Is dit hoe die wiel draai?

My mind is in ‘n warboel. Ek is nie ‘n “sulker” nie, maar die vok weet, ek voel of ek in die hoek wil gaan sit en tjank. Ek weet nie hoe ek moet voel of reageer nie. Moet ek maar soos altyd die “regte” ding doen?

Ek het al voorheen ietsie kwytgeraak hieroor, gaan kyk. As jy hierdie possie wil verstaan, moet jy rerig eers daar gaan lees, ek wil nie weer alles herhaal nie. Dan behoort dit wat volg vir jou meer sin te maak.

Toe het ek nie uitgebrei oor my pa se tweede vrou na my ma nie. So ‘n rukkie nadat hy met haar getroud is, het ons een naweek besluit om sommer so onverwags tydens ons verlof, hulle te gaan verras met ‘n kuier. Jy weet, mens val mos sommer so in by familie en hulle is so bly om jou te sien. Dit was toe ook al ‘n hele paar maande sedert ons my pa en sussie laas gesien het. Seun was klein en ek was toe 10+ weke swanger, (kan nie presies onthou nie) met ons tweede baba, en ons wou sommer die verassing ook met hulle deel. Kom by hulle huisie, en hulle is nie daar nie.  Ons weet waar die tannie se kinders bly, en reken toe hulle is daar. En hulle is. Ons word heel gul ontvang by haar kinders, en kuier lekker saam met almal. Ek het selfs ‘n naamgenoot in een van haar dogters. Die tannie is net die hele tyd nors, en ek voel aan dat sy nie baie impressed is met ons nie.

Later gaan ons saam na pa se huis toe, en alles is OK. Ons het die Saterdag middag daar aangekom. Op daardie stadium het Kleinsus ook daar gebly. (By Pa en die tannie.) Ons het ons eie beddegoed gebring, en op die mat in die sitkamer geslaap Saterdag-aand. Omdat ons nie baie “uit” kom nie, wou ons Sondag die Dieretuin besoek, en hulle saamneem. Nee, moet ons hoor, Kleinsus het klere om te stryk, hulle sal ongelukkig nie kan saamgaan nie. Maar ons verwag ook nie van haar om vir ons te sorg vir kos nie, ons sal sommer iets by die Dieretuin kry. En ons maak seker sy verstaan dit.

Na ‘n heerlike dag waarin Seun homself so geniet het tussen die diere, keer ons terug na my pa se huis so teen 5uur. Die tannie ignoreer ons en onttrek na haar kamer. Ons gesels en kuier saam met my pa terwyl ons TV kyk. Net na sewe, kom die tannie die sitkamer binne in haar nagklere.  Sy kyk my vol in die oë en kondig aan dat sy nou maar gaan slaap, omdat sy dit nie kan verdra as mense sommer so op haar afpak sonder ‘n afspraak nie. Dit is verskriklik ongerieflik vir haar dat ons daar is. WTF???? Ons het mos nie kom intrek nie, ons sou Maandag oggend weer ry.  En is dit dan nou so ongerieflik vir haar as ons op die mat slaap en nie eers daar eet nie? Dis mos my pa se huis, en alhoewel ons nie ‘n wonderlike verhouding het nie, het ek nogal gedink ek is te alle tye welkom….

En net daar strip my moer soos nog nooit tevore nie! Ek bewe van onsteltenis en is sommer in trane ook. Die swangerskap hormone help toe ookie veel nie. Tussen die snikke deur verklaar ek: “As ek dan nou nie welkom is hier nie, dan gaan ons maar.” En ek maak my man en kind en beddegoed bymekaar en ons waai! En weet julle, my pa staan net daar en doen absoluut niks! Hy kom nie op vir my of iets nie!  Hy sê nie dis sy huis en ek is welkom nie! Dit was die laaste keer wat ons daar gaan kuier het. Hulle het ook nog nooit by ons kom kuier nie. ‘n Paar weke later het ek die baba verloor.

Nou is die tannie baie ernstig siek. Ek sou dit ook nie geweet het as Kleinsus my nie gebel het nie. Sy is nou al die afgelope drie weke in die hospitaal. Hulle mediese koste is glo vreeslik hoog. En nou vra haar kinders dat my pa se kinders maandeliks daarmee moet help. Ekskuus? I think not. Sy is niks van my nie. Sy kon my en my gesin nie eers een keer laat welkom voel in my eie pa se huis nie. Sy het nog nooit moeite gedoen om eers te bel wanneer een van ons verjaar nie. Ek weet ook nie wanneer sy verjaar nie. Ons ken mekaar nie. Ek kan nie aan een rede dink hoekom sal ek wil help nie?

Ai, dan kom sit daai outjie weer op my skouer en kla my aan. Is ek net bitter en kleinlik? Het ek die reg om so te voel? Ek is bereid om geld te skenk aan kinderhuise en mense wat sukkel in plakkerskampe, maar ek is nie bereid om haar te help nie? Maar aan die ander kant het vreemde mense my nog nooit soos ‘n hond behandel nie…

47 Responses so far »

  1. 1

    Adrie said,

    Dellie

    Eish!!!! Dit is ‘n kak een.

    Ek dink dit is vermetel van haar kinders om so iets van jou te verwag. Dit is regtig verregaande.

    Niemand kan jou verwyt as jy nie ‘n bydrae maak nie. Dit is immers nie jou plig nie en jy skuld hulle niks. Jou pa het jou geld geweier toe jou seun siek was. Payback.

    Tog is dit jou kans om te wys dat jy die beter mens is.

  2. 2

    Xanika said,

    Dellie

    Dit is omtrent ‘n k@k een. Baie sterkte met jou besluit, maar ongeag wat jy besluit gaan daardie vrou nie meer van jou dink as wat sy het nie…

  3. 3

    RB said,

    Ek sou definitief nie iets bygedra het nie. Skuus, maar dit is onregverdig dat jy goed genoeg is vir hulle net omdat hulle nou geld nodig het.
    Soos jy self noem gee jy geld aan welsynsorganisasies, so jy doen mos jou plig teenoor jou naaste!
    Sterkte met jou besluit.

  4. 4

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,
    Skuus, maar ek sou haar stuur. (En nie na ‘n spa toe nie) My kinders se pa het ook mos een aand toe my seun net die aand daar wou oorslaap vir hom in sy gesig vertel as hulle wil kuier moet hulle ‘n afspraak maak!!! Sy wou jou nie ken nie, so hoekom moet jy jouself oor die vingers tik daaroor?
    Sorry, maar met sulke goed is ek ‘n Bitch 😮

    Groetetjies
    Sonneblom

  5. 5

    CLAZINE said,

    Sjoe Dels, dit ‘n tawwe enetjie hierdie, want daar is so baie “gevoelens” op die spel en geen mens wil agterna loop met die wete “moes ek maar nie?”

    Ek dink jy moet maar “stil” oor hierdie saak en ek glo die regte besluit sal op jou pad gesit word. Baie sterkte ou girl.

  6. 6

    Blondie said,

    Dellie
    Kom ek se jou nou sommer reguit…. JAMMER OM VAN HAAR K@K TE HOOR!! Jy is niemand se vloerlap nie. Syt haar kanse gehad. Weet jy mense wil ons altyd sleg behandel en dan op die doodsbed wil hulle kom met… ja dis jou plig, blah blah blah… sorry. Charity begins at home. As sy julle deel van haar lewe gemaak het, en jou soos familie bhandel het, ander storie, maar my vriendin, jy is niemand se vloerlap nie!!
    Lekker dag

  7. 7

    karoles said,

    Dellie, ek sal definitief nie help nie as ek jy is nie. Nee wat, jy het probeer toenadering soek, en dit was in julle gesigte teruggegooi.
    My pa is ook weer getroud, bietjie aparte verhaal. Sy was saam met my in die klas … nou is sy met my pa getroud. Een aand het ek bietjie te veel wyn gedrink, toe sê ek vir haar … weet jy S, ons was saam in die klas, ons was huisvriende met julle gewees, en nou is jy my stiefma!!! Sy het nie geweet waar om haar kop in te druk nie, maar tufffff, ek wou dit eintlik al lankal vir haar sê!!

  8. 8

    Bottertjie said,

    Jammer vir die taal: Vok haar! Sy is niks van jou nie, net aangewerk! Jy doen jou deel vir ander organisasies, so jy het niks om oor skuldig te voel nie. Ek is dalk nou kras of whatever, stenig my, maar sulke mense verdien nie om gehelp te word nie. Ek raak sommer briesend hier waar ek sit, as ek nog harder op die keyboard gaan tik, gaan dit breek!

  9. 9

    vokov said,

    My Delilla. Jy het dit self gese: vreemde mense het jou nognie kak behandel nie.

    Jy weet nie hoeveel mense se lewens die ou teef al versuur het nie, en belowe die Woord en die lewe nie dat die wiel sal draai nie?

    Daai ding van draai die ander wang is nie hier van toepassing nie. Wees die beter een, se moer.

    Jy het probeer, en jy’t seergekry, en daarna seerder. Los haar en vok haar.

    Jammer ou girl, maar soos ek voorheen al gese het: vok die mense wat dink hulle kan op ander trap. Vok hulle. Want gou-gou is dit hulle beurt. (En vok die bleddie wit Afrikaner wat so hou daarvan om op getrap te word!)

    Vir wat wil jy haar nou gaan red? Jou pa het nie sy huiswerk behoorlik gedoen om te kyk waarmee hy trou nie. Dis nie jou vokin fout, of jou vokin lewe nie.

    Maak vir jou ‘n koppie tee, kyk uit oor die horison, en smile en wees lief vir jou man.

  10. 10

    neykie said,

    Dellie, dis nie altyd maklik om die regte ding te doen nie, en ek weet dat jy tog sal weet wat is die beste ding om te doen. My mening natuurlik is hoekom moet julle help? Nadat sy jou en jou familie so in die gesig gevat het oor ‘n verassing kuiertjie? Nee wat girla stuur haar kinders in hulle peetjie in…… (((dellie)))

  11. 11

    Adrie said,

    Dellie

    Ek gaan nou van die draad af klim en op AVBOB se stoep gaan speel.

    Ek se, dra by as jy enigsins kan.

    Die laaste ding wat jy soek is selfverwyt wanneer jy eendag oud en kranklik is. Jy sal nie ‘n oomblik verwyt he as jy wel ‘n bydrae gemaak het nie.

    ‘n Mens herstel nooit van ‘n onreg wat aan jou gedoen is, voordat jy daardie persoon vergewe het nie. Jy gaan die bitterheid en kak saam met jou dra, tot jy die ou-slet kan los maak. En dit gaan jy net regkry die dag as jy haar vergewe.

    Dit moet darem ook ‘n moerse bitter pil wees om te sluk as jy afhanklik is van iemand wat jy uit jou huis gejaag het.

    Ja, sy gaan iets kry wat sy nie verdien het nie. Maar jy, Dellie, gaan meer baat uit hulp wat jy haar gaan gee as enige iemand anders.

  12. 12

    Paula said,

    Dit is hartseer.
    Ek sê altyd …. hou jou kant skoon sodat niemand vingers na jou kan wys nie.
    Sterkte!

  13. 13

    krista said,

    Ek sou niks bygedra het as ek in jou posisie was nie. Sy is niks van jou nie.

  14. 14

    Suz said,

    Dellie

    Adrie sê presies hoe ek voel. Hulle sê nie verniet dat spyt te laat kom nie. Ek ek verstaan dat dit wat sy en in jou Pa aan julle gedoen het is nie reg nie.

    Maar het ons almal nie al iets gedoen waaroor ons baie spyt is nie? En daar is baie wat nooit die kans kry om dit reg te stel nie.

    Ek glo nie een van ons kan werklik vir jou besluit nie, ons weetnie waar deur jy is nie en elke mens hanteer ‘n situasie anders.

    Sterkte vir jou!!!!!!!!

  15. 15

    demoerin said,

    ‘n Lekker kak ene die Dellie. My eerste instinkte was… 😆 hulle is seker mal om van jou geld te verwag. My tweede gedagte was ook, miskien is die jou kans om te bewys jy is die beter persoon, en dat spyt te laat kom. Moenie worry nie daai een het vinnig oorgewaai. Die feit is, dit is jou besluit, solank jou gesin jou bystaan. Ai, die blinde sambok darem….

  16. 16

    Blondie said,

    Jy het niks om oor spyt te wees nie, sy was nie deel van jou lewe -behalwe by name nie…. dis al!!
    ek stem, maak vir jou ‘n koppie tee, vergewe haar in jou hart en laat Gods waters oor gods akker loop.
    CHARITY BEGINS AT HOME!

    Weet jy as jy gaan help gaan dit jou net meer bitter maak , want jy moet net gee en gee, en wat het sy vir jou gedoen?

    ….Jy is nie skuldig nie

  17. 17

    Zee said,

    Dellie, hierdie is n eina sakie, en ek dink regtig net jy gaan op die ou end weet wat om te doen. ((Dellie))

  18. 18

    Pikkelik said,

    Outch!!!! Sien dit so… As vreemdes jou vertel van ‘n ou tannie wat eintlik ‘n draak is, wat in die hospitaal lê en dringend geldelike hulp nodig het, wat sou jy doen… Ek ken jou!!! Jy kannie lieg nie, jy sou gee! Nou ja, maak ‘n once off donasie en gaan aan met jou lewe. Skoon gewete die works. Maar moenie ingesleep word by die maandelikse hulp storie nie, dis onnodig!

  19. 19

    Adrie said,

    Sodat daar nie misverstande is nie.

    Dellie, ek impliseer geensins dat jy skuldig is nie. As jy besluit om nie te help nie, sal ek jou nie veroordeel nie.

  20. 20

    Roer said,

    Dellie, ons almal weet jy’s beter as dit so betaal maar ‘n paar rand (dis my raad) net om die vrede te bewaar, maar MOENIE ingedoen en misbruik word nie. Niks meer as wat jy kan bekostig om af te knyp nie.

  21. 21

    Eendjie said,

    Moenie val vir daai een nie Dellie, sit liewers Sondag in die kerk iets ekstra in die kollekte bord of gee dit vir iemand anders wat jy weet dit ook nodig het. Sy het mos kinders wat na haar kan omsien.

  22. 22

    meermin said,

    Ek sal nie eers ‘n sent bydra nie!! Sy het jou soos ‘n hond behandel, doen dieselfde, die een hand was mos maar die ander hand! Nee wat haar soort kry nie eers ‘n ysblokkie van my nie! Laat haar kinders die dokters rekeninge betaal, dit is immers hulle moeder! As jy nie jare terug welkom was in haar huis nie, is jou geld ook nie goed genoeg vir haar nie! Sterkte.

  23. 23

    boendoe said,

    Dellie, nie ‘n sent nie. Niks. Nada. Elke huis het maar sy kruis, en daai kruis is hare. Definitief nie joune nie. Jy het niks om oor skuldig te voel nie.

  24. 24

    Wipneus! said,

    Dit is ‘n moeilike storie!!

    Maar as jy gegee het, gaan jy beter voel!! ‘n Mens se gewete is maar ‘n snaakse storie, die ding ry jou tot jy dood gaan!!!
    Ek stem saam Roer, gee net soveel soos jy kan afknyp, moenie misbruik word nie.
    Sterkte met jou besluit.

  25. 25

    Blixer said,

    Ag nee! Nou dat sy siek is word die hand van ‘vriendskap’ uit gesteek! Jy is haar en haar gesin niks verskuldig nie. Deur te gee sal jy ‘n beter mens wees as meeste van ons, maar ek, ek sou haar en haar familie in hulle maai in gestuur het! Punt. Klaar!

  26. 26

    Skapie said,

    Sorry maar hier sal ek ook hard wees en ‘n dowe oor gooi. Jy het nie haar optrede verdien nie, en sy het die kans wat jy gehad het om ‘n close verhouding met jou pa te behou opgevoeter. Dis nou maar so, wat jy saai sal jy maai, sorry antie!

  27. 27

    Dellie said,

    Dankie vir al julle menings. Ek lees dit al heeldag, maar ek het nog nie veel te sê daaroor nie. Die meeste van julle se reaksie, was my eerste reaksie. 😦 Ek sal ‘n mindshift moet doen vir die ene, vok, die donker kant van my wil donners lekker kry omdat sy nou swaarkry! 👿

    Ja, ek HET actually ‘n donker kant, en dis nie mooi om te sien nie! (!) Dis soos die Hulk – “don’t make me angry – you wouldn’t like me when I’m angry”.

    Maar – so there – ek is net ‘n mens. En ek raak soms gatvol vir myself omdat ek hierdie ding het om elke flippen mens op die aardbol te wil help. Al is dit dan nou nie om te oorleef nie, ten minste om beter oor hulle self te voel. My vriende spot al as hulle bel – hoe gaan dit by die “house-of-hope”? EK IS GATVOL DAARVOOR!!!! Ek is nie hierdie engeltjie wat party van julle dink ek is nie. Dis met baie beheer wat ek dit regkry om nie sommer net sarkasties of lelik te wees nie. My mind is vlymskerp, en soms vind dit die weg na my tong sonder dat ek beheer daaroor het. Menigmale spring die engeltjie in my die hele gedoente voor, en dink ek weer voordat ek op sommige plekke comment. Ek dink my vingers is so pas oorgevat, want ek weet nie wie nou hier tik nie.

    Dus sien julle my nou anders na ‘n jaar en ‘n bietjie. Ek kan ook uitfreak!!! Ek is nie altyd, elke oomblik in beheer nie! Allermins! Ek is ‘n vokin wrak op hierdie stadium, en soms was ek al ‘n ramp, maar niemand het dit agter gekom nie.

    En nou gaan ek my kop so ‘n paar keer teen die kosyn stamp sodat die regte Dellie weer kan terugkom. Dankie dat julle geluister het. Ek waardeer dit meer as wat julle dink, en Liefie NOG meer. As dit nie vir hierdie blog was nie, sou hy ALLES moes ontgeld het vanaand. Imagine – die arme man sou vir ten minste 2 ure na my moes geluister het! Nou is die hele storie duideliker vir my, en ek hoef hom net headlines te gee – sy input is nogsteeds baie belangrik, maar oor die algemeen weet ek hy soek nie al die details nie. Hierdie het hy ten minste saam deurleef. Maar ek sal OK wees. Rosa het my herinner aan Solitude – dis wat ek nodig het. ‘n Moerse lang bad vol bubbles en tyd vir me en myself. Sodat ek dit in die oë kan kyk en daarmee deal, dit uitsort en daarmee kan saamleef. Ek sal OK wees. Dink ek.

  28. 28

    Rustig said,

    Net jy kan die besluit neem. Moenie die gewete sus nie. Ek glo nie in daardie een nie. Of jy nou gee of nie, ek twyfel of hulle nou skielik hulle gesindheid sal vernader. Hoekom nou skielik bel en verwittig. Jammer my hart word sommer klip.

  29. 29

    whiteknight1 said,

    ((((((Dellie)))))

    Hierdie tipe van ding is nooit maklik nie en ja almal gaan jou nou van “raad” bedien soos hulle dit sien en bedink.

    Op die einde van die dag is dit tog net jy en jou gesin wat hierdie vraag kan antwoord.

    Jy ken jouself en die omstandighede die beste.

    Ja daar is meer as een faktor hier ter sprake.
    1) Jy was sleg behandel en jou Pa het nie vir jou op gekom nie.
    2) Jy het geen kontak met hulle gehad vir jare nie.
    3) Sy is nie jou eie ma nie.
    4) Kan julle enigsins finansieel bekostig om wel te help, eenmalig of permanent.

    Gaan alles maar deeglik deur (skryf neer, elke punt met voor en nadele, dit help as mens die dinge op skrif bekyk en nie net in die kop rondmaal nie) en moenie dat ander jou uitbuit nie, veral nie oor hulle op jou gevoel speel nie, besluit wat jy wil doen suiwer op grond van feite en wie jy is en nie ander wat die situasie probeer plooi om ‘n besluit uit jou te dwing nie.

    Groete en sterkte daar vir julle Dellie.

  30. 30

    boendoe said,

    Ja, ek moet saam met Knight stem. As julle regtig ‘n paar duisend rand het wat rondle en julle weet nie wat om daarmee te doen nie, by all means. Maar as dit beteken julle moet julle begroting aanpas om hulle tegemoet te kom, NO WAYS!!! Sjoe, ek is sommer opgewerk vir jou part!

  31. 31

    Dellie said,

    Dankie Whiteknight – daai pro’s en con’s lysie lê hier en lag vir my … ek is ook ‘n “lysie mens”. Ons het nie geld om elke maand sommer net af te staan nie. Soos wat dit nou is, sorg ons alreeds vir twee gesinne buiten ons self (ek sê hierdie nie om simpatie te kry nie, net om die feite te wys.) Ons self het nie eers ‘n mediese fonds nie. My besigheid doen goed genoeg om ons te onderhou. Liefie s’n het hier en daar nog hulp nodig en die fondse kom van my af, as dit nie anders kan nie. Ons is rerig nie ryk nie, ons stop net elke maand betyds al die gaatjies toe. Maar ons kan eet en daar is ‘n dak oor ons koppe. En ons kan so bietjie gaan dans en coke drink! 😆 Flip, mens kan ook nie heeltyd net suffer nie, né?

    Ag mense, soos julle weet, is ek more weer OK. Weereens SSSSSoooo dankie dat ek ‘n klankbord hier kan vind om my eie gedagtes net uit te sorteer. Julle is almal baie spesiaal vir my. Ek kan nie wag vir daai lang bad nie… :mrgreen:

  32. 32

    whiteknight1 said,

    Dellie

    Veral as liefie die rug kom was in daai bad. 😉

    Mooi bly en pas julle self op.

    Lyk vir my jy is al oppad na die regte antwoord toe. 🙂

    Groete

  33. 33

    Dellie said,

    Jy weet dan! 😳

  34. 34

    Carolina said,

    Hi Dellie,
    Dink aan jou!!!

  35. 35

    Ek ken van daai ene (my pa is ook met ‘n tannie getroud). Dellie, ek weet hoe voel dit.
    Tannie-wie-ookal is nie jou verantwoordelikheid nie, jou pa is, sou dit dalk nodig word.
    Maar wag, laat ek nie te veel hier praat nie. As jy wil kan jy my mail, maar jy hoef ook nie. Strongs vrou!

  36. 36

    Emil said,

    Ook mens, Yin en Yang. Die twee gaan hand-aan-hand. Engeltjie en duiweltjie. Die een bestaan nie sonder die ander nie. Dood normaal in ‘n wêreld totaal gek. Donker en lig, sonskyn en reën. Die lewe is altyd op hierdie garinkies gebalanseer.

    Aan die einde van die dag gaan dit net oor wat jou laat beter voel. Erken die Ego in dit alles en wat Eckhart Tolle die “pain body” noem. Lees gerus sy A New Earth. Seminaal.

    Ek dink jy weet reeds wat om te doen.

  37. 37

    Dellie said,

    “Dood normaal in ‘n wêreld totaal gek.” Dit maak nie vir my sin nie, maar dis presies hoe ek nou voel. EK maak nie sin vir myself nie.

    Ek moet net van jou verskil op een ding, Emil, dit gaan nie op die ou end oor wat my laat goed voel nie, dit gaan oor waarmee ek kan saamleef, waarmee ek kan vrede maak binne myself, vir myself, sodat ek kan aanhou lewe sonder daai outjie wat so ongevraagd op my skouer kom sit en my aankla. En dis daaaar waar die knoop lê…

    Die bad het nie veel gehelp nie. Maar die bubbles was nice. :mrgreen: Ek gaan nou slaap. Saam met my liefie, wat my gaan toevou in sy arms en laat vergeet van al my sorge… 😳

    Miskien het die oggendstond tog goud in die mond vir my. Ek hou nie daarvan om so down te wees nie, maar more is ‘n nuwe dag wat moet uitkyk, ek gryp dit mos sommer so aan die horings en ry dit bloots! 🙂

    ‘Night julle! En dankie. 😉

  38. 38

    Arabier said,

    Dellie,
    luister na jou hart!
    En doen dan…
    Sterkte, ons wéét jy is ‘n goeie mens!

    Grootneus 🙂

  39. 39

    platkuif said,

    soos water van ‘n eend se rug

  40. 40

    Wondernet said,

    Ja soos Kuifie sê: Soos water op ‘n eend se rug!!

    Maar as jy voel dat jy wel iets wil bydra stel ek voor dat jy 10Zim$ per maand bydra. Dan kan niemand sê jy het nie jou plig teenoor jou Pa nagkom nie en jy sal nie jouself verwyd nie en jy sal ook nie jouself verarm nie.

    Sterkte.

  41. 41

    demoerin said,

    😆 @ wondernet! Dellie, hoop die oggend en lekker nagrus het antwoorde gebring. Andersins….trek jou skouers op….DILLIGAF

  42. 42

    Blondie said,

    Sterkte vrou, dink an jou
    Hoop jy voel beter vanoggend!
    🙂

  43. 43

    Blondie said,

    Nuwe dag, nuwe hoop?

  44. 44

    Adrie said,

    Ag shit

    Sorry Blondie, ek sweer dit was nie aspris nie.

    Ek was 43, moet my nie vra wat fout gegaan het nie.

  45. 45

    Dellie said,

    Blondie, ja, ek voel effens beter vandag. Nog nie heeltemal nie, maar die son skyn weer. Dankie vir jou omgee! 😉

  46. 46

    Dellie said,

    OK, Adrie, dan is daai antwoord seker vir jou bedoel? 😆 Lyk my die f*ck-up fairy het hier kom draai…

  47. 47

    Eben said,

    Om een of ander rede het ek nie gister die posting gesien.

    My eerste reaksie was ook OEPS wat het ons hier. Maar jy weet Dellie, ek behandel mense altyd beter as wat hulle my behandel. Goed ek strip my ook geweldig, maar koel baie vinnig af. Maar ek weet (hoopso 😉 ) wat in jou hart aangaan, en waardeur jy moet gaan sal lei tot jou besluite.

    Sou ek in daardie skoene gestaan het, jammer vriendin, ek sou NIE gehelp het nie. Ek sou omgedraai het en weggeloop het, en genoem het ” … kry vir jou ook van die!!” Maar weer aan die anderkant, leer ons nie van vergewe en vergeet?

    Soos ek ook altyd se, ‘ek het jou vergewe maar ek sal dit nooit vergeet!’ Lees mooi wat ek vir jou skrywe ….. ‘Ek het jou vergewe, en ek sal die nooit vergeet ….. dat ek jou vergewe het!!’

    Sou ek bydrae gemaak het ….. NEE (!!) maar ek het haar vergewe!! Lekker dag, maar wees verseker jy het twee W’s wat baie lief vir jou is.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op CLAZINE Kanselleer antwoord