Almal wys muis

start-menu.jpg

Goed, TristonJ, hier is myne ook! Alles redelik voor die hand liggend.

Office OneNote is ‘n lieflike ou programmetjie om te gebruik. Alles stoor outomaties, en ek gebruik dit baie vir vinnige notas. Daar lê ook ‘n paar blog possies wat dit nog nie tot hier gemaak het nie. En Skoor se resepte.

Gimp is daar, maar ek kry nie tyd om daarmee te speel nie. Ek wil so graag van daai OOB prentjies maak soos sommige van julle. Tyd. Dis al wat my keer! Intussen gebruik ek sommer Paint vir vinnig prentjies edit.

Pastel gebruik ons natuurlik as boekhou sisteem. (Ek het vandag my sertifikaat gekry, is nou amptelik ‘n Pastel Installation Technician!) Dit klink vreeslik fancy, maar dis nie rerig rocket science nie!

MXitPC is nie myne nie. Ek weet nie hoe nie. Seun speel daar. Dit was ook nie ek wat Solitaire gespeel het nie, belowe! Hehe!

Media Player Classic werk lekker saam met Vista, en ek het gisteraand eers weer bietjie na Sonia se CD geluister.

Dis dan dit! Ek tag dan vir Eben, Botter, Emil en Karl.

7 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Dellie, al my goeters lê bo die lyn en joune onder. En kyk hoe “clear” is jou prentjie, myne blurrrrrrrr so!
    Nee kyk, ek dink ek moet vir ‘n computer kurses kom daar by jou!😆

  2. 2

    boendoe said,

    ‘n Pastel Installation Technician, se jy! Dis dalk nie rocket science nie, maar klink vrek indrukwekkend!

  3. 3

    Roer said,

    Ek loooove solitaire. Ek sal nooit verveeld wees in die ouetehuis nie.

  4. 4

    Emil said,

    Damn, sal nou vinnig ‘n paar tegniese vaardighede moet byleer om ‘n skermskoot (kennie die ordentlike Afrikaans vir Screen Shot nie) te maak van die dinge wat ek gebruik. Dankie tog vir die Internet.

  5. 5

    […] Being tagged is like being challenged to a boxing match. Responding to the call requires careful consideration and practice. What makes answering such a challenge even more ambitious and ardent, like preparing for the boxing match, is finding the sparring partners who can assist in honing the fighting skills, in the process yourself preventing the knock-out from such partners, thereby ending the call even before properly starting. Technology advanced so rapidly and dramatically over the last couple of years that it has become easy to be left behind in training techniques. It reminds me of Albert Einstein ’s annoyance: It has become appallingly obvious that our technology has exceeded our humanity.  […]

  6. 6

    Emil said,

    Nou hoop ek nie jy reken ek het totaal die klits kwytgeraak nie! Maar toe ek nou eers met my toetsbord begin in die virtuele werklikheid, kon ek my skaars beteuel. Geen brandmuur sou my kon keer nie, my verwerker het oortyd gewerk met ontfouting, databanke oorlaai. Ek hoop jy geniet dit – ek moes hou by my filosofiese inslag, en bedank jou vir die inspirasie – ek sal wel in die toekoms iets uitkry oor tegnologies na aanleiding van hiedie tag.

    Ek vertrou jy’s nie afgeskrik van toekomstige tags nie.

    En die rib was ook lekker.

  7. 7

    Emil said,

    Iets is nie lekker daar by my tuisblad nie – dit sal regkom.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: