Zoem-zoem

More! Almal lekker uitgerus na die langnaweke? Enige interessante plekke besoek? Ons was net rustig by die huis, baie geslaap, en ek het weer krag vir die res van die jaar. My volgende breek is eers weer in Desember.

Ek zoem net gou in om vir julle te laat weet dat ek nog lewe. Die winter is beslis hier in al sy glorie, en ek sou rerig nie omgegee het om vanmore weer my kop onder die komberse in te druk nie. Dis was so mistig vanmore hier dat ek nie eers oor die pad kon sien nie. Snaakse weer vir Welkom. Koud by julle ook?

Vandag gaan ‘n nagmerrie wees, dus sal ek nie tyd kry vir ‘n lekker possie nie! En ek wag nog steeds vir die foto’s van ons “uitstappie”, maar hopelik sal ek more julle nuuskierigheid kan bevredig…

Lekker Maandag, gryp hom aan die horings en ry hom bloots, né!

Advertisements

13 Responses so far »

  1. 1

    meermin said,

    Dellie dit is koel maar nie koud nie! Lekker reèn gehad die naweek. Ja ek voel lekker uitgerus na die af week en lekker stil naweek!

  2. 2

    Emil said,

    Het julle bulle gery?

    Dis ook maar koud in die Kaap! Ek was in die bed die meeste dae van die naweek – vrot siek van die verkoue.

  3. 3

    Leon said,

    Koelerig ook in Pretoria. Meer sports gehad die vorige lang naweek as wat ek gewens het. Dit gaan my nou geld kos.

  4. 4

    Wipneus! said,

    Soos Leon sê ons vries in Pretoria! Ons het net gesit en bewe die naweek.

  5. 5

    Pikkelik said,

    BRRRRRRRRRRR-koud hier in die berge….. Sit soos ‘n verkluimde voëltjie as die heel naweek voor die koolstoof en probeer ontdooi, wil nie eers kamer toe gaan nie, dis te bleddie koud. Mynick het die verwarmer weg gesteek – om krag te spaar – ek sê se alie, ek kry koud, hy sê sit voor die stoof!!!! ♥♥♥

  6. 6

    boendoe said,

    Hmmmm…het julle bietjie manne gaan kyk?? Dis iets wat ek nog nie die nodige moed voor kon bymekaar skraap nie!

  7. 7

    neykie said,

    Was lekker in richardsbaai en dit was een lekker week dalk die beste vakansie van my lewe

    Moenie jouself doodwerk nie hoor

  8. 8

    annedelicious said,

    ek het heel naweeek op my playstation 3 gespeel en 50 crents gaan kyk,hy is so lekker!

  9. 9

    Luidier was weer Lui, maar ek het ook bietjie gewerk.

    Girls can do whatever they want!!

  10. 10

    Rustig said,

    Julle moet nie so klae nie. Hier by my skyn die son net so paar dae in die maand. Winter of Somer! Res van die tyd bewolk en reen. Ek hoop die foto’s word nie eers gesensor deur die dominee voor dit hier verskyn nie. “We are looking for the naked truth!”

  11. 11

    Jasper said,

    Wiet nou gesê ‘n vrou kan nie ‘n maandag in die oë staar nie 😆

  12. 12

    bytjie said,

    Ons was die naweek na by jou in Virgina by my dogter het net onder die komberse gesit en kuier, baie lekker

  13. 13

    Kan nie wag om julle belly dancing outfits te sien nie! 😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: