Help ‘n bietjie hier

Ek het vandag bietjie julle hulp nodig. Omdat Seun nie hier is nie, wil ek vir Vadersdag hierdie jaar vir Liefie ‘n spesiale geskenkie gee. Ek weet hy het nie tyd om hierdie week my blog te lees nie, so dis veilig om hier raad te vra.

Ek wil vir hom ‘n boekie met verskillende “vouchers” gee wat hy enige tyd kan “inruil” wanneer hy so voel. Ek mag dan nie ‘n verskoning hê om dit nie te doen nie. Byvoorbeeld, ene vir ‘n rugkrap, ‘n lekker massering, ‘n pedikuur, en natuurlik vir so bietjie “vroetel” ook. Maar dis alles gewone dinge, ek het bietjie kreatiewe idees nodig van julle ook vir vouchers. Veral hier sal die manne wat lees goed kan help?

Saam met ‘n bottel van sy gunsteling wyn, bietjie biltong en neute, behoort hy dit te geniet. Gelukkig is Maandag ‘n vakansiedag, dan kan ons herstel na die naweek…

Advertisements

47 Responses so far »

  1. 1

    platterfuss said,

    *sug*

    Well, hoe lyk ‘Dellie met ‘n strikkie ommie nek in ‘n boks verpak’???

  2. 2

    annedelicious said,

    tafel man!!!!!!! koop hom n flippin kombuis tafel!!!!!!!!

  3. 3

    meermin said,

    spring uit ‘n koek!!

    Nee wat oupa Koos kry nie eers ‘n ysblokkie van my nie!! Moedersdag toe die kinders hom herinner, was sy woorde, dis nie my moeder nie, klim in sy kar en weg is hy!! So my woorde sal ook wees, jy is nie my pa nie, niks van my nie, in my kar klim en sommer dam se kant toe ry!!

    Sorg tog net vir foto’s as jy so uit die koek spring!!

  4. 4

    netjane said,

    Was hy self sy kar? Miskien kan jy dit vir hom doen, in ‘n bikini.

    haha, nee ek weet nie Dellie. Sal probeer dink aan iets.

  5. 5

    Dellie said,

    Platty, dit laat my te veel dink aan ‘n verwysing wat iemand eendag gemaak het van ‘n kat met ‘n strikdas… I don’t wanna go there! 😆

    Anne, as ek so aanhou gaan ek geen ander meubels in my huis hê nie, net kombuistafels…. 😳

    Meermin, ek wil nie uit ‘n koek spring nie! Ek soek idees vir die vouchers.

    Netjane – genade jong, ek weet nie of hy dit sal oorleef nie, of EK for that matter nie – dis winter en ysig koud! Maar hy kan dalk die voucher bêre vir die somer… 😉

  6. 6

    Paula said,

    Ek sien jy gaan hom lekker bederf!

  7. 7

    Pikkelik said,

    Wat van ‘n ‘man’ekuur of ‘n aarbei voer een. Of selfs ‘n ‘Jy mag die remote vir ‘n hele aand vir jouself hou’ een! En as jy nou rerig prettig wil wees: “‘n Lapdans” een! 😆

  8. 8

    meermin said,

    Dellie gaan na ‘n winkel sentrum en koop allerhande voucher vir hom, wat van ‘n lekker naweek weg, net die twee van julle! Kry mens sulke voucher vir ‘n man?? Ek mors nie ‘n sent op oupa nie!! Ek sal wel vir my pa ietsie koop! Hy is after all my PA!!

    Wat van ‘n booking by ‘n spa oord, lekker bederf vir altwee van julle, en Maandag kan julle terug sit en dink aan ‘n heerlike wonderlike ongelooflike naweek wat julle gehad het!

  9. 9

    Zee said,

    Sal maar hier loer en bietjie tips vang!!!

  10. 10

    Fokk said,

    Hoezit Dellie
    Ek dink die voucher idee is baie goed! Ek sou graag die volgende vouchers wou gehad het:
    – “Get out of jail free” – een keer wat hy stront aanjaag mag hy die
    voucher gebruik en jy mag nie raas nie.
    – “Ek is nou so lui – doen jy dit” voucher. Dit kan gebruik word wanneer
    hy net lekker op die bank sit en jy vra of hy asseblief gou melk/brood
    sal gaan koop.
    – “Silence voucher” – Vir daardie keer wat jy hom iets vra en hy nie
    regtig wil antwoord nie. Gebruik vir vrae soos lyk ek vet in die broek ens.
    – “Pass voucher” – Hy kan dit gebruik as jy shopping wil gaan doen,
    klere wil koop of by jou familie gaan kuier.
    – ‘n “Nee” voucher – vir een keer in sy lewe mag hy nee seg vir iets
    en jy mag hom nie blameer of uitvra daaroor nie.
    – “Threesome voucher” As jy braaf! Die voucher sal enige man se
    drome laat waar kom – Jy, hy en nog ‘n girl (nie jou ma os syne nie!)

    Die vouchers moet ‘n vervaldatum kry (so 3 maande) en hy mag slegs een voucher per dag gebruik.

    Hoop dit help?

  11. 11

    neykie said,

    Daar kan baie idees wees vir vouchers.

    Ek het net nie daai idees nie. Sterkte en geniet dit. 😉 moet nou nie doen wat ons nie sal nie

  12. 12

    Dellie said,

    Fokk, YES! Dis presies waarvan ek praat! 😆 ‘n Paar great idees wat jy daar het.

    Pikkie, joune klink net so goed. 😉

    Kom manne, watse voucher sou JY wou hê?

  13. 13

    Anniegetyourgun said,

    Hi Dellie

    Wat van: 1. “Hy mag die hele dag sit en sport kyk en jy mag nie kla of hom pla nie.” 2. “Jy mag nie nee sê as hy jou vra om vir hom te gaan bier koop of ingooi nie, asook enige snacks waarvoor hy lus is.” 3. “Hy ag ‘n manne-aand hê sonder om te sê hoe laat hy huis toe kom.” Oe! Dit sal sommige girls kwaad maak!

    Dis moeilik om te sê omdat mens nie weet waarvan hy hou nie. Net jy weet, en jy weet ook wat jou kwaad maak. Daai goed moet jy hom toelaat!

  14. 14

    ADRIANA said,

    Lisensie om vir ‘n week lank die toilet sitplek oop te los?

  15. 15

    Blondie said,

    … ‘n naked chef aand?

  16. 16

    Blondie said,

    of ‘n role play aand

  17. 17

    Blixer said,

    Laat my dink aan die Nando’s advertensie so paar jaar terug waar die man in die huis inkom en sien sy vrou is besig met aandete- begin haar vry en gooi dan alles op die vloer om die kombuistafel skoon te kry. Net toe alles op die vloer is en sy op die kombuistafel vra hy “So is jy lus vir voel?” Toe sy ja antwoord seg hy dan gaan kry hy gou Nando’s.

  18. 18

    alta said,

    Wat van in die “mood” vir liefde vouchers? Maak dit sommer n paar!!

  19. 19

    Haasdas said,

    Kry vir hom n pirates of the carriibeans hoed en stuur hom op n jagtog. Gee hom n kaart wat goed beplan is. Laat hy begin by een punt dalk n vriend ontmoet vir visvang, die vriend gee hom dan die volgende leidraad.Dan kan hy so aangaan jy kan dit alles in eendag doen of oor n week. Kan hom in die dorp rondstuur of na julle vriende toe vir leidrade, dinge wat jy weet hy van hou of sal geniet. Dan is jy laaste op die lys. X marks the spot.

  20. 20

    Roer said,

    Mmm. ‘n Voucher vir ‘n manne-aand? ‘n Trek-my-woorde-terug-en-verdwyn-uit-my-vrou-se-gedagtes/kas-uit-voucher? Dit hang af waarvan hou hy. Myne sal gek wees oor ‘n jy-mag-heel-dag-fietsry-voucher. Dis ‘n goeie idee hierdie voucher bedryf. Miskien gebruik ek dit ook Sondag…

  21. 21

    Wipneus! said,

    Sy gunsteling ete?
    ‘n Spesiale paal dansie net vir hom, gebruik sommer die mop vir ‘n paal!!! whahaha

  22. 22

    Dellie said,

    Wow, hier is regtig ‘n paar lekker idees. I like! 😉

    Nog?

  23. 23

    Adrie said,

    Jy sal sy gemors skoonmaak voucher?

    Ek is bevrees, ek moet saam met Meermin se boks stem. Hoekom vir jou man/vrou ‘n geskenk op vaders/moedersdag gee? Ek kan die punt insien as dit namens ‘n kind gedoen word.

    Toegegee, ek moet voor volgende naweek vir my ma en pa ‘n geskenk koop.

    Dellie, moet jou nie steur aan my bitterbekheid nie. Jy het ‘n goeie idee om mee te speel. As ek jy was, het ek dit eerder op Mnr Dellie dag (‘n dag waarop jy besluit) gegee as op Vadersdag.

  24. 24

    Dellie said,

    Ag Adrie, ek steur my rerig nie aan jou bitterbekheid nie! 😆

    Vir my gaan dit oor die idee dat ek wil dankie sê omdat hy so ‘n goeie pa is vir ons kind. En veral hierdie jaar, want ons enigste is nie hier nie. En enige verskoning vir bietjie opwinding en romanse is ook welkom! 😉

  25. 25

    Gert Gariep said,

    Enige voucher wat iets te doen het met die vrou wat haar klere uittrek is goed genoeg vir ‘n man.

  26. 26

    boendoe said,

    Gert Gariep het die regte idee beet! Ek weet nie of julle in Welkom ‘n Incredible Books winkel het nie. Ek het ‘n oulike voucher boekie by ons winkel gesien. Lyk soos ‘n tjekboek, met die ‘bedrag’ klaar ingevul, jy moet net teken. Maar dis vir goed soos ‘paint each other with chocolate’ en ‘phonesex’! Ek het nogal gedink dis oulik!

  27. 27

    Die Brein said,

    Hola Dellie

    Ek soek net Vouchers van MICA en nogmaals MICA. Is jou laaitie toe in die States, my dogter was daar in 2006 verlede jaar in Ierland en sy en die sleepsel gaan daar vir sy pa werk in Ierland, Galway vanaf die einde van die maand en moontlik vir vyf jaar.Maar ons sal gaan kuier.n Lekker fullbody massage vir julle saam by `n lekker parlour is baie nice.

    Gert Gariep jy dink soos `n man.

    As jul kon wegslip vir die naweek na Kaapschehoop naby Nelspruit en daar in Silvermistgastehuis kon gaan gaan bly en dan saam uitstap tot by die uitkykpunt oor die laeveld ongelooflik mooi en daar tussen die rotse mekaar behoorlik beken mmmmmmmmm!!!!

  28. 28

    Janine said,

    Dellie, sien jy’t alklaar ‘n hele paar voucher-idees bygekry. Moet se ‘n paar van hulle is baie kreatief! Dink aan alles wat vir hom moeite is om te doen.
    Dis great dat jy jou man wil spoil, doen dit, veral as hy ‘n goeie man vir jou en pa vir julle seun is.

    Geniet die langnawekie!

  29. 29

    me said,

    Ai Dellie, liewer laat as nooit!
    Die ouens het nou vir jou klompie oulike idees gegee vir vouchers…
    Ek is ongelukkig minus my notebook 😥 darem net tot more… so, ek het jou bietjie laat raakgelees.
    Geluk met die een jaar by WordPress…. ons kom noual ‘n tydjie saam!
    Hoe gaan dit met seun – ook met jou ander kinnerkies?

  30. 30

    Eben said,

    Hi Dellie, ek stem saam Janine, die klompie mense is baie baie slim met idees en ek glo iewers het jy vir jou klaar ‘n idee wat om te doen.

    Ek hou van jou antwoord op # 24. Ek glo ons wat lank hier kuier saam jou die afgelope jaar, sal weet hoe lief jy jou gesin het. Watter kwaliteit jong seun jy en Wessie die wereld ingestuur het.

    Ons het meer van jou soort nodig wat nie praat oor hul gesinne nie, maar doen …..

    As ons nie weer praat, geniet jou lang naweek in Welkom en jy weet waar en wat om vas te hou !! 🙂

  31. 31

    demoerin said,

    Nee man, die mense is te kreatief vir my plat brein vanoggend. Die week in ‘n neutedop het sy tol geeis…hahaha.
    Ek sal egter hou van ‘n 2 hour sport voucher, waarin ek nie gebodder mag word met enigiets nie….moet sê carwash voucher met haar in bikini klink ook goed…..naked dinner voucher – verkieslik by die huis natuurlik….buitemuurse-kafoefel voucher…..geen skottelgoedwas vir ‘n week voucher…..monkey-nastics alla kama-sutra voucher.

  32. 32

    Dellie said,

    Hi Brein, ja Seun is nou al amper 3 maande weg. Dit gaan goed, hulle werk net hard. En ek WENS ons kon wegslip vir die naweek, maar hier is te veel goed aan die gang op die stadium. Maar ek sal daai in my agterkop hou.

    Oooee, ek gaan more lekker speel met daai voucher boekie. Ek dink hy gaan baie daarvan hou!

    Thanx vir al die bydraes, julle is ‘n kreatiewe klompie. Ek gaan nog so bietjie wag en kyk of daar nog idees is.

    O ja, wil darem ook net laat weet dat Blou Oog by die huis en OK is. Dankie vir julle gebedjies! 😉

  33. 33

    BB said,

    Ek is MAL oor vouchers!! Ek het vir Helge al baie gemaak en hy gebruik hulle en hier was nou ‘n hele paar nice nuwe idees! Jy kan ook ‘n klein botteltjie sandalwood oil (vir massage), ‘n veer (vir ‘n kielie) (Ek weet AnneDelicious sal nou weer sê: gee hom sommer die hele hoender 😀 ) , ‘n 3-pack Lindt balletjies ens in ‘n nice gift box pak om te gebruik op jou! As jy bietjie tyd het kan jy ‘n nice bordspeletjie ontwerp – soos slangetjies en leertjies – vat sommer ‘n ou ene of koop ‘n goedkoop weergawe in die winkels – bo-aan die leertjies en onder aan die slangetjies (waar die prentjie is, plak jy ‘n ‘win’ of ‘lose’ opdrag) en sit twee dobbelsteentjies in die box. Let the fun begin!!
    Enjoy!! x

  34. 34

    BB said,

    Oja – ander nice one: kry ‘n roos – en vir elke roosblaar wat hy afpluk moet jy ietsie afhaal (horlosie, ring) of uittrek… die kuns is om te sorg dat jy darem genoeg aanhet…

  35. 35

    Pikkelik said,

    😆 @ BB!!! Dellie as almal so aangaan, gaan die naweek te kort wees! 😆

  36. 36

    Pagoda32 said,

    Dellie

    ‘n Wenner is gewoonlik ‘n vouchertjie of twee wat hy kan inruil vir enige dis waarvoor hy lus is! Natuurlik ene wat jy gereeld maak waaroor hy mal is!
    Ek weet dit doen dit oor en oor vir my!

  37. 37

    Pagoda32 said,

    Ek sien wat BB sê…die ander kuns is om seker te maak jy’t nie meer aan as wat die roos blare het nie!! LMGA!

  38. 38

    Die Brein said,

    Ja Dellie hulle werk hulle gatte af daar, maar kry darem so bietjie tyd om die States te verken, my dogter is mal oor Die USA.Maar laat weet my by watter Theme Park hy is ek kan jou dalk raad gee.

    Hastilla Vista.

  39. 39

    Dellie said,

    Brein, op die stadium is ek nie heeltemal seker waar is hulle nie. Erens tussen Brandon en Winnepeg! Maar ons sal seker die naweek weer bietjie gesels, dan sal ek kom update.

    Shame, hulle was eerste in Miami, en daar vir amper ‘n maand. Hy het so hard gewerk dat hy nie eers die beach gesien het nie! 😯 Hulle was in beheer van die grootste ride, en het behoorlik gespark. Van daar af het dit darem bietjie relax, so ek glo hy geniet dit ook nou baie meer.

    Geniet die naweek julle, en gelukkige Vadersdag aan al die Pappa’s! 😉

  40. 40

    Adrie said,

    Dellie

    Wat jy se in 24 maak sin. Ek het nooit so daaraan gedink nie.

    Ek het darem nie probeer om jou idee te verkleineer nie. Ek weet jou gesin beteken vir jou baie.

  41. 41

    Dellie said,

    Adrie, moenie stress nie. Ek het nie gedink dis wat jy doen nie. Ek “ken” mos nou ook al vir jou – en dis reg so! 😉

  42. 43

    […] Pikkie het gepraat van hoe sy haar kar wou was maar die tuinslang in die proses verloor het, Dellie het voorstelle gekry hoe om Liefie se kar te was met haar bikini aan en Wippie natuurlik het […]

  43. 44

    Die Brein said,

    Ja Dellie was hy al by West Palm beach?Hulle se dis nie ver van Miami af nie en flippen mooi.Maar sjoe hulle het getravel so hulle is nou in Kanada.
    Dis bad dat mens met al die tegnologie nie so lekker kan chat met hulle daar nie.Dis amper soos die army dit was hard, maar lekker en mens sal dit nooit vergeet nie en jy wil dit ook nie oor he nie.Maar tog gaan baie weer terug.

    Sterkte, kom kuier bietjie op http://diewerf.wordpress.com

  44. 45

    Eben said,

    Hi ….. en toe?? Hoe was die naweek uitgedraai soos beplan! 🙂

  45. 46

    Dellie said,

    More julle,

    Ai Ebie, nee, die naweek het toe nie uitgedraai soos beplan nie. Ek was so siek soos ‘n hond, en ek kon nie die vouchers betyds klaarkry nie! Murphy en sy maats… 👿

    Maar moenie vrees nie, ek het toe besluit om die vouchers maar te bêre vir ons huweliksherdenking in Augustus, dis darem om die draai.

    Ek het hom darem so bietjie gespoil, en ten minste sy gunsteling ete ook gekook. En die cherrie op die koek was dat Seun vroeg gebel het, so Liefie het in elk geval heeldag met ‘n grin rondgeloop. Hulle is nou in Winnipeg, maar ek sal update in die week.

    Lekker Maandag! 😉

  46. 47

    demoerin said,

    Mmmm. gee ons bietjie terugvoering nou van die vouchers! Net nie te veel detail nie asb., ek het nog nie ontbyt gehad nie.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: