Verlange

Dis vandag ‘n maand sedert Seun VSA toe is. Ek verlang my dood.

Dit gaan goed met hulle. Hy het darem intussen ook ‘n kamera aangeskaf, en ‘n paar foto’s gestuur. Hierdie is die ride waarop hulle werk. Lyk vir my maar scary! Ek is te chicken om daai goed aan te druf. Kyk net hoe skeef sit daai karretjie! (En ek wil skydive voor ek doodgaan???)

Hulle eet genoeg, lewe maar basies van Two Minute Noodles en TV Dinners. Hulle werk hard, en tot laat, dus is daar nie eintlik tyd om ander kos voor te berei nie. Hulle was vir amper ‘n maand in Miami, en het nooit eers by die strand uitgekom nie! So much vir “sien die wêreld”.

Hulle het Maandag ge-“jump”. Birmingham toe. Ek dink dis waarheen, die kind se spelling van die plekke laat veel te wense oor! As ek sommige goed gaan google, kom ek nie eens in die VSA uit nie! Het nog nie weer van hom gehoor nie, sal seker oor die naweek weer kontak maak. En dan vir hom vra om asseblief seker te maak van sy spelling…

Ag, ek is sommer net tjankerig vandag. Kan ook die gevolge van die naderende rinderpes wees… anyway, dis amper naweek, geniet dit, ons gesels weer Maandag!

16 Responses so far »

  1. 1

    Daai ride lyk so na ‘n adrenalien rush so na my hart! Sterkte met die verlang…ek se net altyd vir my ma die tyd vlieg verby as mens besig bly!

  2. 2

    Von said,

    Aai Dellie……. my dogter was net vir 1 jaar in Bloemfontein en het ek haar net skoolvakansies gesien. Dit was die vreeslikste verlang en ‘n nagtelike tranedal vir maaaaaaande – en dit was nie eers landuit nie, wat nog van ‘n ander kontinent (klink nou so vergesog – 4 ure van my af)!

    Die ride lyk vir my vreeslik indrukwekkend (en maak my sommer naar terselfdertyd). Was een keer op ‘n roller coaster en dit het my geloofslewe baie goed gedoen – het gebid van die begin tot die einde.

    Gaan treat jouself met iets wat jy geniet om te doen. Hy geniet hom gate uit en sy ma sit in ‘n gat – sterkte!

  3. 3

    Pikkelik said,

    Dit klink darem nie of jou seun te veel verlang nie. So sterkte vir jou, lekker naweek en daar is geen manier hoe enigeen my op daai gedoentes kry nie…. 😆

  4. 4

    Eben said,

    Sterkte ou vriendin!!!!!! Dis enige ma se reg om te verlang!!

    Kom laat eben jou iets vertel, daar is geen – lees asb fokkennooitindielewe – ‘n manier dat ek op daardie ding sal klim!! Jaaa Marilee sal sommer indruk daarvoor om in te kom, maar ekke … NEVER!!!

    Hoop regtig nie Seun is een van die Test drivers nie😀

  5. 5

    mykopop said,

    Sterkte, dink maar net aan die dollars wat hy verdien!

  6. 6

    Nella said,

    Dellie, daar is 2 Birminghams in die VSA. Een is in Michigan en die ander een in Alabama. Ek sou skat hulle is in Birmingham, Alabama. Dis nader aan Miami as die een in Michigan.
    Nou weet jy darem min of meer waar hy is! Sterkte!

  7. 7

    Dellie said,

    Dankie Nella! Ek dink ook nogal dis Alabama, ek sal seker maak die naweek.

  8. 8

    Roer said,

    Pik maar ‘n traantjie Dellie. Jy’s geregtig daarop. ((((Dellie))))

  9. 9

    Wipneus! said,

    Ag Dellie, ‘n ma bly ook maar net ‘n ma. Hier is vir jou ‘n drukkie hoor.
    Lekker naweek

  10. 10

    Zee said,

    Dellie, eendag wil ek nog op die grootste rollercoaster ride in die wêreld gaan. Ek is absoluuut mal daaroor.

    Gaan seker by volgende week my lappie hê. Ek mis julle ook baie, ek ly vreeslik aan ontrekking simptome. Loer maar elke dag net vinnig om te sien wat julle skryf.

  11. 11

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Sterkte vriendin, ek weet hoe jy voel. Ek is seker hy geniet dit daar. Ek sal ook glad nie op daai goed klim nie. Kry holkol op my maag net om daarna te kyk.

    Groetetjies
    Sonneblom

  12. 12

    Emil said,

    Kan jy glo – al ‘n maand? Ongelooflik. Hel, tyd vlieg.

  13. 13

    meermin said,

    ek kan my indink hoe jy moet verlang, dit is nie lekker as jou kinders nie om jou is nie!!

  14. 14

    platterfuss said,

    ((((((((((((((((((((((((((((((((DELLIE))))))))))))))))))))))

  15. 15

    BB said,

    Rinderpes is ‘n l-e-l-i-k-e dêng! ( ( ( Delsch ) ) ) x


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: