D-dag

Gister was d-dag vir ons Blou Oog vriendin. Divorce day. Jip, dis verby. Sy is nou amptelik ‘n loslappie!

Ons het vroeg gery om teen half agt in Bloemfontein te wees. Die hofsaal was vreeslik vol, want daar was nege nuwe prokureurs wat op die rol geplaas is. Ses dames en drie mans. Nogal interessant om die verrigtinge dop te hou.

Teen die tyd dat dit verby was, is ander sake aangehoor, en eers na 12 die skeisake. Vriendin was nommer 58. Teen daardie tyd het haar senuwees al aan een lang flenter gehang. Hoe nader dit aan haar beurt gekom het, hoe stywer het sy my arm vasgeklou. So styf dat ek haar benoude hart kon voel klop. Arme ding.

Toe dit uiteindelik haar beurt is, is die Gesins Advokaat missing in action. Haar saak word toe terug gehou, sodat me Gesins Advokaat eers gevind kan word. Daar is een of ander kwessie rondom die besoekregte van die kinders se pa, wat opgelos moet word. Toe panic vriendin eers! Maar gelukkig is dit uitgesorteer, en die sakie toe afgehandel, alhoewel sy tot heel laaste moes wag.

Die Regter is toe ook ‘n man met ‘n fyn sin vir humor, en ek het ‘n paar keer lekker gegiggel vir hom. Vriendin se huweliksertifikaat is in ‘n vreeslike toestand. Dis al so effens versnipper en geplak met kleeflint. Toe die Regter dit in sy hande neem, merk hy so droog op dat die toestand van die huweliksertifikaat seker die toestand van die huwelik weerspieël. En dit is nogal in die kol!

Omdat my senuwees nou nie so heeltemal op hol was nie, kon ek darem so ‘n paar ander dinge ook om my waarneem. ‘n Ou tannie van 65 het haar man van net oor die 70 geskei. Hulle is in 1961 getroud. Die tannie het heeltyd voor ons gesit, maar ek het regtig nie verwag dat sy daar is om te skei nie! En sy loop met ‘n kierie, baie moeilik. Maar haar saak was nogal snaaks:

Eers was daar vir omtrent 5 minute ‘n gesprek tussen haar en die Regter om te bepaal of sy in Afrikaans of Engels wil getuig. Sy antwoord hom in Engels dat sy in Afrikaans sal getuig. Hoe meer hy vir haar probeer verduidelik dat dit haar reg is om in Engels te getuig, hoe meer dring sy op Afrikaans aan, want sy praat dan al vir 45 jaar Afrikaans!

Advokaat: Kan u asseblief aan die hof die vernaamste redes noem vir die verbrokkeling van u huwelik?

Tannie: My man stel nie meer belang in ons huwelik nie. Hy het a 70 year itch gekry.

Regter: (Met ‘n grin) Nou waar het hy begin jeuk, mevrou?

Tannie: (Lag) Hy het by ‘n ander vrou begin kuier.

Regter: Het sy gekrap waar hy gejeuk het?

Tannie: Nie net sy nie, daar was twee!

Teen die tyd was almal in die hofsaal aan die giggel. Die arme ou tannie ook. Sy is nou ook geskei. Dis eintlik sad. Na al die jare kry die ou man toe ‘n itch wat sy nie kan krap nie.

Links agter ons het twee mans styf teen mekaar gesit. Liefie het hulle vroeër opgemerk en gespot dat hulle seker ook gaan skei. Hy was toe in die kol. Die twee is in Desember 2007 getroud (burgerlik verbind, het die hof dit genoem), maar intussen het die een aan die drink gegaan en die ander ene emosioneel en fisies begin mishandel. Tog sit hulle styf teen mekaar in die bank. Weird.

Toe ons uitloop, merk ek op dat ek hoop nie een van ons hoef weer die binnekant van daardie hofsaal te sien nie. “Nee,” reken Liefie, “ek hoop ook nie so nie. Tensy ek natuurlik ‘n 70 year itch ontwikkel… “

Gisteraand het ons toe vir vriendin en die kinders Spur toe gevat. Die twee kleintjies het dit behoorlik geniet. Kon nie genoeg gespring en gespeel kry nie. Ek dink hulle het morsdood geslaap gisteraand.

Vriendin was nou nie rerig in ‘n party mood nie, ons het maar so ‘n paar glasies wyn gedrink en ietsie geëet. Liefie het toe die ideale manier gekry om haar op te cheer. Hy het vir die kelner vertel dis haar verjaarsdag, want reken hy, dit is mos die begin van ‘n nuwe lewe vir haar. Ek dink dit was ‘n sweet gedagte. Toe sy haar oë uitvee kry sy ‘n sparkler en alles wat saam met Spur se gelukwensings kom! Hehe, sy kon nie help om te lag nie. Mooi foto geneem wat sy kan bêre om die dag te onthou.

Nou is dit ook gedoen. Ek weet die moeilike deel kom nou eers. Ons sal nogsteeds hier wees vir haar. En dankie vir al julle ouens wat ondersteuning gebied het die afgelope paar maande. Sy waardeer dit vreeslik.

Julle moet lekker naweek hou, ek sal Maandag Zee se huiswerk gereed hê.

21 Responses so far »

  1. 1

    Kokkewiet said,

    Sjoe Dellie, sê baie sterkte vir jou vriendin. Omdat ek reeds daardeur is, kan ek sê dat dit ‘n moeilike pad is om te loop, maar met ‘n vriendin soos jy sal dit baie makliker gaan.

    Ek hoop sy gun haarself die tyd om deur die rouproses te werk. Dit word beter, ek belowe.

    Baie sterkte van nog ‘n geskeide mamma!!

  2. 2

    CLAZINE said,

    More sê Dels en al die bloggers,

    ‘n Heerlike koel daggie hier in die “ou Wes Transvaal”.

    Dis so toevallig, toe ek vanoggend lees van julle “d-dag”! Hier by ons vanoggend nie minder as 5 egskeidings wat Hof toe gaan nie! Almal vroue. (en word daar natuurlik lekker gespot met ” hoe hulle “voëlvry” verklaar gaan word! Ai, die arme mensdom tog.

    Lekker naweek vir almal en geniet die worsies en hulle manewales!

  3. 3

    Blue Eye said,

    Môre Vriendin en al haar blog maatjies

    Ek weet nie hoeveelkeer ek nog gaan dankie sê nie, vir die res van ons se lewens gaan ek dankbaar wees vir dit wat Jy en Liefie vir my en die kids gedoen het. Dis seer en voel snaaks, om te dink ek het nie meer ñ man nie, voëlvry soos Clazine sê. nou kan ons ñ nuwe blaadjie om blaai, en aangaan met ons lewe. Dankie vir julle almal se ondersteuning.
    Vriendin julle moet julle naweek geniet,ek gaan (rus).

  4. 4

    Pikkelik said,

    ((((Blue Eyes)))) Ek dink jy is nou oor die hond se stert. Sterk staan en vat maar so een dag op ‘n slag. En as dit te moeilik is vat jy maar net so een uur op ‘n slag. JY SAL sterker anderkant uitkom! Dankie vir alles wat jy vir BE doen Dellie-ding. Met ‘n vriendin soos jy sal mens seker berge kan versit!

  5. 5

    Zee said,

    Dellie, dis darem wonderlik van jou en Liefie om so by Blue Eye te staan! Ja, ek hoop ook dat ek nooit daardeur hoef te gaan nie.

    Blue Eye, ek hoop dat daar nou net baie voorspoed vir jou en die kinders vorentoe sal wees!!!!

  6. 6

    CLAZINE said,

    Blue Eye,

    Ek voel saam met jou. Ek kyk na die hartseer oë as alles verby is en die ongeloof en ook die vraag, hoe kon dit met my gebeur waar het dit verkeerd geloop? Maar glo my, ‘n paar jaar van hier af gaan jy sien hoe “gesond” jy en jou kindertjies geword het, en dan nie kan glo dat jy dit nie lankal gedoen het nie (dit is die “bright” kant van ‘n egskeiding) is die “gesond word proses”.

    Nogmaals baie sterkte, kyk vorentoe en hou jou oë gefokus op Hom.

  7. 7

    Adrie said,

    Baie sterkte aan almal betrokke.

  8. 8

    meermin said,

    Baie sterkte, ek weet wat so skei saak uit mens uit wurg!! Ek is die 7de Desember 2000 geskei amper ‘n jaar nadat ek my eks gelos het!! Ek was maar net so senuwee wrak gewees!! Sterkte jy!!

  9. 9

    costello said,

    Ek het ook die egskeiding ding gedoen- glad nie fun nie. Dis soos operasies- jy kan maar grappies maak, maar die pasient is gewoonlik nie in ‘n humoristiese bui nie.- Mooi storie, ek het lekker gelees

  10. 10

    demoerin said,

    Jy blyk ‘n vriendin duisend te wees!

  11. 11

    Adrie said,

    Hey ja

    Ek het my doodgelag vir al die ander klein dramatjies in die hof.

  12. 12

    Eben said,

    Dellie ek glo dit moet wonderlik wees om ‘n vriendin soos jy te kan he en vriend soos Wessie!!

    Ja, nou kan sy aangaan met haar lewe en voluit gaan!! Hoe se jy altyd, ” … ry hom hoe?? ” 🙂

  13. 13

    Paula said,

    Sterkte vir almal betrokke!
    Ek kan nie dink dat dit ‘n maklike proses is nie. Ek dank die Vader dat ek nog nie daardeur is nie. Mag dit so bly!

  14. 14

    netjane said,

    Ek’s bly alles het “goed” afgeloop. Dis nogal lekker om die dag in die hof te wees as die Regter ‘n sin vir humor het. In JHB hof is daar so een of twee ou Joodse Regters wat ‘n ding darem kan sê dat die hele hof lê soos hulle lag…

  15. 15

    boendoe said,

    Dit was gou! Ek is bly dat dit nie ‘n maandelange storie was nie. Blou Oog, jy gaan nog bietjie swaar kry, maar volgende jaar hierdie tyd gaan jy ‘n ander mens wees! Baie sterkte!

    En ou Dellie, jy en Liefie is sterretjies!

  16. 16

    Jo-Ann Schou said,

    Ek het die 27ste 23 jaar van vryheid gevier. (OK, ek is ‘n paar jaar later weer getroud…. maar dit was darem heel anders!)

    Wou net sê swartwoudkoek en lekker sterk koffie by ‘n intieme plekkie naby die Kaapse Hooggeregshof het vir my gehelp. Dit is seker hoekom ek so lus raak vir daardie koek as dit begin reën. Ek en oupa Les, wat saam met my hof toe was, mioes vir die reën koes toe ons uit die hof kom. Ek het darem nie lank gewag nie – was sommer 6de op die rol daardie dag. Dit bly egter ‘n hartseer en senutergende ding om deur te gaan. Veral as mens nog so jonk is en ‘n klein kindjie in die gedrang is. En my regter en advokaat het “severe humour failure” gehad.

    ‘n Mens voel jy het gefaal, maar dit is die opstaan uit die as wat eintlik tel. Hoe jy daarin slaag en wat jy met jou tweede kans doen, is al wat saakmaak. Mens kan sekere goed net nie regmaak nie. It is best forgotten…..

  17. 17

    cleopatra said,

    Dellie,jou Blou Oog vriendin is gelukkig om mense soos julle te he wat haar so bystaan.Ek is 18 jaar terug daardeur en onthou die dag soos gister.Ek was stoksielalleen en het met die bus hof toe en terug gery.Dit bly maar n moeilike ding om deur te gaan,n groot aanpassing!

  18. 18

    Wipneus! said,

    Dellie, ek is bly die storie is verby.
    Julle was baie goed vir haar, vriende duisend.
    Sterkte vir “blou-oog” op die pad vorentoe.

  19. 19

    TristonJ said,

    Ai daai af wag in die hof is nooit lekker! Die dag toe ek daar staan en hulle vra vir die rede vir my egskeiding het ek mooi duidelik gese my man ly aan genderdisphoria en wil n vrou word… die gons in die saal het stil geword en almal se monde het oop gehang, my arme verteenwoordiger het heel duidelik nie die papiere voor hom gelees… die sluk toe nou heel rooi in die gesig en se in n sagte stem “ons sal maar nie uit brei daar op nie!” ek wou aan te lag gaan!!

    ek is bly jy was daar vir haar… ek dink nie ek sou dit deur die dag gemaak het as my ma en DM nie daar was saam met my nie!

  20. 20

    Roer said,

    Dankie tog Blou Oog het nie wakker geskrik na sy haar lewe opgeoffer het vir die huwelik nie. Soos die arme tannie wat al 70 jaar lank getroud was. Ek raak sommer dewetter in! Nou kan Omie sy wild oats gaan rond saai en die arme ou tannie loop met ‘n kierie en kan beslis nie oor begin nie.

  21. 21

    BB said,

    Baie baie sterkte vir jou Blou Oog Vriendin!! My vriendin het destyds vir my ‘n teddiebeer gekoop na my egskeiding (‘n sleeping partner) – daai teddie het vir my deur die jare baie kosbaar geword.
    Jy en jou Liefie is sowaar wonderlike vriende!
    Ek voel amper jammerder vir die ou oom as vir die tannie – hy weet nog nie wat hom gaan tref nie… en as dit tref gaan dit heel waarskynlik te laat wees.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: