Oops!

Dit was nie met opset nie. Rerig. Toe een van my studente 10 uur uitloop, vra sy wat is fout met my voete? Ek kyk af, en wat sien ek?  😯

Slipperkies

Hie-hie, en dit was nie as gevolg van hierdie grappie nie! Toe dink ek maar vinnig en sê ek het ‘n blaas op my toon en skoene maak my seer.

Whahaha! Nou gaan ek die res van die dag klasgee in slipperkies!

Advertisements

24 Responses so far »

  1. 1

    wipneus said,

    Whahahaha, dis omdat ons vrouens te veel moet multi-task, daar is nie nog tyd vir skoene nie.

    Geniet die dag verder in jou slipperkies! 😛
    Ten minste is dit gemaklik!!

  2. 2

    Koekie said,

    Darem is jy die res van die dag “gemaklik”…hehe.

  3. 3

    CLAZINE said,

    Niks so lekker as ‘n paar warm slippertjies aan die voete nie! Eerste ding wat ek doen as ek by die huis kom, trek skoene uit of in slippertjies of in die somer lekker kaalvoet!

  4. 4

    Suz said,

    Dit lyk baie gemaklik!!!!!!!!! Ten minste het jy vinnig gedink, ek sou nie aan so iets gedink het om te sê nie, ek sou maar die waarheid vertel het. Ek het een keer weer met my sloffies na ‘n begrafnis toe gegaan en het die hele diens met my voete onder die bank gesit.

  5. 5

    Kokkewiet said,

    Whahaaa! Geniet die res van die dag in styl(lees gemak).

  6. 6

    Dellie said,

    Hie-hie, ek hou altyd my slippers aan tot laaste. Vanmore was weer een van daaaai oggende, en ek was te vinnig vir myself! 😆

    Maar dis baie oulike slipperkies hierdie. Hulle het sulke sakkies vol kruie en sade onder die sole wat mens in die mikrogolf warm maak, of in die vrieskas verkoel. Dis salig na ‘n harde dag in hoë skoene! Maar mens kan nie lekker loop daarmee nie, so ek haal die sakkies uit en skaats net so in die slipperkies rond… ek kon natuurlik al lankal gaan skoene aantrek het, maar toe dog ek what the hell, vandag is daar mos ‘n blaas op my toon! :mrgreen:

  7. 7

    Whahaha! Het ook al die slipper-ding oorgekom, maar kon nie aan so goeie verskoning dink nie…was nog besig om wakker te word 😉
    Ek werk nou elke dag met slippers aan, want skoene binnenshuis is UIT en kaalvoete ook. So dis kouse (my ma kry ‘n oorval) of slippers.

  8. 8

    demoerin said,

    😆 Dalk iets met “Aging” te doen? Vra maar net. 😉

  9. 9

    bytjie said,

    Hi Dellie, ja nee daar is niks so lekker soos slippers nie, kyk jou antwoord was vinnig, ek sou bloedrooi gebloos het en begin hakkel het ha ha

  10. 10

    Pienk Zuit said,

    Klink amper soos een van daardie drome waar mens droom jy loop in die straat af met net jou pajamas aan, of soms nog erger, sonder enige klere. Ten minste het jy darem onthou om dit aan te trek.

  11. 11

    koeksister said,

    Ek dink nie dis “aging” nie Demoerin, my dogter het nou die dag met haar skoolklere en swart lang winterskouse by die skool uitgeklim met ‘n paar skelpienk slippers. hehe

    Miskien is dit vroulik…….?

  12. 12

    Dellie said,

    Demoerin – you’re pushing it… 😆

  13. 13

    Adrie said,

    Demoerin

    Dit het actually iets te doen met AGED!!!

  14. 14

    Paula said,

    Ag moeder 🙂 Jou voete was beslis knus en warm!

  15. 15

    Sonia said,

    Ek wil ook sulke slipperkies hê! Waar koop jy dit?

  16. 16

    Tersia said,

    Ek het gedurende die winter vakansie ook met die lekker skaapwol slippertjies geloop en moes toe skielik Kolonnade toe gaan. Toe ek daar kom, het ek besef ek het steeds my pantoffels aan…. wel, gelukkig was almal so gejaag, niemand het eers gelyk of hulle dit raakgesien het nie!

  17. 17

    Dellie said,

    Lol @ Tersia! 😆 Partykeer is ons nogal dankbaar vir daai gejaag!

    Sonia, ek sal more oggend sommer ‘n hele possie opsit oor my salige slipperkies… 😉

  18. 18

    Krista said,

    Oe la la! 😀

  19. 19

    alta said,

    Hehehehe Dellie! Gebeur met baie.

  20. 20

    Dellie said,

    Krista, daai koei van jou is te blerrie cute! 😉

    Klink of jy weet Alta? :mrgreen:

  21. 21

    sonneblomseplekkie said,

    Hehehee Dellie, gelukkig was dit nie slofs nie 😀

  22. 22

    Tersia said,

    Son-blom, as ek kyk waarmee baie ander rondloop….. dink ek ons is oky met enige iets! Eerder slofs, as so ‘n onversorgde kaalvoet-een!

  23. 23

    Eben said,

    Jy het my baie baie bekommerd gehad …. ek bedoel jy is ‘n gerespekteerde dame in Welkom se geliedere 🙂

  24. 24

    Sonkind said,

    Daai is bleddie mooi slippers!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: