Ons eet alweer

Suz, spesiaal vir jou! Hierdie is ‘n baie lekker ene, ek weet nie of dit die een is wat jy soek nie, maar probeer dit gerus. Dit het sade en goete in, en ek dink dit is nie so vreeslik ongesond nie… en dis maklik om te maak!

Hawermoutkoekies

Bestanddele:

250ml sagte bruinsuiker

250ml volkoringmeel

250ml witbroodmeel

250ml klapper

250ml hawermout

5ml koeksoda

1ml sout

10ml fyn kaneel

125ml rosyne

125ml sonneblomsaad

125ml koringkiem (opsioneel)

250g margarien, gesmelt

1 eier, geklits

30ml heuning

2ml vanieljegeursel

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 oC. Smeer ‘n bakplaat van 23 x 32 x 3 cm met margarien.

Meng die bruinsuiker, volkoringmeel, witbroodmeel, klapper, hawermout, koeksoda, sout en fyn kaneel saam. Voeg die rosyne en sonneblomsaad, asook die koringkiem, by indien verkies.

Meng die gesmelte margarien met die geklitste eier, heuning en vanieljegeursel. Voeg dit by die droë bestanddele en meng deur. Druk vas in voorbereide bakplaat, sny in blokkies en bak sowat 20 minute lank of totdat die koekies goudbruin is bo-op.

Laat afkoel in pan, breek in blokkies en bêre in ‘n lugdigte houer. Lewer sowat 30 blokkies.

En terwyl jy nou besig is met oats en so aan, probeer hierdie ene ook:

Sjokolade-hopies (ek ken dit as “Ongebakte koekies” of “Rotskoekies”)

Bestanddele:

500ml suiker

125ml melk

125ml kakao

125ml botter

125ml grondboontjiebotter

5ml vanieljegeursel

sowat 5 x 250ml hawermout of meusli, of ‘n mengsel van die twee

Metode:

Plaas die suiker, melk, kakao en botter in ‘n kastrol en bring tot kookpunt terwyl gedurig geroer word. Verlaag die hitte en prut dan sowat 3-5 minute lank.

Verwyder van die hitte en roer die res van die bestanddele by. Voeg net genoeg hawermoutmengsel by totdat die mengsel stewig is.

Skep hopies op velle waspapier wat op ‘n bakplaat geplaas is en laat staan tot stewig. Lewer sowat 46 hopies. (Jy moet vinnig werk as jy die hopies skep, die mengsel koel vinnig af.)

Geniet! As iemand nog ‘n lekker reseppie het om te deel, doen so asseblief?


Advertisements

13 Responses so far »

  1. 1

    Wipneus! said,

    Mmmm Dellie dit lyk lekker!! Ek geniet dit tog so as jy vir ons resepte uitdeel!!
    Maar ek is bevrees een van die dae rol ek soos ‘n sokkerbal rond…. 😆

  2. 2

    alta said,

    Klink heerlik Dellie.

  3. 3

    platterfuss said,

    Jy is NIE frokken snaaks nie…………………….. eish!!!!

    Maar, darem laaik ek jou nog! Hehehe! ((((DELLIE))))

  4. 4

    rb said,

    Ek stem saam met Platterfuss. Ek is nou die 2de week van suiker en koolhidrate af. Gaan eintlik heel goed, het nog nie gecrook nie. Maar ai, gisteraand moet ek vir dogtertjie sweaties koop vir die kosblik en daar is ek so lus vir ‘n tjoklit, maar ek het maar verbygehou.

  5. 5

    neykie said,

    die “rotskoekies” klink lekker gaan dit biekie probeer

  6. 6

    Paula said,

    Mmmmmm … dit klink te lekker!
    Gaan dit beslis probeer 🙂

  7. 7

    Suz said,

    Dellie

    Dankie vir die resepte, gaan dit beslis probeer!!!!!!!!!!!

  8. 8

    Dellie said,

    Plesier Suz – kom vertel, hoor? 😉

  9. 9

    skoor said,

    Ek het die ander dag op my resepte blog, skoorkos, ook amper sulke sjokolade koekies geblog – ek ken nie van die peanut botter nie, en gaan dit ook nie probeer nie, want toe ek nog kinders was kon ek die hele baksel alleen verorber.

    Vandag is dit ‘n ander ding, en eet ek maar eerder ‘n hele slab alleen! Dit voel minder. Mindfck myself, jy sien. Want daai stuff doen vicious goed aan ‘n ou se lyf. En die jimmel hoor my, voor ek 30 in is, het ek nie geworry nie. Nou moet ek darem maak of ek worry voor ek die dag 40 slaat.

  10. 10

    Dellie said,

    Uhm Skoortjie, moet nou nie my mood kom spoil vandag nie, man! Veertig lê en wink vir my… ek is nie groot op sjokolade nie. Dis lekker en ek het nie ‘n probleem om dit te eet nie, :mrgreen: maar ek sal eerder so ‘n rotskoekie eet as ek moet kies tussen die twee. En daar is darem oats in, hoor! Dis mos goed vir ‘n mens? 😉

  11. 11

    WhiteKnight said,

    Hello Dellie

    Dit alles lyk baie lekker, maar net een vraag: “Waar is my gemmer koekies”?

    😆 👿

    Groete van Huis tot Paleis; Pondok en Varkhok. 🙄 🙂

  12. 12

    Dellie said,

    WhiteKnight, sodra ek weer gebak het, e-mail ek vir jou ‘n foto… :mrgreen: Sal intussen die reseppie erens opsit, dan toets jy bietjie jou bakvernuf? 😉

  13. 13

    Llulu said,

    Hallo Dellie
    Ek het ook die sjokolade hopies gemaak, maar myne wou na ‘n nag se staan nog nie styf raak nie. Hoe nou gemaak? Het jy enige raad?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: