Skuil daar ‘n kunstenaar in jou?

Ek is nie lus om julle vandag te verveel met my daaglikse bestaan nie. Ek dop af. Oral. My neus lyk soos ‘n vis wat verkeerdom gekam is. Ek kan nie onderlaag aansit nie, dan lyk alles net erger. Die res van my lyf het sulke patches. Donkeres en ligtes. Dis nie ‘n mooi gesig nie… as ek kon, sou ek myself met klippe toegepak het, en gehol het… sug…

Toe dink ek nou so: wat van ‘n tag-speletjie? Huh? Huh? “Ag tog,” hoor ek baie sê, “nie al WEER nie!”  Sorry my ding, AL WEER! Daar het in elk geval in die laaste tyd ‘n hele paar nuwe blogmaters bygekom wat nog nie saam tag gespeel het nie.

Maar die keer wil ek nie weet waarvan jy hou of nié hou nie, ek wil die kunstenaar in jou sien! Gee jou verbeelding vrye teuels – teken net wat jy wil. ‘n Familie portret, ‘n scrabble patroon, feetjies, blommetjies, diere, brandweermannetjies, stokmannetjies, ‘n paar strepe  – gaan mal!

Hier is die reëls:

1. Jy moet ‘n prentjie skep in Paint. Almal het dit. Jy mag nie ‘n ander fênsie program gebruik nie, net Paint.

2. Jy moet dit self teken/skep.

3. Save dit en post dit op jou blog.

4. Tag 4 ander bloggers.

5. Geniet dit!

Hier is myne. Moenie lag nie! (ek is toegepak onner daai hoop klippe!)

paint-tag.jpg

Ek tag vir Pikkelik, BoendoePippielangkous en Zee. Begin Paint, dames! Hehe!

Elke kind is ‘n kunstenaar. Die probleem is om ‘n kunstenaar te bly sodra jy volwasse is. Pablo Picasso

21 Responses so far »

  1. 1

    Pikkelik said,

    O Hel, hkgk, ek’t spoeg en plak gedop in graad 1. My huiswerk sal ek inhandig, maar o wee die arme lesers…..

  2. 2

    boendoe said,

    Ag nee, jimmel, Dellie! As jy nog ‘n krater van jouself gemaak het, sou ek beter gevoel het, maar nou lyk joune soos iets wat ek moontlik teen my mure sou kon hang! (SONDER die sneeuman, bygese!)
    Be it on your own head!

  3. 3

    Eendag was daar ‘n sneeuman wat besluit het om ….(dankie dellie, vertel asb die storie verder)…🙂

  4. 4

    meermin said,

    Nee kyk ek kan nie eers ‘n stok mannetjie teken nie, want die kinders vra dan ma wat is hierdie?

    Dellie dit is pragtig hoor!

  5. 5

    Zee said,

    Dellie, jou kunswerk is pragtig. Jy nie dalk Picasso nie?

    Ek sal maar my huiswerk gaan aanpak vannaand en so spoedig as moontlik inhandig😆

  6. 6

    Wipneus! said,

    Dankie tog, ek het nie huiswerk nie!! Dellie daar skuil talente, mens moet met jou talente woeker, het jy nie geweet nie?

  7. 7

    Dellie said,

    Pikkelik, Boendoe en Zee… juffrou wag in spanning!👿

    Rosa, nee jong, die sneeuman het opsluit besluit om te kom kyk hoe lyk die somer… eintlik het ek met hom begin, maar na die blommetjies en groen blare aan die boom, kon die berge nie wit wees nie…😆

    Wipneus, jy kan maar solank begin paint, my ding, jou tag is defnitief oppad… van erens af. Niemand word ontsien in tag games nie! :mrgreen:

  8. 8

    boendoe said,

    Miss Dellie, check your e-mail, por favor!!

  9. 10

    Marina said,

    Jinne…..in waffer skool was jy my tjint??

  10. 11

    Pikkelik said,

    Huiswerk ingehandig!!!!!

  11. 12

    boendoe said,

    Jip, myne ok!

  12. 13

    neykie said,

    Dankie tog ek is vergeet!!!

    Dellie al ooit gedink om te skilder?😆

  13. 14

    Roer said,

    Ag nee hel. Hoe moet ons dit nou oortref? Dis baie goed!

  14. 15

    TristonJ said,

    Glad nie sleg nie! damn good infact!

  15. 16

    […] gaan nie so ver gaan om dit kuns te noem nie; Dellie het daarmee begin en Adrie het my getag om my nederige bydrae te lewer. As jy nog nie getag is nie, […]

  16. 17

    Wipneus! said,

    Hie hie Dellie jy het ons wêreld besig gehou gister!

  17. 18

    Zee said,

    Juffrou myne sal kom, moet net eers manlief se laptop fix dat ek darem nie internetloos is nie! En ek was so opgewonde gisteraand om aan my kunswerk te gaan werk!😦

  18. 19

    Zee said,

    Dellie, hierso is my huiswerk. Ek moet nou ook eers uitfigure hoe werk die nuwe wordpress om hyperlinks weer reg te kry.

    http://zee3.wordpress.com/2008/04/05/241/

  19. 21

    […] 3, 2008 Jammer julle. Dis Adrie se skuld…of is dit Dellie. Ek tag wie nog nie getag is nie en wie wil saam […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: