Hotdog, anyone?

Julle moet nou maar gewoond raak daaraan dat ek die klein Worsies se foto’s gaan GOOI vir die volgende paar weke. Ek speel so lekker, en kan nie wag dat hulle ogies oopgaan nie.

Dit gaan goed met hulle almal, spekvet gesuip en Ma Roxy lyk ook nie sleg nie. Dis nou nie meer die pensie wat hang nie, dis net tt’s. Dit lyk nogal funny as hulle net klaar gesuip het, al die tt’s aan die eenkant is leeg! Maar almal is happy. ‘n Vreemde ding wat my opval, is dat Spike vreeslik “help” met die babas. Hy klim saam in die mandjie, en as Rox bietjie gaan bene rek, pas hy babas op.

Die geringste geluidjie, en hy is by. Hy ruil selfs doeke! Hehe! Is dit hoe honde dit doen? Ek het nog nooit so ‘n gesinnetjie bymekaar gesien nie, en verkyk my aan hulle spanpoging. Ek dog dis net die ma wat sorg vir die babas.

Die pajamadril is darem nou minder, want Spike het besef daar is nie regtig plek vir hom in die mandjie in die nag nie. Hy lê soms half bo-op die kleintjies, en dan sit hulle behoorlik ‘n keel op. Nou maak hy homself maar toe in sy kombersie langs die mandjie. Ek het ‘n bamboes mandjie ook wat ek vir hom reggesit het, maar hy het my na ‘n nag laat weet dat hy nie daarvan hou nie, deur die kante stukkend te kou. Hy verkies net sy kussing en kombers! Daai blou bondel langs die mandjie, is Spike.

Bib het so gespot dat hulle in Korea klein honkies vir brekfis eet, en toe onthou ek ‘n foto wat ek eintlik al moes geneem het toe hulle net ‘n dag of wat oud was. Hulle groei ongelooflik vinnig! Warm brakkie, enigiemand?

31 Responses so far »

  1. 1

    Paula said,

    Jy kan maar gooi met die fotos! Ek geniet dit vreeslik!
    Dit is te kosbaar om te sien hoe pa ook die kleingoed versorg. (het dit ook nog nooit gesien nie)
    Geniet hulle!

  2. 2

    Koekie said,

    Hoe honger raak ek nou..hehe…

    Dis te oulik Dellie.

  3. 3

    Tersia said,

    Dis te pragtig! Buiten ‘n baba se reuk, is daar niks wat by ‘n baba hondjie se asem kom nie! Ek het hoeka verlede week so geskimp vir weer ‘n honde baba-kind! Geniet hulle!!

  4. 4

    Eendjie said,

    Dellie, “I like your sense of humour!”
    Tog te oulik. 😀

  5. 5

    Zee said,

    Dellie, hulle is darem maar pragtig, en ja…. net jy sou nou so hotdog dingetjie kon uitdink🙂

  6. 6

    Pikkelik said,

    Dis te bleddie oulik….. Whahaha, ek plaas ook maar ‘n bestelling vir een van daai ‘hotdogs’, maar beslis nie om te eet nie!!!

  7. 7

    meermin said,

    AG MA HULLE IS PRAGTIG EN JA HULLE IS SPEKVET!! My baba’tjie word net so vinnig groot, sal die naweek foto’s van haar en al die ander diere neem!!

  8. 8

    Wipneus! said,

    Ek kyk te lekker vir Spike, Rox en die res van die worsfamilie….. Oulike hot dog foto’s 😆

  9. 9

    demoerin said,

    Kom die hot-dogs met blaarslaai en tamatie? Puppies bly darem maar oulik!

  10. 10

    attie said,

    As ek hierdie fotos vir Renate wys soek sy more vir Dawie (Har worsie) ‘n vroutjie. Sal liewers nie.

  11. 11

    Jo-Ann Schou said,

    Dellie,

    gooi maar die foto’s – ons geniet die baba’s net soveel soos jy. Ek dink nogal Roxy is ‘n slim tefie – gewoonlik wil hulle mos niks van die pa weet nie, maar sy weet van “gedeelde las”. Emansipasie?

    Ek is mal oor jou warmbrakfoto’s en gaan die een dagboek oim vir Oupa Henk te wys wanneer hy terug is in Afrika….

  12. 12

    😀

    Dankie vir die hotdog-foto’s! Oulik gedink. Wag…laat ek net gou die tamatiesous en mosterd kry…

  13. 13

    Jislaaik Boer, en ek is nou al so lank lus vir ‘n lekker boereworsrol!!! Ek sal maar veby hou op hierdie “hotdogs”, netnou begin ek blaf!😉

  14. 14

    cleopatra said,

    Hulle is net te pragtig,piepklein.Klink of pappa Spike trots is op sy werpseltjie!!

  15. 15

    Marina said,

    Is dit hoekom mens sê “Ek vreet hulle sommer op”?🙂

  16. 16

    me said,

    Aag fokkit dellie…. so baie cute! 😀

    Nee, manlike honkies help nie met die puppies nie….
    Spikes is besonders! 😎

    Het hulle so swart kleur oor hul ruggies – Spikes se kleur….
    …of, gaan van hulle Spikes se kleur hê ??

    PS: Sorry vir die fokkit (weer ’n keer), dit is maar soos ek ek praat!
    😈

  17. 17

    Dellie said,

    Ag fokkit, dis OK Me!😆

    Ja, hulle lyk almal omtrent dieselfde. Die swart oor die ruggie tot by die punt van die stert, swart oortjies, en sulke “zorro” maskertjies oor die ogies. Omtrent ‘n mix tussen Roxy en Spike se kleure. Rox is net meer rooi as bruin. Ek dink hulle gaan pragtig wees as hulle groot is. Het darem nog so ‘n paar weke oor om te speel.

  18. 18

    Roer said,

    Moeder ma!!!!!!!!!!!

  19. 19

    netjane said,

    Gaan julle nie eers een ou babatjie hou nie?

  20. 21

    Rustig said,

    Jy kan ons maar op hoogte hou. Ek hou van smoor uie en chilisous saam met my hotdog.

  21. 22

    mal oor hullle, mal oor hulle! net absoluut mal oor hulle!!!! ja, gooi my maar met foto’s, ek’s versot op dit.

  22. 23

    Eben said,

    🙂 🙂

    Dellie jou mal ding …. gie gie daardie hondjies op die brood!! Ek let op daar is nie botter gesmeer??

    Dellie, ek reken, as ek so oulike tefie gehad het soos Roxy, sou ek ook so ‘gehelp’ het soos Spike!!😉 Ek kan ek vir die regte een bederf!!

    Ek glo ek skrywe namens ons ALMAL as ek noem, ….. ‘die trane gaan oor jou rol Worsie!” die dag as hulle na nuwe Base uitgeplaas word …. geniet elke oomblik en hou aan foto’s plaas.

  23. 24

    Hulle is te cute! My reuntjie is `n baie besonderse kleur vir `n worsie, `n donker bruin soos donker chocolate. Het al baie gewonder of sy ma dalk bruin was en sy pa swart, soos joune. Of miskien is dit donker kleur net baie skaars – ek het self nog net een ander soos hy gesien. Ai..nou soek ek `n derde wors!

  24. 25

    neykie said,

    ek sal ‘n worsbroodjie koop- kanie die brood eet nie maar sal die hondjie grootmaak?

  25. 26

    CLAZINE said,

    Hi Dels,

    Gedink ek het van die aardbol af verdwyn?? Nee wat, net lekker lang verlof gehad en voor die tyd nie juis lus gewees vir blog nie en nog tot onlangs. Maar nou ja, toe ek weer begin lees van jou worsies, het die lus my weer beetgepak en ek het net weereens besef, hoe moerse nice en liefdevolle mensie jy is! Dankie daarvoor.

    My ou dogtertjie hond het intussen ook na die hondehemel gegaan en kan dit nog steeds nie verwerk nie. Ons gaan maar moeilik daardeur. So gooi daai foto’s ek geniet jou “huisgesinnetjie” se manewales terdeë.

    Groete uit die “ou Wes Transvaal”

  26. 27

    Dellie said,

    Zee, ek sal aan daai huiswerk werk die naweek. Weet nie hoe suksesvol die ekspedisie gaan wees nie, maar ek sal try!😉

    Eish ja Ebie, daar gaan seker ‘n paar traantjies rol…😦

    Clazine! So lekker om jou weer raak te lees! Ek HET gewonder wat van jou geword het, want ek kon die afgelope tyd jou voetspoortjies nerens vind nie.

    Jammer om te hoor van jou hondekind. Hoop jou hart voel gou beter.😥 ((Clazine))

    Ai julle, dit was ‘n laaang dag. Eventfull. Ek vertel julle more, vanaand het ons eers iets om te gaan vier!😉

  27. 28

    demoerin said,

    En elke keer raak ek bly, want ek vergeet dit gaan nie oor kos nie! Hoop nie jy het ‘n kloppende hoof na die feesvieringe nie!

  28. 29

    Weglekind said,

    Kan ek asb. 4 hotdogs kry sonder die brood….Hulle is te dierbaar.

  29. 30

    Sonia said,

    Ag is hulle nie fraai nie!
    Baie oulike inskrywing, dankie vir die skakel hiernatoe.
    Ons het ook ‘n Worsie met die naam Roxy gehad, hoe funny is dit?
    Worshonde is baie spesiaal, het ek gevind. Meer persoonlikheid aan hulle as jou deursnee-brak!

  30. 31

    Johan said,

    Julle baba kinders is mooi! net n handige wenk. Koop n opblaas swembad as hulle bietjie woelig begin raak en dit is maklik om buite af te spuit as die gemors n bietjie te veel raak.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: