Nog ietsie van V@k@f

Vokof hoor noudie aand op die lughawe die grappie van die Boesman wat deur die duine stap, en hy tel ‘n spieel op. Vok, toe hy daarin kyk, sien hy sy oorlede pa, en hy begin huil.

So loop hy vir dae met die spieel in sy bladsak, en elke keer as hy daarin kyk, dan vokin huil hy.

Sy vrou strip haar moer vir die ritueel, gryp die spieel by hom, kyk daarin, en sien ‘n vokin lelike gesig terugkyk.

‘Jou gemors’ skree sy vir hom. ‘Wil jy my se jy sit en skree oor die lelike meit!’

Ek moes lag. Want soveel keer dink ons dat ons mooier en slimmer en vokin meer geld het as die ou langsaan. En soveel keer hoef mens net jou bek oop te maak, en val jy sommer self in ‘n vokin gleufie af!

Of jy dus nou dink jy gaan met jou gesiggie die wereld verower, of met jou gesiggie jouself gewild maak. Vokin feit bly, maak jou bek oop, en kyk in watter gleuf jy val.

Dis hoekom Vokof weinig praat. Uit die aard van my werk het ek nodig om te praat. Maar oor werk. Verder het ek min verbaal te se. Maar die geskrewe woord sal my beste vriend bly tot in lengte van dae. Met die sleutels onder my vingers voel ek ‘n vok oor die beeld wat mense van my het. Ek verras, of verafsku jou eerder as ek die dag my mond teenoor jou oopmaak.

Maar dit is hond kak om hierdie beeld van iemand te he, en die iemand beeld sy eie vokin beeld net met alle erns uit, en dan maak die persoon die bekgedeelte oop, en jy hoor kommingeit deurslaan soos jy nooit kon vermoed nie.

En Vokof kom met almal oor die weg. Wit en bruin. En mens kan sien as kommingeit dieper as die vokin adres loop!

My wens waarmee ek julle vanaand, hier op die lughawe in Kairo agterlaat, is dat julle sal lewe, sal skryf en sal praat soos jou vokin grein is. Moenie die wereld daarbuite probeer bullshit met jou moerse baie belangrike vokin werk, jou selfgesentreerde gediggies en kak one-liners nie.


Wees wie jy is, en as dit kommin is, deel dit met ander. Dan skrik hulle dalk nie so vokin groot as hulle jou eendag raakloop nie.

Okay julle vokirs in die blogging ruimtes. Geliefdes, belaglikes, jagses en kinderagtiges. Ou Vokof gaan nou eers die kontinent verlaat, wat beteken ek gaan nader aan beskawing wees, en as die tyd dit toelaat, sal ek neushare kom trek, en kots oor ‘n paar blogs.

Net oor ek so ‘n kommin skrywer is. Vokit, julle weet mos.

Koebaai!

26 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    *snik* Ek mis die vokker al klaar… 😦

  2. 2

    Wipneus! said,

    Vokkie ek sal nie weer gediggies en one-liners plaas nie ek belowe whahahaha 😆

    Moenie te lank wegbly nie!!

  3. 3

    demoerin said,

    😆 Vokkin wyse woorde van ‘n klein vokkirtjie! Ek onthou my ouma het altyd geseg….Bo blink, en onder vol stront.

  4. 4

    CLAZINE said,

    En dis hoekom ek so baie van jou hou, jy’s so vokkin reguit!

    Mooi loop Vokkie.

  5. 5

    Pikkelik said,

    As ek nou ooit vokken ware woorde gelees het, is dit nou!!! Mooi so Vok… Vok lekker verder!

  6. 6

    Pikkelik said,

    Nou WTF!! Waar is my kiddies se gevreetjies?!

  7. 7

    Eben said,

    Baie baie waar Vokkie!! Maar ons sien uit na jy terug koms, om die ander bietjie op die tone te hou :mrgreen:

  8. 8

    Blixer said,

    Geniet die beskawing!

  9. 9

    Dellie said,

    LOL @ Wipneus! Gelukkig het ek noggie getry dig nie – dit sal nou vir jou ‘n ramp wees! :mrgreen: Ek los dit maar vir julle wat kan!

    Boends, *sug* ja, ek ook! Ons sal ons oge maar moet oophou vir sy -ots-strepe oppi blogs… 😦

  10. 10

    neykie said,

    Geniet die beskawing, moet ons net nie vergeet nie. hehe

    Lekker dag vir jou Dellie

  11. 11

    boendoe said,

    Delilla, die vokker is nooit weg nie! http://vokov.wordpress.com

  12. 12

    meermin said,

    Lekker middag verder, ek het toe nooit vanoggend so ver gekom om al die blogs te lees wat ek wou lees nie!! Het eers net nou al my mails klaar gelees gekry!!

  13. 13

    Dellie said,

    Thanx Boendoe, jy is soos ‘n bloedhond! 😆 Ek het ook klaar by die vokir gaan draai, en my blogroll ge-update. Van nou af hou ek hom dop met ‘n arends-oog…. 😉

  14. 14

    hey ou pel!!!! ek het jou…..

  15. 15

    CLAZINE said,

    Dels,

    Dankie, ek sien jy het my Nolla hondjie se gravatar gesien! Met ou Parkie se hulp sommer tjop-tjop reggekom!

    Lekker aand vir almal.

  16. 16

    vokov said,

    Nee Roos, ek het JOU!

    Delilla, ek was nog besig om vir jou persoonlik ‘n mail van innige dank en vokin waardering te tik toe ‘n noodgeval my aandag verdeel. En toe ek terugkom, sien ek dat ek reeds opgespoor is. En dit van een comment op die skone Wipneus se blog.

    Dus, liewe Delilla, jy is van ou Vokov ontslae. Vir vandag. Maar more kom, en dan weet jy nie waar ek aanklop vir bietjie kakpraat nie. Dankie vir die oomblik waarin ons in simbiose met mekaar kon saamleef. Ek waardeer dit.

    Julle ander kleine vokkirkies – ek lees julle!

  17. 17

    Dellie said,

    Ag ou Vokof, hierdie klomp is wakker hoor! Ons is miskien commin, maar nie vokin onnosel nie! En ons kyk uit vir mekaar. En jy weet mos ek is altyd beskikbaar vir jou… 😳 Dis nie so kinky soos dit klink nie, OK??

  18. 18

    Is die nie so kinky soos dit klink nie??? Hoe teleurgesteld is ek nou! 🙂

  19. 19

    Dellie said,

    Rosa! 😆 Ek en Vokkie het ‘n verhouding beyond comprehension! hehehehehe 😆

  20. 20

    skoor said,

    Geen wonder hy noem jou sy Delilla nie!

    Rosa, ons moet maar tussen die lyne begin lees, as ons weer sien, het Vokof vir Dellie gesteel – ons eerste blog skande! (Of nie…)

  21. 21

    Dellie said,

    Whaha Skoor! Nee wat, so maklik sal dit nou nie wees nie! 😆

  22. 22

    Emil said,

    Ek dink daar is ‘n les te leer hier. Maar weinig praat en blogging is nou nie juis sinoniem nie. Ek volg van nou af die Taoïsme. Nie-veroordelend (al is dit moeilik as iemand jou summier vloek) en ‘n aanhoudende strewe om eerder op die houding van mense te reageer as hulle aksies.

    Maar dit is tog so lekker om naamloses met sarkasme en satiere sleg te sê. En dan toe te sien wat uit die gate kruip en wie die skoene aantrek.

  23. 23

    HotStuff said,

    Emil wie het jou met ‘n gun teen die kop gedreig om hierdie blog te lees?
    Emil ek dink die dag as jy gaan lag, gaan jy vokkin kraak.

  24. 24

    Emil said,

    Sien wat ek bedoel, Dellie? 😉

  25. 25

    Emil en dellie:

    O…my…genade…(nou moet ek lag, dat mense posts so kan misverstaan)

  26. 26

    pluim said,

    Dankie Dellie dat ek nou vir vokof kan leer ken deur jou. Is baie inkennig in blogland.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op rosalindfranklin Kanselleer antwoord