Dankie is ‘n klein woordjie

Die wonderlikste ding het verlede week gebeur. Sommer so spontaan. Nadat ek kommentaar gelewer het op Boendoe se Krummels, het Sonkind gevra vir bankbesonderhede. Ek het dit gegee. En die reaksie kan ek nou nog nie glo nie. Julle kan maar self gaan lees.

Dit gee my weer moed vir ons mensdom. Dat wildvreemdes sommer so aanbied om te help, is ongelooflik. En julle het gehelp. Elke bietjie help vreeslik baie! Maar dis nou eers die begin van die paadjie. ‘n Egskeiding kos baie geld, maar ons sal plan sien. (Skuus, ek tjank net eers so bietjie.)

Dit was so lekker om die verrassing op haar gesig te sien toe ek die eerste geldjies vir haar gee. Daarmee kon sy darem al so ‘n paar noodsaaklikhede self gaan koop, sonder dat ons aanbied om dit te doen. Mense, julle harte is groot! Vir elkeen wat ietsie gegee het (ek gaan nie name noem nie, julle weet wie julle is!) baie dankie. Glo my, ek het lanklaas iemand gesien wat iets so opreg waardeer.

Vir die van julle wat nie Blou-oog se storie ken nie, gaan lees hier en hier. Vir die res, ‘n update: sy gaan sien vanmiddag ‘n prokureur, en dan sal die bal aan die rol gesit word. Hopelik kan die egskeiding so gou as moontlik afgehandel word. En kan sy en haar kinders ‘n nuwe lewe begin.

Ek is baie trots op jou dat jy hierdie stap neem, vriendin. Ek weet hoe moeilik dit vir jou is om aan te gaan. Ek sien die seer elke dag in jou oë. Ek verstaan die leegheid wat jy nou skielik ervaar. Ek weet hoe moeilik dit vir jou is om elke dag die kinders te troos. Maar ek glo jy doen die regte ding. Mag jy ‘n sterk voorbeeld word vir elke vrou wat emosioneel en liggaamlik mishandel word. En ons belofte staan nog steeds: ons SAL jou hierdeur help! Teen volgende jaar hierdie tyd, vertel ons vir almal hoe gelukkig julle is! Deal?

Blou-oog het gevra dat ek hierdie vir julle plaas:

Aan my vriendin Dellie, haar Liefie en al haar Vriende

 

Ek weet nie hoe om DANKIE te sê nie, ek het geen woorde nie, maar al wat ek kan uit kry so deur die trane is om  BAIE DANKIE te sê vir jou en al die goeie vriende wat jy het. Ek het alreeds vir jou gesê wat sou ek en die kindertjies sonder julle gemaak het.

 

Ek moet julle iets vertel – gisteraand toe ek en die kindertjies in die bed  klim  het Jarika en Enrico vir ons gebid, ek kon my trane nie meer keer nie, hulle sê toe DANKIE vir LIEWE JESUS dat TANNIE Dellie en OOM WESSIE so mooi kyk na ons en so baie help, toe vertel ek hulle van Tannie Dellie se maatjies wat haar ook so help.

 

Dankie dat daar goeie mense is soos julle.

 

DANKIE  VRIENDIN, WESSIE en AL JOU VRIENDE

 

BLUE EYE

 

Advertisements

10 Responses so far »

  1. 1

    meermin said,

    Dellie ja die woordjie dankie is so klein woordjie, maar weet jy wat dit beteken so baie!! Daar is nog mense daar buite wat bereid is om ander in nood te help!! Lekker dag vir jou en jou blue eye vriendin!!

  2. 2

    Eben said,

    Ja Dellie, dis waar ook wat Meermin noem, die woord DANKIE kan nie altyd beskryf wat dit vir iemand beteken …. Maar dan wil ek ook hier op jou blog noem, DANKIE vir die tipe mens wat jy is.

    Dankie vir Jou en Wessie wat julle vir die besondere Blou Ogie doen. Die lof kom julle ook toe.

    Nou wonder ek … is dit nie hoekom dit goed met jou gaan, met Wessie en Seun daaroorkant die waters … Die Here seen hulle wat goed doen aan ander.

    Wel gedaan my vriendin!

  3. 3

    Zee said,

    Dellie, dit is wonderlik wat jy vir Blou Oog vriendin doen. Ek hoop alles gaan goed uitdraai vir haar.

  4. 4

    boendoe said,

    Nou het ek tissues baie nodig…

  5. 5

    Wipneus! said,

    Wat sê mens, dis so ‘n hartseer storie. Sterkte!
    Dellie jy is ‘n wonderlike vriendin!

  6. 6

    Roer said,

    Ek tjank saam. Mooi gemaak Dellie.

  7. 7

    Pikkelik said,

    Jy is ‘n vriendin duisend Dellie, en jy Blue Eyes , hou jou kop hoog en glo dat die Een wat voorsien in al ons behoeftes, ook hier sal voorsien.

  8. 8

    Dellie said,

    Ag julle, ek tjank sommer van voor af! Dankie vir julle kommentaar.

    Ek soek nie erkenning hiervoor nie, die punt is dat die hulp so spontaan aangebied is. En julle wat gehelp het (en flip, ek wil dit nie rerig sê nie, want ek wil nie bedel vir haar nie) en julle wat nog gaan help… dit is ongelooflik!

    More sit ons ‘n deposit neer van R3000 vir die egskeiding. Anders moet dit deur ander kanale gaan wat dit vir tot meer as ‘n jaar kan laat sloer. Die egskeiding moet so vinnig as moontlik deurgaan, sodat hulle lewens kan voortgaan. Daar is nou nie meer omdraai-kans nie. Ek sal julle op hoogte hou.

  9. 9

    neykie said,

    Dankie kan baie meer beteken hang-af op watse manier dit gesê word….

    :

  10. 10

    Carolina said,

    Dellie, Ek is in trane!! Mooi so vriendin!
    ((Blouoog)): Met sulke vriendinne en die Here aan jou kant sal jy hierdeur kom!! Ons dra jou op in ons gebede!! Wees sterk!
    Lees weer die woorde van die gedig ” Voetspore”
    “My liewe kind, Ek het jou nooit verlaat nie! Die tye toe jy slegs een ry VOETSPORE gesien het, was die tye toe EK jou gedra het!”


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: