Ons storie

Wip, ek het hierdie huiswerk al laaaankal gedoen. Maar hier is dit weer, daar het intussen so baie nuwe bloggers bygekom wat nog nie die storie ken nie.

Hy was in Voortrekker Hoogte, ‘n Korporaal in die Militêre Polisie, en ‘n dril instrukteur vir ‘n paar skole. (Ja, ek ken Pretoria…lekker vryplekke daar…) Hy is sewe jaar ouer as ek, maar die ouderdoms verskil was nog nooit ‘n issue nie. Hy reken “ou bokke like mos groen blare”!

Anyway, die hele peleton was verlief op hom. Almal het oor hulle voete geval om hom te probeer beindruk. Almal behalwe die uwe… wil mos nou nie te ooglopend wees soos die ander nie.

So het ons toe in Augustus daardie jaar ‘n kompetisie by Swartkops. Nou mag mens mos nie beweeg as jy in die peleton staan vir inspeksie nie. Ek kyk so af, en ek sien my bloesie “gaap” so bietjie. Maar ek mag nie move nie. Fluister so in sy rigting: “Korporaal…!” Hy kom staan toe so mooi hier voor my, en ek beduie met my oë in die rigting van die gapende bloesie. (Kan mos nou nie meer op inspeksie sit as wat nodig is nie!) Hy lig sy hande tot so voor die knopie, kyk my so DIEP innie oë, en sê: “Ek gee jou toestemming om dit maar self reg te maak!” Ek is ook nie op my bek geval nie, het mos daai kyk in sy oë gesien… en ek fluister so saggies: “Chicken!” Maak toe maar self reg terwyl hy net staan en grin vir my.

Lang storie kort, so flirt ons toe heeldag met my hand in sy baadjie se sak. Dan druk hy, dan druk ek. Daar was ‘n ander girl se hand in die ander sak, wat hy ook heeltyd gedruk het (bliksem!) maar ek het dit eers HEELWAT later uitgevind! (Dit was koud, man!) Ek en van my “vriendinne” mis toe die bus, en Korporaal moet ons huistoe vat. Ek sit reg agter hom in die kar. Nou probeer hy my die heeltyd in die oog vang hier deur die kant spieëltjie, maar die venster is so vuil dat ons net mekaar se skaduwees kan sien! So word almal afgelaai by hulle huise, en raai, hy los my tot laaste. Toe ons in die kar klim by die laaste vriendin se huis, kyk hy my so en sê: “Kom ons kyk NOU wie’s chicken!” En die res is geskiedenis…

 

PS. My bynaam is nog steeds Chicken, en as Liefie my roep, fluit hy soos ‘n kuikentjie… I love it!

PPS. Blou Oog het gister ‘n noodoperasie ondergaan om haar blindederm te verwyder. Dit gaan goed met haar op hierdie stadium, bloeddruk net bietjie laag. Stuur vir haar ‘n gebedjie op asseblief?

Advertisements

17 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Die storie is mooi, selfs die tweede keer!

    Sterkte aan Blou Oog. Wens daar is nou einde aan haar ellendes. Wie kyk na haar kindertjies?

  2. 2

    Wipneus! said,

    Kiep, kiep,kiep Dellie ❓ Dis sooooo romanties. Baie mooi storie oor hoe jy die korporaal ingekatrol het. hie hie

    Stuur groete vir Blou oog!

  3. 3

    Dellie said,

    Boendoe, ek en Liefie kyk na die kindertjies. Die seuntjie is OK, maar die meisietjie was maar baie tranerig toe ons hulle by die skool gaan haal het. Gisteraand het ons gou by haar gaan inloer, maar sy was nog nie lekker “by” nie. Het darem die kinders kalm gekry. Dit voel net vreemd om skielik hierdie klein mensies onder my dak te hê! Gelukkig ken en vertrou hulle ons. Voor hulle gaan slaap het, gryp ek toe sommer ‘n Wêreldspekrtum en ons begin daarin rondblaai. Hulle is soos sponsies! Ek wonder wie het dit meer geniet, ek of hulle? Vanmore toe hulle skooltoe is, is ek vinnig daaraan herinner dat ons vanaand weer uit daai slim boek moet lees! 😉

  4. 4

    Pikkelik said,

    Oempf… My hartjie gaan dit nie hou met al hierdie mooi sprokies nie…. Dis stunning! Stuur maar my groetetjies vir ou blou-ogies…

  5. 5

    netjane said,

    Dis ‘n cute cute cute storie! Ek’s mal oor al hierdie luv op die blogs!

    My Liefie is ook 7 jaar ouer.

  6. 6

    Paula said,

    Dit is so mooi en romanties!
    Mag julle in oormaat geseën word met geluk en liefde!

  7. 7

    Dis so oulikke storie …

  8. 9

    ok, nou lyk nie een meer reg gespel nie….my afrikaanse brein het in SA agtergebly!!!

  9. 10

    Adrie said,

    Dellie

    Lyk my nie jy was op jou mond geval nie. Nice storie.

  10. 11

    Eben said,

    Waar in Pretoria is die lekker plekke?? 🙂

    Mooi storie ….. soos die eerste een. Altyd lekker om terug te dink aan daardie spesiale dae van verliefdheid!!

    Sterkte aan Blou-Oog !!

  11. 12

    Skapie said,

    Dellie – net om weer te sê ek is jammer dat jy gedink het jy kom my te na met jou post op Bosparra. Ek wou net nie weer daardie donker pad loop vandag nie – dit was nogal erg laas week. Ek geniet jou skrywes altyd baie – mens gaan mos op die topics wat mens wil. XXX

  12. 13

    Dellie said,

    Skapie, dis reg. Ek voel net soos ‘n skurk vandag, want gister was dit snaaks, maar in die lig van al die ernstige besprekings op BP vandag, is dit nie meer snaaks nie. Dit lyk eerder na swak smaak. Ons OK? 😉

  13. 14

    alta said,

    Gaan loer gou op my site. het vir jou links daar op gesit.

  14. 15

    anne said,

    yor! dis coooooooooooooooooollllllllllllllllllllllll1nou al wat julle nodig het is n kombuis tafel!

  15. 16

    Roer said,

    Dit bly ‘n baie romantiese storie…2nd time around ook. Pragtig. Sterkte tannie Dellie. Jy’t ‘n goeie hart.

  16. 17

    Zee said,

    Ek wonder nou of Liefie vandag jou knopies sal toemaak as jy hom vra. Dellie, was jy in die weermag?

    Baie romantiese storie hoor!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: