Soen-soen?

My Liefie het gisteraand sy snor afgeskeer. Hy lyk heel vreemd vir my. Ek onthou die eerste keer toe hy dit gedoen het – ek wou my doodgiggel as hy net naby my kom, en van soen en vasdruk was daar nie sprake nie! Dit was ‘n gerondhollery en skaterlag voordat hy my uiteindelik in ‘n greep kon beetkry. Ek het hom leer ken met ‘n snor, en skielik het hy soos ‘n ander man gelyk. En soos ‘n ander man gesoen! Gevoel of ek besig is om te cheat… hehe!

Soen met of sonder ‘n snor? Watter een verkies jy?

Wel, ek het weer ‘n nuwe snorlose lover, and I like it…

Foto bron

37 Responses so far »

  1. 1

    demoerin said,

    Ek verkies dit as die girl nie ‘n snor het nie, maar dit mag dalk net persoonlike voorkeur wees.

  2. 2

    Dellie said,

    Whahaha! Ek het gewag vir jou…😆

  3. 3

    Zee said,

    lol @ demoerin

    Dellie, ek verkies maar die snorlose Liefie, hy probeer maar so nou en dan ‘n snor inglip maar dan loose hy maar uit…. en woerts warts, weg is die snor!

  4. 4

    Zee said,

    Dellie, ek het weer 2 nuwe gadgets ontdek, gaan loer daar by my!

  5. 5

    Hahaha! Ek like ook nie die snor en baard nie, maar dis seker ook nou nie die einde van die wereld nie! Ek onthou toe my pa so paar jaar terug sy snor afgeskeer het…ek het my doodgelag omdat ek hom nog nooit daarsonder gesien het nie!!!

  6. 6

    Pikkelik said,

    Met ‘n snor beslis, ek soen g’n vreemde mans nie!!!!!!!!! 😆 😆

  7. 7

    Wipneus! said,

    My teddie het ‘n snor. (Ek het nie ‘n snor nie) 😆
    Maar ek gril vreeslik as hy nie geskeer het en sy ongeskeerde gesig, teen myne skuur…. Dis eindelik meer seer as grillerig. Dit gee ‘n vreeslike gestoei af……en hy geniet hierdie “abusement” vreeslik.

  8. 8

    boendoe said,

    Ja, ‘n soen met ‘n snor klink grim! Ek het nog nooit ‘n man met ‘n snor gesoen nie, en ek hoop ek hoef ook nooit dit te doen nie!

  9. 9

    sonneblomseplekkie said,

    Snor…en baard… 😉

  10. 10

    Dellie said,

    Kyk, daar is niks fout met ‘n snor nie. Soen met ‘n snor is nie grillerig nie! Ek is so gewoond aan Liefie met ‘n snor, hy het al ‘n baardjie ook gehad, maar die lippie wat nou vir my loer lyk vreeslik aanloklik…😉

  11. 11

    Adrie said,

    😳 Soen . . . . hmmm . . . . geen kommentaar. Maar baardstoppels (dag oud) krap lekker in die nek.

  12. 12

    Emil said,

    Demoerin het my voorgespring! Ek het ook nog nooit iemand met ‘n snor gesoen nie. Ek verstaan van my vrou ek soen beter gladgeskeer. Ek kan dan net aflei sonder snor is die voorkeur. Maar na lang jare se karfoefel, kom ‘n mens die verskil agter?

  13. 13

    Dellie said,

    Ja Emil, natuurlik kom mens die verskil agter!😯 Selfs in die donker…

  14. 14

    meermin said,

    DELLIE met ‘ snor sonder ‘n snor solank die man net kan soen!! Solank die man net nie ‘n weglè snor het wat so krul en krul tussen sy lippe nie is die saak seker maar reg! Hie hie dit laat my mos nou dink aan PLATKUIF wat eenkeer gecomment het van hy soen soos ‘n donkie of tog so iets!! Wonder of die man nou al geleer soen het?? PLATKUIF jammer ek moes jou so bietjie GO!! Wil nog steeds weet hoe soen ‘n donkie?? As ek net dink aan ‘n donkie se lippe gril ek so dat my tone krul!

  15. 15

    maeree said,

    die hoof van die huis en baard en snor. ek verkies ongetwyfeld skoon geskeerde gesig – snor krap en is grillerig. maar hy lyk beter met die baard as daarsonder. conundrum.

  16. 16

    Eben said,

    Sorry, maar ek sal nie weet nie😉

  17. 17

    Dellie said,

    Hehe Meermin!😆

    Ek onthou daai kwessie van Platkuif wat soen soos ‘n donkie! Wonner nou ook of hy intussen geleer het? Hy het mos toe sy date met Marié in die Daspoort tonnel misgeloop of misgedrink of iets. Sou sy hom nie geleer het nie? Whahaha, dit was funny!😆

    Ek stem ook nie vir ‘n TE woeste snor nie. Soos jy dit beskryf, wil ek al klaar weghol!😉

  18. 18

    sonkind said,

    As ek die Liefie soen – met ‘n snor, beslis en definitief. Ander mans – soos groetsoen, sonder snor, en vroue beslis ook SONDER snor!

  19. 19

    demoerin said,

    Mmmm, loer net in vir enige tips hier….ek het altyd gedink ongeskeer gaan dalk sorg vir baard-burns of so iets….of so hoor ek.

  20. 20

    costello said,

    Ek verkies ook om iemand te soen wat baard- en snorloos is.hehe

  21. 21

    boendoe said,

    Haha, Dellie en Sonkind! Julle soen seker nie soos in die moewies nie! Net sulke toe-bekkie piksoentjies. Anders sou daai hare in jou mond jou al lankal afgesit het! Uggghh! En imagine net wat sit alles op daai hare vas….lawe my, girls, lawe my….

  22. 22

    Dellie said,

    Watwou Boendoe! Natuurlik soen ons soos in die moewies!😯

    Liefie se snor was altyd silwerskoon en mooi kort getrim. Dit hang nie tot op sy onderlip en dra padkos van ontbyt saam nie!😆

    Ander mans soos vriende en familie met snorre kry natuurlik net piksoentjies met stywe lippies.😉

  23. 23

    Dalean said,

    ‘n Snor is vol kieme! Sies 😦
    😉

  24. 24

    maxie said,

    Definitief ‘n skoongeskeerde man. Kon nog nooit ‘n man met ‘n snor soen nie.

  25. 25

    KruidjieRoerMyNie said,

    Ek het nie ‘n pyn daarmee nie. Met of sonder. Solank dit skoon is.

  26. 26

    alta said,

    Dellie, jy is Getag!

  27. 27

    netjane said,

    Toe ek vir Liefie ontmoet het, het hy ‘n snor gehad. Ons was net vriende, maar ek het myself voorgeneem ek sal hom nie soen terwyl hy ‘n snor het nie (mens maak darem snaakse reëls vir jouself). In elk geval, een naweek gaan kuier hy by sy ma in Kaapstad en kom skoongeskeer terug. Ek gaan aan die giggel, natuurlik nie oor die snor wat afgeskeer is nie, maar oor die “if you only knew” gedagtes wat toe deur my kop gaan…

    Ek het hom verbied om ooit weer ‘n snor te groei – ek hou te veel van hoe sy lippe lyk.😉

  28. 28

    BB said,

    Om ‘n man met ‘n snor te soen is soos om oorblyfsels van brekvis en braai en dop en chop readily at your disposal te hê *YUCK*😆

  29. 29

    Paula said,

    Ek en manlief ken mekaar al 22 jaar en ek het hom nog nooit ooit sonder ‘n snor gesien nie. Ek ken dus nie ‘n snorlose soen nie🙂

  30. 30

    Suzanne said,

    My man het ‘n snor, my pa het ‘n snor, baie vriende wat ek soengroet het ‘n snor, dit het nog nooit gepla nie…

  31. 31

    Skoor said,

    Oe jinne. Jy se julle is alleen tuis, of is daar darem meer as twee onder daai dak? Ek sien moeilikheid nadersluip!

  32. 32

    Dellie said,

    Stok-siel-alleen net die twee van ons, Skoor!😳😆

  33. 33

    Krista said,

    My lyfie se snor lyk so oulik! Ek het eers niks van baard en snor gehou nie, maar nou is ek mal daaroor!

  34. 34

    Blixer said,

    Skoon geskeer met net so titseltjie naskeer middel.

  35. 35

    demoerin said,

    So bly ons het aanbeweeg na ‘n nuwe post toe, elke keer as ek hier oopgemaak het het ek een van daai bearded sirkus-tannies voor my gesien met sulke pruil-lippies….yak..yak..kots…kots…

  36. 36

    platkuif said,

    howzit Dellie!
    moet bieg, ek laaik om die girls sonder snor te soen😉

  37. 37

    Corli van der Merwe said,

    Hehe…interessante onderwerp hierdie en die girls kan lekker stry daaroor. Sonder `n snor vir my asseblief en sommer gladgeskeer ook. Veral die dagoue stokkels is dodelik vir `n girl se vel! En as ek `n man sien met `n snor watse punte sommer so lekker opkrul wil ek kraai van die lag! So Captain Hook-style!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: