Swanger man?

Ek lees hierdie week dié artikel in die Huisgenoot. Ja, ek koop dit nog steeds. Maar die Huisgenoot is nie die punt nie, die swanger man is! Ek het in elk geval ook ‘n paar artikels op die net opgespoor. Hier is een. En ‘n foto.

In kort kom dit hierop neer: eers was hy ‘n vrou, toe word sy ‘n man, en nou is hy swanger!

“Thomas (34) is as ‘n vrou gebore, maar het sowat tien jaar gelede ‘n geslagsverandering ondergaan. Hy noem homself nou ‘n transgender-man. Nancy (sy vrou) kan na ‘n historektomie nie swanger raak nie, maar omdat Thomas destyds sy vroulike geslagsorgane behou het, kan hy wel ‘n baba kry.”

Ek verstaan nie lekker nie. Wat is ‘n geslagsverandering dan?

“Sterilisasie is nie ‘n vereiste in so ‘n operasie nie, en ek het besluit om borsrekonstruksie en testosteroonterapie te ondergaan, maar om my reg op voortplanting te behou. Om na ‘n kind te hunker, is nie ‘n manlike of vroulike drang nie, dis ‘n menslike drang.”

So hy is nou basies ‘n man sonder ‘n penis wat swanger is?

Maar dis nie wat my eintlik pla nie. Ek weet nie hoe om te reageer hierop nie. Met simpatie of absolute afgryse? Dit voel vir my vreeslik onnatuurlik, en tog was hy oorspronklik ‘n vrou.

“Ten spyte daarvan dat my maag groei met ‘n nuwe lewe binne-in my, is ek stabiel en vol selfvertroue. Ek is my dogtertjie se pa, en Nancy sal haar ma wees.”

???😯

29 Responses so far »

  1. 1

    “you can change the gender but not the genes”

    Al verander ‘n vrou haar na ‘n man sal daar onderandere een ding in “hom” (haar) bly hunker…. naamlik haar begeerte om ‘n kind te baar…! Daardie begeerte is ‘n begeerte wat geen einde ken nie omdat dit ‘n begeerte is wat God in die vrou(mens) geplaas het en is dit dus onuitblusbaar.

    Spreuke 30:15 Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! —
    Spreuke 30:16 die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!

    Al “claim” die ma dit met haar verstand dat sy die kind se “pa” sal wees skreeu die waarheid van hoe God ons geskape het as man en vrou ten hemele…

    (Gen 1:27) En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

    Kan jy jouself indink watse verwarring daardie arm kind nou in sy/haar gees beleef, wetende dat haar ma eintlik haar pa probeer wees…?! genadiglik gaan sy/hy die vleeslike verwarring gespaar word…!

  2. 2

    Wipneus! said,

    Soveel dae, soveel dinge…Wat gaan hier aan? Dellie ek stem saam, ek verstaan nie die ding so lekker nie.

  3. 3

    Pikkelik said,

    My eerste reaksie sou jy beslis gesensor het. Maar hier is my volgende: F@k… Nee genade wat wil hy nou eintlik wees? Arnold Sweitsedinges val nou seker op sy rug, maar dis ook nie dieselfde nie, hy was ‘n man (fliektruuk) wat ‘n baba gaan hê maar hierdie is ‘n vroumanvrou wat ‘n kind gaan hê. Arme kind!

  4. 4

    Meermin said,

    Toemaar ek het met ‘n GROOT frons op my kop gesit toe ek dit sien, ons het nie een die reg om so met ons liggame te mors nie, wie gee ons die reg om te peuter aan ons ligame, dit is peuter met God se hande werk!! NEE DIT IS VERKEERD!!

  5. 5

    boendoe said,

    Ag, ek weet nie, elkeen moet maar doen wat hy in sy hart voel is reg. Dit was seker nie vir hom ‘n maklike besluit om ‘n ‘geslagsverandering’ te ondergaan nie. Hulle gaan dalk fantastiese ouers wees. Wie weet? Mens kry baie ‘normale’ ouers wat nie die naam ‘ouer’ werd is nie. Nie dat ek dit goedkeur nie, maar ek gee hulle maar die ‘benefit of the doubt’!

  6. 6

    neykie said,

    Dit puzzle my ook….

  7. 7

    Koekie said,

    Dit was vir my net so grillerig! Ek weet nie hoe gaan hulle eendag vir hul dogtertjie verduidelik dat “pappa” haar in die lewe gebring het, nie. Maar soos niemand sal weet nie, is hulle dalk die wonderlikste ouers vir daai kind.

  8. 8

    Eben said,

    Dellie, soos jy weet is ek dom in sulke dinge, maar die persoon is as vrou gebore, nou man? MAW as ‘sy’ toe ‘man’ word, moes hulle ‘n slurpie aangewerk het, want hoe gaan hy dan pie-pie … staan of sit? (huh??)

    Dan hoe de-ongeluk kom die baba uit as hy ‘n slupie het … ek reken heel beskeie (soos jy my ken ook) gaan die baba uitgebolla word … ek reken dit gaan mos ‘n vreeslike vuil spul wees … van-da-kak??

    Ek bedoel, ek wil nie eendag in k@k gebore wees nie … het ook my trots!

  9. 9

    Dellie said,

    Ebie, (skuus Wipneus!:mrgreen: ) uhm, Eben, soos wat ek verstaan het sy nie ‘n slurpie laat aanwerk nie. Net die borste is weg, en nou het sy borshare en baard. As daar wel ‘n slurpie is, sal die baba seker met ‘n keisersnit gebore word?😉

  10. 10

    Roer said,

    Dis nie normaal in my boekies nie. Gee nie om hoe aanvaarbaar dit vir ‘die wêreld’ geword het nie. Dis siek.

  11. 11

    Johannes, jy beweer dat elke vrou die dringende begeerte het om ‘n kind te baar? Nee wat nie alle vroue het die begeerte nie. Ek is een van hulle. Nog nooit gehad nie en sal ook nie.

    Ek kry mense wat transgenderd is baie jammer, dit moet aller vreeslik wees om die hele tyd te voel dat jy in die verkeerde liggaam gebore is. Dat jy die hele tyd van geslag wil verander. Ek dink nie dit is ‘n keuse nie en moet ‘n vreeslike lewe van minagting en verwerping wees.

    Tog voel ek die swangerskap kan medies gesproke vir die kind negatiewe gevolge inhou soos die baie testosteroon wat die persoon nog het. Hulle moes dalk liewer aangeneem het.

  12. 12

    Suz said,

    Ag nee sies man. Ek stem saam met Meermin, God het ons na sy beeld geskape en mens peuter nie. As God wou gehad het dat hy ‘n man moes wees dan sou God hom so geskape het. Almal van ons is mooi want God maak nie gemors nie, dit is die mens en die wêreld wat van alles ‘n gemors maak.

  13. 13

    In ‘n vinnige soektog op PuBMed, een van die wereld se beste navorsingsdata-basisise is 195 navorsingsartikels onder: transgender gekry.

    Ek se NIE dit is reg dat die man ‘n baba gekry het nie.

    Suz, ek dink nie dit is so eenvouding as om te sê sies nie. Waarom is ons so bang vir mense wat anders as ons is, selfs gestremdes en mense met psigiatriese siektes. Waarom die stigma?

    Hier is een van die abstrakte: En dit is baie hartseer:

    Clements-Nolle K, Marx R, Katz M.
    Department of Health Ecology, University of Nevada, Reno, NV 89557, USA.

    To determine the independent predictors of attempted suicide among transgender persons we interviewed 392 male-to-female (MTF) and 123 female-to-male (FTM) individuals. The prevalence of attempted suicide was 32% (95% CI = 28% to 36%). In multivariate logistic regression analysis younger age (<25 years), depression, a history of substance abuse treatment, a history of forced sex, gender-based discrimination, and gender-based victimization were independently associated with attempted suicide. In addition, increasing societal acceptance of the transgender community and decreasing gender-based prejudice may help prevent suicide in this highly stigmatized population.

  14. 14

    Dellie said,

    Rosa, ek hoor jou. Ek het empatie met mense wat voel asof hulle in die verkeerde liggaam gebore is. Ek het al heelwat stories daaroor gelees. Ek kan my nie rerig voorstel hoe dit moet wees nie, maar ek probeer. Ek is net dankbaar dat ek nie in daardie bootjie sit nie.

    Soos Boendoe ook gesê het, miskien gaan hulle die wonderlikste ouers wees, juis omdat dit vir hulle so ‘n mission was om ‘n kind te kan hê. En ek wil nie oordeel nie, maar dit voel nogsteeds vir my effe onnatuurlik. My kop is miskien nie oop genoeg sodat ek my denke daarom kan vou nie. Maar ek wens hulle nietemin the best of luck! Ek dink ons gaan nog heelwat van hulle hoor in die toekoms.

  15. 15

    Tersia said,

    LOL @ Eben!!! Oe, nee, dit is vir my baie onnatuurlik en grillerig! Niks in hulle geval is natuurlik nie! Ek sou eerder se half siek!

  16. 16

    Pikkelik said,

    Toe doen ek sommer twee, net vir jou, oor jy so nice is….

  17. 17

    duskant said,

    Laat my dink aan die grappie:

    Why is the Egyptian boy confused?

    Because his daddy is a mummy🙂

  18. 18

    Rustig said,

    Daar gaan Dr van Elfen se “Wat seuns wil weet” by die agter deur uit. Sal nou maar van voor af moet gaan oplees. Mens kan net nie by bly. Wonder of die Loslyf sal kan help.😦

  19. 19

    Dellie said,

    Dankie Pikkelik, dit is briljant! (julle moet gaan kyk!)

    LOL @ Duskant!😆

    Rustig, hehe, het nou die dag weer daai einste ou boekie ontdek… waar is die dae toe dit so eenvoudig was? Weet nie of Loslyf van veel hulp sal wees nie, die enigste “man mag” wat deur my huis gaan, is FHM…:mrgreen: Jy sal maar self moet navorsing doen…😉

  20. 20

    Carolina said,

    Hi Dellie,
    Hoe gaan dit daar? Ek het ‘n paar nagte min geslaap! Werk hard! Verlang huistoe! Dan lees ek maar jou blog en verbeel my ek is daar!
    Groete

  21. 21

    BB said,

    “…om my reg op voortplanting te behou…” Nogal, nê?!
    Ek behou nie God se reg voor om vrou te wees nie (dit wat Hy goed geag het om my te maak), maar ek behou my reg voor op voortplanting?? (juis dit wat Hy my voor geskep het??)
    Dis soos om vir jou kind ‘n emmertjie en grafie te koop vir sy sandput – hy breek die emmertjie, verloor die grafie maar behou die reg om sand in jou gesig te gooi – hmmm… en ek behou die reg om hom ‘n harde pakslae te gee…
    So, aangesien ek figure dat dit ‘n saak tussen daardie man/vrou en God is, behou God seker die reg om hom/haar eventually te tugtig – op Sy regmatige manier.

  22. 22

    Adrie said,

    In my opinie wou hy die beste van 2 werelde gehad het. Dalk het hy juis nie sy baarmoeder verwyder nie, omdat hy ‘n kind as ‘n man wou baar. Ek dink nie dat dit reg is om soveel ophef van hom te maak nie. Daar gaan nou ‘n spul ander wees wat die selfde gaan doen. As hy ‘n man wou wees, moet hy hom soos ‘n man gedra.

  23. 23

    platkuif said,

    al persoon wie se kop meer (gaan) raas as die ou, is daai arme bloedjie wat gaan gebore word.Dit is ‘n absolute siek spul.ek verstaan ook nie meer wat het die ou/vrou in sy/haar ‘toolkit’ nie…dalk het hy homself sommer bevrug

    is dit twee lesbene??het die ‘ou’ ‘n tottie? die hele set up maak nie sin nie…jy is mos vrou of jy is man en as jy wil ‘change’ dan doen jy dit ook ordentlik.nee wat, hou verby dankie.

    ps.howzit dellie!?

  24. 24

    Bottertjie said,

    Dis nou kots in ‘n tuimeldroër!

  25. 25

    Rosa

    Dis wat die Bybel verklaar…!

    En ek glo wat die Bybel verklaar ongeag wat ek oor ‘n saak “voel”…!Die “Designer” die Een wat die mens haarfyn uitgedink, gedesign en toe geskep het weet tog sekerlik meer as wat die wetenskap soms vir ons te kenne gee. Hy wat ons kunstig in die moederskoot gevorm het….!? Hy wat geweet het van my en jou nog voor ons een van baie soekende jaagende lewende spermselle en ontvanklike skreeuende “gereed om bevrug te word” eierselle was…. en al die potensiaal gehad toe alreeds gehad het om ‘n Rosa, ‘n Newton, ‘n Einstein of selfs ‘n niksnut van ‘n Johannes te wees.

    Ek dink Hy behoort van beter te weet…? Dink jy nie dalk ook so nie…?

    Die swanger man… het duidelik die geleentheid waarvoor God hom /haar geskep het aangegryp…Hoekom?

    Wanneer die paw paw die fan strike weet ons dat dit ‘n paw paw was, sommige van ons eers nadat ons gesig vol paw paw stukke (en dan ook na deeglike wetenskaplike ondersoek of dalk gemeentelike kommissie van ondersoek) is…?

    ‘n mammie bly ‘n mammie…!

  26. 26

    Hallo Dellie,

    Ek dink ek is verkeerd verstaan. My kommentaar het gegaan oor hoe swaar mense kry wat transgenderd is (ek dink jy wat dellie is het verstaan) NIE oor of hulle kinders moet he of nie. Dit maak my ook ongemaklik. Maar dit is nie vir my om te oordeel/verstoort nie.

    En dat stigmas jeens mense wat swaarkry oor hulle watter minderheid ookal is, verkeerd is. net omdat hulle nie soos ons is nie. Want hoe sal ons ooit weet hoe dit is om so te wees? En dat menslike oordeel, veral deur sogenaamde gelowiges nogals nie nice is nie.

  27. 27

    Adrie said,

    Sogenaamde gelowiges – Vol punte.

  28. 28

    Suz said,

    Rosalindfranklin

    Ek dink jy verstaan die meeste van ons verkeerd. Vir ons is dit wat die man/vrou gedoen het nie reg nie, maar dit is nie ons plek om te oordeel nie. Die enigste een wat kan oordeel is Ons Hemelse Vader.

  29. 29

    Wel dan lees ek seker verkeerd, want dinge soos “sies”, “onnatuurlik” en “grillerig”word gese, dit klink vir my veroordelend. Maar dalk lees ek verkeerd, en ek wil nie nou Dellie se nice blog met ‘n debat kaap nie en ek dink ook nie dit is wat sy hiermee bedoel het nie, so ek laat dit daar.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: