Kookwater Vetkoek

Mmm, met die lekker reënweer, is vetkoek en mince mos net die ding om vinnig aanmekaar te slaan as jy by die huis kom. Hierdie reseppie is rerig so vinnig en maklik, niemand kan dit laat flop nie. Ek maak dit gewoonlik sommer so X3 as daar manne saameet.

Kookwater Vetkoek

Bestanddele:

2 koppies koekmeel

25ml suiker

10ml bakpoeier

2ml sout

2 eiers

250ml kookwater

olie vir vlakbraai

 

Sif droeë bestanddele saam. Klits eiers en kookwater saam. Meng eiermengsel met meelmengsel. Skep lepelsvol in warm, vlak olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Bedien met maalvleis vulsel.

Kry net so bietjie OBS ook om die koue te verdryf, en jy is ge-organize! Geniet!

Foto: Cakehead

Advertisements

18 Responses so far »

  1. 1

    Carolina said,

    Hi Dellie,
    Lyk heerlik en maklik!! Gaan dit defnitief probeer! Het 3 seuns wat altyd honger is!!

  2. 2

    Ek mis maalvleisies….sal maar vetkoek maak en geprosesseerde kaas (gewone kaas is skaars en moer duur as jy dit kry) en lekker aarbeikonfyt daarop sit…
    Ek is nou sommer honger!

  3. 3

    Eben said,

    Mmmm Kaalvoetinireen …. kom ek vertel jou, as jy daardie aarbeikonfyt aangesmeer het, smeer ook bietjie room (ja room!) oor ….

    Dellie lekker lekkerrrrrrrrrrrrrrr hoeka gisteraand boontjie-sop geeet, saam gebring werk toe. En die ergste van alles ek het ook hoofbestuurvergadering vandag, en ek wonder of die boontjies my maag gaan komplimenteer 🙂

  4. 4

    Meermin said,

    Toe ek gisteraand by die huis kom, het juff’tjie die lekkerste kos gemaak, die huis het so lekker geruik, terwyl sy nog so besig was met die kos maak hol ek toe gou gou Wonderpark toe, ek was net in die huis toe dit begin sous, soos in hard reèn die weer was kwaai, geklink of dit hael. Jaco bel, die busse ry nie, hy wag toe nog steeds vir ‘n bus van Hatfield af in stad toe, ek moet hom asseblief kom haal, op pad kamer toe om my sleutel te gaan haal, toe Jaco weer bel, een van sy klas maats sal hom huis toe bring, dankie toggie, want ek haat dit om te ry as dit so erg reèn en dit was al kwart voor 7!

    Lyk na ‘n easy resep hierdie!!

  5. 5

    demoerin said,

    Sjoe dellie, verwag seker nie ek moet dit self maak nie? hehehe. Mmmm, maar ek proe dit wel met die stroop wat so inloop in die vetkoek in!

  6. 6

    Paula said,

    Dankie vir die resep.
    Ek gaan dit vanaand probeer!

  7. 7

    Ag shit Eben….waar sal ek nou room in hierdie wereld uitdinges??? Mens kry dit by sekere winkels as jy gelukkig is, maar is maar blerrie skaars nes goeie kaas!

  8. 8

    boendoe said,

    Kaalvoet, ek wou Dellie nog uittrap oorlat sy sulke vetmaakkos hier publish, maar nou sal ek dit maar maak en aan jou dink terwyl ek dit happie vir happie verorber! 😉

  9. 9

    Dellie said,

    Ag geez, wat gaan aan met die internet vanmore? Ek kan nerens in nie, en my lekker lang comment het ook sopas verdwyn! 😯 Ons probeer maar weer:

    Kaalvoet, processed kaas en strawberry jam klink heel goed as jy nie room kan kry nie.

    Ebie, sit mooi stil vandag hoor, anders kry jy dalk die bynaam “Stinky” 😆

    Demoerin, jy is hopeloos te lui! Dis rerig nie baie PT nie. 😉

    Shame Boendoe, arme Kaalvoet!

  10. 10

    Dis reg, Boendoe….wees maar so 😦
    Ek is so gatvol vir hierdie plastiek goed wat hulle kaas noem, maar ek eet dit tog! Nog steeds beter as GEEN kaas…
    Dankie vir die wat aan my dink hier in rysland 😉 Dis darem nie so erg nie!

  11. 11

    netjane said,

    Lekker! Ek gaan vanaand maak, probeer nou juis om te bak en brou om ontslae te raak van al my meel en goed voor ek huis toe gaan!

  12. 12

    Suz said,

    Dellie

    Dit klink maklik, maar ongelukkig sal dit nie werk vir ‘n vrou wat op ‘n diet is nie. Sjoe my mond water sommer nou vir daardie arbeikonfyt en room.

  13. 13

    Wipneus! said,

    Mmmmm Dankie Dellie…

  14. 14

    netjane said,

    Ek het nog nooit in my lewe vetkoek gemaak of gesien hoe dit maak word nie, maar ek is uitermatig trots op my poging vanaand. Dankie Dellie vir die vetkoek. Dankie Skoor vir die maalvleis.

  15. 15

    Jo-Ann Schou said,

    Dellie, jou doring! Ek soek hoeka een wat werk. Het juis weer die twee engelsmanne hoor brom van “lanklaas bietjie kerriemaalvleis gehad” en “as ouma nog hier was kon ons dalk vetkoek kry”. Ek sal dus maar die week probeer. En die lekkerste…. ek stoor die URL op my sel en voila! soek nie ver vir die resep nie. Ek is op daardie ouderdom waar ek moet neerskryf waar ek goed sit…. en dan verloor ek die boekie!

  16. 16

    lin said,

    Hallo daar
    Dis ekke hier van New Zealand Af – ons het die naweek ‘n Xmas Hui onder in
    Suid Eiland, meestal Maoris – ‘n Hui is ‘n bymekaarkom makietie vir die van
    julle wat nie weet van NZ nie – almal slaap in ‘n saal op krismisbeddens –
    hoop my gesnork hou hulle nie uit die slaap nie! 🙂
    (check Otakou op Google in NZ as julle belangstel)
    Nou ja ek sny liewers my polse af as om te kook maar aangesien ek gevra is
    om ‘n eg Suid Afrikaanse dis te maak, (wie kan jou ma en skoonsuster se
    vetkoek en mince vergeet) gaan ek hierdie resep probeer – en dit beter goed
    wees, ek ken jou email adres. Hulle het ‘n ekwiwalent hier (equavalent)
    genaamd “fried Bread’ maar met niks op nie – bloots – kan jy nou meer!!
    Het hulle al darem aan biltong voorgestel en hulle is nogal danig lief vir
    boerewors, of hulle intepretasie daarvan. Dankie vir die reseppie and gee
    groete so ver as julle gaan.
    Lin

  17. 17

    Anoniem said,

    IS DIT NODIG OM DIE DEEG TE LAT RUIS IN DIE SON OF SLAAN N MENS ALS AN MEKAAR EN BAK IN DIE OLIE DIREK?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: