Duur?

Ek het Vrydag aand die duurste shooter van my lewe gedrink…

Sien, dit het so gekom: ons het besluit om net rustig te wees vir die naweek. Het ‘n paar DVD’s gaan kry vir Vrydagaand, aangesien die weervooruitsigte nommerpas was daarvoor. Maar vir kosmaak het ons nie lus gehad nie. En ons het nou ook nie ‘n vreeslike verskeidenheid van plekke wat kos aflewer nie, dus besluit ons toe om by ‘n sekere plekkie ‘n drankie te gaan drink, ‘n vingerete te bestel om weg te neem, en snoesig te kom DVD’s kyk.

So gesê, so gedaan. Ons drink ons bier rustig, maar die kos neem toe langer as die drankie. En ons besluit om bietjie wild te wees, en nog so ietsie te drink. Ons bekyk die shooter menu, en die kroegman kom stel iets voor wat nog nie op hulle spyskaart is nie: ‘n “hand grenade”.  Dis klink heel gaaf, dit is Tequila, Jaggermeister en Play. Ons kry die drankie, sluk dit weg, en sowaar het ons nog asem. Glad nie sleg nie. Ons oorweeg selfs nog ene.

Uit die hoek van my ook sien ek die kroegman is baie besig daar voor die rekenaar. En hy lyk eers geskok, druk ‘n paar sleutels, kyk weer na die skerm, en lyk nog meer geskok. Skud sy kop, probeer weer. Hier in die stilligheid wonder ek of hy nou sukkel met die program of wat? Na die vierde probeerslag kom hy nadergestap, maar hy probeer om nie vir ons te kyk nie.

“Uhm, Oom,” sê hy vir Liefie. “Oom, dis bietjie duurder as wat ek gedink het. Dis ‘n shooter wat ek by ‘n ander plek geleer maak het. Dis nie op hierdie menu nie, nou moet ek per tot charge…” En hy lyk regtig asof die honde sy kos afgeneem het. Ek kry hom skoon jammer.

“Hoeveel?” vra Liefie. “Uhm, R72 Oom…”

Die lessie wat ek hieruit geleer het? Moenie sommer net alles sluk wat iemand vir jou gee of sê nie. Soms is die prys wat jy daarvoor moet betaal, baie meer as waarop jy gereken het.

Lekker week julle, gryp hom aan die horings en ry hom bloots, né?

Advertisements

19 Responses so far »

  1. 1

    Koeksuster said,

    Jy weet jy is in die “kek” as die dop duurder raak as die kos…hehehe

    Hoop jy het n stunning week!!

    Groete
    Koeks

  2. 2

    Wipneus! said,

    Solank die shooter’tjie julle warm gemaak het, is daar nie fout nie. Ek kry koud en die wind waai my van my skoene af!
    Lekker week Dellie 🙂

  3. 3

    Adrie said,

    As dit lekker was, was dit seker die prys werd. Maar gelukkig het julle betyds besef wat dit kos.

  4. 4

    Dellie said,

    Dit WAS lekker, Adrie, maar ons het eers gehoor wat dit kos NADAT ons dit afgesluk het… sal maar volgende keer eers verneem wat die skade is voordat ons net sluk…

  5. 5

    Pikkelik said,

    Bleddie hel, met daai geld kan mens vreeslik baie creamsoda drink!!! Ag toemaar Dellie, Sê maar vir almal dis ‘n ‘once-off’. 🙂

  6. 6

    BB said,

    GOEIE GENUGTIGE GENADE!!! 🙄 – vir daardie prys kon jy amper ‘n alkoholvergiftiging ook gekry het!!! 😀

  7. 7

    TristonJ said,

    lol… hoop die ding het darm na iets gesmaak?! 😯

  8. 8

    netjane said,

    Nou weet jy hoe voel dit om in Swede te drink – glad nie goed nie!!

  9. 9

    neykie said,

    ja, dis biekie uitspattig duur. Dan drink ek liewer glad nie meer nie

  10. 10

    Eben said,

    Nou wonder Eben of julle darem toe die DVD gekyk het?

  11. 12

    Zee said,

    Jinne, dit klink amper so die port wat ons so jaar terug gedrink het @ R84.00 n sopie. Maar nou wonder ek net weer, het so baie om op te vang, het julle toe al darem skelmpies kaal rondgeloop vandat seun weg is?

  12. 13

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Eina!!… ons was so 2 weke terug by mense wat vir ons shooters gevoer het. Nogal lekker. ek gooi dit sommer hier (dink dis baie goedkoper ook hehe 😀 )

    kondensmelk en vodka – 2 bllikke kondensmelk en een blik vodka – baie lekker 😀
    jellie shooter – groen jellie – met sambuca – in pleks van koue water gooi sambuca – sodra gestol klits en sluk – yummie 😀

    Lekker week vir jou ook… matigheid voor oë ne 😉
    Sonneblom

  13. 14

    platkuif said,

    die ‘going rate’ vir ‘n 500ml draft in Switzerland was nou die dag 8 Swiss Fr…dit is so R70… en dan is daai bier nie eers lekker nie…maar dit is steeds goedkoper as Coke/Appelsap…

  14. 15

    Dellie said,

    Ebie, wattter DVD? 😯 😆 Daar het nog ‘n bottel Amarula by die huis gewag… en dit was koelerig…

    Zee, beantwoord dit jou vraag ook? 😳

    Dankie vir daai reseppies, Sonneblom, gaan hulle beslis try. 😉

    Ja-nee kyk, ouens, as ek die storie so kyk, as mens deesdae wil drink, moet jy dit by die huis doen. Mens kan gewoonlik ‘n hele bottel in die dopshop koop vir dieselfde prys wat jy vir twee sopies betaal… jinne, Ebie, ons sal moet ophou vleis koop… :mrgreen:

  15. 16

    meermin said,

    EISH EINA DIT IS BAIE GELD VIR ‘N SHOOTER!! WAS DAAR GOUD EN DIAMANTE IN??

  16. 17

    Rustig said,

    Dop met skop!!! Ek sal sommer in trane uitgebars het en nog een bestel het, hopelik om te vergeet.

  17. 18

    Dan wonder almal hoekom ek nie in Korea uitgaan nie!!! Hier betaal jy enige iets tussen R60 en R70 vir ‘n shot tequila!!!! DIe SA wyn wat mens hier kan koop is darem bekostigbaar, so ek kuier maar by die huis! Die Koreaanse bier is goedkoop en nie te sleg nie, maar ek wil nie net bier drink nie.

    Ek wonder of daai barman julle nie tog ingedoen het nie…onwetend…
    Julle het elkeen ‘n shooter afgesluk en dit het uit 3 dranke bestaan, so hy kon 1 play, 1 tequila en 1 Jagermeister opgelui het, want daar kom mos nie ‘n volle shot in die glasie nie! Dis hoe ek dit gedoen het as iemand ‘n shooter gevra het wat nie op ons sisteem was nie! Ek sou van my stoel afgeval het as ek dit moes betaal in SA.

  18. 19

    Emil said,

    Wel, dit is nog steeds goedkoper as om $500 000 of R4m vir 27 bottels wyn te betaal.

    Seriously, die ou moes eintlik vooraf geweet het. Ek hoop dit was ten minste lekker – maar, daai duur nasmaak!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: