The Mission

WARNING! PG18 – NUDITY!

Die opwinding hang net so dik in die lug soos die rook in die klub. Hy stap op die verhoog, geklee in pikswart. Hy het lang, blonde hare wat in ‘n poniestert agter sy kop saamgevat is. ‘n Cowboy hoed op sy kop. Die vrouens gil. Die ligte flikker. Die musiek se polsende ritme vibreer tot in my sitplek. “Are you ready, ladies?” vra die DJ. “YES! YES! YES!” skree almal. Ek sit my camcorder aan…

Jip, ons is by ‘n stripshow…

Terwyl ek vroeër die aand besig is om gereed te maak, voel ek Liefie se oë op my. Maar dis ‘n ander kyk. Nie die gewone net dophou nie. En skielik besef ek dat ons nooit eintlik hieroor gepraat het nie. Dit is bespreek en sommer besluit dat ons dit gaan doen, by ‘n ander funksie, en Liefie het niks geprotesteer nie, dus het ek aangeneem hy het nie ‘n probleem daarmee nie. Maar ons het dit nie rerig bespreek nie.

“Pla dit jou?”, vra ek. Hy antwoord nie, gee my net so ‘n skewe smile.

“Sien dit as navorsing,” sê ek. “Ek is net nuuskierig. Dit sal nie ‘n gewoonte word nie. En ons gaan mos in ‘n groep…”

“Whahaha!” lag hy, “is DIT wat jy dit noem? NAVORSING? Whahaha! Kan ek dan ook bietjie “navorsing” gaan doen?”

“Maar jy het mos al,” antwoord ek. “‘n Paar keer met bachelor parties! Moenie worry nie, my lief, ek sal my mooi gedra. Ek sal nie vat nie. Ek sal net kyk. Ek gaan in elk geval baie besig wees om die hele show op te neem. Ek is rerig net nuuskierig,” stel ek hom gerus. 

Ons is amper eerste by die klub. Ook nie sommer enige klub nie, die “gay klub” in Welkom. Hoekom hulle dit so noem, weet ek nie, want baie mense vertel hoe lekker hulle daar kuier en dans. Straight mense.

Die kaartjies kos R40 per kop. Daarvoor kry jy darem ‘n drankie (iets soos Brutal Fruit) wanneer jy instap. En ‘n “stamp” op jou pols. (Wat moeilik is om af te was.) M is ook nie snaaks nie, en maak vir ons plek reg voor die verhogie. Niks gaan ons view spoil nie. Ons wil alles eerste sien.

Daar is twee kroeë. Een vir die gewone drankies, en ene waar net shooters bedien word. Vreeslike duur goed. Maar ek het mos my lessie geleer met daai ene, so ons kies versigtig die goedkoopste, R10 ‘n shooter. Die kroegmanne is bloedjong mannetjies, geklee in net sulke piepklein swart broekies (wat gevaarlik baie soos Seun se onderbroeke lyk) en strikdasse. Maar netjiese lyfies. En ek kon sweer hulle was ge-olie. Het nou nie gevoel nie, maar hulle lywe het darem mooi geblink in die flikkerende ligte.

Voordat die ontkleedanser sy verskyning maak, word daar eers ‘n paar drinking games gespeel om die dames op te warm. Ons groepie laat nie op hulle wag nie, en palm ‘n paar pryse in. Die meeste van hierdie girls KAN drink! ‘n Bottel sjampanje (JC le Roux), twee goue penne, ‘n lekker groot dra-sak. Ek en K was ongelukkig bietjie vraatsig toe dit ons beurt is, en drink toe die takiela klaar nog voor die game begin het! Toe word ons gediskwalifiseer! Hehe!

Die uur kom nader, en die dames het nou al die klub mooi volgepak. Geen mans word toegelaat voor 10uur nie. En die show begin…

Eers raak hy ontslae van die lang, swart jas wat hy aan het. Maak so ‘n paar danspassies, en weg is sy hemp. Almal ooh en aaah. En gil. Jinne, vrouens kan gil! Met net die langbroek aan, gryp hy ‘n girl in die gehoor aan die arm, en lei haar op die verhoog. Hyself gaan lê in die middel van die verhoog, met ‘n shooter glasie vol iets wat hy in sy naeltjie staanmaak. Nou moet sy op haar knieë oor hom kruip, en sonder om haar hande te gebruik, OF op hom te mors, die inhoud van die glasie drink. Onder luide aansporing maak sy die beste van die saak. Mors wel op hom, maar lek dit met haar tong op! Die gehoor gaan mal!

Volgende girl se beurt. Sy word op ‘n stoel gesit, terwyl hy basies ‘n lapdance vir haar doen. En suggestief speel met sy belt wat nou al so halfpad af is. Terwyl hy op haar skoot sit, maak hy sy broek los, en weereens gil die gehoor amper die dak af. Ek het gemis hoe hy sy broek uittrek, (was seker dors of iets) weet nie of dit een van daai nommertjies is wat velcro nate het nie, maar toe ek weer kyk, het hy net ‘n wit onderbroekie aan en natuurlik daai bruingebrande lyf…

En daar kom gryp hy vir A… maak haar sit op ‘n stoel, en sy kry ook ‘n lapdance. Sommige girls is nie bang vir vat nie, maar die ou gee ook nie om as hulle vat nie. Hy gide basies hulle hande na snaakse plekke toe… volgende oomblik is daar geen wit onderbroek meer in sig nie, net ‘n swart g-string. Ek het nog nooit ‘n man in ‘n g-string gesien nie, en my mond hang oop. Nie slegte boudjies nie… (!) anyway, hy het vir A so in die lug opgetel, haar bene om sy lyf gesit… kyk maar self na die foto… en natuurlik gaan die gehoor aan die gil terwyl A rooier as ‘n tamatie bloos!

Eventually draai hy ‘n handdoek om sy lyf, en so wriggle-wriggle raak hy ontslae van sy g-string. Nou het hy net die handdoek om sy lyf, en hy vaar die gehoor in. Lapdance ‘n paar girls, en dan druk hy hulle koppe tussen sy bene in, en gooi die handdoek bo-oor! Vriendin C hier amper langs my, loop ook deur. Ag, en het ek gesê die gehoor raak histeries???

Met die volgende girl wat hy verhoog toe sleep, kry ons ‘n suprise. Hy laat val die handdoek… en het nog ‘n g-string onder aan! Hehe! Die girls booo omdat hy almal gefool het. Maar toe staan hy met sy boudjies na ons toe, hou die handdoek net daar op daai strategiese plekkie, en ons kan SIEN hoe waai die g-string! Niks belemmer meer die uitsig nie, geen cover-up, dis net boude! Maar hy vat nie die handdoek VOOR weg nie. Ai. Shame. Die arme girl. Sy bloos en giggel. Hy gaan sit op haar skoot, en maak die nodige toe met HAAR hande! Hou syne nogsteeds oor hare, want ek dink hy was bang sy sou gelos het en vir almal sy tools gewys het!

Vir die klimaks van die vertoning, het hy een of ander botteltjie goed (daai foam streamers?) waarmee hy baie suggestief speel terwyl hy nogsteeds die girl se hande vashou… en die stringe trek soos confetti deur die lug en land op die verhoog… en die plek ontplof. Het ek al gesê dat vrouens vreeslik kan gil??

En toe is die show verby. Agter die handdoek trek hy weer sy g-string aan, en loop so bietjie tussen die gehoor rond terwyl die musiek nogsteeds polsend speel. Hy was seker nie eers behoorlik 20 minute op die verhoog nie. Ek het vertroulik verneem dat dit hom R3000 in die sak gebring het, plus natuurlik die tips wat in sy g-string beland het toe hy die laaste rondtes doen. En ek kon sweer ek het ‘n hele paar R100 note daarin sien verdwyn… glad nie sleg vir ‘n paar minute se “werk” nie!

All in all, was dit nie slegte “navorsing” nie. Vir die res van die aand het ons groepie girls gedans en gekuier, en nog gedans. Teen 2uur Donderdag oggend het ek in die bed geklim. Dankie tog dit was ‘n vakansiedag! Seer lyf, hees keel, so bietjie wyser, niks gevat nie, net gekyk, maar dood tevrede om agter my Liefie se rug in te kruip en by die huis te eet…

39 Responses so far »

  1. 1

    monna said,

    Hehe Dellie, kan ek ook daai “line” gebruik van “navorsing”?
    Dit lyk en klink of dit ‘n heel lekker ondervinding was, en julle dit baie geniet het.

    Jy vertel dit so oulik man, sommer lus en gaan ook na een toe lol.
    Liefie het seker lekker “gesmile” toe jy agter sy rug inkruip?

    Ek lees omtrent elke dag jou blog en geniet dit baie.

    Groete
    Monna (SSSB)

  2. 2

    Adrie said,

    Ek en ‘n vriendin wou in ons tweede jaar na ‘n stripshow gaan kyk het. Basies net omdat ons nuuskierig was. Ons het ‘n vriendin wat so 3 jaar ouer was gehad en ons het haar saamgenooi. Daar steek sy vir ons ‘n preek af. Ons kan doen wat ons wil, maar sy sal baie teleurgesteld wees en bla bla bla. Ons het haar vertel sy moet maar begin teleurgesteld wees, ons gaan.

    Grap is. Daardie einste vriendin was al by 3 stripshows. Ons wat wou gaan, was nog nie eers by een gewees nie.

  3. 3

    Pikkelik said,

    Nog nooit gesien nie, maar vir navorsing… Wel mense het al erger dinge deurgegaan in die naam van Wetenskap. Sal tog ‘n plan maak… 🙄

  4. 4

    Emil said,

    So het ook al “navorsing” in teazers gedoen. Vroulief was nie oortuig nie😆

    Skitterend, Dellie – as dit nou is van ‘n mens aanvang waneer die nes leeg is, nou ja, dan het ek baie om na uit te sien👿

    Nice one!

  5. 5

    boendoe said,

    Oe, Dellie, daai opskrif alleen gaan vir jou ‘n paar interessante soekterme gee!! Klink na vet pret, maar ek moet se, so (jong) mooi lyfie skakel my nie baie aan nie. Ek geniet my ou ballie baie meer! Maar so ‘stout’ aandjie uit saam met vriendinne…ek dink DIS wat dit so lekker maak!

  6. 6

    Jaco said,

    Ek is bly julle het die “navorsing” so geniet. Ek was nog nooit by ‘n stripshow nie, en ek hoop ek sal die guts hê om uit te loop die dag as ek dalk myself in so situasie bevind. Krista hou glad nie daarvan nie, en uit respek vir haar sal ek dit nie doen nie. Besides, dit voel vir my te veel na verneuk

  7. 7

    Dellie said,

    Ek hoor jou Jaco, en ek sou ook nie gegaan het as Liefie geprotesteer het nie. Maar ek was regtig net nuuskierig. Dit sal nie ‘n gewoonte word nie. Daar is nog te veel ander dinge om te toets… soos bellydancing, paaldanse en wie weet? dalk self bulrides!😆

  8. 8

    Emil said,

    Dis eintlik maar waar, Jaco. Hoe is dit dan vrouens hulself met so iets kan geniet en dat baie mans daarenteen soortgelyke geleenthede totaal kan misbruik? Moet seker die Mars en Venus ding wees.

    Ja, ek het na die eerste besoek nie weer ‘n behoefte gehad om terug te keer nie. My navorsing het my niks nuuts vertel nie – eerder meer oor my en veral van my vriende🙂

  9. 9

    BB said,

    Ek het jarre gelede een bygewoon – groot excitement gewees – toe turn die stripper out to be ‘n dwergie!!!😯 – seriaasly!! ek dink hy het skaars ‘n meter in sy sokkies gestaan. ek kan nie eers veel meer onthou nie, want ek het gehuil soos ek lag (of was dit skok, of histerie of blote jammerte…) – anyways – steeds niks vir my so mooi soos ‘n man se ‘rear’ nie – en behalwe vir liefie, verkies ek hulle in ‘n denim – ek waardeer regtig ‘n mooi geboude man (seker ook omdat ek weet hoeveel effort dit kos om so te lyk). Ek is very blasé oor stripshows – ek wil-wil sê ‘get-a-life’ – maar soos Boendoe sê, nou’t jy dit ook gedoen en waarskynlik was die kuier met die girls baaaaie lekkerder as die 20 minute show.

  10. 10

    Dellie said,

    Presies, BB! Die mense en hulle reaksies was vir my baie interessanter as die show self… en die dans en kuier saam met die grils agterna was die eintlike lekkerte.

  11. 11

    Wipneus! said,

    whaaahaaahaa ek val amper van my stoel af soos ek skrik en lag! Hier het ek ook nou ‘n strip show beleef…..

  12. 12

    Paula said,

    Jy kan sowaar op ‘n lekker manier ‘n storie vertêl.
    Het lekker gelag🙂

    Geniet jou dag verder!

  13. 13

    neykie said,

    “by die huis te eet…” whahahah

    Klink baie belowend- maar nou ook nie vir my nie. Tenminste het julle dit geniet

  14. 14

    meermin said,

    Dellie dit moes ‘n belewenis gewees het, ja nee kyk ek sou ook gegil het, en gevat het hoekom nie, so bietjie onder daai handdoek gevroetel het, hie hie image mens vroetel so en daar gebeur dit??? Ek sal myself siek lag! Lekker dag verder vir jou.

  15. 15

    Dellie se vriendin said,

    Dellie, versigtig met die foto’s. Dit was wonderlike navorsing, ne. Die aand terdee geniet. Dankie dat ons as n groepie vriendinne kon saamgaan. Gee nie om, om dit weer te doen nie. Veral nie vir navorsing nie.
    Geniet jou dag!

  16. 16

    netjane said,

    Ek en ‘n vriendin het een aand op Valentine’s dag uitgegaan omdat ons single was en besluit het om nie by die huis te sit nie, toe is daar ‘n stripshow. Girls kan regtig vreeslik gil – ek was heel verbaas oor die meisies se reaksies. Die outjie het seker gesien ek kyk meer na die ander mense se reaksies as na sy moves want voor ek weet was ek die girl wat die shooter van sy maag moes drink en hom toe mos olie smeer. Dit was ‘n ervaring – maar ek was omtrent skaam!

  17. 17

    Patricia said,

    hoe oud is jy Dellie dat jy nog sulke belaglike goed doen en dan nog comment ook daaroor? Sies. Het jy nie al kinders wat uit die skool uit is nie?

    jy het darem alles probeer red deur te se “agter liefie se rug inkruip”, wie probeer jy flous ?

    soos elke aap deesdae dink hy kan sing, dink elke aap ook hy kan deesdae ‘n blog skryf, hoe pateties tog.

  18. 18

    hehehe D! Ek het nou lekker gelag en dankie dat jy die navorsing sommer namens my gedoen het… So nuuskierig as wat ek is dink ek nie ek sal dit wil ervaar nie.
    HAHAHA @ NetJane…ek sou doodgegaan het of vinnig verdwyn het😉

  19. 19

    Dellie said,

    LOL @ Netjane!😆 Jy sien, ek was slim. Ek het heeltyd die camcorder in my hand gehou, so ek kon nie gegryp word en verhoog toe gesleep word nie!

    Patricia? Belaglik? Sies?😯 Jy is geregtig op jou mening, maar ek dink jy moet net so bietjie ontspan, my ding, en dalk ‘n humorsin ontwikkel?

  20. 20

    Adrie said,

    Patricia

    Beproef alles en behou die goeie.

    Ek het slegte nuus, ‘n mens kan nie ‘n humorsin koop nie.

  21. 21

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Bly jy het dit geniet. Ek het eenkeer baie duisend jaar gelede per ongeluk by ‘n show beland – saam my x man. was so skaam oor die hele afere dat ek my skoene dopgehou het die heel tyd… lol.

    lol @ Adrie 😉

    Groetetjies
    Sonneblom

  22. 22

    machiel said,

    Verstaan ek nou reg, dat hy toe nooit vir julle gewys het nie?

    Ek en my vrou was ook ‘n keer by ‘n optrede van ‘n manlike stripper. Wat my opgeval het is dat dit eintlik ‘n demper is as ‘n man alles wys – skielik is al die gillende meisies stil, asof hulle bang was. (Nie dat die ou iets gehad het om vir bang te wees nie!)

    ‘n Klomp mans, aan die ander kant, gaan mal as ‘n vroulike stripper daai laaste stukkie ondergoed laat val…

  23. 23

    Dellie said,

    Machiel, ja, jy verstaan reg. Niks van VOOR nie, in elk geval.😳

  24. 24

    krista said,

    Net soos Boendoe moet ek sê dat ander mans se lywe my geensins trek nie. Ek is MAL oor my Lyfie se lyf!

  25. 25

    wala. Maar hoekom het jy nie gevoel of dit olie was of nie, dit is mos navorsing?

    Sjoe maar dit is goeie geld. My kop werk nou…..hy draai.

    Ek het as student die Chippendales gesien maar hulle het nie so baie uitgetrek nie, tye verander. Waarde vir geld is nou waarde vir geld!

    R100 note verdwyn….was dit so groot? O dis snaaks.

    Patriacia…..live a little baby. Hasta La Vista. C’est La Vie. ofwatookal. LOL.

  26. 26

    Emil said,

    Daar is natuurlik die skrale moontlikheid dat Patricia (soos in daai liedjie van Chris de Burgh) ‘n verontregte, ex-besoeker van ‘n sekere dam is😉

  27. 27

    Dellie said,

    Whahaha Emil!😆

  28. 28

    Goeie ene Emil! Hahaha!

    Nou laat ek daaraan dink…ek was een aand perongeluk by ‘n Koreaanse stripshow. My kollegas het gedink dis great en ek wou doodgaan, want hulle moes natuurlik heel voor gaan staan en ek was lanklaas so ongemaklik. Ek was regtig afgeP-P daaroor, maar dit was nogal snaaks!

  29. 29

    demoerin said,

    onder die dekmantel van navorsing. hahaha. Nou ja, lyk my daar gaan veel meer in Welkom aan as wat ons ooit gedink het!

  30. 30

    Blue Eye said,

    Hi Vriendin

    Dankie vir die kiekies wat jy vir ons huis toe gebring het, ek belowe
    om volgende keer saam te gaan. Ek gaan nie weer ñ lekker aandjie
    saam die vriendinne uitsit nie. Ongelukkig het ek nie meer ñ Liefie agter wie se rug ek kan inkruip nie,maar wel ñ warmkombers.
    Jy moet jou dag geniet.

  31. 31

    Dellie said,

    Hehe Blue Eye, volgende keer??😯

    Wil jy nou hê Patricia moet ‘n aar bars of iets?😆

  32. 32

    Carolina said,

    Hi Dellie

    Ekke is terug in SA! Oos ,wes tuis bes! Bg onderwerp is ok nie vir my! Manlief sal glad nie gelukkig wees as ek so-iets besoek en vica versa!
    Beproef alle dinge en behou die goeie! Dit bly maar waar!

    Lekka dag!

  33. 33

    Dellie said,

    Welkom terug in SA, Carolina! Jy is net betyds vir die winter!😀

    Moet tog nie vergeet van daai kaaskoek reseppie wat jy belowe het nie, hoor!😉

  34. 35

    Roer said,

    Ai Patricia, sal like om jou blog te lees.

    Nee wat Delsch, dis ook nie vir my nie, maar ‘whatever floats your boat’. Ek sal dit nie bywoon en nie net uit respek vir liefie nie (alhoewel dit ook), maar uit respek vir myself. Besides, ek sal bietjie van ‘n huigelaar wees as ek so iets bywoon seinde dat ek erg teen pornografie en plekke soos Teazers is. Jy weet mos…ek het al daaroor gegriffel.🙂 Wat wou, liefie het inelkgeval alles wat ek wil hê en sien. Gebreekte skouerbeen en al!

  35. 36

    Dellie said,

    Roertjie, ek weet hoe jy hieroor voel, ja. Dis hoekom dit vir my NOG lekkerder is om ‘n comment van jou te kry!😉

    Ek was rerig net nuuskierig daaroor. Maar die nuuskierigheid is bevredig, en ek weet ek mis niks as ek nie weer gaan nie. Alles wat ek wil hê, is reg onder my neus.

  36. 37

    Kiepersol said,

    Dellie , het die vreeslik geniet, ek noem dit ontskuldige pret en jy het mos niks verkeerd gedoen nie , ek dink om ‘n “bloue” te kyk is veel erger.

  37. 38

    Dienkie said,

    Shoe, my eerste stripshow, en dit geniet…..hahahah

    Ja die manne hou nie daarvan as die vroue dit bywoon! dit is mso maar net pret!!!!

  38. 39

    […] ek kan tussen al die dinge uitken, al is dit moeilike. Tussjen  al die musjiek deer, sjê iemand my hy ken vir Dellie. Het glo op ‘n keer vir haar gedans. Sjy naam is Dick. Hy sjtuur baaie groete aan Dellie. […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: