Kampvuur nagevolge

Dit was great! Al voel ek vandag of ‘n trein my getrap het. Ek kan net my oë en vingers met gemak beweeg. En ek lyk soos ‘n tamatie met ‘n tippex masker… ek leer ook maar flippen stadig!

‘n Naweek saam met dié klomp is altyd iets om te onthou. Ons klomp kry miskien so twee of drie keer ‘n jaar die kans om ALMAL bymekaar te wees. Dan praat ek van so 22 mense, waarvan 6 kinders is. ‘n Aand of dag is eenvoudig te min tyd vir ons om lekker te kuier. Vandaar die kampnaweke. Ons is nou al mooi georganiseerd wat dit aanbetref. Elke ou kry ‘n lysie met kos en ander benodighede wat moet saam. En ons deel die koste van die staanplekke. Een staanplek is gewoonlik nie genoeg nie.

Ons het Vrydag middag so net na 5 by Aldam (Allemanskraal dam) aangeland. Nou kyk, ons werk nou al soos ‘n goed ge-oliede masjien saam om die kampplek gou reg te kry. Daar is een karavaan, en dan ses tente wat wissel van baie groot tot baie klein. En natuurlik die gazebo’s vir die “kombuis” en ekstra koelte. Dit lyk kompleet soos ‘n dorpie op sy eie as ons klaar is. En die gadgets het ook al mooi aangekom. Van oulike lampies tot ‘n bio-stofie en lampies wat een of ander gel gebruik vir brandstof, wat nie stink soos parrafien nie. Elke kamper het natuurlik ‘n opblaas matras of selfs van hierdie fensie nuwe strechers wat sommer ‘n opblaas matras by het. So goed soos jou bed by die huis, so van ongemaklik slaap is daar nie sprake nie.

Vrydag aand se spyskaart het bestaan uit worsbroodjies – min moeite, want ons is mos dan moeg kamp opgeslaan! Darem lekker gebraai, met tamatie en uie sous. En toe begin die groot kuier. En die pret. Ons speel telefoontjie soos toe ons klein was – met histeriese gevolge! Ek kan nie almal onthou nie, maar hierdie ene op my beurt was verskriklik snaaks: “Borrie en Kerrie hou nie van koning Rosedoring nie” word “Die queen van Saudi Arabia hou nie van kerrie koekies nie”!! Ek dog ek maak my nat!

Die ander game was “I spy with my little eye…” en as jy ‘n leidraad vra, moet jy ‘n skopdop glasie OBS drink. Hoe later, hoe kwater, en op die ou end word daar nie meer gevra vir leidrade nie, daar word sommer net gedrink.

Saterdag oggend vieruur het ons resident visserman en sy vrou die viswaters gaan aandurf. Sommer kompetisie gehad tussen die twee van hulle, en sy het gewen! Ek sal later ‘n possie opsit spesiaal oor dié twee, want daai twee se visvang vernuf en truuks verdien hulle eie spotlight. Dis ook daar waar ek so lekker foto’s en video’s geneem het, dat ek vandag soos ‘n tamatie lyk. Skoon vergeet van die son!

Toe die res van ons ontwaak teen so 8uur, is ons terstond “polisie koffie” ingejaag. (Dis moerkoffie met whiskey, vir die wat nie weet nie.) So ‘n lekker skop onder jou jis om krag vir die dag te kry. En op die koop toe, ‘n ander brousel, wat iemand toe reken sal ons immuunstelsels goed doen: ‘n hele groen rissie, opgesny in skyfies, in ‘n skopdop glasie bedek met whiskey. Eish! Ek kon net die whiskey en een skyfie rissie inkry, die res het ek gespoeg dat dit daaaar trek. Teen 12uur Saterdag middag, was dit tyd om die innerlike weer bietjie te versterk. Spek, eiers, gebraai uie en sampioene, alles op ‘n broodrolletjie. Te lekker.

Die geriewe by Aldam is baie netjies. Ons sorg altyd dat ons ‘n staanplek naby die badkamers het. Daar is ook ‘n swembad, supertube, put-put, tennisbaan, trampoliens en rolstkaatsbaan. En dis daai trampolien wat my lyf so seer het vandag… spring mos daar rond soos ‘n 16 jarige!

Saterdag-aand het ons vleis gebraai, en om die kampvuur gesit en strooi gesels. Ons het ook bietjie gesing, maar ek dink die res van die oord was heel dankbaar toe ons daarmee ophou! En ons het natuurlik marshmallows gebraai. Heerlik.

Sondag-oggend het gesorg vir ‘n grappie wat nog lank by ons gaan bly. Ek en Liefie deel ‘n tent met ‘n ander paartjie. Tussen ons “kamer” en hulle “kamer”, is nog ‘n vertrek, maar daar is nie ‘n skeiding tussenin nie, dus kan ons mekaar sien. Vroeg Sondag-oggend hoor ek hoe iemand die tent se flap oopzip, en maak net my een oog so oop. Ek sien hierdie man met ‘n snor wat so skeefkop vriend aan die anderkant se lighter voor hulle bed optel. Die man smile nogal ewe vir my, maar ek is so deur die dinges dat ek hom nie herken nie. (Ek en Liefie het Saterdag aand voor die ander gaan slaap, en ek is bewus daarvan dat iemand anders wat ons nie ken nie in die nagtelike ure by ons sou aansluit. Ek neem toe aan dit is dié man.) Tien minute later is vriend wakker, en hy soek sy lighter. Nou moet julle verstaan – vriend is oor die algemeen half doof, en soggens is dit tien keer erger. Ek sê toe vir hom ‘n man met ‘n snor het die lighter gevat. “Wat?” vra hy. Ek, harder: “‘n Man met ‘n snor het jou lighter gevat.” Hy: “Huh?” Ek, nog harder: “‘n Man met ‘n snor!” Hy: “Wie, Louis se swaer?” Nou, nie een van ons ken ‘n Louis nie, en ek bars uit van die lag. Onthou nou net, ons is in tente, dis vroeg en stil in die kamp, dus hoor almal nou hierdie gesprek. Ook die “man met die snor / Louis se swaer”… wat toe al dit tyd ons lang maat was wat die lighter nodig gehad het om die koffie aan die gang te kry! Die antwoord sommer van buite af: “Moenie worry nie, die man met die snor sal netnou die lighter terugbring!” In sarsie begin die hele kamp lag. Ons was histeries! En vir die res van die dag is “Louis se swaer” geblameer as iemand nie iets kon vind nie! Ai, die ene gaan ons nog lank laat skater!

Sondag middag het ons twee potjies gemaak, ene vir die mans, wat “warm” was, en ene vir die vrouens en kinders wat meer matig was. Skoor, ek kon nie al die bone opspoor vir die “Pork en Bean” potjie nie, maar sal beslis die resep bere vir volgende keer.

Die oppak is natuurlik die aakligste deel van die hele storie. Dis asof ons uitstel tot op die laaste om dit te doen. Ons wil nie huistoe nie. Maar alle goeie dinge moet ook seker tot ‘n einde kom.

Ek het baie foto’s geneem en video’s gemaak, en is herdoop na Steven Spielberg. Nou gaan ek die sagteware se vermoëns beproef, en kyk of ek vir elkeen hulle eie stukkie onthou bymekaar kan sit. Dis die ideale projek om al die funksies te leer ken. En dis wonderlik om te weet dat daar darem ‘n paar priceless oomblikke vasgevang is wat ons nooit sal verloor nie.

Dankie maters, dit was ‘n fees!

16 Responses so far »

  1. 1

    Meermin said,

    Leer sal ons seker nooit leer nie!! Bly jy het dit darem geniet al voel jy vanmôre nie so vars nie!!

  2. 2

    Liewe Heksie said,

    Tannie Dellie is ook maar lekker dom.

    Dit is Berrie en Korrie die gifappels van die Pers Heks. En Koning R-O-S-E-B-A-A-R-D wat met die Koningin By getroud is.

  3. 3

    Marina said,

    Ag hoe verlang ek na ons kampe by Cape Vidal en Mabibi…….net soveel sports gehad. En dan is die gebrande en seer lyf die moeite werd!!! Dankie vir die terugvoer! ons wag vir die fotos.🙂

  4. 4

    Wipneus! said,

    Dellie
    Ek het so lekker gelees aan jou storie, kan sien hierdie was ‘n heerlike naweek!!

  5. 5

    Roer said,

    Ha ha, Delsch, of eerder Stefanie SpieelBrug. Dit klink vrolik. Bly julle het dit geniet. Miskien die gedagtes bietjie afgelei van Seuna daar in die verte, of hoe.😀

  6. 6

    Pikkelik said,

    Ja Dellie, ek dink ek moet my woorde terugtrek, ek het laas gesê ek haat kamp, maar dit klink vir my al asof ek iets mis… Ek’s bly jy het dit geniet, rooi of te not, lekker week! 🙂

  7. 7

    Dellie said,

    Uhm, dankie Liewe Heksie vir daai info?😆

    Ag Roer, nie rerig nie… almal ken hom, en dit was ons eerste kamp SONDER hom, so almal het hom gemis. Maar dit gaan goed met hom, hy werk net hard en daar is nie tyd vir speel nie. Hopelik het hy binnekort ‘n laptop, dan kan ons foto’s ruil.

    Ja Pikkelik, miskien moet julle bietjie probeer?😉

  8. 8

    muiswys said,

    Kom wys jou muis by http://muiswys.wordpress.com . 100% anoniem.

  9. 9

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Klink my julle het ‘n stunning naweek gehad. Ek het kliphard gelag vir die queen van Saudi Arabië…..is baie funny😀

    Wens so ons kan ook gaan kamp…manlief ken mos nie van kamp nie, so hy dink dis gagga…
    Lekker wekie vir jou…
    Groetetjies
    Sonneblom

  10. 10

    Karl said,

    Kampster
    Klink of julle baie pret gehad het. Dankie virrie vertel.
    Nou verstaan jy ok wat ons fotograwe laat tick.
    Kan nie wag om te sien nie.
    Karl

  11. 11

    boendoe said,

    Hallo Dellie,
    Ek het darem vanoggend hier by jou gedraai, maar het nie tyd gehad om te konsentreer om iets te skryf nie!
    Dit klink of julle groot fun gehad het, en die beste van als – daar was nie bleddie sand nie!
    En met jou tippex-tan sal ons nou soos sussies lyk…

  12. 12

    Carolina said,

    Klink na ‘n “great” naweek!! Dankie dat ons dit met jou kon deel!!

    Dit laat my dink aan ‘n kamp naweek(lank terug) saam met Ouma en familie. My Sus se ou seuntjie was nog baie klein (het nog bottel gedrink), maar mal oor sy Ouma. Het ok omtrent elke aand by Ouma geslaap. Een oggend word hy wakker en huil en huil……Ouma vra: “Wat wil jy hê, Boeta?” Waarop hy antwoord: “Ek soek ‘n Mamma en ‘n tietie!”

    Vandag nog as iemand in die familie baie verlang dan vra ons: “Soek jy ‘n Mamma en ‘n tietie?”

    Ek is ok nou “homesick”!!!
    Ekke verlang ……
    Na my kinders
    Na my familie
    Na my vriende

    IerlandGroete

  13. 13

    sommergoed said,

    En skielik wil ek ook begin kamp! Ek het genuine nie geweet mens kan soveel pret om ‘n kampvuur he nie!

  14. 14

    Zee said,

    Dellie, klink of julle darem n wonderlike naweek gehad het. Ek mis maar ook die gekampery van jare terug saam met my ouers.

    Sien uit daarna om die foto’s te sien.

  15. 15

    Eben said,

    Soe Dellie dit klink heerlik en gesellig. Ek dink met heimwee terug na my kamp by Sodwana en al die grappies en laggies om daardie kampvure.

    Dankie vir die lekker vertelle en ek glo almal wens ‘ .. ons kon saam Dellie-hulle gekamp het!”

    Nou vir daardie foto’s ….

  16. 16

    Anoniem said,

    Dat is die beste storie


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: