Donderdagaand ontbyt

Ons het Donderdagaand ontbyt gaan eet saam met ons kamp maatjies. Hehe, 😆 nee,  jy lees reg, ONTBYT in die aand!

 

Kyk, die sakie staan so: Ons wou eintlik vreeslik graag ‘n sjampanje ontbyt gehad het, maar aangesien ek en Liefie redelike normale ure werk, en ‘n paar ander Woensdagaand nagdiens gewerk het, was dit nie moontlik nie. Toe besluit ons om die “next best thing” te doen – ‘n sjampanje ontbyt in die aand! Die enigste voorwaarde was dat jy in jou pajamas opdaag… hehe!

 

Dit was groot pret. Liefie het in sy gewone klere gegaan, maar ‘n kombers saamgevat. Want, reken hy vir hulle, hy slaap “colgate” (kaalgat) so hy moet ten minste sy bas toemaak! Ek het ook net my pantoffels aangetrek, en my pajamas in ‘n sak saamgevat. Die res was ook spoilsports, het ook pajamas in sakke saamgevat, en nie eers ene het pantoffels aangehad nie… maar my voete was heerlik warm, dankie! Hoe later hoe kwater? Eventually was almal in pajamas, met M in haar “honeymoon nighties” van 25 jaar terug… 😆

 

En toe speel ons die keer ‘n ander speletjie. ‘n Ernstige speletjie. Dit was nogal emosioneel. Dit het so gewerk: iemand se naam word genoem, en almal om die tafel moet iets oor daardie persoon sê. Goed of sleg. Wat is die eerste gedagte wat in jou kop kom as jy die naam hoor? Hoe lyk jou prentjie van hierdie pesoon? Wat beteken hierdie mens vir JOU in jou lewe? Wat sou jy sê op sy/haar begrafnis?  

 

Die reaksies het gewissel van skaterlag-snaaks tot traantrek-diep. En dit was ongelooflik! Hoekom moet ons wag tot iemand die tydelike met die ewige verwissel voordat ons sê wat ons waardeer in hulle en wat hulle vir ons beteken? Dis dan te laat, hoekom sê ons dit nie NOU terwyl die mens dit kan hoor en waardeer nie?

 

Dit was nogal ‘n eye opener om te hoor wat my pelle van my dink. Selfs my eie man. ‘n Mens besef nie altyd hoe mense jou sien ten spyte van die maskers wat jy dra nie. En jinne, hulle SIEN my! Ek kan nie voorgee nie. What you see, is what you get. My maskers is maar redelik deursigtig! Vir my was dit rerig baie emosioneel, want wat almal basies in gemeen te sê gehad het oor my, was: “Ons giggle girl.  (!) Spontaan. Borrelend. Altyd dieselfde positiewe houding. Jy laat ons lag. Maak nie saak wat die omstandighede is nie, jy SAL vir ons die snaaks daarin uitwys. Ons lag omdat JY lag. En as ons “Beautifull in Beaufort Wes”  en ”Soos bloed” hoor, dink ons aan jou. ”  :mrgreen:

 

Maar ernstig nou. Hier en nou maak vriende ‘n verskil in jou lewe, nie waar nie? Vertel dit vir hulle! Moenie wag tot dit te laat is nie. Wat help dit  jy sê nice goed oor iemand wat dood is? Dis dan net die mense wat agterbly wat die lekker dinge onthou. Terwyl ons lewe, het ons nodig om te weet wat ons beteken vir mense. Toe, doen dit! Vertel bietjie vir daai maaitjie van jou wat vir jou uitstaan oor hom/haar. Die beloning is groot terwyl jy dit nog kan waardeer. Ons het hiermee ons jarelange vriendskappe versterk en verbeter. En ja, ‘n grouphug was deel van die pakket! Ek voel so bevoorreg omdat hierdie mense in my lewe is!

 

Dankie maatjies, al lees julle nie hier nie, julle is deel van my lewe, julle maak my wat ek is. Ek vrek oor julle!

 

NS. Danksy my ADSL lyn wat Vrydagmore geen reaksie getoon het nie, is hierdie ene bietjie laat… het probeer om die router Bio-Plus te voer, maar dit het nie gewerk nie. Ook nie vir my nie. En vanmore gaan dit nie veel beter nie. Dis heeltyd aan en af. So vergewe maar as ek skitter in my afwesigheid. En onthou, gryp hierdie Maandag aan die horings, en ry hom bloots!   :mrgreen:

 

Advertisements

22 Responses so far »

  1. 1

    Marina said,

    Wat jy sê is so waar Dellie! Jou post laat mens weer dink! Dankie (((D)))

  2. 2

    BB said,

    Dit maak só baie saak, ja! Daardie vertel hulle nóu, wyl hulle dit kan hoor… ons kan ons maar hoe verbeel dat hulle eendag ons trane gaan sien, of die talle kerse wat ons aansteek ter nagedagtenis, of die soms se klink van ‘n glas – maar uiteindelik maak dit NOU saak!
    en so deur jou bloggery SIEN ek jou ook… en jy is baie, baie spesiaal vir my! x

  3. 3

    meermin said,

    Ontbyt in die aand, dan gaan ek seker nou gou gou vir my ietsie koop vir aandete, ek is lekker honger hier waar ek sit, het nie gister veel geeèt nie, het potjie kos gemaak met beesstert, en nee dankie hou verby ek eet nie ‘n bees se stert nie, te naby aan sy holletjie dingetjie!! Nee dankie toe eet ek maar bietjie rys en van die sous en groente!!

  4. 4

    Dellie said,

    Thanx BB en Marina!

    Meermin, ai jong, jy mis die lekkerste lekker… ‘n beesstertjie is njammies! Eet jy darem vark of skaap skenkels so in ‘n potjie?

  5. 5

    Meermin said,

    nee glad nie hoor, ek is nie juis ‘n vleis eter nie, en vark kry jy nie in my lyf nie!!! VARK EET NIE VARK NIE!! Ek is tog baie lief vir skaapboud met baie sous oor, enige tyd enige tyd!!

  6. 6

    Wipneus! said,

    Dellie dit was nou ‘n lekker lees, en het my sommer lus gemaak om vandag vir al my liefdes te sê, hoe mal ek oor hulle is.

  7. 7

    Anoniem said,

    Wipneus jy is reg dit was lekker lees- dink biekie oor dit na lees.

    😆

    Dellie dankie dat jy ons oë so nou en dan oop klap en ons laat besef wat die moeite werd is.

    meermin jy mis uit my baas het vanoggend vir ons lekker beesstert hier aangebring. Dit was net ‘n biekie min

    geniet julle dag

  8. 8

    neykie said,

    waarom wordpress dit gedoen het sal net hy weet, maar dit is nie Anonymous nie dis ek….. eish :mrgreen:

  9. 9

    Dellie said,

    Hehe Neykie, nee jong, dit lyk my WordPress ly vandag aan “post-weekend-stress”! Haal vreeslike snaakse truuks uit vandag.

    Meermin, EK sal vir jou vark gaarmaak dat jy nie eers weet jy eet vark nie. Eendag, vriendin, en dis ‘n belofte! 😉

  10. 10

    Dis baie oulik, amper soos ‘n living wake.

  11. 11

    neykie said,

    Dellie wat van my ok? Ek lief vark

  12. 12

    Baie waar wat jy se. Klink na ‘n goeie idee vir ‘n lekker kuier ook…

  13. 13

    boendoe said,

    Ten minste verduidelik jy nog hoekom jy skitter in jou afwesigheid! Ek het vanoggend die pad gevat om aansoek te doen vir nuwe paspoorte (‘n rekord in die Nuwe SA: net 10 minute), en daarna gaan shop. Toe kiddies oplaai by die skool, en die baby by my ma. Dis wat ek NIE mis nie: hierdie alewige rondryery.

    Maar terug na jou post: julle het vet pret! Eendag moet ek bietjie op daai beach in Welkom kom afpak en saamspeel! Siende dat ek so in die gopse bly, is vriende nie juis volop nie. Mens ‘vergeet’ mos na so paar jaar! Maar my blogpelle (en jy’s ene! :P) IS baie special!

  14. 14

    Da Mario said,

    Dit klink na ‘n lekker verskoning om al die girlies in hulle pajamas te kry, wonder of ek nie so blog meeting kan organise nie…. 😈

  15. 15

    Dellie said,

    Neykie, anytime! 😉

    En Boendoe, jy weet mos… ganse van dieselle dam…

    Hehe Da Mario, solank jy net foto’s neem, sal ‘n paar manne seker van daai idee hou? 😀

  16. 16

    Karl said,

    Lekerrrr

    Laat my dink aan die safari etes wat in die tagtigs so popular was.

    Goeie vriende is meer werd as goud.

    Karl

  17. 17

    TristonJ said,

    Dit klink soos n heerlike aand goed spandeer met ware vriende!

  18. 18

    platkuif said,

    howzit…jou gemail vroeer…laat weet of jy ‘in’ is 😉

  19. 19

    Carolina said,

    Lekka , Dellie!! Dis hoe mens goeie herrinerings vir die ou dag opbou!! Ek en my vriendinne spot altyd oor “eendag” as ons op die ouetehuis se stoep gaan sit en “Onthou jy nog …….?”

  20. 20

    Dellie said,

    Platkuif, ek het vir jou e-mail gestuur. 😉

    Hoe gaan dit Carolina? Jy moet bietjie gaan kyk op die snaakse soekterme bladsy, iemand het gesoek vir Carolina+kaaskoek! 😆 Jy het nie dalk vir ons ‘n reseppie nie? Dan kan ons dit ook maak op ons oudag en vra “onthou jy waar het ons hierdie resep gekry?” 😆

  21. 21

    Carolina said,

    Gaan goed hier. Tel die dae af om terug te wees by die huis! Dis “cool” -Carolina + kaaskoek !
    Gaan vir jou my kaaskoek resep stuur sodra ek terug is in SA!! Miskien eendag (hopelik voor ouetehuis tyd) kan jy by my (of ek by jou) kom koffie drink en kaaskoek eet! Kaaskoek eet in my huis is ‘n ritueel wat eintlik lekker kuiertyd en praattyd beteken! Vriendinne kuiertyd, by die see kuier, kaggelvuur kuier en…. As ek vir my seuns (hulle is net so mal oor kaaskoek!) sê kom ons gaan eet kaaskoek wil die jongste (nog op skool en lekker stout) gewoonlik weet : ” Waaroor gaan ek vandag weer ‘n preek kry?”

  22. 22

    Pikkelik said,

    Ek het so lekker gelees. Dankie Dellie, ek mis nou sommer al my vriende. Lekker week…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: