Oh, happy day!

Ag hoe lekker! Daar kry ek toe vanmore sommer 2 verrassings! Die WordPress upgrade (baie oulik!) en ‘n e-mail van Seun! Heerlik! Hulle is nog in Miami tot die 13de April.

Ek post vir julle sommer sy hele briefie, met spelfoute en al!

Hi daar!!

Jis.. waar begin ek… EK MIS JUL VREESLIK BAIE!!!!!!!!!

Wel dit gan oraait hier! Ons werk net regtag hard. Ons ride is basies die main attraction vir die Fair.. so dit gan hectic! Ons (ek en Mark) moet elke oggend 2 ure voor die res van die crowd opstaan om te gan werk! hkm!? Want ons moet elke donnerse dag boude vas draai en goed op jack en reg slaan met ‘n hammer! Ek haat dit… op die stadium voel ek nie ek gan vir ‘n tweede jaar terug nie, maar ons sal sien as ons in Canada kom!

Gelukkig maak ons eers more 3uur oop, maar die res van die show maak 9 uur oop! Hehe ons kan lekker laat slaap! Ons ride is geklasifiseer as ‘n violent ride en daar gan more klomp skool kinders wees!

Kan julle glo ons was nog nie eers by die beach nie! Kry nie tyd nie! Ons maak 12uur die aand klaar dan ry die laaste bus beach toe… dan is dit 2uur bus trip… dan moet jy ‘n taxi terug vat want die busse ry nie in die aand nie en dit kos $55!

My tyd is op! Nog 2 minute dan moet ek af! Ek sal binne die volgende 2 dae airtime koop! En weer ‘n e-mail stuur!

Groete en BAIE BAIE BAIE BAIE BAIE LIEFDE!!!!!!!!!!!!!!!!!

MWA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

P.S is Papsak pregies?!>>

Ag, dit gaan ‘n lieflike dag wees! 😆 Lekker week vir julle!

Advertisements

12 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Dellie, jy klink so vrolik vandag. Bly dit gaan “goed” met seun!

    Ek het so gesukkel gisteraand met die nuwe WP op manlief se duisenpoot lappie. As die lappie darem nou net vinnig was sou ek dit seker baie vinniger “gemaster” het.!

    Lekker week vir jou ook!

  2. 2

    neykie said,

    Ek is baie impress met wordpress se upgrade.

    Ek is baie bly jy het sulke lekker opbeurende email gekry.

    Lekker week

  3. 3

    platterfuss said,

    (((Dellie)))

    Ek kan mos nou sommer sien hoe erg hy julle mis…….

  4. 4

    Wipneus! said,

    Hi Dellie

    Ek kan sien seun verlang, ma verlang natuurlik nog meer. 😀 Bly jou week het so lekker begin.

  5. 5

    Karl said,

    Dellie
    Te lekker so ‘n briefie uit die vreemde. Bêre mooi.
    Miami is nogal ‘n woeste plek. Alles wat jy op TV sien is waar – die sexy babes, die fris krisse en die lot op rollerblades. Oopslaan motors wat in die strate op en af ry. Musiek peul by elke restaurant en strandkroeg uit.

    Omtrent niemand praat engels daar nie – spaans is die taal. Maar Miami is uiters veilig. Met die groot spul bekendes wat daar uithang, duld die polisie geen crime nie. Hulle is regtig baie streng.

    Lekker gebly daar – net baie warm en sleg strande – fyn gruis, nie sand nie.

    Lekker Maandag en sommer week ok.

    Karl

  6. 6

    Pikkelik said,

    Weet jy dis vir my ongelooflik lekker om te lees dat daar nog kinders is wat vir hul ouers omgee. Dit gee my sommer nuwe hoop. Moet sê die nuwe dashboard post makliker foto’s. Nogeens baie dankie Dellie.

  7. 7

    meermin said,

    Ja dit was noga; ‘n verassing hierdie nuwe look van wordpress, moet nou alles van voor af leer!!

  8. 8

    Eben said,

    Wow(!!) Dellie lekkerrrrrr en jy mis Seun maar ook opgewonde vir sy part!!

    Karl … dit klink lekker soos jy verduidelik, maar ek dink Seun sal later al die sort-guts leer (gie gie!!)

    Meermin, glo my dit was net so verrassing vir my gewees. Gelukkig ken ek mense soos Dellie wat dit sommer jop-jop verduidelik!! Nou maak alles weer sin.

    Lekker week Dellie!!

  9. 9

    adelem said,

    Hi Dellie!
    Ek was so lank uit die blogsfeer uit, ekt nie besef seun is al weg nie…. Maar eks bly dit gaan goed met hom en dat jy seker die beste Maandag ooit gehad het! Groete!

  10. 10

    BB said,

    Is lekker, ja, as hulle skryf! hulle verstaan nie wat dit vir ‘n moederhart beteken nie! En Miami is sooooo WOW!!

  11. 11

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,
    Bly om te hoor seun is okay daar anderkant. Lekker om so briefie te kry. Hoop die res van jou week is net so lekker vrolik.

    Groete
    Sonneblom

  12. 12

    boendoe said,

    Hi Dellie,
    Het daai e-mail nie sommer jou dag gemaak nie?? Dit klink nie of hy in sak en as sit nie! NOU gaan hy grootmens word.

    Ek moet nog die nuwe WP uitfigure, maar dit lyk heel gaaf. (die bietjie wat ek gesien het!)


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: