Mondeling

Mondeling opdrag vir Graad 1

Vertel in vyf sinne vir Juffrou en die maatjies van “Die dag toe ek amper dood was.”

WTF?? 😯

Was daar regtig geen ander onderwerp beskikbaar nie? Hoe op aarde moet ‘n 7 jarige hierdie ene beantwoord? Of word daar maar aanvaar dat jy deesdae in Suid Afrika op die brose ouderdom van 7 jaar reeds blootgestel moes gewees het aan ‘n lewensgevaarlike situasie?

Advertisements

22 Responses so far »

  1. 1

    Pikkelik said,

    Ag nee magtig, ons moes vertel: Wat ek die naweek gedoen het..
    of: Die aand by die sirkus… Geen wonder die kinders is deesdae so negatief nie!!! :mrgreen:

  2. 2

    netjane said,

    Ag nee man, as ek ‘n ma was sou ek sommer die juffrou gaan uitk@k het, dan kan sy vertel van die dag toe sy amper dood was.

  3. 3

    BB said,

    Ek hoop dit is eerder in die lig van ‘sterf’ – soos in ‘aarde sluk my in’ kinda sterf… Ek wip my sommer! Ek dink ek sal met ‘n moerawiese panga of dubbel-loop haelgeweer by die klas instap en dit teen juffrou se kop gaan hou – terwyl ek my horlosie vir 5 minute dophou. Dan laat sak ek die wapen en sê vir haar: ok, vertel jy nou vir ons in 5 sinne…
    Sorry! Maar as dit for real is, is ek bly ek was nie ‘n betrokke mamma nie!

  4. 4

    WTF??? Ek sal wragtig nie toelaat dat my kind aan so stupid onderwerp deelneem nie en daai juffie sou verseker van my gehoor het

  5. 5

    boendoe said,

    Hiehie! Dit laat my dink aan die tyd (jarre en jarre gelede) toe my kleinboet, seker so st 2, ‘n opstel geskryf het. Kan nie onthou wat die onderwerp was nie, maar hy het met groot detail vertel hoe hy agter ‘n lorrie gery het op sy fiets. ‘n Ketting wat los geswaai het, het hom teen die kop getref. Hy het geeindig met: ‘En toe is ek dood.’ Ek het daai opstelboeke vir jare gebere; dit was vir my ‘n kostelike storie!

    En ek onthou hoe my ma up in arms was (goeie Boer wat sy is) toe dieselfde boet se juffrou hulle ‘n opstelonderwerp gee: Die troue van die eeu. (Charles en Diana se troue) Sy het gedink dis een te veel dat ons boerekindertjies oor die Britte se troue moet skryf, met die Anglo Boere Oorlog skaars verby! 😀

  6. 6

    Dellie said,

    Hehe Boendoe, ja, daar is seker ‘n ligter sy ook! 😉

    Maar dis darem nogsteeds ‘n baie morbiede onderwerp. Die arme laaitie wou gisteraand by sy ma weet of die keer toe hy in die pendoring getrap het, die keer was wat hy amper dood was… die “dood” is nog nie iets wat hy verstaan nie.

    Ernstig nou, as dit my kind was… BB se idee klink baie aanloklik!

  7. 7

    Suz said,

    My baba is hierdie jaar in Gr1 en ek hoop van harte dat hy nie met sulke snert by die huis aan gaan kom nie. Dan sal dit defnitief ek en die skool wees hoor!!!

  8. 8

    demoerin said,

    My exact thoughts….WTF? Is jy ernstig?

  9. 9

    maeree said,

    my laatlam kleinboet moes lank gelede (hy was in 2000 in matriek) ‘n opstel skryf oor hierdie onderwerp (ek skat hy was in graad 3). dit was voordat ons so bewus was van die geweld om ons. hy het ‘n kostelike opstel geskryf: sy ouboet was eendag by die huis, kort nadat ouboet basies voltooi het. so het ouboet ‘n telefoon-fight met sy meisie. en ons nefie, wat by ons gekuier het, luister aanmekaar in op die gesprek. nadat ouboet die telefoon neergegooi het, kom hy by die vertrek waar nefie en kleinboet sit, ingestorm. kleinboet dag “vandag is ek dood”, toe sê ouboet: “kom ons gaan draf”.

  10. 10

    Adrie said,

    As ek die juffrou se naam en skool gehad het, het ek haar gebel en ‘n goeie piece of my mind gegee. Sy sou nooit weer in haar lewe ding ‘n gr 1 klas is ‘n senior filosofie klas nie.

  11. 11

    Paula said,

    Sjoe! nee, dit is ‘n bietjie woes! Ek sou ‘n klag gaan indien by die skool. Genugtig! lyk asof die skole die klits kwytraak!

  12. 12

    Wipneus! said,

    Nou het ek ook alles gehoor… kyk ek was ‘n baie parmantige mamma….(niks van die nonsens behoort aan ‘n kind van 7 geleer te word nie, hulle is nog baba’s) 😉

    As dit nou moet sou ek dat hulle die storie dan maar humoristies geskryf het, bv ek het my ma se duur selfoon in die water laat val en die uitdrukking in haar oë het vir my vertel hier kom ‘n ding…. ek het gaan wegkruip onder die bed…. en Jufffrou as juffrou my ma ken…. sou juffrou ook gedink het dat ek die dood met so ‘n paar sentimeter vry gespring het …. 😆

    Julle moet nou nie wrede gedagtes oor my kry nie hoor 🙂 hie haaaaa

    Lekker naweek Del

  13. 13

    Dit is nou regtig simpel. Die onnie moet elders gaan soek vir gratis berading.

  14. 14

    Sjoe,,, “dom Onderwysers”

  15. 15

    TristonJ said,

    Ag nee magtig! Jy kan nie erenstig wees nie!! As of die lewe nie vol genoeg geweld en pyn is nou moet kinders nog op skool ook dit ervaar… dit maak my skoon siek!

  16. 16

    Emil said,

    Nee magtag – dit dryf verdraagsaamheid by die deur uit! Dis ‘n vraag wat ek met moeite vir studente sal vra. Vir 7 jariges? Daar is beslis ander manier om die kreatiwiteit te ontlok.

    Laat die 7-jariges soos John Lennon rebelleer: “I resent performing for frisking idiots who don’t know anything.”

  17. 17

    feetjieland said,

    ?????? Dis verregaande!

  18. 18

    sonkind said,

    G’n wonder ons arme kinders ly almal vandag aan stres nog voor hulle tieners is en party gryp na dwelms nie. Red nou ‘n volk met sulke onderwyseresse!

  19. 19

    mykopop said,

    Ek dink (net soos ons), moet ons kinders gewoond raak aan die realiteite, kinders is nie onnosel nie, jy gaan hulle nie laat glo hulle leef in ‘n normale land nie. Maar wragtig darem nie op so ‘n tere ouderdom al so ‘n onderwerp vir mondeling nie!

  20. 20

    Rustig said,

    Dit wys maar net waarheen die onderwys in SA oppad is. “home schooling”!

  21. 21

    Roer said,

    Ek kan dit nie beter as Feetjie sê nie. Dis verregaande! Nee wag, ek kan. DIS FLIPPEN VERREGAANDE!! Op 7 jarige ouderdom is daar niks van ironie of realiteite in ‘n sin in lees nie. Ek kry sommer ‘n kramp man. Hoop die vrou het met die juffrou gaan praat.

  22. 22

    phoebe said,

    Hierdie juffrou klink vir my bietjie af. Seker nie haar prozac gedrink daai oggend nie. Kan dink die mammas en pappas was minder beindruk…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: