Pokkelpensie

Binne die volgende week tot tien dae, gaan daar die getrippel van klein Worsie pooitjies deur ons huis wees. Wel, spreekwoordelik, want dit sal seker ‘n rukkie wees voor hulle aan die trippel gaan. Ek kan nie wag nie! Kyk net hoe lyk Roxy se pensie! As sy loop, wieg die boudjies, maar die pens hang net daar. G’n wonder haar bynaam is Papsak nie!

Sy is normaalweg nie baie klein nie, maar dis nie van eet nie. Sy is nou maar net eenvoudig ‘n groot WORS. Maar deesdae vreet sy ons amper uit die huis uit. Alles was sy kan kry. Selfs naartjies!

Ek sorg dat sy baie melk kry, en ‘n broodjie met grondboontjie botter op hier en daar. En soveel kos as wat sy wil hê. Ek wonder hoeveel babies gaan daar wees? Ek het nog nooit pasgebore Worsies gesien nie. Gisteraand het sy so hard gesnork, dat ek dog sy is besig om te kraam.

Ek hou maar die kamera gereed, dis nou een episode wat ek nie graag wil misloop nie!

27 Responses so far »

  1. 1

    BB said,

    Dis nou wat hulle by ons local “Casbah” noem ‘n double-decker Hotdawg!! Sterkte da virri ma! xx

  2. 2

    Rustig said,

    Dellie, ek is nie baie lief vir klein hondtjies nie, maar moet erken dat ek vrek oor worshondtjies, veral die miniatuur soort. Vriende van my het geteel met hulle. Jy maar versigtig wees, sy moes menig maal die “babas” die lewe in help met keisersnee. Sterkte en hou maar oog.

  3. 3

    krista said,

    /me lag oor “Gisteraand het sy so hard gesnork, dat ek dog sy is besig om te kraam.” BWhaaaaaaaaaaaahahahahahaha!

    Ons Penny het 6 – 8 babaworsies op ‘n slag gehad – met amper geen melk nie. So ek moes elke 2 – 3 ure bottel gee.

    Sterkte, hulle is soooooooooooooo cute! Jy sal almal wil hou!

  4. 4

    Marina said,

    So een van die dae praat ons van “Ouma Dellie” :0
    Hulle is te sweeeet as hulle so klein is!

  5. 5

    rickylouw said,

    Voer daai hond lekker kerrie dan kom daar regte hotdogs uit

  6. 6

    boendoe said,

    Hou daai kamera naby! Ek het ook nog nooit pasgepore worsies gesien nie. Neem sommer close-ups, ek wil GOED sien! Ek kan my indink hulle lyk soos rotte…oulike rotte, bygese!

  7. 7

    Pikkelik said,

    Ag sweet…. Worsies is bekend daarvoor dat hulle baaaaaaaie babatjies het en te oordeel aan haar maaaaag… Sterkte, kan nie wag vir die tofo’s…

  8. 8

    Pikkelik said,

    Ag aarde ek het weer disleksie vandag – ek meen foto’s!!!!

  9. 9

    Pikkelik baie lang babatjies. (Hi Hi)

  10. 10

    Dellie said,

    Hehe, Pikkie, toemaar, ek kry baie daai vingerfoute!😆

    As ek my hand op haar pensie sit, kan ek die woelinge daarbinne voel. En sy WAS alles. Van haar kussing en kombers, tot arme Spike. Hy is nou al versigtig om by haar te gaan lê, want sy ore is permanent papnat. Hy is miniatuur, baie klein en lig. Sy gaan sit net so half op hom, dan kan hy nie move nie! Hehehe!

    Daai babies gaan OF baie skoon wees, OF niks hare hê nie…😯

  11. 11

    Meermin said,

    Sjoe daai pensie is omtrent GROOT!! Ek sal Maandag foto’s van my nuwe baba’tjie opsit, gaan haar juis vanaand haal!!

  12. 12

    oopkop said,

    Ek gaan een van die dae so lyk. 😉

  13. 13

    AG JINNE!!! Kyk nou net daai magie! Sy is nogal..uhm ja..lywig. Ek het dit al oorweeg om met my tweetjies te teel maar Danny is al meer as 18 maande en was nog glad nie op hitte nie. Ons dink daar is dalk iets fout met haar. Sit asb KLOMP foto’s op!!

  14. 14

    Wipneus! said,

    Ag hierdie Roxy is te sweet, ek kan nie wag om die baba’s te sien nie….
    Ek en Roxy is altwee lief vir eet, gee maar van daardie peanut broodjies hier ook aan, Dellie 😆

  15. 15

    TristonJ said,

    Ag shame man ek kan nie glo daai dun beentjies ou haar op nie! ek wag nou lekker saam tot daai bonnel opdaag!

  16. 16

    Dellie said,

    LOL @ Anja!😆 Jy gaan darem net een hê… of mis ek erens iets?

    Corli, ek dink daar is iets nie lekker met jou Danny nie, want Rox was nog nie eers behoorlik 6 maande toe sy die eerste keer op hitte was nie. Ons was dit glad nie te wagte nie, en teen die tyd dat ons dit agtergekom het, wat die, uhm, koeël al deur die kerk! Maar gelukkig was dit net ‘n “skyn swangerskap”, tieties het groot geword en sy het rerig preggies gelyk… maar na amper 3 maande het alles weer nornaal geword.

    Die keer was ons voorbereid. Elke keer as ons hulle “gesien” het, het ons datums neergeskryf. Nou is dit hurry up and wait!😉

  17. 17

    demoerin said,

    Cool! Geniet die speel!

  18. 18

    Paula said,

    Ag moedertjie tog! Kan nie wag vir die foto’s nie. Baie sterkte met die kroos wat bykom!

  19. 19

    netjane said,

    Verlang ek nou na my oorlede Vethond. Worsies is te oulik. Ek wil ook graag sien hoe lyk die splinternuwe babas. So jy beter professionele fotos neem, ons klomp bloggers is lyk my ernstige kykers. As ek nou net vir Liefie kan ompraat dat hy eintlik van honde hou en nie van katte nie….

  20. 20

    Cute ma! Geniet en lekker ma speel.😀

  21. 21

    Mklopper said,

    Ek het ook 2 worsies – boetie en sussie, ek gaan juis quotes kry om die mannetjie platsak te maak en die teefie in ‘n sportsmodel te verander…voor ek ook met klomp trippelpootjies sit by die dosyne! he he…het klaar 6 katte (die 6de kat is ‘n vriend wat by ons bly s’n).

  22. 23

    Sokkie Bokkie said,

    Hello Dellie dis tog so lekker
    dat jy my wakker hou soos ‘n wekker
    ek hoop die proses verloop glad
    vir ‘n klomp hondjies onder jou blad.
    Ek geniet geniet geniet
    hier’s geen verdriet
    ‘n pragtige hondjie het jy
    ek hoop sy voel gevlei
    oor die heerlike huis waar sy bly
    totsiens, dis tyd dat ek gly!

  23. 24

    costello said,

    Shame dis swaar om vroulik te wees.

  24. 25

    Eben said,

    Ai ai was Welkom nie te ver van my, het ek ene gebedel …..

    Nou wonder ek, Seun is ook seker vreeslik nuuskurig wat is wat en hoe hulle gaan lyk. Hou die kamara gereed en volgelaai, jy wil seker nie rond hol ens ens …..

    Raai, hoeveel hondjies … kom ek gooi ‘n 8 in die hoed …. @ R250 wellll dan kan daardie beach-party waar word!!

  25. 26

    Dellie said,

    Die eerste babie is hier! Hy/sy is sooo klein! Gebore 13h40! Kan nog nie sien wat is dit nie, sy maak nog verwoed skoon. Ek neem alles op met die camcorder.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: