Ski?

Ek het hierdie ontdek in my argiewe. Het my van voor af slap gelag!  😆

Iemand vertel my anderdag van die vrou wat in Kanada gaan ski het en om begrypbare redes beslis naamloos sal wil bly. Die eerste dag onder instruksie neem die instrukteur hulle een-een teen die helling af, sodat net sy later nog oor is. In die tyd ontwikkel sy ‘n nood en na ‘n vinnige rondkyk of daar nie miskien nog iemand op die helling is nie, hurk sy net daar met haar skibroek om haar enkels, sonder om te besef wat die warm water aan die sneeu onder haar ski’s gaan doen.

Net toe sy mooi klaar is en wil opstaan, begin die ski’s vanself teen die helling afgly en om de dood kan sy nie regop kom nie. Daar gaan sy, al vinniger teen die helling af, steeds met haar broek om haar enkels. Die windjie van voor af is nogal koelerig en die spulletjie word verder afgekoel deur haar kaal boude wat stamp-stamp teen die sneeu, want die skokbrekers in haar knieë het lankal van skrik opgehou werk. Wonder bo wonder bly sy so al hurkende op haar ski’s bo en eindig uiteindelik teen die muur van die ski-hut. Enigste ongeval is ‘n gebreekte arm, ‘n bibberend koue “Suidekant” vol sneeu en ‘n verkreukelde ego met die hoop dat niemand haar teen die helling sien afkom het nie.

Die hotel het ‘n dek waar die krankes en oues van dae in die son kan sit en kyk hoe die mense ski. Volgende oggend sit sy ook daar met haar arm in gips. Na ‘n rukkie stoot die hotelpersoneel ‘n man in ‘n rolstoel buitentoe en parkeer hom reg langs haar. Sy been is gebreek en met vroulike nuuskierigheid vra sy daarna uit.

“Jy sal my nou nie glo nie,” kom die antwoord. “Gistermiddag is ek hier buite op die ski-helling en die volgende oomblik kom ‘n vrou al hurkende en kaalstert hier by my verby geski. Ek gaap die petalje so aan dat ek skoon vergeet om te kyk waar ek gaan en ski toe binne-in ‘n boom vas. Maar wat het jou oorgekom?”

ski.jpg

Whahhaha!

O ja, voor ek vergeet, kom loer bietjie by die Snaakse Soekterme… ek is seker jy kan iets las! Hierdie goed laat my soms sommer hardop lag!

 

9 Responses so far »

  1. 1

    Jasper said,

    hahaha
    Dis nou ‘n manier om die dag te begin
    Leker lag ek nou😆

    Dankie Dellie

  2. 2

    boendoe said,

    Ek het dit gisteraand al gelees, maar so gelag dat my arme man gedink het ek lag vir hom! Moes eers gaan vrede maak het, en kon nie comment nie. Ek dink ek skeur my alie as ek so iets sien! En ek wonder wat sy hom toe geantwoord het?

  3. 3

    Zee said,

    Whaaaaaaaa, thanks vir die lekker lag Dellie. Ek wonder ook of sy hom geantwoord het!😆

  4. 4

    Dellie said,

    Boendoe en Zee, ek dink haar blosende gelaat was dalk antwoord genoeg…😆

  5. 6

    Da Mario said,

    Dink ek sou dalk ook in daai boom vas geski het….😆

  6. 7

    vygie said,

    Ag wonderlik!

  7. 8

    Snaaks! Ek wonder of mens net gaan gaan lê, soos in ophou ski, ek sou dit probeer het.

  8. 9

    BB said,

    Laat my nou alweer opnuut worry oor daardie weekend-getaway wat Helge my heen vat!!! Bieau??? Beau??? … se (wille) wildsplaas!?
    (Gelukkig is daar nie skihellings nie!!)😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: