Peetouers

‘n Jong paartjie wat ons ken, het ons gevra om die peetouers van hulle drie jarige dogtertjie te wees. Maar wat beteken dit nou eintlik? Ons ken hulle nog nie lank nie, was nie by toe sy gebore of gedoop is nie. Ek is ook nie seker hulle weet waaroor dit gaan nie.

Baie jare gelede was dit voorgestel dat alle babas wat in die Christendom gebore en gedoop word, ‘n vriend of bekermer moet hê en daardeur het peetouers ‘n rol begin speel om die kind deur hul Christelike geloof te lei.

Is dit al waaroor dit gaan? Wat gaan ons verantwoordelikheid teenoor hierdie kind wees? Beteken dit ons moet voldoen aan behoeftes waaraan haar ouers nie kan voorsien nie? Finansieël? Hoe betrokke moet ons wees by haar opvoeding? Of dalk glad nie? Bederf ons net en koop geskenkies vir verjaarsdae en Kersfees? Wat as iets regtig met haar ouers gebeur? Is ons dan outomaties haar voogde? Is daar regsdokumente wat opgestel moet word?

As julle so bietjie kan help met insig en antwoorde, sal ek dit vreeslik waardeer. Ek dink dis nie ‘n besluit wat ligtelik geneem kan word nie.

Advertisements

18 Responses so far »

  1. 1

    Karl said,

    More almal

    Ek vra ook daai vrae Delli.
    Ek is peetpa van twee kinders. Ek weet ook nie wat die behels nie.
    Die enetjie het nou verhuis na Australie toe – is ek nog verantwoordelik vir daai kind as haar ouers sterf?
    My ander peetkind maak ek reeds groot, maar ek het geen regswetlike seggenskap oor haar nie.
    Sal kom loer of daar dalk iemand met kennis is wat ons kan help.

    Karl
    PS Ek het nee gesê vir die nuwe kinders – wil nie nog peetpa wees nie en og, was die ma en pa befok daaroor!

  2. 2

    Roer said,

    Delsch, Ek het nog altyd gedink dis maar net ‘n kwessie van indien iets met die kind se biologiese ouers gebeur, jy dan in tree en die kind groot maak en alles wat daarmee gepaart gaan, maar dit sal in die ouers se testament genoem MOET word (legal guardian etc). Hier in die Kaap het ons ‘n vriend wat ‘n kas baie duur wyn gekoop het vir sy peetkind met sy geboorte wat hy van plan is om vir die kind te gee op sy 21ste verjaarsdag. Hoop nie dis asyn teen daai tyd nie.

  3. 3

    Meermin said,

    Dellie ek dink dit is ‘n voorreg, maar die antwoord lè in jou hart, hoe voel jy oor die ou klein dingetjie? Mens is geneig om allerhande vrae te vra ja ek weet. Sterkte met wat jy ook al mag of nie mag besluit nie! Ek het so paar jaar terug toe my kinders nog kleiner was my jongste sussie hulle peetma gemaak! NIEMAND sal raai wie my ma gekies het as peetma vir my nie! Niemand anders nie as Min Shaw was my peetma.

  4. 4

    Wipneus! said,

    Hi Dellie,

    Ek het so baie peetkinders sê maar altyd ja, want dit lyk my deesdae gaan dit net oor bederf en geskenkies koop. So nou en dan ‘n spesiale oproep om te hoor hoe dit gaan en ‘n oorslaap. Soos Karl sê mense neem dit persoonlik op as jy nee sê, daarom is hierdie taxi-hart al vol peetkinders.

    Ons is ook pleegouers van my broer se dogtertjie, maar hier is dit so in hulle testament beskryf met die nodige regsdokumente. Vir hierdie peetkind doen ons natuurlik baie meer moeite en sy word vreeslik bederf veral omdat ons nie dogters het nie.

    Ek is lief vir kinders, dus ek geniet al my peetkinders en hulle hou my jonk!

    Ek dink jy moet die paartjie vra wat julle verantwoordelikheid teenoor die kind moet wees, wat verwag hulle van julle? (dis maar wat ek doen) Veral jong mense het deesdae ‘n ander manier van dink oor peetouers.

  5. 5

    Zee said,

    Dellie, ek het al die jare maar gedink dit gaan oor bederf en persentjies koop. Ons moes vir Zeethan peetouers kry en toe kom die besef regtig eers!!! Wat as daar iets met ons gebeur, wat dan?

    Ons het peetouers gekies en dit is so in ons testament beskryf dat as enige iets sou gebeur hulle die “pleeg ouers” sal wees en dat alle nodige fondse aan hulle beskikbaar gestel moet word vir sy opvoeding.

    Ek stem saam met Wipneus, hoor by hulle watter verantwoordelikheid hulle wil hê julle sal moet volstaan.

  6. 6

    vygie said,

    My sussie het ons gevra om peetouers vir haar dogtertjie te wees. Hoewel ek nie dink dit is so in hulle testament beskryf nie, weet ek sy het bedoel ons moet haar vat en grootmaak as hulle iets sou oorkom. En ek sou graag wou. Mits sy wel by ons wil kom bly.

    Marco het ‘n enkellopende peetma. Sy bederf en gee presentjies, maar ek betwyfel of ons van haar kan verwag om hom vrou-alleen groot te maak. En bowendien sou ek nie graag wou hê dat die twee boeties geskei word nie.

    Vra liewer wat hulle bedoel daarmee.

  7. 7

    Pikkelik said,

    My kinders het nie peetouers nie. ek dink nie enigeen weet werklik waaroor dit gaan nie. Ek en Mynick het egter ‘n egpaar wat vir ons en ons kinders baie beteken, wat dieselfde waardes as ons het en dieselfde lewensuitkyk as ons het aangestel as ons kinders se voogde en trustees, indien iets met ons gebeur. Baie legal met dokumente en alles. ‘n Mens wil nie daaraan dink nie, maar ons lewe maar in ‘n woeste wêreld en ons wil ons kinders veilig en versorg sien as daar dalk iets gebeur.

  8. 8

    Dellie said,

    Julle is reg. Ons moet gaan sit en gesels oor wat hulle van ons verwag.

    Maar ek weet nog steeds nie lekker nie. Ons KEN die meisietjie nie eintlik nie. Sy is wel mal oor Liefie, maar hy het ‘n natuurlike aantrekkingskrag vir alle kinders. Kan nie aan een dink wat nie van hom hou nie.

    Worse case scenario: iets gebeur met haar ouers. Nou is ons verantwoordelik vir haar. Wettiglik en als. Maar sy voel vreemd by ons. Nie tuis nie. Sy voel gemaklker by haar Ouma of Tannie (wat familie is). Hulle ken haar beter as ons. Sal hulle nie dan beter in haar behoeftes (veral emosioneel) kan voorsien nie? Gaan ons nie meer skade as goed doen nie?

    Of moet ons net ‘n punt daarvan maak om haar te leer ken? Jinne, DIS effe scary… my kind is pas uit die huis uit, en wat te duiwel weet ek anyway van dogtertjies af? Moet ek saam met haar popspeel en modderkoekies bak? En waar is die tyd daarvoor? Sy is heeldag in die kleuterskool, en teen die tyd dat ek klaar gewerk het, is dit byna slaaptyd vir haar…

    Ek sien hier moet nog bietjie gedink en gekou word aan die ene. Ek wil dit nie halfhartig doen nie. Ernstige besluit. Thanx vir julle input!

  9. 9

    Adrie said,

    Dellie

    Ek is self ‘n peet ouer van ‘n kind wat ek net op sy doop gesien het. Ek dink sy naam is Winston. Ja, sy ouers het toestemming gegee dat hy gedoop kon word (hy was toe 8) maar het nie vir die doop opgedaag nie.

    Ons het elkeen ons eie peetma gehad, maar my ouers het vir ons ‘n voog in hulle testament aangewys. Die peetma’s was aangewys as ‘n eerbetoon aan die dames.

    Ja, ek dink ook dit is ‘n goeie idee om eers uit te vind wat dit behels voor julle instem.

  10. 10

    Adrie said,

    O ja

    Dellie, hoe kry ek die gevoel dat jy eindlik baie lekker met ‘n sit gaan speel. Ek lees ‘n bietjie verlange in daardie vrees van jou.

  11. 11

    boendoe said,

    My laat eiertjie! Ek het een peetkind, my broer se seun. Hy is nou al mooi groot (in sy 20s) en ek dink my rol as peetouer is daar uitgedien. In ons familie is peetouers ‘n belangrike ding. Ons sien dit as eendag na die kind/ers kyk as iets met die ouers gebeur. Dus is daar nie eintlik vreemdelinge wat peetouers van ons kinders is nie, maar onderling tussen ons (my broers en ek).
    Ek sal nie peetouer wees vir ‘n kind wat ek nie goed ken nie.

  12. 12

    Adrie said,

    Ag heng

    Ek het bedoel Winston was 8 toe hy gedoop was.

  13. 13

    Dellie said,

    Adrie, jou waarneming is skerp… ja, daar IS ‘n leemte in my lewe nou. Maar dis juis die ding! Ek wil nie nou dat ek emosioneel is en basies iemand SOEK om voor te sorg, hierdie besluit neem nie! Ek dink dit sal baie selfsugtig wees van my. Want dan gaan dit net MY leemte vul, en nie veel vir HAAR beteken nie? Die kindjie se welstand moet eerste kom. Of is ek net chicken omdat ek bang is?

    Ek gaan maar nog so bietjie worstel met die ene. Miskien tog maar ‘n punt maak om oor naweke bietjie tyd saam met haar deur te bring. Wie weet, dalk geniet ons mekaar en het ek verniet getop daaroor. Ek sou dit eintlik nogal geniet het om ‘n dogtertjie te hê…

  14. 14

    krista said,

    Ons is peetouers van 3 wonderlike seuns en is as wettige voogde in die ouers se testament benoem om na die kinders om te sien as die ouers iets sou oorkom – soos ek laas verneem het! In die tussentyd is ons betrokke by die kinders en kuier elke Saterdagmiddag en -aand daar sodat die kinders vertroud is met ons en nie vreemd voel nie. Gelukkig is die ouers ook ons beste pelle, so dis lekker!

    Die kinders en ons is MAL oor mekaar en natuurlik word hulle lekker bederf deur tannie Kista/Tikka (wat ook al die flavour van die oomblik is). Nie stout bederf nie, maar darem.

    Ons belofte as peetouers is om om te sien na die kinders en om te gee en hulle net so goed as die ouers self groot te maak indien iets gebeur. Ons waardes is ook gelukkig dieselfde as die ouers s’n. Hulle is ook benoem in ons testament.

  15. 15

    Sammi said,

    Hallo daar Dellie
    Peetouers en wettige voogde twee verskillende dinge. As wettige voogde volg die ekseketeur die testamentere aanstelling, gaan hof toe ens en word die besluit deur die meester geneem. ‘n Peetouer is nie regtig wettiglik verantwoordelik tensy testamenter aangestel nie.

    More vlieg ek terug van grootseun en gaan my oe al die pad terug uithuil SA toe. Dis onnatuurlik dat ons families so uitmekaar geruk word in ons land. Verdomp, ek raak van nuuts af moerig oor ons lamsakkige leiers wat nie al ons landsburgers erken nie. My arme kind.

    Het besluit ek begin my veldtog weer volgende week, vir ons kinders en ons ouerharte.

  16. 16

    Eben said,

    Dellie jy het seker al die antwoorde gekry wat jy verlang. Maar kortliks wil ek ook ‘n eiertjie le. Dis ‘n absolute eer vir julle. Dis (in my oe) fantasties dat die ouers julle kies as die ouers van hulle kindjie, sou iets met hulle gebeur.

    Dis ook so, dit moet in hulle testament genoem word, want dis wat ons gedoen het met Steyn. Geniet dit, en bederf haar …..

  17. 17

    Zel said,

    Ek en my man is ook gevra om peet ouers te wees en het dadlik ja gese. Dink dis n eer soos baie hier se maar weet self nie wat dit in hulle oe bedoel nie en sal verseker moet uitvind.
    Dankie

  18. 18

    marie said,

    HI
    EK WIL NET UITVIND. WAT VERWAG DIE RUSSE IN RUSLAND AS HUL JOU PEETOUER MAAK. ONS WOON IN SUID-AFRIKA,MY MAN KEN IEMAND IN RUSLAND, WAT HOM PEETPA WIL MAAK VAN HUL DOGTERTJIE. HY MOET DIE BABETJIE OOK IN DIE KERK INDRA. DIE RUSSIESE OUMA IS DIE BABETJIE SE PEETMA. MAAR EK WIL WEET WAT IS ONS VERANTWOORDELIKHEDE DAN, AS PEETPA VAN DIE RUSSIES KIND. KAN IEMAND ASSEBLIEF RAAD GEE.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: