Phakisa

Start

The Phakisa Freeway (Phakisa means “hurry up” in Sotho!) is an international standard, multi-purpose motorsport facility situated in the heart of the Goldfields region of the Free State. Construction of the facility commenced in September 1998, on the site of the old Goldfields Raceway. By late April 1999 the circuits and paddock facilities had been completed and the first National Race event was held a mere 6 months after work had started. The entire facility was completed in time for the penultimate leg of the 1999 FIM Motorcycle Grand Prix held at the circuit on 10th October 1999.

The track boasts a 4,24km road course as well as a 1,5 mile banked oval track similar to the highly acclaimed Las Vegas Motor Speedway in Nevada. The Grand Prix road course was designed in conjunction with officials of the FIM and is rated as one of the safest circuits on the GP tour. It is 12m wide throughout and has 14 turns, 5 left and 9 right-hand. Although the straights are relatively short and the top speed is slower than on many tracks, the circuit has no chicanes, which makes for a fast and flowing ride.

On his first visit to the circuit in late 1999, Alex Barros rated the fast right-hander at the end of the back straight as the best in Grand Prix bike racing! After taking to 500cc crown in the 2001 South African MotoGP, Valentino Rossi said “I love this place – it is one of the most demanding racetracks in the world, and you have to be brave to win here.”

Phakisa has since been the venue for numerous local and national racing events. It has been the site of five World Grand Prix’s, in 1999, 2000, 2001, 2002 and 2003. The track has also drawn international motor vehicle manufacturers who have found Phakisa to be a top-flight testing track. MotoGP, organisers of the World Grand Prix circuit, the riders, their retinues and sponsors have pronounced Phakisa, along with its staff and facilities, to be a superb venue and rate the track as one of the best in the world.

Track Statistics

Length : 4,242m
Width : 12m
Longest straight : 413m
Shortest straight : 36m
Shortest radius corner : 40m
Elevation difference : 6,3m
Elevation above sea-level : 1350m
Geographical co-ordinates : 27054′ south 26043′ east

Phakisa Raceway

Phakisa Raceway

Ek is nou nie so ‘n motor of motorfiets fan dat ek weet wie ry op of met wat, en wie is kampioene nie. Maar ek hou van die vibe wat daarmee saam kom.

Die sad ding is dat daar die afgelope jare, vanaf 2003 toe die laaste Grand Prix aangebied is, nie veel gebeur nie. Of daar gebeur wel iets, maar dit word nie vreeslik geadverteer of ondersteun nie.

In die beginjare was dit ‘n fees. Vir die naweek van die Grand Prix, is die hoofstraat, Stateway, vanaf die Vrydag middag tot die Sondag afgeblok tussen twee sirkels, daar waar al die lekker kuierplekke is, en daar is geparty! Ek dink nogal dit het ons stad uniek gemaak, ek weet nie van enige ander stad waar die polisie volunteer om mense wat te veel gedrink het huistoe te neem met busse nie!

Die gees was ongelooflik. Almal kuier saam met almal, daar word vleis gebraai in skottelbraais op die sypaadjie, daar is stalletjies met drinkgoed, speelplek vir die kinders. Motorfiets ryers het van oral oor gekom, en daar is om en om gejaag en gespin en sommer net afgeshow. Baie tyres het hulle laaste spin gespin. Daar was ook ‘n paar lelike ongelukke, maar wanneer alkohol en motorfietse gemeng word, is dit seker te wagte. Die nooddienste was by die bo en onderpunte van die sirkels beskikbaar, en daar is redelik vinnig opgetree in sulke gevalle. Van ons pels het vanaf Johannesburg deurgekom vir die laaste Grand Prix – met ‘n hele gang motorfiets ryers! Elkeen het ‘n slaapsak gebring, en ons het darem gesorg dat hulle onderdak kan slaap. Daar is die hele naweek gekuier. Die laaste ene was seker die lekkerste.

Die afgelope naweek was daar weer bietjie aksie op die baan, en ons het besluit om te gaan kyk. Volgens die koerante sou daar ‘n display wees van die motors en motorfietse op die gewone plek in Stateway Vrydag aand. Dit was effe van ‘n teleurstelling, want net ‘n paar motorfietse het opgedaag. Nietemin het die verkeersafdeling blitsvinnig die pad gesluit, en kon die outjies so vinnig vir ‘n paar rondtes afshow op die gewone manier. Hierdie outjie (sorry, ek het nie ‘n clue wie hy is nie!) is net 15 jaar oud en jaag ‘n 1000cc motorfiets! Oi, die fietsies is mooi!

15 jarige op 'n 1000cc fietsie

Check my bike!

Saterdag was daar die Wesbank V8 Supercars, Formula VW, en die Concept cars wat nogal nice was. Ons was bietjie laat en het die eerste races gemis. Ek het probeer foto’s neem, maar dit was bietjie ver, en dis ‘n nuwe kamera. As ek zoom is alles uit focus uit! Moet seker die manual gaan lees! Hehe.

Formula VW

Formula VW

Supercars

Supercars

Ag, all in all was dit ‘n lekker uitstappie. Ons het weer soos van ouds ‘n coolbag gepak met lekker eet- en drinkgoed, en die dag geniet. Die opkoms was teleurstellend – en dit was regtig nie onbekostigbaar teen R40 per kaartjie nie. Die sement paviljoen het seker 20 mense opgehad, en verder het die ander ouens soos ons op die graswalle geparkeer en dit vanuit ons kampstoele besigtig. Ons het natuurlik in ons Blou Bul sweetpakke en keppies gegaan – en was toe as vreeslik verwaand en arrogant beskou, siende dat die Leeus ons actually gewen het Vrydagaand! Maar dit het ons min gespin, ons IS mos arrogant en verwaand, en ons het sommer ‘n paar nuwe Bul pels bygekry.

Bron

Advertisements

25 Responses so far »

  1. 1

    Paula said,

    Mal oor die motorfietse! 🙂

  2. 2

    Die Brein said,

    Dis nou nie my cup of tea nie. Ek was vroeer jare `n paar maar by `n paar wettige Street dices , maar die organiseerders is bar en onbeskof. Mense suip en wangedra hulle. En ja in Nigel se derderangse dices is al `n paar mense dood en ook kinders.Dit agv nalatigheid van ouers en organiseerders. Dis vir my te commin. Maar die groot races en formule1 is `n ander klas.

    Maar die oorgrote meerderheid street dices bring die lelik uit mense uit.

  3. 3

    boendoe said,

    Delilla! Wat bedoel jy met “dat die Leeus ons actually gewen het”?? Moes jy nie eerder se “dat die Leeus ons natuurlik gewen het”? Dit sou net soveel meer sin maak! 😆 (Ai tog, ek kon nie die geleentheid laat verbygaan nie!)

  4. 4

    Dellie said,

    Whahaha Boendoe, ek het GEWEET uit die hele possie gaan jy daai ene uithaal! Whahaha! 😆

  5. 5

    boendoe said,

    Tsk! Hoe ken jy my dan? 😉

  6. 6

    Tersia said,

    Kyk, ‘n motorfiets is nou my oudste se grootste wens! Steeds weet ek nie of dit die regte ding is nie. Dis darem so gevaarlik! Maar ons kan ons kinders seker nie in watte toedraai nie!

  7. 7

    koeksister said,

    Ek wag vir dag wanneer die F1 Phakisa toe kom, ek’s sak en pak daar, langvergete familie in Welkom moet maar net opsit met my. 🙂

  8. 8

    Dellie said,

    Tersia, moeilike ene. Ek weet myne se kop het ook op ‘n stadium in daai rigting gestaan. Kyk, ek weet daar is baie verantwoordelike motorfiets ryers, maar hulle lyk vir my nogsteeds so blootgestel – niks tussen hulle en die pad of ‘n boom nie.

    Koeksister, ek laat weet jou onmiddelik daarvan! En as die family jou nie wil slaapplek gee nie, is hier plek vir jou! 😉

  9. 9

    blogjouself said,

    Ek dink die probleem hoekom dit leeg staan is logieka. Wie in die lewe het besluit jy bou so smart baan teen so baie geld, in Welkom. As daar dalk ‘n F1 grand prix is sal mense van ver ry soontoe. Maar motorsport is nie so groot in SA nie, en mense sal wragtig nie so ver ry vir ons ou gewone wesbank en produksie kar wedrenne nie. Self die renbane in gauteng, wat tussen miljoene mense gebou is, sukkel om baie mense te kry. Kayalami en Zwartkops.
    As ek reg kon onthou het baie mense al voor daai baan gebou is, gese dit gaan ‘n wit olifant wees.

  10. 10

    alta said,

    Ai verlang ek nou na my dae in Welkom.

  11. 11

    Pikkelik said,

    Die naaste wat ek nog ooit aan ‘n wedren was (buiten die TV) was by Tarlton se ‘dragraces’ ek was iewers in die hoërskool en al wat ek onthou is hoe ek gesukkel het om die stukkies ‘tyre’ van my sonbril af te kry! 😆 😆 Maar ek sal nou glad nie omgee om Mynick vir so ‘n outing te vat nie! Ek sal in my glory in bederf word vir MAAAANDE!!!!

  12. 12

    Dellie said,

    Ricky, weet jy, baie mense was skepties toe hulle aankondig hierdie baan gaan gebou word. Maar “hulle” was oortuig dat dit ‘n wonderlike ekonomiese inspuiting vir ons streek sou wees. En in die jare wat die Grand Prix aangebied was, was dit wel die geval. Al wat ‘n gastehuis is was volbespreek, die restaurante het al die pad bank toe gesmile, en in die laaste twee jaar kon elke ou wat ‘n vry kamer in sy huis gehad het, ‘n paar rand skep. Die “toeriste” is nogal uitgebuit. Maar dit het ook net geduur vir die paar weke rondom die Grand Prix.

    Wat gebeur het dat ons van 2003 af nie weer ‘n Grand Prix gekry het, weet ek glad nie. Maar ja, nou staan die wit olifant hier. En dis sad. 😦

    Pikkie, jy sal omtrent in sy goeie boekies wees! Miskien moet jy daai in gedagte hou as jy dalk eendag ‘n goeie “ekskuus tog my lief” nodig het! 😆

  13. 13

    sonneblomseplekkie said,

    Dellie, ek is bly om te hoor julle polisie en verkeersmanne werk saam met so street race event. Hier by ons word dit glad nie toegelaat nie. Ons was ook vroeer jare betrokke met street dices. Maar almal het maar oor die skouers geloer wanneer die verkeersmanne oppad is. Dan was dit gatskoonmaak van ander aard. Skielik was daar meer mense wat op ‘n Sondagaand ‘windowshopping’ gedoen het as wat daar mense op ‘n vrydag middag in die dorp was 😀 Maar ja, those were the days.

  14. 14

    Wipneus! said,

    Ek hou van karre wat vinnig ry. As Grand Prix op tv wys sit ek vasgenael!
    Wat kan ek sê ek hou van spoed whahaha 😆

    Julle het ‘n lekker uitstappie gehad Dellie

  15. 15

    meermin said,

    Onthou jou bloeddruk pilletjies!! Baie belangrik so vroeg in die oggend!

  16. 16

    Dellie said,

    Hie-hie, Meermin! 😆 Ek sal hulle nou maar getrou sluk voor ek by jou gaan kuier! Geez, ek gloei nogsteeds! 😳

  17. 17

    platterfuss said,

    Ek dink volgende keer kom ek saam…….. was jare laas by Phakisa!

    (((DELLIE)))

  18. 18

    Eben said,

    Dankie maar nee dankie vir die posting 😆 Die ding is van die dat ek wel by die huis mag drink!! Ek hou nie van die tipe van ontspanning nie, maar gun ander dit!

    As ek vir jou en W kom kuier, sal ek jou eers vra om vir my ‘n program van ‘wat doen ons alles’ deurgee dat ek kan sien of ons na ge-ja toe gaan. Ek verkies julle seelose stand by verre!! :mrgreen:

    Toe ek ook so lees, toe wonder ek ook so stilletjies wat onse vriendin te se gaan he, en het sy ons toe NIE terleurgestel nie!! Gie gie!!

    Die beste uit die posting is natuurlik die volgende ” … Ons het natuurlik in ons Blou Bul sweetpakke en keppies gegaan !’ 😉

  19. 19

    Dellie said,

    Haai jinne Ebie, daar verskil ons toe sowaar erens van mekaar! 😯 Nooit gedink ek sal die dag beleef nie! 😆 Maar dis OK, moenie vrees nie – ons sal jou nie saamsleep na so ‘n event toe nie, ons sal jou maar op die “beach” shooters voer… net omdat jy ‘n Blou Bul is! 😉

  20. 20

    Didikind said,

    Hi Dellie
    Phakisa en die Grand Prix’s het gesneuwel as gevolg van die kortsigtigheid van die Vrystaatse regering wat die sport as wit rykmansport bestempel het. Die enigse regeringslid wat wel insig gehad het destyds, in intussen nie meer minister van Sport nie. Phakisa is egter nie dood nie – ver daarvan. Die baan is die meeste naweke en baie in die week vol bespreek deur motormaatskappye wat voertuie kom toets. Nou onlangs het Mercedes (uit Duitsland) die hele baan vir ‘n week teen ‘n astronomiese bedrag bespreek. Sommer so kortliks, die nuwe CEO van die baan is ‘n swart vrou van Bloemfontein met ‘n maandelikse salaris van R60 000! En sy glo jazz-konserte is beter as motorfietswedrenne!

  21. 21

    Dellie said,

    Hi Didikind!

    Dankie vir die inloer en die info. Geez, nou hoekom weet ons dan nie van alles wat daar aangaan nie? As hulle motors kom toets is dit seker nie oop vir die publiek nie? Ek het wel in vandag se Vista gesien dat daar die naweek ‘n 2 uur endurance race is. Maar van die ander events hoor mens bitter min? Miskien was ek net nie lekker “in tune” die afgelope tyd daarmee nie. :mrgreen:

  22. 22

    Didikind said,

    Hi Dellie
    Die motortoetse is gewoonlik een groot “geheimsinnigheid” en geslote vir die publiek. Nogal jammer, want die meeste foto’s ens verskyn eerste in buitlandse tydskrifte. Die events word min geadverteer, want die mense wat dit moet doen, is nie opgewasse vir hul taak nie!. Maar troos jou daaraan, die baan gaan aan en dit is ‘n groot hartseer dat so min mense die wedrenne bywoon. Ons Goudvelders is vinnig om te kla dat hier niks aangaan nie, maar woon nie geleenthede by nie. Geniet jou blog baie.

  23. 23

    Dellie said,

    Ja, Didikind, ek voel ook dat die ouens vinnig is om te kla, maar dan nie die events ondersteun nie. Ek vat nou maar verlede naweek – R40 pp was heel bekostigbaar – en daar was amper niemand nie. Maar dit was ook vlooimark, en Zuma het kom kuier en wie weet wat nog alles – so almal het “verskonings”.

    Kom kuier gerus weer! Ek hoor ons het in September weer ‘n skou… 😉

  24. 24

    Pikkelik said,

    😯 Joits!!!! Dis goedkoper as die sirkus!!!! 😆

  25. 25

    Mari said,

    Ek is ‘n 47j ma met 5 seuns(3eie en 2 stief). Baie gelukkig, maar wil ook relly ry. Ek het ‘n 1000 tl suzuki, my man ‘n blackbird. Waar begin ek wat kinders nog op skool is. Was al op midvaalbaan met my fiets en is mal daaroor. Help ‘n ou vrou wat wil jaaaaaag!!!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: