Kampvuur

♪ As ek saans met my maats om die kampvuur sit, ♫

♫ Kampvuur sit, klop my hart van puur genot! ♪

♪ Dan’s ek bly, dan’s ek bly, nes ‘n voël, so vry ♫

♫ Voël so vry, gans tevrede met my lot ♪

♪ Net die maan- en sterreprag bo my ♫

♫ Ai, wat kom ooit daarby? ♪

♪ As ek saans met my maats om die kampvuur sit, ♫

♫ Kampvuur sit, klop my hart van puur genot! ♪

campfire1.jpg

Ons gaan so bietjie saam met pelle kamp die naweek. En ek gaan my nuwe speelding uittoets…. 

Advertisements

18 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Hoe lekker knetter daai vuurtjie nie…
    Jy moet dit geniet, Dellie!

  2. 2

    Karl said,

    Kampeer lekker.
    Hou jou nuwe speelding of in jou hand of in sy sak. Stof is jou grootste vyand.
    Dan slaat jy die Youtube solat ons ok kan sien hoe kamp julle. Hier kom ‘n nuwe Dellie ervaring hehehe.
    Geniet
    Karl

  3. 3

    Skoor said,

    Lekkertes – jy moet sommer ‘n driepoot pot inpak en die Bone en Varkworse daarin maak terwyl jy die proses afneem. Dink net, dan kan ons dit op die kosblog sit!

    Geniet!!!

  4. 4

    Dellie said,

    Skoor, jy sal nie glo nie, maar ek het dieselle idee gehad! Wou dit mos gisteraand gemaak het, maar toe het ons vergader om vriendin se lasagne om die laaste reëlings te bespreek. (Dit was ook njammies!) Daar word anyway Sondag ‘n paar potjies gemaak, en ek weet die klomp lief almal bone. Sal kom verslag doen! 😉

  5. 5

    Adrie said,

    Noem my middelklas en padanties, maar ek hou niks van kamp nie.

    Dellie ek se dus net aan jou sterkte.

  6. 6

    meermin said,

    Julle moet hierdie naweek terdee geniet!

  7. 7

    Pikkelik said,

    Dank vader Adie, ek haat ook kamp! Maar vir jou Dellie, as dit jou ding is, enjoy… Bring sommer baie-baie pics saam om te blog.

  8. 8

    Adrie said,

    Pikkie

    Ek het ‘n vriendin wat alleen met 2 kleuters gaan kamp het en dit geniet. Nee dankie. Daarvoor is daar chalets en gastehuise. Ek soek elektrisiteit en gemak.

  9. 9

    Carolina said,

    Dellie,
    Geniet, want hier sit ek in nat ,koue Ierland. Dit reen aanmekaar! Die wind huil hier deur die skoorsteen!!

    Wag jy gee my idee!! Ek het hoeka regte mieliemeel en “sweetcorn mielies” uit SA gebring. Vanaand kry manlief paptert!!
    Braai ribbetjies (gekoop by TESCO) is die naaste wat ek aan braaaivleis gaan kom! En jy laat my sing:
    “Nou’s ek bly, nou’s ek bly …………
    ek kom terug (oor 4 weke) na my huis in sonskynland SA!”
    GENIET JULLE KAMPVUUR EN SONNIGE SA!!!!

  10. 10

    Marina said,

    Geniet dit Dellie…..ons wag vir die foto’s!

  11. 11

    Dellie said,

    Adrie, jy is pedanties en middelklas… whahaha! Nee, ek trek jou been! Nie almal hou van kamp nie, ek weet, maar ons gaan darem ook nie heeltemal “boendoes” toe nie. Daar is kragpunte en ablusieblokke…en chalets, maar ons verkies ons tente, so dis so erens tussenin.

    Maar die kampvuur kuier en slaap in die tent, is vir my heerlik. En met genoeg Peaceful Sleep, los die goggas mens ook nogal uit!

    Carolina, klink vir my of jy ‘n plan daar beet het! Sal ‘n koue enetjie op jou drink!

    Ek like jou avatar, Marina! 😉

    Nou ja, nog tien minute, dan moet ek eers gou die winkels invaar en klaar pak. Sien julle Maandag!

  12. 12

    Wipneus! said,

    Hi Dellie,

    Jou vuurtjie en liedjie lyk vreeslik aanloklik maar….. ek is jammerlik ook ‘n stadsmeisie (en ha ha middelklas soos Adrie) ek soek baksteenmure en sagte matrassie onder die lyf! En o ja! niks goggas wat oral inkruip nie!
    Geniet jou naweek!

  13. 13

    TristonJ said,

    Ek hoop julle geniet dit sommer baie! Niks so lekker as om n kamp vuur die aand verby te klets!

  14. 14

    Karl said,

    Dellie
    Julle is almal getag op my blog om julle kombinasies te kom wys.

  15. 15

    bytjie said,

    Naansê Dellie, hoop jy het die uitkamp geniet, ons het ook altyd uitgekamp maar raak nou te oud vir dit, as ek lê kan ek nie weer op kom nie, nou kamp ons maar met karavaan uit, en as liefie saam met die manne gaan dan kamp hulle in tente uit. Groete

  16. 16

    Eben said,

    Ek kan natuurlik nie wag om te sien of jou nuwe speelding sy kant gebring het!! (gie gie bedoel kamera!!) Ek is natuurlik mal verslaaf na kamplewe …. en ek respekteer ander mense wat nie daarvan hou nie, maar di ekamplewe is net daardie iets anders …. die mense is anders, jou kerk se mense.

    Vertelle bietjie hoe gaan dit daar met Seun in die verte. Geniet die man homself so deur die werkery?

    Terloops waar het julle loop kamp, om Welkom is mos nie kampplekke nie … of misgis ek myself?

  17. 17

    […] 2. Dellie sit om ‘n kampvuur […]

  18. 18

    knersis said,

    Watter speelding?
    Toe ek laas met ‘n speelding om ‘n kampvuur gespeel het, het ek amper my vingers afgesny!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: