Beloftes maak skuld

Egskeiding. Dis ‘n groot woord. ‘n Hartseer woord. ‘n Woord en ‘n daad wat lewens vir altyd verander. Dis vir baie ‘n heel laaste uitweg. Ook vir Blue Eye.

‘n Goeie vriendin, wat reeds deur ‘n egskeiding is, het vir my gesê dat sy dit vir niemand sal aanraai om te doen nie. Dit los letsels wat jy vir altyd saam met jou dra. Ek glo dit. Veral as twee mense met kinders saam aan ‘n lewe gebou het wat nou skielik verby is.

Sommige paartjies kry dit reg om deur middel van huweliksberading te red wat te redde is. Weer te begin kommunikeer met mekaar, weer te onthou wat hulle in die eerste plek na mekaar aangetrek het, hoekom hulle vir mekaar lief geword het. Maar as daar mishandeling in ‘n huwelik plaasvind, of oneerlikheid, kan ek nie sien hoe daar iets kan oorbly om te red nie. Dan moet jy ‘n breek maak, en jouself red, hoe moeilik dit ook al is.

Dit is nie die eerste keer dat Blue Eye en haar man uitmekaar is nie. Dit het al ‘n paar keer gebeur. Elke keer gaan ‘n paar maande verby, hy kry weer ‘n werk en ‘n huis, die kinders skuif weer eens na ‘n ander skool, en alles gaan “OK” vir ‘n wyle. Dan begin die proses hom maar net weet herhaal. Hy verloor sy werk. Hy blameer haar. Hy mishandel haar liggaamlik en emosioneel. Die bietjie geld wat wel daar is, hou hy vir homself en koop eerder sigarette en bier as kos vir die kinders. Die huur kan nie betaal word nie. Die kinders moet skuif na ‘n nuwe skool. Die bose kringloop begin weer van voor af.

Ek is baie trots op haar dat sy uiteindelik die besluit geneem het om dit te beëindig. Maar tussen sê en doen, lê daar ‘n gapende afgrond. En die realiteit van “doen”, is dikwels ‘n hengse ontnugtering. En BAIE scary. Vir almal. Vir my ook.

Emosioneel is sy nogal aan flarde. En dit verstaan ek. Skielik is sy alleen, die bed is leeg, en al is hy ‘n blikstottel, was sy eens op ‘n tyd lief vir hom. Natuurlik gaan sy hartseer en verwerp voel. Sy probeer hard om alles bymekaar te hou ter wille van die kinders. En ons probeer so veel as moontlik toesien dat sy nie alleen is om te gaan sit en tob nie.

Sy is bang vir hom. Hy het al voorheen gedreig dat hy iets aan homself en die kinders sal doen. Ons het ‘n ekstra slot aan haar veiligheidshek gesit, sodat hy nie daar kan inkom nie. Hy weet watter sleutel sluit die deur oop. Ek het vir haar my pepperspray gegee vir wanneer sy skooltoe loop met die kinders. Met die opdrag: spuit, gil en hol!

Vandat hy geloop het, het hy nog nie weer enige finansiële ondersteuning gebied nie. Hy het een of twee keer vir die kinders ‘n paar rand gebring, maar as sy vra vir geld sodat sy kan kos koop vir hulle, reken hy sy moenie haar probleem syne maak nie… genade, dis sy kinders wat honger moet ly!

‘n Paar dae gelede het sy uitgevind dat hy weereens sy werk gelos het, en moontlik oppad is Brits toe. Sy het die prokureur laat weet dat hulle moet opskud met die dagvaarding, anders gaan hulle hom nie in die hande kry nie. Op die stadium bly hy by sy suster.

Sy bel hom toe gister en vra dat hy asseblief daar moet wag vir haar vir die volgende uur, sodat sy met hom kan kom praat. En toe bel sy die Balju sodat hy die dagvaardig kan gaan aflewer… Sy was omtrent in ‘n toestand! Bewe van kop tot tone so groot soos sy is, en dreig sommer om om te kap! En ek is besig met ‘n klas, kan haar nie eens gaan ondersteun nie! Arme ding!

Nodeloos om te sê, het ek haar later in trane gevind. Hy het haar terug gebel en vreeslik sleg gesê, en is nogal heel verontwaardig dat sy sy naam “swartgesmeer” het by die prokureur! Reken dat sy maar net kon gesê het hy het haar verlaat! Ekskuus??? Na alles wat hy aan haar gedoen het? Se moer! Hy het natuurlik gedink dit gaan weer wees soos in die verlede, en na ‘n paar maande is alles weer OK. Toe kry hy ‘n hengse verrassing…

Hoe lank die proses nou nog gaan uitrek, en wat volgende gaan gebeur, weet ons nie. En wat gaan die implikasies wees ten opsigte van onderhoud… die man is dan weereens werkloos!

Blue Eye vra dat ek baie dankie sê vir almal se ondersteuning. Julle weet wie julle is. Dankie, elke bietjie help! Die son sal weer skyn.

 

Advertisements

19 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ai. Ai. Ek kan dink dat dit vir jou maatjie moeilik is om ‘n ‘roetine’ van jare te verbreek. Hopelik besef sy nou dat ‘n man wat jou mishandel, rubbish is, en rubbish gooi jy weg.
    Dankie vir die update, Dellie, en baie, baie sterkte aan julle almal.

  2. 2

    Adrie said,

    Sug

    Sug sommer weer ‘n keer.

    Ek het so baie van hierdie tipe gevalle gesien. Ek is jammer om te se, maar die egskeiding gaan niks verander nie. In hierdie geval is die stukkie papier waarop die egskeiding staan niks werd nie.

    Wat is dit wat ‘n goeie vrou aan ‘n sleg boks laat klou? Is dit regtig die hoop dat sy hom kan verander?

    My peetma is aan so ‘n boks gekoppel. Die speletjie hou al langer as 20 jaar aan. Dan los sy hom, dan los hy haar (dikwels sonder kos en geld), dan maak hulle vrede, dan begin die streke, dan skei hulle, dan trou hulle ens. Ek sal maar ‘n blog hieroor skryf.

    Ek ek wonderwerke kon laat geskiet het, sou ek Blue Eyes van die man los gemaak het. Dat daar nooit weer omdraaikans is nie. Die patroon gaan herhaal word tot een van die twee dood is.

  3. 3

    Wipneus! said,

    Ek sê ook dankie vir die “update” en sterkte

  4. 4

    ja nee, so egskeiding is ‘n ander storie en as daar kinders is is dit nog moeiliker. Baie vrouens bly hul mans ter wille van die kinders, maar hulle word ook groot en sal eendag verstaan. Baie sterkte en vasbyt en sterkstaan!

  5. 5

    Meermin said,

    Ai dit is hartseer!

  6. 6

    Eben said,

    Dis ‘n hartseer posting … baie sterkte vir haar!!

    Waar woorde : ” …. more sal die son weer opkom!”

  7. 7

    netjane said,

    Sterkte – ten minste is die eerste groot stap nou geneem!

  8. 8

    Pikkelik said,

    Blue eyes – in die woorde van ‘n baie goeie vriendin – This to will come to pass. Sterkte en ek bid vir jou. Gooi maar ‘n mail as daar iets is waarmee ek kan help. Jy het my adres…
    Dankie (((((Dellie)))))…

  9. 9

    Rustig said,

    Skei is soos spieel wat breek. Nooit weer dieselfde nie. Die een wat se dat hy nie letsels oorhou is ‘n leuenaar. Dink jou vriendin het die regte besluit geneem. Geen mens is daar vir die ander om te verniel nie. Dellie, dit is ‘n kringloop wat moeilik is om te breek. Ek glo as ‘n man eenkeer sy hand gelig het vir ‘n vrou, sy dadelik moet trek. Hy gaan dit weer doen.

  10. 10

    Von said,

    Adrie, jy slaan die spyker so op die kop. Later aanvaar jy maar net die situasie gelate en gaan net voort – tot die dood julle van mekaar skei. As altwee partye nie volwasse genoeg is om te besef en konsensus te bereik daaroor dat ‘n verhouding nie werk nie, dat beide ‘n groter kans op VREDE sal he indien hul skei en elkeen sy eie padjie vorentoe loop nie, kan ‘n skeiding slegs op ‘n tragedie uitloop. Party mense se handelinge dui daarop dat hul nie hul maat in hul lewe soek nie, maar sien ook skynbaar nie kans vir ‘n lewe sonder die persoon nie. Aai, ek raak sommer baie warm om die kraag!

    Sterkte vir jou Blue Eyes – dis ‘n moeilike, opdraende pad wat voorlê en daar is baie sielewroeging daarby betrokke, en vrees. Gelukkig kom alle dinge tot ‘n einde – hou net baie styf aan ons Heer se hand vas……..

  11. 11

    […] As Salomo nie alles begryp het nie, kan ek ook nie begrip vir sekere goed hê nie.  Ek het van Dellie se vriendin gelees wat tans goed deurmaak wat ek nooit wil nie.  Ek ken sulke verhoudings […]

  12. 12

    Glad nie lekker nie. Kan net vir jou vriendin baie sterkte sê.

  13. 13

    Dellie said,

    Riaan, (sorry, ek wil eers giggle oor hierdie gravatar wat WordPress vir jou gegee het! 😆 ) ek het nog eers vir jou gesê “welkom in Welkom” nie! Skandalig! 😯 Wel, welkom in Welkom, en dankie vir jou ondersteuning. Maar jy is mos ‘n prokureur? Kan jy bietjie vir ons vertel wat die volgende stappe is nadat hy gedagvaar is vir die egskeiding? Dis onbekende terrein vir ons. Of spesialiseer jy nie in egskeidings nie?

    Dankie vir julle almal se ondersteuning. Ek weet daar lê ‘n hengse paadjie voor, maar miskien is daar erens in hierdie drama vir ons ook ‘n lessie om te leer.

  14. 14

    BB said,

    Egskeiding is soos dood – en by tye nog erger – vra my.
    Maar weet jy wat Delsch? Egskeiding is ook soos ‘n dieet of soos enige ander ding in die lewe wat ‘n mens in jou kop ‘n besluit moet neem en gedissiplineerd moet deurvoer ongeag hoe jou hart of liggaam of luste of giere daarop reageer. Dit vat ‘n eerlike, onverskrokke, dalk selfs hardvogtige houding om te sê: No more! Dis soos om kaal voor die spieël te loop staan en vir my body te sê: Nee, jy kry nie meer Kit Kat al kerm jy hoé! Jy is my body en ek sal van nou af besluit oor wat daar in jou ingaan. You want what?? A chocolate? Hier, kry vir jou ‘n selderystick!! 😆 – weet jy wat? op ‘n stadium hou hy op kerm. Want hy besef dit help net mooi niks – this girl’s obviously made her mind up.
    Netso: dis my lewe – jy, my liewe ex het tonne geleenthede gehad om my lewe te vervul, om in ruil daarvoor my héle hart en siel te besit, om my respek en liefde te hê. Probleem is, jou liefde en respek vir jouself (nevermind vir hom) is by die venster uit – en al wat oorbly is jou eie leë dop wat op die een of ander onverklaarbare rede glo dat slegs hy wat dit gevat het dit weer kan teruggee. Not so!! Jy’t dit weggegee – loop soek dit!! En as jy dit weer gevind het – pas dit op! Troetel dit. Gee om vir jouself. Vra jouself : is dit goed vir my? Will it make me grow? Will it fill me emotionally, mentally, spiritually? As daar die kleinste geringste aanduiding is dat dit dalk moontlik kán sleg wees, seermaak, (of vet maak 😉 – hou verby!!
    Blue Eyes: Lief jouself! For once in your life, really start taking care of you – and the rest will fall into place.
    Liefies
    BBx

  15. 15

    Zee said,

    (((Blue Eye Girl))) Ek weet net dat alles vir jou sal uitwerk in die end!

  16. 16

    demoerin said,

    Dit is baie sad, maar ongelukkig ‘n werklikheid. Dit is in die tye wat jy die beste vriend/vriendin ooit moet wees.

  17. 17

    Paula said,

    Dit is so ontsettend hartseer.
    Ek kan net bid dat God Sy hand oor die situasie sal hou.
    Sterkter!

  18. 18

    Blue Eye said,

    Hi Vriendin

    Ek wil net vir julle almal baie dankie sê vir alles, sonder julle was ek raadop, magteloos. En vir jou Vriendin baie groot dankie vir die vertroue wat jy en Liefie in my het, en vir dit wat julle vir my en die kids doen, ek weet nie meer hoe om julle te bedank nie. Ek wens net dit is alles al verby, dat ek en die kids kan aangaan met ons lewe. Dankie weereens.
    Jy moet ñ wonderlike dag hê.

    O ja! en die wat moeders, is moet Moedersdag geniet.

  19. 19

    Hi Deli.

    Ek is nou net ingelig oor jou vraag. Ek doen nie egskeidings nie maar ek ken min of meer die proses. Ek is nou oppad op ‘n mannekamp. Ek sal Maandag reageer.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: