Honkies

Jinne, maar die worsies word vinnig groot! Saterdag was hulle ses weke oud. Ons het hulle nou afgeskort in die kombuis, met hulle lig sodat hulle nie koudkry nie. Die vloer is vol koerante, want dis makliker om skoon te maak. En natuurlik ‘n fees vir hulle om te verskeur! Hulle weet ook nou al wanneer ons in die TV kamer is, en dan word daar ernstig by die afskorting gekerm om deur te kom. Hulle kom nog nie veel buite nie, want daar is baie trappies af ondertoe. Seuntjie het al so ‘n keer of wat in die opwinding van die oomblik agter Spike aangehol, en so ‘n paar trappe af gerol. Dan kan hy nie weer op nie, die trappies is te hoog. Nou gaan kyk ek maar kort-kort of ene nie daar sit en koud kry nie. As ek kans kry, laai ek almal in ‘n mandjie en gaan speel met hulle buite in die son. Hierdie is Seuntjie op die voorgrond.

Dis nogal opmerklik dat daar ‘n verskil tussen hulle is. Die twee wat eerste gebore is, Ouboet en Ousus, lyk soos Roxy. Groot en stewig. Mens kan sommer die verskil in die grootte van hulle koppies opmerk. En hulle het haar persoonlikheid ook. Effens teruggetrokke en versigtig, maar hulle knor en blaf vir almal. Onder is Ouboet en Ousus.

Die laaste twee, Hasie en Seuntjie, is pa Spike se kinners. Klein, vreeslik nuuskierig, en dink hulle is leeus of bergbokke. Niks bang nie. En baie laf en spelerig. Onder is Hasie en Seuntjie, dit lyk kompleet of hy wil smile!

Hasie beweeg al hoe makliker. Ons het toe maar besluit om haar Hasie te noem, want dit was tog my eerste gedagte. Sy luister al so mooi as ons haar roep! Maar die stertjie bly hang. Dit voel asof die laaste rugwerwel, daar waar die stertjie begin, nie daar is nie. Sy is nogal kleiner as die res, maar sy vreet die meeste. Sy is ook stil, nie tjankerig nie. Sy verken die hele wêreld op haar eie. En as ons met haar speel, moet jy mooi luister om te hoor sy knor. Maar daai tandjies is soos naalde, my hande lyk of ek truksvye gesnoei het! Dit bly maar te classic as sy begin spoed kry, die ore is mos nou al lekker lank en jy sien net so ‘n bondeltjie met flappende ore wat aangehop kom. Te dierbaar. Ek wil haar net opsoen!

Ons veearts was met verlof en het eers gister teruggekom. Liefie gaan haar vandag vat dat ons kan hoor of hy nie maar die ou stertjie kan afsit nie. Dis in die pad as sy moet nommer 2, en ek sien rerig nie kans daarvoor om elke nou en dan haar hol skoon te maak nie! Dis mos ‘n mediese rede, met die dat die honde se stertjies nie meer afgesit mag word nie? Sal maar sien wat gebeur.

Seuntjie is al Sondag na sy nuwe huis toe. Bo is hy en Ouboet. Daar is darem alreeds ‘n tefie by sy nuwe huis, en dit gaan goed met hom. Sy nuwe baas is een van my studente, so sy hou my op hoogte. Ouboet se nuwe baas behoort hom ook in die week te kom haal. Sy is ook iemand wat ons ken. Dan is dit net Ousus wat nog ‘n huis moet kry. Onder is bietjie speeltyd. Kyk net daai tandjies!

24 Responses so far »

  1. 1

    Wipneus! said,

    Hierdie baba’s van jou het so in ons harte gekruip!! Hulle is te oulik Dellie!!

  2. 2

    boendoe said,

    Ag, moeder toggie! Hulle begin darem nou na honde lyk, ne?!

  3. 3

    meermin said,

    Hulle is pragtig!! Laat weet seblief wat die veearts van Hasie sè! My worshondjie is net so outgat, maar sjoe sy is klein, omdat sy miniatuur is, op en wakker, gisteraand toe Snippie blaf – blaf sy ook in die huis, jy moes dit hoor!! Toe besluit Bulletjie nee maar hy wil darem nou ook sy stem dik maak, toe hy nou sy moerse blaf blaf, moes jy haar hoor, daai ou klein stemmetjie teen ‘n yslike boerboel!! Blaffende akkoord gewees! Hoop jy vind net goeie huise vir al jou baba’s!

  4. 4

    Dellie! Ek is so bly jy het haar Hasie genoem, dit pas by haar. En nog blyer dat dit beter gaan met haar en dat sy eet en als.

    Hulle is die allerpragtigste goed ooit! Ek kan al sien hoe gaan hulle op ‘n uitstappie son toe in ‘n mandjie. Ek wil hulle net opvreet. Flap-hol-knor.

  5. 5

    Eben said,

    Ai ai Dellie hulle is te oulik. Ek wat mal oor diere is, kan in my geestelike oge sien hoe besig hulle kan raak!!😉

    Nou … vertelle Eben bietjie, hoe voel die hart as die hondjies so weggaan!!

  6. 6

    wondernet said,

    Te vraai Ek vrek oor honne.

  7. 7

    alta said,

    Dellie,
    Ai tog hulle is dierbaar. Ek het ook n bruin worsie. Haar 4 maande na ons hier geland het, ook laat oorkom. Kon net nie meer sonder haar nie. Is my baby!

  8. 8

    Paula said,

    Ek is na jou verwys aangesien jy WordPress blykbaar baie goed ken. Ek hoop jy kan my help.

    Ek het oorgeloop vanaf Blogger hierheen maar sukkel met die volgende:

    1.Hoe plaas ek fotos/images op die sidebar (tesame met ‘n link?)

    2.Hoe verander ek die kleur van die skrif?

    Dankie byvoorbaat!

    ps. die hondjies is die oulikste nog!!!

  9. 9

    Dellie said,

    😆 Ja Boendoe, hulle lyk beslis nie meer na rotte nie! Ek verkyk my aan die ore wat so vinnig groei.

    Ebie, dit help dat ek die mense ken na wie toe hulle gaan. En Hasie gaan darem bly.😉

  10. 10

    demoerin said,

    Baie bly dit gaan beter met Hasie!!

  11. 11

    Dellie said,

    Paula, ek stuur vir jou ‘n e-mail.😉

  12. 12

    Paula said,

    Dankie Dellie, ek waardeer!

  13. 13

    neykie said,

    kan ek so hondjie bestel? hulle is te cute

  14. 14

    Dellie said,

    Ai Neykie, dis jammer jy is so ver weg. Ousus soek nog ‘n huis…

  15. 15

    Dellie said,

    Meermin, ek wens ek kan vir Hasie “iets” ingee dat sy net so klein bly! Daai blaffies is te oulik! En hulle dink mos hulle kan die hele wêreld aanvat. Ek is mal oor worsies se persoonlikhede.

    Spike is klein – hy weeg net 4.5kg. Maar Rox is ‘n WORS – sy weeg na die babies 9.5kg!

  16. 16

    krista said,

    Ons het nooit ons worsies laat gaan voor 8 – 10 weke nie. Dan is hulle darem meer “mens” en het meer sosial skills my die ouers geleer.

    Hulle is te sweet, ma!

  17. 17

    snoopy said,

    Hello Dellie, jou “kinders” is te pragtig. Verlang ek nou ons ou Bellatjie in SA, sy is ons Jack Russeltjie. My ouers het haar maar ge-erf toe ons weg is. Sy is meer as gelukkig by hulle, word lekker deur ouma bederf.

  18. 18

    Dellie said,

    Krista, ek het ook gereken 8-10 weke is die regte tyd. Maar Seuntjie se nuwe baas gaan vir twee maande by haar ouers kuier, en sy wou hom so graag saamneem, ek kon nie nee sê nie. Dieselfde met Ouboet se mense. Maar hulle het vandag laat weet dat hulle hom eers oor twee weke sal kom haal. Dis vir my reg.😉

    Snoopy, ‘n Jack Russel is darem ook ‘n parmantige spesie! Troos jou daaraan dat sy bederf word.🙂

  19. 19

    Pikkelik said,

    Jou honkies is pragtig… Amper te dierbaar vir woorde…!!!

  20. 20

    me said,

    Dellie
    Ek sal hulle nie kan weggee nie! 😥
    Dis waarom al my kinners gesteriliseer is.
    Honkies is die wonderlikste aanvulling tot my lewe.
    :mrgreen:

  21. 21

    Zee said,

    Ag moeder tog Dellie, hulle is te cute vir woorde…. Hoop jy het genoeg tissues byderhand!!

    Hasie is pragtig, geen wonder jy wil haar nie laat gaan nie!

  22. 22

    Eben said,

    Dellie ek het gehoor dat as jy die klein hondjie brannas ingee, bly hulle so klein ….. julle het mos brannas in julle kroeg op die strand?😆

  23. 23

    Ida said,

    hallo Dellie en al die ander

  24. 24

    cleopatra said,

    Ag,hulle is opvreetbaar!!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: