Nog Worsie foto’s

♪ ♫ Dis reën, dis wind, dis water
♪ ♫ Die son kom eers weer later

Dit reën ou meide met knopkieries van Saterdagaand af. Te lekker. Het gister heeldag DVD’s gekyk, Demoerin se Malva poeding gemaak (yummie!) en net rondgelê. Ook maar goed, want vandag is baie bedrywig hier by my. Dit sluit ook in dat ou Esther nie opgedaag het nie, en die hele huis is in chaos… die kombuis en TV kamer lyk soos ‘n rampgebied! Ek worry mos nie oor skottelgoed op ‘n Sondagaand nie, sy kom mos Maandag in. Gmpf. Sal my leer.

Hier is nog ‘n paar babie foto’s van pootjies, tongetjies en pensies om oor te ooh en te aah. Hoop julle oorleef Maandag, onthou, gryp hom aan die horings en ry hom bloots!

Advertisements

19 Responses so far »

  1. 1

    TristonJ said,

    Ag sweet!! Triston sal hulle opvreet!!

  2. 2

    Emil said,

    Hulle is te oulik vir woorde.

  3. 3

    Paula said,

    Hulle is die mooiste goedjies ooit!
    Hoop dit word gou weer rustig daar by jou.

  4. 4

    meermin said,

    Hulle is pragtig!!! Wens ek kon nou so lè en dux!! Onder ‘n dik warm kombers of twee. Wil vanaand net by die huis kom, kos maak, opruim, bad natuurlik in ‘n stomende warm bad induik, in bed en daar lè en ontdooi, ek is so half pad verkluim hier waar ek sit! Die view van hier af maak mens net nog meer kouer as wat jy is, dit lyk aaklikg buite!! Kan skaars dink, wat nog te sè van tik! My vingers voel skoon dom.

  5. 5

    demoerin said,

    Sweet honne daai!

  6. 6

    Eendjie said,

    Dankie vir die foto’s Dellie. Jou kleinkinders is skatlik. Ma Roxy lyk omtrent soos ‘n uierbok!

  7. 7

    Pikkelik said,

    Dit is sweet, maar lyk hulle maar vir jou ook soos hmmmm… (rotte) nie? Veral as daai ogies nog nie oop is nie…. Dit lyk of Roxy knik op daai een foto!

  8. 8

    boendoe said,

    Esther, o, Esther! Sterkte, Dellie!

  9. 10

    BirgitB said,

    Oooohhhh!! Aaaahhh!! Ag jirretjie tog, ma!!
    /me vee die trane uit haar ogies (het nounet van Parragwaai klaar gelees 😯 LOL!!!)

  10. 11

    Yummy! Hier in Korea eet ons sommer die outjies vir brefkfis…

  11. 12

    Dellie said,

    Bib! 😯

    Maar jy gee my nou ‘n idee vir ‘n oulike foto… 😉

  12. 13

    Wipneus! said,

    Ag hulle is te sweet Dellie…

  13. 14

    Eben said,

    Hoekom is Welkom so ver van Letaba?? Ekke wil ook een he!!!

    Hulle is pragtig Dellie

  14. 15

    Eben said,

    Hoop nie julle sit hulle stertjies af nie !!!! 🙂

    BiB … jy het seker gelees oor die honde-stert storie …. ons liewe regering worry oor die afsit van honde sterte maar nie oor moord en doodslag nie!!!

    Jy (BiB) het nie vir ons so laaste ‘n lekker honde-stert-breddie reseppie uit jou omgewing !! 😉

  15. 16

    Weglekind said,

    Af my moedertjie ma is hulle nie te DIERBAAR nie. Dellie wil jy nie maar een vir my “uitvoer” Kanada toe nie. En BIB skaam vir jou….die enigste eet wat aan daardie potemensies gedoen sal word is opvreet van liefde.

  16. 17

    Hehehe Bib! Hoe lykit met ‘n “dog on a stick vir lunch???

  17. 18

    Krista said,

    Aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaag jitte, ma! Ekke wil ôk ene hê!

  18. 19

    Janine said,

    Ag Dellie, hulle is te cute!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: