Id10t

Een van die lekkerste dele van my werk, is om assessments na te sien. Dis baie bevredigend om te sien hoe iemand wat niks geweet het nie, dit wat hy intussen geleer het goed weergee. Sommige antwoorde is sulke huh? oomblikke, wanneer ek nie ‘n idee het wat die persoon eintlik probeer sê nie, maar soms is daar juweeltjies wat my laat skater van die lag. En soms is iemand gemaklik genoeg om selfs ‘n joke hier en daar in te kry.

Die opdrag was om die inhoud van ‘n dokument wat voorheen opgestel is, te copy en paste in ‘n nuwe e-pos boodskap. Die boodskap word dan aan my gestuur. Dié dame het obviously gedink die dokument is vervelig, en die volgende vir my gestuur:

6 truths of life:

1) You cannot touch all of your teeth with your tongue.

2) All idiots, after reading this first truth, try it.

3) The first truth is a lie.

4) You’re smiling now because you are an idiot.

5) You will soon forward this to another idiot.

6) There’s still a stupid smile on your face.

Ja, die stupid smile het nogal lank op my gesig gebly! I love my job!

Advertisements

12 Responses so far »

  1. 1

    Pikkelik said,

    There’s still a stupid smile on my face!!!

  2. 3

    meermin said,

    EK SIT HIER MET ‘N HENGSE GROOT STUPID SMILE OP MY BAKKIES

  3. 4

    Zee said,

    Ek het ook so stupid smile op my gesig 😆

  4. 6

    boendoe said,

    Grrrrrrr!

  5. 7

    Karl said,

    Hehehe lek lek.

    Ek hou ook van my studente se werkstukke nasien. Maar ek stuur altyd ‘n vraelys na voornemende studente voor hul registreer.

    My gunsteling vraag is altyd: Beskryf jou fotografiese kennis in 5 woorde.
    Hier is ‘n paar:
    1. Ek sukkel om die kamerasak oop te kry
    2. My man stel, ek neem.
    3. Ek lees baie fotografie boeke.
    4. Wat moet mens eintlik weet ?
    5. Sony, Canon, Fuji, Pentax ?

  6. 8

    Jasper said,

    hehehe….
    Amper doen ek dit weer 😆

  7. 9

    Carolina said,

    LOL,
    Dit laat my ok terug dink aan my onderwys dae! Jare terug het ek (nie-blanke) wiskunde matriek vraestelle nagesien. Dit neem nogal tyd om wiskunde vraestelle ordentlik na te merk. ‘n Memorandum help nie altyd, want as die betrokke leerling ‘n berekenings fout heel in die begin maak , moet jy ‘n punt aftrek en die berekeninge verder nasien. SIN en COS waardes self opsoek ………(dit verskil dan van die waardes op die memorandum)
    Die dag het die merk van ‘n spesifieke skool maklik gegaan.
    Vraag: Bereken die vierkantswortel van (uitdrukking……….)
    Antwoord: YES
    vraag: Bewys die volgende wiskundige stelling ……
    Antw: YES
    En so het die antwoorde deurgaans gelyk
    YES …. NO ….YES
    Op een van die laaste bladsye van ‘n betrokke leerling (wie se antwoorde ook net uit YES , NO …..bestaan het) was daar ‘n R2 papier noot(nou verraai ek my ouderdom) geplak.
    Op die R2 noot was geskryf:
    “Favor please!!!!”

  8. 10

    Dellie said,

    Whahaha Karl! 😆 Klink na iets wat ek ook sou kwytraak!

    Carolina, ek dink vraestelle merk het darem so ‘n ligpuntjie vir onderwysers in daai antwoorde. 🙂

    My seun het daai ding van “die antwoord is onder die klip” ACTUALLY gedoen in sy Huishoudkunde vraestel in standerd 9! 😯

    Die hoof was glad nie beindruk daardeur nie, en het hom in die saal voor almal verhoog toe geroep. Toe hy ewe ernstig die kind se storie vertel om hom aan te maan, begin die hele saal histeries lag, 90% van die onnies ook! Net die hoof en die HHK onnie staan met suur gesigte! Nodeloos om te sê, sy naam het verander na Klippies, en hy is ‘n legende in daai skool! 😆

  9. 11

    neykie said,

    😆

    *stupid idiot i am*

  10. 12

    Dellie!!! Maak jy ons tandewys.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: