RTFS

Wat hiervan verstaan jy nie? Hoekom lui jy nogsteeds my &^$#(@!* deurklokkie aanmekaar?

Ek het nie die luxury om letterlik weg te gaan vir ‘n paar dae nie, maar dis baie stil nou aangesien dit skoolvakansie is. Ek weet die res van die jaar gaan woes wees, dus reken ek toe om die kans waar te neem en nou ‘n paar dae af te vat. Ek is die baas afterall, ek kan seker erens vir myself ‘n perk gee?  En ek voel dat my geduld boomskraap is, ek is vreeslik lus om iemand ‘n klap te gee. 😯

Ek sou vanmore lekker laat geslaap het, as iemand my nie kom wakker lui het om vokken koekies aan my te verkoop nie! KOEKIES! Vok!

En toe wou ek graag in my pj’s voor die rekenaar kom sit met koffie en beskuit en blogs lees tot ek lekkerkry. Miskien ‘n DVD erens inwerk, ‘n lekker skuimbad… miskien selfs bietjie shopping… maar nou is my moer so gekoer dat ek vir niks lus is nie. Ek skat dit is ‘n duidelike teken dat ek ‘n breek nodig het…

En nog ‘n ding:

Dit is lewensgroot op my deur, saam met die normale klastye. Dit is van 08h00 tot 19h00. Al wat ek vra is net ‘n breek tussen 1 en 2. Maar mense sal terwyl hulle dit lees, nogsteeds die klokkie ten minste 3 keer lui. WHHYYYY???

Advertisements

32 Responses so far »

  1. 1

    meermin said,

    Haal die batterye uit van jou deurklokkie of sit dit af by die plug!! My deurklokkie se batterye het gelukkig verdwyn (met my hulp natuurlik) en net ek weet dit, Koos sit ander in, dan verdwyn die weer net so vinnig!

  2. 2

    Paula said,

    Meermin het ‘n ding beet daar!
    Hoop jy kry gou weer stilte en vrede 🙂

  3. 3

    Adrie said,

    Dellie

    Stuur die koekie verkopers na my toe. Asseblief.

    Dalk verstaan hulle nie die Engels so mooi nie. Sit op: Fok-of!!! Of “Ek gaan jou opfok as jy my die tyd pla” Of antwoord die deur met ‘n skoot koue water.

  4. 4

    Jaco said,

    Lesson one: How to read notices and signs.
    Jy is op verlof, relax, ontkoppel die deurklokkie en geniet jou aftydjie

  5. 5

    Sonkind said,

    Dellie, kan jy nie ‘n skokdraadjie tussen een en twee aan jou klokkie koppel nie – dan kan die wat nie WIL lees nie, gou tot leesvaardigehid geSKOK word!

    Ek het desjare, toe ek in Secunda gebly het, vreeslik las van ‘n spesifieke geloof se mense gehad wat ontydig aan my deur kom klop het om my tot hul geloof te bekeer. My stiefpa het soms nogal oulike beeldjies gesweis, toe maak hy vir my ‘n mansbeeldjie met ‘n vreeslike meneer – ja, ek weet dis bietjie bar, maar nou ja. Langs my voordeur was ‘n venster, toe sit ek die beeldjie daar, heel duidelik in my vernsterbank! 😈

    Glo my, die geloofsmanne het nie weer geklop nie – ek dink hulle het seker besluit ek is onredbaar! 😆

  6. 6

    Adrie said,

    Sonkind

    Ek is mal oor daardie geloofsmense. In my tuisdorp het hulle begin om vir my weg te hardloop. Hulle het dit nie waardeer toe ek hulle na my geloof probeer bekeer het nie. Hulle was my gunsteling speelgoed.

  7. 7

    Dellie said,

    😆 Sonkind! Ek kan my daai gesigte voorstel! 😆

    Meermin, Jaco, dis gedoen. En ek gaan nou ‘n DVD kyk met oorfone, so ek gaan nie eers ‘n klop hoor nie. Ek is nie hier nie! 😉

  8. 8

    Dellie said,

    Whaha, Adrie! 😆

  9. 9

    sonneblomseplekkie said,

    Ding dong 😀

    hoop die een gaan deur…weet nie hoekom ek so sukkel om te post vandag nie…is al moedeloos…..

  10. 10

    demoerin said,

    Stem, as hulle nie ophou nie, slaat die klokkie moer toe. Jy gaan onmiddelik beter voel en hulle gaan jou nie meer kan pla nie!

  11. 11

    Wipneus! said,

    Ek ken die storie, hulle wou so uur terug kouse aan my smous!! My werkers weet nou al hulle moet net sê ons stel nie belang nie!! Hulle mag my nie eers kom vra nie. Ek wil niks meer hê nie, ek het alles (I wish)!! Ek het so bordjie by my hek laat opsit, dat geen smouse (en nog so paar ander mense) my klokkie moet lui nie….. probleem is, nou kan hulle nie lees nie. So dit “ding-dong” nogsteeds my klokkie. Mens kan nie wen nie.

    Lekker rus Dellie!

  12. 12

    Pikkelik said,

    Ek het nie meer ‘n fken klokkie nie… die goed werk nie saam met ‘n baba wat nie wil suip nie wil slaap en nageboortedepressie nie! Baie swak kombinasie wat nie meer is nie as gevolg van myself, ‘n hokkiestok en ‘n woordeboek! Maar dis ‘n lang storie!

  13. 13

    diebrein said,

    Dellie ja ek weet jy wil rus tussen 13h00 en 14h00, maar het jy geweet meeste besighede floreer gedurende 12h00 en 14h00 omdat baie mense van ander besighede se werkers dan op ete is en shopping doen.

    Wil tannie nie koekies koop nie?? Ha Ha ha ………….

    Ja ek wil sommer ook `n paar klappe uitdeel.

  14. 14

    diebrein said,

    Dellie kom lees more op http://diewerf.wordpress.com van my dogter se ondervinding op Heathrow lughawe. Ek dink jy sal dit interessant vind.

  15. 15

    BB said,

    Doen jouself nou ‘n guns en gaan kry by KitKat of die een of ander goedkoop winkel enige snuisterye soos ‘n 12-pak lighters of snaakse penne of watookal wat jou minder as R2 een gaan kos. As iemand iets wil kom koop by jou – sê dis reg, maar ek verkoop lighters!! net R10 een! Hoeveel gaan jy neem?? Ek het so ‘n paar goeters in my cabbihole – al wat ‘n robot-verkoper is en sy stront ehhhhmm ‘ware’ teen my ruit druk, ruk ek daai cabbihole oop en bied aan om te koop in ruil vir… hulle kyk my aan of ék mal is!! hmmmm… 🙄

  16. 16

    alta said,

    Ek sal ook om bemoerd wees.

  17. 17

    neykie said,

    😆 Ek sal my self ook goed strip as iemand dit met my doen op vakansie….

  18. 18

    voetjies said,

    Ek dink mens moet ‘n klokkie kry wat kan sê F%$^f as iemand hom druk. Dit gaan jou die moeite spaar om op te staan en self vir die ou te sê!

  19. 19

    Wipneus! said,

    Geluk met jou verjaarsdag môre Dellie!!! Ek hoop ek is reg, en dat jy koek gereed het!! 😆 Wipneus hou baie van koek!!!

  20. 20

    boendoe said,

    Dellietjie, baie geluk met jou b-day! Hoop jy het ‘n gelukkige, suksesvolle jaar wat voorle. En dankie vir die ou sonstraaltjie wat jy vir ons almal is! X

  21. 21

    Blue Eye said,

    Môre Vriendin

    Weet julle wat? Dis Dellie se verjaarsdag vandag. Veels geluk met jou verjaarsdag, hoop dat jy ñ wonderlike, uitstekende en ñ sonskyndag
    sal hê. Ons sal die dag saam met jou geniet.
    LEKKER VERJAAR!

  22. 22

    BB said,

    DELSCH!! Verjaar jy vandag?? If so: Happy, HAPPY Birthday, girl!! ♥♥
    (Nogal saam met die “US of A” – jou seun is seker much proud op daardie feit?!) Mag die Here jou ryklik seën!! xx

  23. 23

    WhiteKnight said,

    Hello Dellie
    Mag jy ‘n wonderlike en geseende verjaarsdag lewe he en nie net die een dag nie. Vrede; vreugde en voorspoed vir jou in alles.
    ps:Hoop osn kry gemmerkoekies vandag 😀
    Mooi bly

  24. 24

    Xanika said,

    Dellie
    Baie geluk, hoop jy het ‘n wonderlike dag.

  25. 25

    meermin said,

    Baie geluk met jou verjaarsdag! Geniet jou dag, hoop jy word vanaand tot in die afgrond in bederf!

  26. 26

    Pikkelik said,

    ♪♫♪ Happy birthday to you, happy birthday to you, happy Birthday dear Dellllllliiiiieeeee, Happy Birthday to you!!!! ♪♫♪ Tjorts!!!

  27. 27

    Marina said,

    ♪♪Veels geluk liewe Maatjie omdat jy verjaar♪♪
    ♪Mag die Here jou seën en nog BAIE jare spaar♪♫
    Hêppie Hêppie Dellie!!!!!

  28. 28

    Dellie said,

    Dankie vir al die gelukwense! 😆

    Dit was ‘n heerlike dag sover, Seun het vroeg gebel, so Ma loop heeldag met ‘n grin rond. Vanaand gaan ons so bietjie kuier saam met ons pels, en more heeldag slaap. :mrgreen:

    Lekker naweek julle! 😉 Tjorts!

  29. 29

    Zee said,

    Dellie, hierdie is nou wel so daggie laat maar anyway!

    ♪♫♪ Happy birthday to you, happy birthday to you ♪♫♪

    Hoop jy het ‘n stunning dag gehad gister!!

  30. 30

    mykopop said,

    Classes wil resume on 7 July? Oeps, môre IS 7 julie! Sterkte. Ek hoop ook jy het lekker verjaar.

  31. 31

    007meisie said,

    Happy belated Biffday! 😀

    Gelukkig doen die smouse nie die moeite om by die plase om te loop nie! Hehehe! So ekke werk meestal in doodse vrede…

  32. 32

    Janine said,

    Dellie!!!!
    Skies ek’s bietjie laat, maar HAPPY BIRTHDAY vir Vrydag. Hoop jy het ‘n great daggie(en sommer naweek) gehad en dat die jare wat voorle net liefde en geluk vir jou sal inhou!
    Dankie vir al die nice en interessante posts wat jy hier met ons deel.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: