Nuwe Speelding

Ons het ‘n nuwe speelding: ‘n “Samsung 34 x Optical Powerful Zoom & Easy-to-use DVD Camcorder“, om presies te wees. Nou moet ons net uitfigure hoe om die ander goed te doen, behalwe record, stop en playback…

vp-dc175_small.jpg

Vreeslike oulike ou dingetjie, klein en maklik om te hanteer. Dit kan ook gewone foto’s neem, maar die kwaliteit is nie wonderlik nie. Miskien moet ek net bietjie die manual lees en kyk hoe om die verskillende settings te stel! Maar ek weet absoluut niks van fotografie af nie. Nogal gedink dat dit ‘n lekker stokperdjie kan word. Vir nou verewig dit vir ons lawwe oomblikke, en lekker onthou tye.

12 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Jy maak my groenerig voel. Dit is ‘n baie, baie nice speelding!

  2. 2

    Pikkelik said,

    Ek en Mynick het net die langnaweek besluit om ook so ietsie aan te skaf as gedeelde verjaarsdaggeskenk (ons verjaar net ‘n dag uitmekaar), nadat hy ontdek het daar is nege films wat ontwikkel moet word. Maar as ek so na jou luister wonder ek of my ou mik-en-druk nie maar die beste opsie is nie…

  3. 3

    Dellie said,

    Pikkelik, ek en Liefie het verlede jaar ons gewone digital kamera vir “liefdadigheid” geskenk, en van toe af maar elke keer iemand s’n geleen vir foto’s. Ons wou eintlik net weer so ene koop, maar toe ek sien is dit die camcorder. Ek sal kom wys en verslag doen soos wat ek die dingetjie leer ken.

    Maar hier lê ook hoeveel films van die ou mik-en-druk wat ontwikkel moet word, ek dink nogal daar gaan ‘n paar surprises uitklim!

  4. 4

    meermin said,

    Geniet jou nuwe speelding

  5. 5

    BB said,

    Ek háát speelgoed wat op batterye staatmaak…😉 – maar enjoy anyway – maak net seker jy’t backup batteries op charge!

  6. 6

    Van die goed weet ek niks maar dit lyk indrukwekkend. Gaan jy youtube?

  7. 7

    Karl said,

    Dames

    Film wat langer as een jaar lê, staan ‘n goeie kans om nie uit te kom nie. Veral as dit in jou motor was – dan is dit caput.

    Fotografie is ‘n wonderwêreld Dellie. Skrou as jy ‘n paar tips wil hê of gaan loer op my Photo Club blog.

    Groetnis
    Karl

  8. 8

    Pikkelik said,

    Karl jy sal dat ek die stuipe kry. Ek ry wragtig more die 89km om my films te laat ontwikkel. Dis precious goed daai!

  9. 9

    Arabier said,

    Hallo Dellie en Bloggers,
    as julle nou die nuwe speelding onder lede het, laat weet my asseblief in leke taal wat om te doen en nie te doen nie🙂 Ek 3 x digitale kameras en 1 video kamera gekoop en kom nie daarby uit om die handboeke deur te werk om te sien hoe om ‘mooi’ fotos te neem nie.
    En eendag, in die verre toekoms, sou ek wel dit onder knie kry, is dit seker al ou tegnologie!
    Sterkte daar in ons mooi land,
    Grootneus🙂

  10. 10

    Dellie said,

    Eish, Karl!😯 Ek sal ook nou moet gaan films ingee! Die meeste is darem terug in hulle houertjies, en in ‘n kas gebêre waar dit nie te warm is nie… maar daar is ‘n paar wat al baie ouer as ‘n jaar is…

    BB, daar is gelukkig ‘n backup battery pack ook by, en ek sal sorg dat dit goed gecharge is!

    Rosa, Youtube? Hehe, sal maar sien wat gebeur! Met hierdie spul pelle van my het ek al menigmale gewens ek kon hulle mannewales op video vaslê… en daar is juis sprake dat ons die naweek bietjie gaan kamp…😉

    Arbabier, my dier! Hoop dit gaan goed met jou? Ek sal jou laat weet sodra ek die ou monsterjie verstaan. Dan stuur jy vir ons mooi foto’s van die sandput. Deal?

    Geniet julle dag, ek gaan bietjie bedrywig wees, sal later ietsie nuuts kom gorrel!😆

  11. 11

    Zee said,

    Dellie, as jy nou uitgevind het laat weet maar vir my ook. Manlief het vir ons ook amper so ene gekoop maar o wee, ek weet nie eers hoe om dit aan te sit nie. Hy het nou al ‘n paar keer vir my gewys maar dis asof die knoppie net te moeilik is vir my om aan en af te sit!

    Arabier, lekker om jou weer raak te lees!

  12. 12

    mykopop said,

    Dit klink lekker! Ek het ‘n nuwe digitale kamera gekry ‘n maand of meer gelede en eergister nog ‘n speelding, ai maar die handboeke… Geniet dit en laat ons minstens die foto’s sien!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: