 20

    Gert Gariep said,

    As dit die kassiere is, sal ek die geld teruggee. Ek is altyd bang daar is kinders by die kassiere se huis wat gaan honger ly.

    As dit die winkel is wat iets verkeerd geprys het, hou ek die geld.

  21. 21

    Adrie said,

    Van die blinde sambok.

    As ‘n student het ek eendag vir ‘n vriendin in die hospitaal gaan kuier. Die parkering was R1 wat ek aan ‘n kassier moes betaal. Ek het ‘n R2, R5 en R10 in my beursie gehad. Ek het egter die kassier ‘n R100 gegee om mee te betaal, as my “enigste geld” wel wetende dat hulle nie kleingeld het nie. Natuurlik is ek uit sonder om te betaal.

    Ek is later die middag na ‘n mall toe. Ek het net my kaartjie klaar betaal, maar dit tussen die masjien en my motor verloor. Ek moes R50 betaal vir ‘n verlore kaartjie.

    Ek het ook al stil gebly asook terug gegee. Deesdae gee ek maar terug as ek die fout agter kom.

  22. 22

    Lyanda said,

    Ek koop 95% van die tyd by P%P. Daar het ek gesien hoe le die 5c`te en R1`de buite langs die till van die kassiere. As iemand dalk 36c of 15c kort, betaal die kassier dit met tipps wat daar gelos was deur vorige betalers. Ek was al R2+ kort en die kassier wou help…het my pakkies net da gelos en change in die kar gaan haal. Shame, het dit waardeer.

    Ek los elke liewe keer my kleingeld (let wel, munte) vir die kassiere, omdat ek weet dat hulle verplig is om enige tekorte self te verhaal.

    Ek het al 1 very old lady, wat haar eie skryfbehoefte wnkl het, uitmekaar geskreeu…sy het my tillstrokie reg voor my oe opgefrommel, in die blik gegooi en my kleingeld met R6-something te min vir my gegee. Piering-oog het ek my tillstrokie gevra en smoorkwaad gewees!Reguit in ha gesig gese dis nou donners skelm! Vir elke persoon in die winkel gese hulle moet hulle change chekc. Net oor die beginsel,ne? No hard feelings!

    Karma, ja.

  23. 23

    Eendag in 1995 het ek in die straat gestap…dit was op ‘n tyd in my lewe wat ek bitter swaar gekry het. En voor my le ‘n plastiekbanksakkie met geld in. Ek het dit opgetel en is vinnig by ‘n winkel in.

    Daar ek vir myself gese: As hier ‘n naam, ID, bankkaart by is SAL ek die geld teruggee of die persoon gaan soek. Want dit is nie my geld nie. Ek het die geld getelL R1140.

    Daar is niks, net die geld. Ek het op die plek gaan staan maar niemand het soekend verbygekom nie.

    Ek het die geld geneem, want ek het dit SO nodig gehad. Dit het my lank gehou. Ek was so bly.

    As ek ‘n fout sien op ‘n strokie maak ek dit reg, want dinge kom na jou toe en word van jou geneem.

    Nou gaan dit veel beter met my en dalk verloor ek ‘n R1140 en tel iemand dit op wat dit bitter, bitter nodig het. Ek sal vies wees, maar dit sal seker maar OK wees.

  24. 24

    Dellie said,

    Rosa, jou storie raak aan my hart. Dit was sekerlik so bedoel dat jy daai geldjies moes optel. Eendag sal jy vir iemand anders ‘n klip uit die pad rol, indien jy nie alreeds het nie.

  25. 25

    platterfuss said,

    Eish… is sulke tye dat ek nie impress is met my opvoeding nie…..

    Wat my altyd pla is, jy ‘vat’ die geld… en die arme kassiere wat ‘n glipsie gehad het (en ten to one op minimum wages is) moet dit uit sy of haar sak betaal….

    ((((((((DELLIE)))))))

    Rosalind…. nes daai geld jou gered het, sal jou ‘verlore’ geld weer iemand ‘red’….. ((((Rosalind)))


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: