Spring!

Niemand na aan my het nog ooit selfmoord gepleeg, of probeer pleeg nie. Ek sukkel om myself in die skoene te probeer plaas van die ou wat selfmoord pleeg, EN die wat agterbly.

Dit moeilik om te probeer verstaan wat iemand sover dryf. Ekself was nog nooit so moedeloos nie. Dit moet verskriklik wees om absoluut geen ander uitweg te sien as om jouself om die lewe te bring nie. Hoe donker moet jou gemoed nie wees nie! Baie mense dink dit is die toppunt van lafhartigheid, want jy verwyder jouself en los die probleem vir ander om op te los. Ander reken weer dit moet vreeslik baie moed verg om werklik tot so ‘n stap oor te gaan.

Ek dink dit is selfsugtig. Dit moet geweldig traumaties wees vir die mense wat agterbly. Veral as hulle nie regtig wees wat die oorsaak was nie, wat die rede was nie. En hulle moet die gemors opruim.

In elk geval, dit is net my opinie. Wat ek eintlik wil vertel, is die volgende storie:

N en M ken mekaar al ‘n paar jaar. Nadat hulle verloof geraak het, trek hulle saam in ‘n woonstel in. Op die eerste verdieping. Die balkon is toegebou om te dien as ‘n ekstra kamer. ‘n Week voor hulle troue, is dit tyd vir N se kitchen tea en M se rum party. M reken nee wat, los dit maar, hy is nog nie lank by die nuwe werk nie, en hy is nie lus vir die affêre nie. So gesê, so gedaan. Hare loop heel gesellig af, en die meisies geniet die aandjie terdeë.

Maandag aand kom hy nie huistoe nie. Dinsdag aand ook nie. Woensdag middag laat kom hy ingeslinger, met sy baas by hom. N is teen die tyd histeries van kommer, en sy k@k hom goed uit. Hy verduidelik dat die ouens by die werk agtergekom het hy gaan trou, en dat hulle vir hom ‘n rum party gereël het.

“Vir amper drie dae?” vra sy. 

“Ja,” reken hy, “en dis nog nie verby nie. Vanaand wil die baas ook saamkuier.”

Sy ontplof behoorlik en vertel vir hom en die baas presies wat sy van hulle en die hele situasie dink. M strip sy moer, en daar gaan hy en die baas.

Nou sit sy heelaand alleen en broei. Briesend kwaad. Wonder of sy nog met hom moet trou.

Laataand kom hy ingeslinger. Eers is daar weer ‘n geweldige woordewisseling. Hy voel nou vreeslik seergemaak omdat sy hom soos ‘n kind voor die baas behandel het. Dis ‘n oor en weer gegillery wat vir niks skrik nie. Die volgende oomblik bestorm hy die balkon kamer, maak die venster oop en klim met sy regtervoet op die bed wat voor die venster staan. Hy is nogal ‘n groot man, en voor hy weet wat gebeur, sit sy voet tussen die houtplankies van die bed se basis vas.

“Wat doen jy?” skree sy.

“Ek gaan selfmoord pleeg!” gil hy terug.

Met die regtervoet wat tussen die plankies vassit, is die balans ook nie te lekker nie. Soos ‘n vink hang hy aan die vensterbank terwyl hy probeer om sy linkervoet by die venster uit te kry.

“Nou spring!” gil sy weer.

“Ek gaan NOU!” skree hy terug. Dan probeer hy weer die regtervoet loswikkel, en die linkervoet by venster uitkry.

“Spring, bliksem, spring!” skree sy.

“Ek vokken probeer!” gil hy terug.

Na omtrent 15 minute van hierdie oor en weer gegillery, besluit sy om hom net so daar te los en te gaan slaap. Eventually kry hy ook sy pad bed toe.

Die volgende oggend is sy vroeg wakker, en lê en bekyk die man met wie sy haar lewe wil deel. Die vorige paar dae se gebeure begin toe al hoe snaakser word. Uiteindelik maak hy sy oë oop.

“More Poppie,” sê hy, en kom regop om haar ‘n soentjie te gee. “More,” sê sy.

“Wat op aarde gaan aan met my been?” vra hy, terwyl hy die blou kolle tussen die skraapmerke bekyk.

“Jy het probeer selfmoord pleeg,” sê sy. “Jy wou deur die venster spring maar jou voet het in die bed se basis vasgesit.” Teen die tyd is sy toe al dik van die lag.

“Huh?! Selfmoord? Van die eerste verdieping af?”

“Ja, my bokkie.” Stilte. Snorke. Giggels. Histeriese gelag.

Hulle is nou al vir 13 jaar gelukkig getroud.

17 Responses so far »

  1. 1

    Adrie said,

    WHAAAHAHAHAHAHAHA

    Hoop nie Meneer het sy les geleer.

  2. 2

    CLAZINE said,

    Ai, hoe kikker jy nou so ‘n mistroostige Maandagoggend op Dels!!!

  3. 3

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Ek sou baie beslis my bedenkinge gehad het om met die man te trou. Ek is baie bly hulle is gelukkig getroud.

    Mens weet nie wat deur so mens se gedagtes gaan wat selfmoord pleeg nie. My suster se kêrel en pa van 2 van haar kinders het voor haar oë selfmoord gepleeg. Het dood eenvoudig uit sy kar gespring en voor ‘n ander kar ingehardloop. Hartseerste van alles is dat hulle nie eers baklei het nie. Hulle was absoluut mal oor mekaar…….Dit het natuurlik haar hele lewe ook verwoes. Ek sal dalk eendag daaroor blog. Maar ek dink dis ‘n split sekonde besluit.

    Lekker week vir jou.
    Groetetjies
    Sonneblom

  4. 4

    Krista said,

    Whaaaaaaaaaaaaaaahahahahaha!

    Ek dink nie ek sou die volgende oggend in ‘n bui gewees het om daaroor te lag nie . . .

  5. 5

    Marina said,

    Hierdie is een van die min gevalle waar Brandewyn gelukkig brieke gehad het!!🙂

  6. 6

    Pikkelik said,

    Prooooeeeesssss, whahahaha, lanklaas so lekker gelag! Dis skreeusnaaks!

  7. 7

    demoerin said,

    Dit is so snaaks. Maar aan die annerkant is dit baie hartseer dat daar mense is wat so ver gedryf word dat hulle selfmoord pleeg. Self kan ek dit nou nie verstaan nie, want ek sal maar bietjie van ‘n lafaard wees.

  8. 8

    Emil said,

    Snaakse storie – gelukkig dat dit goed uitgewerk het.

    Ja-nee selfmoord is ‘n vreemde verskynsel. Die oorsake is grotendeels patalogies, alhoewel sekere psigiaters tog reken fisiologie speel ‘n rol in ‘n geringe hoeveelheid van selfmoord voorvalle – chemiese wanbalans en dies meer. Maar aan die einde van die dag is dit ‘n donker verskynsel, dat mense dit as ‘n laaste uitweg sien.

    Ek dit is nie lafhartigheid of dapperheid nie. Dat dit moed verg om fisies ‘n sneller te trek of erger nog, ‘n tree oor die rand van die Van Stadensbrug te gee, gewis. Dat dit moed verg om jou probleme trompop te loop, gewis. Nee, vir my is dit net hartseer.

  9. 9

    Wipneus! said,

    😆 hillarious

    Selfmoord – baie goeie vriend van ons. Baie hartseer. Hy het aan vreeslike depressie gelei. Hulle vertel alles word net donker en swart. Maar ek kon hoor hy was nie reg nie. Het die vorige dag nog met hom gepraat. Hy het onsamehangend gepraat en baie deurmekaar. Hy was ‘n doktor, dus baie slim en het baie navorsing oor sy toestand op die internet gedoen in die dae voor hy die daad gepleeg het. Mens sal nooit weet wat regtig aangegaan het nie. Maar ek, blameer myself nou nog dat ek nie genoeg aandag aan die saak gegee het, toe ek agtergekom het alles is nie reg nie.

    Lekker week Dellie

  10. 10

    Skoor said,

    Sjjjjit! What if, ne.

  11. 11

    Karl said,

    Ai Dellie

    Jy het ‘n talent vrou. Sit sommer warmte in my koue dag.
    Groetnis en dankie dat jy volhard met jou blog, ek weet watse harde werk dit soms kan word.

    Karl

  12. 12

    Wipneus! said,

    Sorry Dellie huiswerk, 😆

  13. 13

    maxie said,

    1ste verdieping😆

    My skoonpa het selfmoord gepleeg, het homself vergas. Hy’t baie fisiese pyn verduur, dalk was dit die rede. Ons sal seker nooit weet nie. Die storie loop dat my skoonma hom aangehits het (wel ek het haar self gehoor ‘n ruk voor die eintlike selfmoord). Hulle het huweliksprobleme gehad. Nodeloos om te se, het dit ‘n baie vernietigende uitwerking gehad op my man, sy broer en suster. Dis baie baie hartseer. Soveel ongeantwoorde vrae.

  14. 15

    boendoe said,

    XX😉 XX

  15. 16

    Eben said,

    🙂🙂

    Werk hy nog by dieselfde plek …. en kyk die baas al met nuwe oge na hom!!!

    Regtig snaaks …..

  16. 17

    platterfuss said,

    ((((((((((((((DELLIE)))))))))))))))))


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: