Dis ver!

Gistermiddag kom Seun se pel se sussie hier aan, baie bekommerd, want hulle het lanklaas van M gehoor. En sy kry hom nie gekontak nie, sy foon is af. Sy het ongeveer drie weke terug met hom gepraat terwyl hulle vier uur in die oggend in ‘n tornado shelter was, gereed vir die touchdown vyf uur. Genade, ek het nie eens daarvan geweet nie! Ons het die naweek toe die hondjies gebore is, met Seun gepraat, maar hy het nie ‘n woord oor tornado’s gesê nie!

M se Ouma hanteer die ding maar moeilik. Sy ouers is lank terug oorlede (ek dink in ‘n motorongeluk) en sy is baie erg oor hom. Eintlik is hy maar redelik “never mind”, want sodra hy 21 word, is hy oor en oor ‘n miljoener. Sy ouers het goed voorsiening gemaak vir hom en sy sussie. Dus is hy nou nie eintlik in die VSA om te werk nie, meer om te jol. M maak blykbaar ook nie baie gereeld kontak nie. So ‘n rukkie terug was Ouma in ‘n toestand, want sy het ‘n program op TV gesien oor jong outjies wat in die VSA in ‘n tronk sit, en die ene lyk toe vir haar net soos M! Siestog! Gelukkig het ek ‘n week tervore ‘n foto van hulle gekry, en kon haar oortuig dat hy OK is.

In elk geval, ek belowe toe vir sussie dat ons na ses vir Seun sal bel, en sekermaak alles is reg. Maar ons kom nie deur nie. Kry net iets van “subscriber not available.”

Toe ek later my rekenaar wou afsit, is daar sowaar e-mail van Seun af! Ek was uit my vel uit. Praat van telepatie… hy kon seker aanvoel ek worry oor hom! Hulle is tans in Brandon, Manitoba, Canada. Hy kan ongelukkig nie vir my foto’s stuur nie, die internet kafee wil nie hê hy moet download van sy kamera af nie. Hulle gaan binnekort Winnepeg toe, en hy sal maar weer daar probeer. Hulle selfone werk ook nie in Canada nie, dus sal e-mail maar die medium van kommunikasie wees vir nou.

Ai, ons verlang vreeslik na hom. Sommige dae meer as ander. Soms as ek kosmaak, dan dink ek, “hey, Seun sou hiervan gehou het.” En ek mis sy drukkies! Hy is ‘n baie liefdevolle mens. Dit was nie snaaks vir hom om my minstens twee keer per dag, hier in die sentrum voor al die studente, toe te vou in ‘n velcro-drukkie met die woorde “ag Moekie, ek is so lief vir jou!” nie. Die afgelope twee maande is die huis so stil. Geen harde musiek nie, geen geroesemoes van stemme nie, geen voetstappe en gelag nie. Ons huis het altyd gelewe saam met hom en sy vriende. Nou is dit net ek en Liefie. En November lê nog ver…😦

Ek het toe sommer so bietjie gaan Google oor Brandon, sodat ons darem ‘n idee kan kry waar dit is, hoe dit lyk, en wat daar aangaan. Dan voel ek darem so bietjie nader aan hom.

Brandon

Population – approximately 42,242.

Brief history – In May of 1881, General Thomas Rosser chose a location for a major divisional point of the Canadian Pacific Railway and named this new townsite “Brandon”. The name Brandon is derived from the Blue Hills of Brandon and they, in turn, had received the name second hand from a Hudson’s Bay trading post known as Brandon House – which in turn had been named after a hill on an island in James Bay where Capt. James had moored his ship in the winter of 1631. With that, hundreds flocked to Brandon to gain a foothold in the new development and reap the benefits of the rich and abundant farmland. They came quickly and before they could put up permanent structures, new habitants arrived and pitched their tents, sure to be charter participants in the new West. Brandon grew so rapidly that it never attained the status of village nor a town, but became a city overnight. Brandon was officially incorporated as a city on May 30th, 1882.

Brandon has been nicknamed the “Wheat City” in honor of its rich agricultural heritage and reputation as a prosperous farming community. It is situated in the southwest corner of the province of Manitoba and is the second largest city in Manitoba. Brandon covers an area of 43 square kilometers and its official population according to the 1996 Census is 39,175. However, its trading area population is estimated at 180,000.

Brandon is the little city with the big heart and has twice been voted one of the top ten cities in Canada in which to live by Chatelaine magazine and is a progressive community with a quality of life that must ve experienced to be appreciated.

Brandon City Hall

University

Brandon Skyline

OK, einde van die Aardrykskunde les. Wie van julle het kinders/vriende/familie wat oorsee werk of bly? Waar en vir hoe lank? En die belangrikste: hoe op aarde maak jy die verlange beter???

Artikel

Foto’s

18 Responses so far »

  1. 1

    Eben said,

    Toe ek jou laaste sin/paragraaf lees, toe besef ek dat jy baie baie verlang. Ek wens ek kon raad gee …. of sommer net nonses skrywe om dit te verlig.

    Maar aan die aankant, dink ook aan manlief, ek glo hy verlang ook na sy groot Seun ….. Maar ja, soos in die begin gese, glo ek julle gaan soveel laggies en grappies he om te deel as Seun eers terug is, dat jy ons skoon gaan vergeet, maar met reg ook.

    Sterkte daar vir jou en groot Wessie

  2. 2

    Pikkelik said,

    Ek wil nou nie oor-optimisties of gaan dit nou pessimisties wees nie, maar WOW hy sien die ongelooflikste plekke!!! Wat ‘n ervaring?! Ek is oortuig daarvan hy verlang net so na julle, jou ma se huis bly maar vir altyd jou huis! En as dit goed gaan en hy is gelukkig, het kos, klere en slaapplek dan is dit mos orraait?! Maar sterkte vir julle, dit moet damn swaar wees. Nog net vyf ou maandjies…

  3. 3

    Zee said,

    Dellie, bly om te hoor seun is veilig. Ja, die verlange gaan nie weg nie, nê! Ai, weet jy, ek sou darem myself wat wou gee om so ‘n ervaring te kon meemaak toe ek net uit die skool gekom het.

    My mams se broer bly nou al seker amper 30 jaar in Amerika, en ja, ‘n mens verlang darem maar verskriklik. Ek het hoekda vandag al hulle “web pages” op my blogrol gaan sit sodat ek darem so nou en dan daar kan loer. Gelukkig kan my oom hulle dit bekostig om darem een keer ‘n jaar vir ons te kom kuier. Ek weet net dat moeder hom vreeslik mis en hy bel sy 3 susters darem gereeld. Maar dis darem nie dieselfde as die persoon in vlees nie!

  4. 4

    Paula said,

    Ek het gelukkig nie naaste familie wat oorsee woon nie. Ek weet nie hoe sal ek dit hanteer nie … ek dink ek sal te veel verlang!

    Die tyd vlieg gelukkig vinnig! Sterkte vir jou!

  5. 5

    netjane said,

    Ek het familie wat oorsee woon.😉

    Die verlang is erg, dit word nie minder nie, maar soos jy weet gaan jou dag tot dag take maar aan. Dis moeilik om elke klein storie en detail weer oor te dra en so is daar maar gapings tussen die twee partye se lewens, maar die band bly daar, moenie bekommer nie!

  6. 6

    Emil said,

    Ons het ook familie oorsee.

    My skoonsuster en haar man is nou permanent in Kanada (Calgary). My ander skoonsuster is nou net uit Australië hier, en al weer oppad na die VSA, Tucson, Texas.

    Dan is daar ‘n oom in Nederland, ‘n broer in die Bahamas (werk nogals vir die Adidas-familie) en ‘n suster in Wes-Indië. Ons hou maar kontak deur SMS’e, e-pos, skype en poskaarte, en die af-en-toe besoek.

    My skoonouers is moer doer in die verte in Namibië en Robert laat my nou die dag weet hy wil Midde-Ooste toe😉

    Ons leef inderdaad in ‘n globale samelewing.

  7. 7

    Wipneus! said,

    Ek het baie familie en vriende oorsee. Hulle vertel my die verlange gaan nooit weg nie.

    Nie meer lank nie Dellie… maar nou ja vir ‘n ma voel ‘n dag soos ‘n maand😆

    Lekker aand

  8. 8

    Von said,

    Ons het familie in Holland en Griekeland en vriende in Nieu Zeeland. Ons is eintlik werklik gelukkig om al ons kinders redelik onder ons neuse te he, al sien ons hulle nie so baie nie. Ek glo die verlange is iets ysliks om te ervaar. Gelukkig gaan die tyd gou verby en sal jy dit skaars kan glo as die wedersiens gebeur. Sterkte met die verlang – ek dink aan jou.

  9. 9

    Rustig said,

    Dit is nie so eenvoudig en “glamorous” om oorsee te bly soos wat mense dink nie. Kan maar kwaai trek soms veral as mense siek raak.

  10. 10

    costello said,

    Net die een kind Dellie?- dan is die verlange altyd groter.

  11. 11

    boendoe said,

    Nee wat, daardie verlange is onbehandelbaar. Ek mis my man baie. Lewe nou net vir Julie wanneer hy vir twee weke huistoe kom.
    Maar ek is bly dit gaan goed met jou bloedjie, Dellie. Ek het juis vanaand tydens 7e Laan gesit en wonder hoe gaan dit met hom, en voila! hier het jy kom verslag doen!

  12. 12

    demoerin said,

    Ni familie nie, ek is seker gelukkig, maar wel 2 van my beste vriende. Monie ophou met die Aardrykskunde lesse nie! I like….ek is nou maar een maal ‘n feit-vraat!

  13. 13

    Marina said,

    (((D)))
    My broer was nou vir 5 maande in die UK. Hy kom Julie sak en pak terug. Hy mis ons en ons mis hom te veel. En die ergste is hy het ‘n wondelike pos in Kerngeneeskunde daar gehad. Verlange is ‘n baie moeilike ding!!!

  14. 14

    Lindy aka Hexi said,

    DELLIE!!!!!!
    Ek werk weer en my nuwe epos adres is marne@bedc.co.za .
    Hexi aka lindy

  15. 15

    Emil said,

    Gisteraand met die skoonsuster in Kanada geskype! Behalwe vir so ‘n hier-en-daar onderbrekinkie was dit asof sy op die draai van ons is. Ek dink tegnologie hou mense tog “nabye” mekaar – maar niks klop persoonlike kontak nie.

  16. 16

    Tersia said,

    Sterkte Dellie!

  17. 17

    TristonJ said,

    ai Dellie, sterkte! november voel net so ver, dis om die draai, een van die dae kry jy n velcro drukkie wat skrik vir niks nie!

  18. 18

    Spoooook said,

    Hey, dis darrem al Junie, November le net om die draai.
    Het nie self mense na aan my wat so ver oor die waters is nie, maar dit moet maar taai wees.

    Troos jou daaraan… dit kon erger gewees het.
    Dankie tog vir tegnologie! Daarsonder sou jy elke dag by die posbus gestaan en wag het vir die man op sy fiets en hoop het dat daar tog net ‘n ou ietsietjie vir jou van ver af is…😉

    Nou’s dit so maklik soos druk ‘n paar knoppies. Waardeur dit en geniet dit.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: