Sommer

Dis al weer Vrydag! Hoop julle is reg vir die naweek?

Oe, ek het gister sooo lekker gespeel met die glitter graphics – is hulle nie te cute nie?

Ek gaan vroeg naweek hou – het net vandag klasse tot 1uur, en dan is dit bietjie me-time. Daar is darem niks so lekker soos ‘n manikuur of ‘n facial om ‘n girl weer vrou te laat voel nie, né?

Anyways, geluk Madiba met u verjaarsdag, en sommer almal wat vandag verjaar. Mag die volgende lewensjaar vir julle net mooi dinge inhou. En onthou, as jy vandag verjaar, kan jy ‘n gratis ete by Nando’s kry – neem net jou ID boekie saam. JY HOEF NIE 90 TE WEES NIE, JY MOET NET VERJAAR VANDAG! Ek dink dis ‘n baie nice gebaar van hulle, maar ek wonder of hulle vandag enige wins gaan maak!

Geniet julle naweek!


glitter-graphics.com

15 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Dellie, hulle is te cute, net jammer ek kan dit nie by die werk sien nie. Ai, nou moet ek vir hierdie een ook wag tot vannaand!😉

    Geniet jou me-time!!

  2. 2

    boendoe said,

    Is dit nie net die 90-plussers wat by Nando’s kan gaan eet nie? As dit die geval is, sal hulle redelik safe wees. Daar kan seker nie baie van hulle wees nie… 😉

    Ja, jou poppies is regtig te cute vir woorde!
    Lekker naweek vir jou ok!

  3. 3

    sonneblomseplekkie said,

    Hi
    Dellie,
    Geniet jou middaggie af….en geniet jou Nando’s…as jy 90+ is hehehehehee 😀
    Spot ma net 😉 Lekker naweek
    Sonneblom

  4. 4

    Dellie said,

    Nee julle, Morning Live het Nando’s gechallenge daaroor, en hulle het toe besluit dat ALMAL wat vandag verjaar maar ‘n ete kan kry, nie net die oor 90 nie! So as jy verjaar vandag, GAAN EET VERNIET BY NANDO’S!😆

  5. 5

    Eben said,

    Dellie lekker naweek jy ook …. gaan groot met Nando’s en shooters🙂

  6. 6

    Rustig said,

    Met al die vervalste ID’s is dit ‘n groot risiko. Geniet die naweek!

  7. 7

    Carolina said,

    HI Dellie,
    Nice upgrade van jou blog!! Cute glitters!! Ek hou veral van die feeds wat jy opgesit het. Dit is baie handig!

    My seun verjaar ok vandag!! Gaan hom dadelik laat weet van Nando’s se offer!
    Hy is ‘n student en soos jy weet is studente mos altyd honger!!

    Lekka naweek!!

  8. 8

    flippiefanus said,

    As ek daai gesig in die nag moet sien skrik ek my boeglam.🙂 Wens ek het ook vandag verjaar.

  9. 9

    Paula said,

    Ek hou van die verbeterings op jou blog. Baie mooi!
    Geniet jou naweek!

  10. 10

    Dellie said,

    Sorry dis laat Carolina, maar baie geluk met jou seun se verjaarsdag! Hoop hy het toe darem ‘n gratis ete gekry?!😉

    En so van studente en eetlusse gepraat – dis darem vreemd hoe veral seuns soos ruspes is? Vandat my seun weg is, het ek nog nie die kuns van minder kook HEELTEMAL bemeester nie, en ou Esther dink dis heeljaar krismis! Gewoonlik het hy gesorg dat AL die oorskiet geëet word, maar vandat hy nie hier is nie, smile Esther all the way. Ek meen, mens mors nie met kos nie!:mrgreen: Maar ons spaar ook baie op brood en melk.

    Ja, die feeds is nice, né? Enige ander wat jy wil hê ek moet opsit?

    Howzit Flippiefanus? Ag dis dan so ‘n lekker sopperige soentjie daai!😆 Droom van daai gesiggie?

    Dankie Paula, ek sien jy speel net so lekker rond soos ek op glitter graphics.

    En uhm, Skoorjie, dis Saterdag aand en ekke is springlewendig,:mrgreen: Het ietsie gekry vir die keel, en het even weer ‘n stem. So ekke skrik nie eers vir Maandag nie, gaan dit aan die horings gryp en bloots ry!😆

  11. 11

    neykie said,

    Ja nee dellie daar is niks lekker as om op glitter graphics rond te speel nie. Geniet die res van jou naweek

  12. 12

    alta said,

    Nice Glitter Dellie. 😀

  13. 13

    boendoe said,

    Testing!

    Sorry, Dellie, maar ek’s skoon depressed! My comments gaan nerens deur nie…

  14. 14

    demoerin said,

    Damn! Mis ek toe nou uit op die free Nando’s!

  15. 15

    Dellie said,

    DMI, het ons jou bifday gemis?😯


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: