Geldsake

Dit WAS al weer daardie tyd van die maand… daardie tyd van kwitansies koop. En die keer is ek laat, want Seun is nie hier sodat ek hom kan stuur om alles te gaan betaal nie. Hy het my lekker bederf.

In elk geval, Liefie sal maar die ou werkie vir my moet doen hierdie maand, en seker volgende maand en die maand daarna ook. Ek hou niks daarvan om te gaan rekeninge betaal nie.

Maar toe wonder ek, wie hanteer die geldsake in jou huishouding? As julle elkeen julle eie salaris verdien, bly jou geld joune en sy geld syne? En wie betaal wat? Of gooi julle alles bymekaar en doen dinge daarvandaan? Besluit julle saam oor nuwe meubels/ matte/ skilderye/ toestelle/ beddegoed/ klere/ gadgets wat aangekoop word?

As net hy ‘n salaris verdien, gee hy dit vir jou om die nodige te doen, of betaal hy alles en gee vir jou ‘n toelaag vir die huishouding en jouself? Word dit julle geld, of bly dit syne en jy moet vra as jy iets nodig het? Of “toestemming” as jy iets wil koop?

Toe ek en Liefie getroud is, het ek net vir ‘n rukkie gewerk. Ons het alles gedeel, Liefie het die begroting vir die maand opgestel, en betaal wat betaal moes word. Ons het albei vrye toegang gehad tot die geld wat vir kruideniers en ander dinge bedoel was. Toe Seun gebore is, het ek ophou werk, en ook meer saam aan die begroting beginne werk. Dit was nou net een salaris wat ingekom het, maar dit was ons geld, nie “syne” nie.

Nou het ons elkeen ons eie besigheid, en ons begroot en betaal self al die uitgawes van elke besigheid. Wel, ek begroot, en iemand anders gaan betaal dit fisies. Hehe! Ek doen ook ons huishoudelike begroting, en ons deel die kostes van die huishouding. Maar ons het ook elkeen ons “eie” geld. Soms sal ons bietjie stry oor wie se beurt dit is om te betaal vir bv kruideniersware, of ‘n naweek braai saam met vriende. Eventually sal hy vir die drank betaal, en ek vir die vleis en slaai. Die punt is dat ons nog steeds deel. Maar soms is dit ook vir my lekker om hom uit te vat vir ete, en rerig van “my” geld daarvoor te gebruik. En om hom te “nag” as ek iets wil hê wat ek nie self kan bekostig nie…

So, is dit julle geld, of joune en syne/hare?

21 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Dellie, in ons huis gebruik ons een rekening. Ek is in beheer van die geldsake maar jinne tog, partykeer wens ek manlief wil dit doen. Ek betaal maar alles deur die internet so daardie in rye staan skip ek darem.

    Ons besluit absoluut oor alles saam, of dit nou ‘n nuwe visstok of mmm, geldjies vir my internet is.

    Nou moet ek eers bietjie bieg ook, ek is ‘n shopaholic as ek in stress mode ingaan en manlief het my rieme lekker styf ingetrek.😦 maar aan die anderkant sien ek ‘n spaar rekening wat stadig maar seker vinnig klim.

    Hy sê altyd, my goed is Zee se goed, en hare ook hare, so eintlik besit ek niks nie.😆

  2. 2

    netjane said,

    What’s mine is mine and what’s yours is also mine.🙂

    Ons het elkeen ons eie bankrekeninge en wie ookal by die winkels stop betaal, maar as ons saam daar is besit ek nie ‘n kredietkaar nie.😉

    Ek koop my eie klere, maar as ek nag dat iets te duur is koop liefie dit sommer maklik vir my. Enige “groot” uitgawes soos as ons travel betaal hy. Hy haat Telkom en omdat ek lekker lank met my ma oor die foon wou praat het ek die telefoonrekening betaal. Tuinjong betaal hy, bediende betaal hy vir dag 1, ek wou haar ‘n tweede dag vir stryk gehad het, so dan betaal ek dag 2.

    Vir die jaar in Swede is ek egter ten volle ‘n kept woman. Liefie haat dit as ek hom vra of ek iets mag koop, want hy sê dis ons geld, so hoekom vra ek hom…

  3. 3

    Adrie said,

    Zee, ek hou van jou man se filosofie.

    Ek sit met ‘n GROOT probleem. ‘n Vrou beheer my geldsake en ek is seker sy is besig om my finansieel te mishandel.

    Ek doen alles vir haar. Ek is immers die enigste een wat geld inbring. Dan moet ek nog kos maak, huis skoon maak, bed opmaak, haar bad en selfs haar boude afvee. Maar sy het ‘n ysterhand op ons finansies. Ek moet smeek en kerm voordat ek ‘n boek of iets mag koop. Sy kraam 20 babas oor my selfoon rekening en ek moet net sjarrap. Ek se dan maar eerder niks oor haar gekerm oor my kredietkaart rekening of oor my motor uitgawes nie.

    Ek wou haar al reg bliksem, maar dit is ‘n bietjie moeilik . . .

  4. 4

    meermin said,

    My salaris is maar nie baie nie, so Koos se moerse pay is syne en my kleingeld is myne!!

  5. 5

    annedelicious said,

    ag ek pla myself nie oor “yours and mine”…….so lank daar n tafel is om te vroetel en geld om vroetel toys te koop,. is ek happy

  6. 6

    Jaco said,

    Ons filosofie is maklik. Wat myne is, is Krista s’n en wat Krista s’n is, bly Krista s’n. No mess no fuss en niemand kry seer nie

  7. 7

    Dellie said,

    LOL @ Adrie!😆

    Anne! Howzit? Bly om te hoor jy het darem nog jou tafel…😀

    Jaco, jy is ‘n baie slim man. Jy gaan baie oud word!😉

  8. 8

    Marina said,

    Myne is myne en syne is ook myne…..nes Jaco hulle…..:-)
    Darem nie rerig nie, elkeen eie rekeninge, hy betaal die groot uitgawes en ek haak aan met die res.(As daar iets oor is nadat die kinders hulle deel ge-eis het)

  9. 9

    Adrie said,

    Lyk my wat van die huwelik gese word is waar. Hy gee 50 en sy neem 50.

  10. 10

    Pikkelik said,

    Lyk my ek’s ‘n lady of lesuire. Ons het ons eie besigheid, ek kry nie ‘n salaris nie, want ek het nie een nodig nie. Mynick betaal alles! Ek pick en hy pay… Grappie. Ons kry net een salaris uit die besigheid uit. Hy weet nie eers wat sy pay is nie. Ek sorg maar vir die finansieële sy van die huwelik.

  11. 11

    boendoe said,

    Julle is snaaks! En dis ernstige goeters, mense!

    Lief se geld is myne ook, my tippie is ons drinkgeld vir die maand. 😛 Ons SA geldsake beheer ek, maar hier hou hy die beursie vas. Ek gee nie om nie, want om nog te sukkel met Porra as jy iets wil betaal, is ‘n pyn in die agterent.

  12. 12

    Dellie said,

    Amper so iets, Adrie… maar ek weet ook van ‘n paar dames wat veral nuwe klere en skoene die huis “insmokkel” en dan doodonskuldig verklaar dat dit ‘n “ou ding” is as sy gekonfronteer word…

    Pikkelik, lol @ pick en pay!😆

  13. 13

    Wipneus! said,

    Zee, jy het omtrent alles net so neergepen wat ek moet sê: Ons het saam ‘n besigheid elkeen besit 50%, geld is ons altwee sin. Elkeen koop maar wat hy wil, vra nie toestemming, dan sal ek altyd in die moeilikheid wees! My favourite hobby is shopping!! Mind-u manlief is ook baie lief vir shop, veral al die nuwe tegnologiese dingetjies wat nou al weekliks op die rakke verskyn…
    Ek betaal salarisse en al daai lastige rekeninge sommer deur die internet. My kruideniersware word ook meestal oor die internet gekoop (Woollies en Pick & Pay), as ek winkels toe gaan wil ek na lekker winkels toe gaan, niks van boring kos koop vir my nie. o, nee sleg man!!

    Adrie ek het lekker gelag vir jou mail, jy moet daai girl vas vat!

    Dellie maar ek koop so baie skoene en handsakke, dat ek dit insmokkel en dan is dit ook horing oud “Nee, my man ek kan sien die jare stap, kan jy regtig nie onthou nie, jy was dan nog saam toe ons dit gekoop het?” Nou begin hy in homself twydel. Mission accomplish…

  14. 14

    Ons gaan 50-50 op die meeste dinge vir huis en om te lewe.

    Liefie help my bietjie met my kar. Liefie is “kind” en koop vir my mooi klere en skoene.

    Elkeen se stokperdjies is vir “eie uitgawe”.

    Ons bederf mekaar.

  15. 15

    Da Mario said,

    Ek glo maar aan deel. Maar ek hoef nie op die oomblik met iemand te deel nie so alles is myne. Nie dat dit veel help nie, ek dink ek pay nogsteeds nie genoeg nie, ek like spend en shop te veel….😀
    Kan ek nie maar iewers ‘n 95-jarige suger-mommy los charm nie??😆

  16. 16

    DM gaan loer daar by Boedoe, sy weet van ‘n 95-jarige sugar daddy…dit hang af van hoe erg jy groot geld soek…;)

    Ek dink ook nie dit vat veel om daai oom te charm nie, mens moet net in ‘n bikini rondtrippel en giggel.

  17. 17

    Dellie said,

    Whahaha Rosa! Nou het ek heirdie prentjie in my kop van Da Mario in ‘n bikini …. whahahaha!😆

  18. 18

    Eben said,

    Hi Dellie … in onse huis is al die geld in een rekening. Ek betaal al die los skudjies via internet om my lewe te vergemaklik. Van W&L tot die laaste sent.

    Dit wat oorbly sal ek bv ‘n gedeelte oorplaas na ‘n spaar rekening en die res gaan vir ons maandelikse en daaglikse behoeftes!!

    Dellie, Rosa is reg met daardie Oompie (HH) … miskien kan jy in jou bikini rekenaar kurses aanbied!!!

  19. 19

    Bottertjie said,

    Ons sit ons geld saam. Wat myne is, is syne en andersom. Hy kry aansienlik meer as ek, so ek score lekker. As ek egter freelance geldjies inkry, dan praat hy dat dit my geld is, maar ek koop vir ONS goed. Deesdae koop ek glad nie meer enigiets vir myself nie, dis net alles vir Zalika. En ek is ook ‘n shopaholic en soms lieg ek vir hom oor hoeveel goed gekos het sodat hy nie ‘n hartaanval kry nie!

  20. 20

    […] April 8, 2008 Posted by Zee in Sommer net. Tags: Add new tag, marriage, money trackback Dellie het nou die dag oor geldsake gepraat wat my weer my boekie 365 Things that every Couple should […]

  21. 21

    Emmerentia said,

    Kan jy asb. vir my ‘n voledige uiteensetting gee van wat presies ‘n begroting is, ons moet ‘n taak maak vir ekonomiese bestuurswetenskap en een van die vrae is wat is ‘n begroting. Ek het net ‘n paar reëls en ek gaan nie vreeslik baie punte daarvoor kry nie.
    Dankie Emmerentia


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: