Hasie-Hop

Die wors-baba’s word nou groot. Ek verkyk my nogsteeds aan Spike en Roxy se spanpoging om hulle op te pas en groot te kry. Spike ruil nogsteeds doeke, maak selfs southappies skoon… die beste van alles is, as die klompie beginne speel en knor vir mekaar, is OF Rox OF Spike dadelik by om hulle uitmekaar te haal. Te oulik.

Hulle ogies is nou al oop vir ‘n wyle, en Vrydag het ek vir die eerste keer vir hulle bietjie Pronutro en melk gegee. Ek wonder hoeveel baba hondjies, katjies en voëltjies al grootgemaak is met Pronutro. Baie slap, en die melk om die helfte verdun met water. Hulle is spekvet, maar die tandjies is ook nou al deur, en hulle kou arme Rox se tieties stukkend. Toe reken ek as hulle bietjie ander kossies inkry, het Roxy effens van ‘n ruskansie hier en daar.

Twee weke terug het ons agtergekom dat die kleinste tefie se stertjie die helfte korter is as die ander s’n. Het nogal gedink dit gaan funny lyk, die worsie met die kort stertjie. Maar van Vrydag af het hulle nou ordentlik beginne rondbeweeg. Toe sien ons dat iets nie lekker is met haar nie. Haar stertjie lig glad nie op soos die ander nie. Net die puntjie wapper so effens as sy opgewonde raak. En wat beweeg aanbetref – as dit stadig is, werk die agterpootjies mooi saam. Sy stap die wêreld vol, maar die ou stertjie hang net daar agter die boudjies. Maar sodra sy opgewonde raak en vinniger wil beweeg, is iets totally missing. Sy split soos in plat op die grond met die agterbene, trek hulle dan op ‘n bondeltjie onder haar lyf in, gooi die voorpote doer ver, en dan begin sy hop soos ‘n hasie dat die oortjies sommer so flap! Ag shame, julle, dit lyk te funny! Maar sy MOVE! Verder is daar niks verkeerd met haar nie. Infact, sy is die ene wat al die verste verken het, tot by die agterdeur en terug, sonder om te tjank. En sy verniel almal en laat haar nie onderkry nie. Ek wonder nou net wat dit kon veroorsaak het, en wat missing is?

Liefie se eerste reaksie was om haar maar te laat uitsit. Ek het amper verstik in my bier!

“Maar wie gaan haar wil hê,” vra hy.

“EK! EK sal haar hou. Sy het al klaar viervoetig kom vassteek in my hart.”

Toe ek later besig is met die kos, merk ek op dat Liefie vir Roxy op die bank het, en raai, vir Hasie-hop ook, sodat sy bietjie ekstra melkies kan kry. En toe sy hom gisteraand gewaar en basies bo-oor die ander hop om by hom uit te kom, het sy hart ook gesmelt.

“As die nie vir hierdie spirit van jou was nie…,” gesels hy met haar.

So, nou sit ons met ‘n baba. Sy moet asseblief ‘n naam kry. Sy kan nie “Hasie-hop” bly nie. Enige idees?

Hier is nog ‘n paar foto’s. Ek het al duisende geneem. Hulle is so pragtig!

Speeltyd:

Om een of ander rede lyk slaaptyd altyd soos ‘n ongelukstoneel!

Advertisements

41 Responses so far »

  1. 1

    demoerin said,

    Oulike kiekies…hahaha @ ongelukstoneel!

  2. 2

    Blue Eye said,

    Hi Vriendin en al haar blog maatjies

    Ek is terug, en kan nou weer saam gesels, ek sien ek het baie om
    intehaal. My steke word vanmiddag uitgehaal, dan is ek weer reg vir alles.Dankie vir al Dellie se maatjies wat aan my gedink het, en baie dankie viendin en liefie vir julle bystand en hulp. Julle is engeltjies.
    Ek en die kids sal help dink aan ñ naam vir hasie-hop.

    Lekkerrrrrr werk.

  3. 3

    boendoe said,

    LOL@ ongelukstoneel!! Dit lyk regtig nogal so!

  4. 4

    Pikkelik said,

    Dit lyk nie soos ‘n ongelukstoneel nie, dit lyk soos ‘n fuifpartytjie wat skeefgeloop het!!!! 😆 Wat van Thumper!

  5. 5

    meermin said,

    Agge shame man, die arme ou dingetjie, dalk moet jy haar maar veearts toe vat, ek moet juis vanaand my baba veearts toe vat, vir haar tweede inspuiting sy is pragtig hoor!! Lekker bederf, en sy bly maar vrek klein hoor! Geniet hulle – hulle is regtig pragtig hoor!! Hasie hoekom is jou stertjie so kort?? Lyk nogal woes as die klomp slaap!

  6. 6

    Jaco said,

    Sjaaim, die outjie se ruggie het dalk skade opgedoen en dit veroorsaak dat hy dalk gedeeltelik verlam is. Synde dat hy die klein ontdekkingsreisiger is noem hom Kingsley of Livingstone

  7. 7

    Nella said,

    Ag, maar is hulle nie te pragtig nie! As ek jy is hou ek almal. Ek het met bullterriërs geteel so 10 jaar terug en ek het elke keer gehuil as ‘n kleintjie verkoop is. Dit was vir my baie erg – na die 2de werpsel het ek my teef laat regmaak.

    Ek glo ‘n hond moet ‘n ordentlike naam hê. Ek het aan die volgende name gedink: Pepita is ‘n spaanse naam wat beteken ‘He shall add’ en Penina is ‘n Hebreeuse naam wat beteken pêrel. Sy is dan net so mooi soos ‘n pêreltjie!
    My ma het ‘n hondjie gehad wat ‘n kreupel agterpootjie gehad het en sy naam was Peppi, maar dis ‘n seuntjie naam.

  8. 8

    Nella said,

    Nee, man, Jaco! Dis ‘n dogtertjie!

  9. 9

    CLAZINE said,

    Hi Dels,

    Wat van “Gutsie” sy wys mos sy kan!

  10. 10

    annedelicious said,

    ag ccccuuuuuuuuuuuuuuuuuuuutttttttttttteeeeeeeeeee!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  11. 11

    Eben said,

    Hi Dellie, hulle lyk te oulik … ek hoop die ander hondjie kom reg!! Daar is maar altyd daardie een uit die werpsel wat ‘n mens voor jammer het!!

  12. 12

    baie oulik. Dink ook jy moet haar dalk by ‘n veearts kry…just in case!
    ek kan nie nou aan ‘n naam dink nie…

  13. 13

    Jo-Ann Schou said,

    Dit is lekker om jou klein hondjies se ontwikkeling te deel. Ek hoop Hasie-Hop is OK. Peanut? Sommer net omdat ek ‘n Peanut soek…

    Ek keer vir ‘n vale dat Dogg ‘n tefie beetkry – hy is oulik, maar hy is opregte hond en met daardie Genis-gesiggie is dit beter dat hy nie teel nie.

  14. 14

    Jaco said,

    Nella: Sorry, ek het opgestaan vanmore maar ek is nog nie wakker nie. Synde dat dit ‘n doggie is Queensly of Livingstina. 😆

  15. 15

    Roer said,

    Pasop vir Anne. Sy’s hond-bedinges. Sal sommer jou worsies kom gaps. 😆 Ek’s mal oor die ‘ongelukstoneel’ kiekies. Pragtig!

  16. 16

    netjane said,

    Wat van Klara? Soos in Heidi se maatjie in die rolstoel wat toe later loop?

  17. 17

    demoerin said,

    hahaha @ Jaco. Wat van Alice, wat altyd wonderland so ontdek het?

  18. 18

    inSyarms said,

    Buffy – The vampire slayer!!! 😆 😆 Jou hondjies is oulik.

  19. 19

    Nella said,

    Jaco, ek hou van Queensly!

  20. 20

    Paula said,

    Julle moet die outjies geniet.
    Hulle is te pratig vir woorde!

  21. 21

    sonneblomseplekkie said,

    Dellie, hulle is so cute. Ek hoop jou ou woefie kom reg en dat dit nie iets ernstig fout is nie. Dalk ‘n ou senuweetjie wat knyp…. wat van Lady, Pikkie, eks dom met name…sal bietjie dink 😉

  22. 22

    Adrie said,

    Sy is ‘n klein vegtertjie en verdien ‘n naam wat dit beklemtoon. Iets soos Joan (klink nie reg vir ‘n hond nie). Of wag . . . Xena (the warrior prinses).

  23. 23

    Adrie said,

    Of aangesien sy differently-abled is, Natalie.

  24. 24

    Dellie, ek is ook een vir die “under-dog”. Ek sal haar ook wil he!

    Hasie-hop en die res is net te pragtig, dankie vir die wys.

    Jong ek is nie ‘n veearts nie, maar dalk moet jy haar vat. Daar is dalk iets met die senuwees en/of ruggraat heel onder aan die punt fout. Of die deel van die brein wat seine soontoe stuur. (maar dit is waarskynlik NIE die brein nie, want sy beweeg op haar eie manier).

    Die feit dat die stert nie oplig nie, klink na die ruggraat.

    Want iewers kry die beentjies nie die boodskap: “loop” dis hoekom sy sleep.

    Maar dit beteken nie sy kan nie ‘n vol lewe he nie, en dit beteken ook nie ek is reg nie. Dit is net ‘n idee.

    Groete

  25. 25

    Carolina said,

    Dellie,
    Ons is die afgelope maande deur so ‘n emosionele tyd met honde! My seuns het 2 “huskies” (siberiese pedigree honde) gekoop. (Groot huis vergadering is gehou, want ons het reeds ‘n hond! Ek wou nie!) Ingestem vir 2 honde. Flido en Coco. Groot opgewondenheid! Boeke gelees oor “huskies”. En toe word Flido siek. Kon soms nie asem kry. Veral as hy opgewonde geraak het. Veearts toe! Xstrale geneem. Kry niks! Spesialis toe in Pretoria! Operasie. R5000 verder! Na 2 weke nog steeds kortasem! Weer Spesialis toe! Spesialis moet weer opereer maar beveel aan om hond liewers uit te sit! Almal in trane. Spesialis dink wel hond het ‘n kans na operasie! Nog R5000 verder! Week verder kry hond weer asemnood!! Geen keuse hond moet uitgesit word! Laaste aand groot maaltyd en bederf vir hond. Almal huil! Volgende dag na veearts en hond word uitgesit!! Somber atmosfeer in huis! Trane loop! Flido is dood! ( dit was ‘n generesies afwyking!!) Hou weer huis vergadering! Gee toestemming om weer ‘n hond aan te koop. Seun kom by die huis met TWEE honde!! Fuji en Gucci!! Gucci is die dierbaarste ding!! Almal van ons “cuddle” haar. Dis baie vreemd vir ‘n husky hond! Wil gewoonlik nie gecuddle word! Verlede week is dit weer sulke tyd!!! Gucci se maag begin op te swel!! Weer spesialis toe! Nood afspraak by onderstepoort!! Operasie! R4000 verder! Operasie – wys dit is ‘n genereries afwyking. Groot afskeid!! Emosies!!! Gister is Gucci uitgesit!!
    Ek is so kwaad vir die hondetelers!!!
    Die koste is erg!!! maar die emosionele spannig waardeur die seuns is, is die ergste!!

  26. 26

    Dellie said,

    Hi julle,

    Vandag was besiger as ‘n Maandag! 😯

    Ag genade Carolina, wat ‘n ervaring! Ek het nie woorde nie, jong, maar hier is ‘n drukkie vir julle. Dis darem seer om afskeid te neem. En dan nog al die kostes. Als verniet. (((Carolina en familie)))

    Dankie vir al die great idees vir name. Ek hou nogal van Natalie – vir die rede wat jy noem, Adrie. Maar soms het ‘n diertjie ook maar die manier om sommer self op ‘n naam te besluit. Ons gee nog so ‘n paar dae kans, ek sal laat weet as sy self besluit.

    Ons sal haar maar tog veearts toe vat, liefie reken ook sy het ‘n werwel of iets missing. Ek sal self graag wil weet wat skort. Tog loop sy heel gemaklik, dis net as sy begin spoed vang… ag jinne, dis so snaaks as sy so hop!

    Nou ja, ek werk sowaar nog tot 7uur. En dan wag daar ‘n lekker pot sop. Dit is ysig koud in die Vrystaat! Slaap warm!

  27. 27

    Emil said,

    Ek leer so baie van strippers en hondjies op hierdie webwerf.

  28. 28

    Dellie said,

    Whahaha Emil… ek is so bly ons verskaf so bietjie plesier vir jou daar in Mi.. Ma … Milondo! Dis mos die plek? Maar ek dink jy het al meer geleer van hondjies as strippers… 😳

  29. 29

    Carolina said,

    Thanx Dellie,
    “genereries” – moet wees “genetiese”

    Groete

  30. 30

    Zee said,

    Ag moeder tog Dellie, die hondjies is darem te cute vir woorde. Ek weet sommer dat “Hasie-hop” ok gaan wees!!

  31. 31

    Ma se Seun said,

    Hey moeder liefste!

    Ag hulle is tog te cute!! Bly om te hoor Spike en Rox pas hul darm goed op! hehe. Hier gaan dinge goed werk net baie en baie hard mar dis oraait, ek sien darm nuwe dinge! Ek is nouop `n breek moet oor so 10 min weer gan werk tot na 1 die oggend.

    mar net gedog ek gan gou `n draai maak en kyk wat angaan en of die mense nog lewe!

    Groete en Liefde aan almal, ek sal nou meer kom komentaar lewer!
    MWA

  32. 32

    Dellie said,

    Woohooo! My liefste kind! So lekker om hier van jou te hoor!

    😆 Niemand gaan vandag die smile van my gesig af kry nie! 😆

  33. 34

    Hoe gaan dit met Hasie? (ek dink nogal dis ‘n oulike naam)

  34. 35

    Anniegetyourgun said,

    Ag hulle is te dierbaar Dellie! Ek dink ook jy moet stick by Hasie of Bunny. Dit was jou eerste gedagte vir ‘n naampie

  35. 36

    Carolina said,

    Dellie,

    Lekke vir jou!! met daai boodskap van jou kind daar uit vreemde land!!! Ek kan dink jou hart klop nou lekker warm!!

    My oudste seun het gisteraand verloof geraak aan die oulikste meisie! Ons is so te vrede met sy keuse!! Is so lief vir haar!! So die troue is om die draai……
    Groete

  36. 37

    Dellie said,

    Carolina, opwindende jaar vir julle, né? Baie geluk met die verlowing, ons sal ‘n glasie klink op hulle geluk! 😉

  37. 38

    krista said,

    Ons het laaaaaaaaaaank terug met ‘n Boerboel-X batch ‘n dogtertjie gehad wat die kleinste van almal was en ook BAIE aggressief. Sy het breinskade opgedoen (heelwaarskynlik met geboorte) en was blind en doof. Haar naam was Milo (uitgespreek: Mielou). Sy het ook lewerskade gehad. Ek het VREESLIK gehuil toe hulle haar maar liewers laat slapies het . . .

  38. 39

    Wipneus! said,

    Ag dis so oulik en cute, Dellie

    Baie geluk met die verlowing Carolina

    Krista ek sal my ook dood huil as my hondjie moet slaap.

  39. 40

    anja said,

    am gegee skaam julle

  40. 41

    anja said,

    julle het my nie gehelp nie
    skaam julle
    het nie eens een naam vir my gegee


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: