Laaang naweek

Hoop julle het die eerste langnaweek geniet? Jammer ek het sommer net verdwyn laas week, ek was Vrydag nie in staat om my kop van die kussing af te lig nie. Was al van Maandag af nie lekker nie, en het teen Woensdagnag my hoes vervolmaak. My keel was so seer, en die worse was baie versigtig vir my. Vrydag is ek dokter toe, en het toe geslaap totdat ek letterlik nie meer kon nie. Teen Saterdagmiddag het ek darem weer begin bykom.

En daar mis ek toe die airshow! Dis nou nie elke dag dat daar sulke opwinding in ons ou stadjie is nie, en dit het nogal beloof om ‘n show en ‘n half te wees. Ek het baie uitgesien daarna, maar dit heeltemal mis geslaap Saterdag. Hoop maar daar is ‘n volgende keer.

Ek het nie hierdie week klasse nie, maar ek moet bietjie onderhoudswerk doen aan die rekenaars. En natuurlik assessments merk en my admin op datum kry sodat ons teen volgende Maandag weer volstoom aan die gang kan wees.

Met Seun gaan dit goed. Hy het Vrydagaand gebel. Hulle het gister weer gejump, na erens in Kentucky. Hy het darem al ‘n paar dollar gespaar, wat my nogal aangenaam verras het! Miskien kom hy tog met ‘n goeie neseiertjie huistoe.

Nou ja, geniet die kort week. Wat is julle planne vir die volgende langnaweek?

NS. Daar is ‘n possie by Bosparra oor my aandjie saam met Dozi en Amor…

Advertisements

14 Responses so far »

  1. 1

    platterfuss said,

    Dellie… WAT is spaar???? 😛

  2. 2

    Zee said,

    Dellie, hoop jy voel darem al beter, lyk my as hierdie griep ding jou eers een keer beet gehad het hierdie jaar gaan hy jou nie uitlos nie!

    Lol @ Platt

  3. 3

    Rustig said,

    Alle beterskap. Dellie moenie worry of die kind spaar of nie. Dit is sy eerste jaar oor die water. Laat hy dit geniet. Toe ek my eerste sprong oor die oseaan gemaak het was daar net nie genoeg tyd en geld om alles waar te neem nie. Mens raak slimmer en rustiger met die tweede besoek. Ongelukkig met my tweede besoek oorsee het ek toe nie weer huiswaarts gekeer.
    VAt dit kalm. Sit voete hoog en skin lekker dop.

  4. 4

    Wipneus! said,

    Dellie, ek hoop jy voel gou beter, lyk my jy het ‘n besige kort week voor! Bly dit gaan goed met Seun!

    Lekker week uhm ek bedoel werk!

  5. 5

    BB said,

    As ek so ‘n lastige hoes het, is al wat help Puma – ek smeer sommer so ‘n blob agter in my keel (pasop vir die kleintongetjie… 🙂 x

  6. 6

    Zee said,

    Anty BB, ek en klein Zee gebruik hoeka al die laaste week Puma.. dit werk vir my net beter as Vicks!

  7. 7

    Bottertjie said,

    Hoop jy voel beter.
    As my werk hier klaar is, vokof ek huis toe en begin pak vir my LEKKERRRRRRRRRR vakansie by die seeeeeeeee….

  8. 8

    bytjie said,

    Hi Dellie,
    lyk my die Vrystaat maak mens net siek my dogter, skoonseun en hul 2 kinders bly ook aanmekaar siek, as ek bel dan moet ek hoor die klomp is alweer siek
    lekker naweek vir julle.

  9. 9

    Roer said,

    Lekker lang naweek girl. Ons ook oppad Citrusdal toe vir ‘n breek. Dis nodig. Sluk daai gemmerbrandewyntjie.

  10. 10

    Emil said,

    Drink ook maar die gemmerbier en med-lemon. Damn verkoue – vier klimate in drie dae is bietjie baie!

  11. 11

    Adrie said,

    My tasse is ook al gepak vir Donderdag.

    Sterkte met daardie griep.

  12. 12

    Eben said,

    Ai oeeeeee Dellie …. hoop jy voel stukke beter. So verkoue en dik-kop houding is nooit lekker. Ek is bly dinge is aan die gang met Seun. Ek stem saam Rustig, laat Seun homself geniet daar. Maar aan die anderkant as hy so goed spaar, dan kan mens trots op hom wees. Hy gee nie geld uit op gemors, maar aan die anderkant, is dit nie maar oor hy so hard werk, dat daar tyd vir grappies is.

    Nie-te-min hy spaar en aan die anderkant weet hy waar sy geld vandaan kom.

    As ons weer nie praat, lekker naweek en soet wees. O jaaaaa op pad na ‘n privaat wildskamp, wanneer sluit jy en Liefie by ons aan? Gaan lekker wees, julle bring en ek skink!! 😆

  13. 13

    sonstudio said,

    Hello, hello! Loer gou in om bietjie ‘gesig’ te wys. Bly dit gaan goed met Seun. Geniet die ‘af-dae’ en word gou gesond!

  14. 14

    demoerin said,

    Rus maar, maar die ou gemmerbrannewyntjie en panados werk soos ‘n bom. Wens ons kan elke paar dae soos nou Vrydag hê!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: