So, wie is wie?

Toe ek begin blog het, was hierdie deel van my seun se eerste comment aan my:

Sterkte met ma se blog! Hoop ma ontmoet baie interessante.. en wierd mense! Njoy!

Weird en interessant inderdaad!

Iets vreemds het gebeur. Of miskien het ek net oogklappe gedra, en dit nooit raakgesien nie.  Of miskien pla dit niemand anders nie. Die afgelope week het ‘n hele paar verassings opgelewer, en nie almal was ewe aangenaam nie.

Die ding met Ding was nogal vir my ‘n skok. Terwyl ek dit gelees het, het ek gehuil. Ek weet nie regtig hoekom nie. Ek dink teleurstelling was die grootste emosie. Nie almal verstaan lekker wat daar gebeur het nie, maar die van ons wat op daardie rooi stoep ‘n sitplekkie gekry het, is effens verslae en ontnugter. Wel, ek is. Ons het kos vir ons siele gekry op daardie rooi stoep. Maar helaas, Ding is toe al die tyd net ‘n karakter.

So het ek dan ook agtergekom dat daar ‘n paar mense is wat meer as een blog het, en dit onder verskillende name doen. Die meer as een blog is nie wat die probleem vir my is nie. Die probleem is dat ek altyd aangeneem het dat ek hier omgaan met regte mense. Naief, ja, ek weet. Omdat ek eerlik is oor my regte lewe en myself op my blog, het ek aanvaar dat dit oral so werk. Ek het altyd geglo dat daar aan die sleutelbord kant van daai blog, ‘n mens is van vlees en bloed. Wat dinge deel wat regtig gebeur. Iemand met ‘n huispaaiement, stoute kinders en ‘n moeilike buurman. Iemand real. Om dan nog verskillende persoonlikhede op die blogs te hê, is maar moeilik om te sluk. Veral as die een hemelsbreed verskil van die ander ene. Wie is dan nou die regte mens? Baie verwarrend vir my.

Dis seker my eie skuld ook. Ek het begin om verhoudings op te bou met my blog maats. Dit is mos wat dit lekker maak? Om die persoon agter die skerm te leer ken? Sodra mens erens emosioneel betrokke raak, gaan sulke dinge seermaak as jy daarvan uitvind. Dis seker net menslik om te reageer met woede, hartseer en verontwaardiging. Want hoe durf iemand my so vir ‘n fool hou? Het hy in sy mou vir my gelag? Dis miskien waarvoor ek dit bangste is?

Maar hoe meer ek hieraan dink, hoe meer besef ek dat dit miskien net ek is wat ‘n mindshift moet maak – ek neem alles hopeloos te ernstig op.  Ek moet terugstaan en die situasie uit ‘n ander hoek bekyk. ‘n Ander perspektief kry.

So what as Ding net ‘n karakter was? Daar is nie reëls wat vereis dat elkeen wat ‘n blog het, dit vir homself moet doen nie. Wie sê hy kan nie maar net ‘n karakter wees nie? Vir die rukkie wat ek op sy plaas gekuier het, het hy my nie te na gekom nie. Niemand het ons gedwing om daar aan te doen nie. Ding het ‘n gawe om te skryf en emosies te verwoord. Al was hy net ‘n karakter, het ons elke oomblik daar ingedrink. Gevoel asof ons saam met hom en sy Dina kuier.

En so what as jy meer as een blog het? Die een is dalk oor jouself, die ander ‘n kuierplek vir jou pels, en die ander ‘n plek waar jy jou kreatiwiteit ontgin. En so what as jy verskillende persoonlikhede wil air time gee daar? Doen wat jou gelukkig maak. Moenie dat ek in jou pad staan nie. Wie is ek in elk geval om jou te oordeel? As jy mense om die bos gelei het, is jy mos die ene wat daarmee moet saamleef.

Dit is natuurlik alles baie makliker gesê as gedaan.  My Mammie het altyd gesê dis OK om foute te maak, solank jy iets daaruit leer op die ou end. Die lesse wat ek hieruit geleer het, is om nie net blindelings te vertrou nie, alles wat ek lees met ‘n knippie sout te neem (Aromat, as dit moet!) en baie mooi te besluit of ek gaan reageer op ‘n regte mens, of net ‘n karakter se skrywe. Laasgenoemde klink vir my na die veiligste opsie vir myself. Ook om die kuite so effens te ontspan en nie alles so ernstig op te neem nie. En dat blog nogsteeds vir my lekker is.

“An understanding of the principle of our own growth enables us to search out correct principles with the confidence that the more we learn, the more clearly we can focus the lens through which we see the world. The principles don’t change; our understanding of them does.” Steven R Covey.

Gaan lees ook hierdie by Sonkind.

72 Responses so far »

  1. 1

    Skuldig said,

    Ek was een van die mense wat die week onmasker was.

    Kom ek verduidelik my verskillende name.

    Ek het met ‘n skuilnaam begin blog omdat ek baie lief is vir my eie naam. Ek het buitengewone name en wil dit nie laat misbruik nie. Ek woon af en toe beradingskursusse by. Ek het dus heelwat kennis van die gevare van mxit en die internet. Vergewe my as ek myself wil beskerm. Laastens wou ek nie my werk in gevaar bring nie.

    Die laasgenoemde rede het krities geraak die laaste jaar. Ek het skielik in politiese kringe begin beweeg. Een google search met my naam is genoeg om enige positiewe bydrae wat ek lewer te vernietig. Ek blog nooit oor my beroep nie, maar ander uitlatings kan mense op hulle agterpote plaas. Goed wat NIKS met my werk te doen het nie.

    Ek het 4 blogs. Ek gebruik ‘n ander naam op elkeen. Dit gee oorsprong aan 3 verskillende karakters. 2 van die karakters is soortgelyk aan die mens wat ek is. Elke blog het ‘n ander doel om te vervul. Daarom is dit nodig om die verskillende name te gebruik. Ek het egter ‘n hoofnaam waar ek orals mee bekend is.

    Dan oor Lorna. Ek sal dit erken. Ek is skaam om die meer emosionele/sensitiewe (?) aan mense wat ek ken ten toon te stel. Skiet my.

  2. 2

    Dellie said,

    Skuldig, die laaste ding wat ek wil doen is om jou te skiet.😯 Ek wil juis probeer verstaan waarom mense dit nodig vind om onder ander name te blog. Ek wil myself graag in jou skoene plaas, sodat my uitkyk kan verander. Dis nuwe en vreemde terrein hierdie, vir my. Jy het baie dinge alreeds duideliker gemaak. Dankie, ek waardeer jou eerlikheid.

  3. 3

    Wipneus! said,

    Dellie ons twee se koppe het presies dieselfde gewerk oor die blog ding. Ek dink ook ek was naief, en sal ‘n mind shift moet maak. En ek was herhaaldelik gewaarsku, maar nee ek stoomroller op my eie mission voort, in La-La-Land!!!!

    Ek het baie gedink en geredeneer met myself die laaste paar dae, en ja ek sal moet leer om kuite los te maak.

    Hoekom? Want blog bly nogsteeds vir my ‘n lekker ding, ek het ook al die wonderlikste mense deur my blog ontmoet!!

    Ek het ook meer as een blog maar ek is orals dieselfde karakter. My gesin, familie, kliente en vriende lees my blogs, so ek kan ook nou nie juis iemand anders speel nie, hulle sal dink ek het dit nou heeltemal verloor😆

  4. 4

    Skuldig said,

    As ‘n regte mens is jy nie net ‘n persoon nie. Jy verteenwoordig jou kerk, jou werk, jou familie, jou vriende en enige ander organisasie waarmee jy verbind is.

    As ek byvoorbeeld iets oor Christenskap se, wat mense ontstel, word jou kerk daaroor veroordeel. Dit was ek gewees, nie die fokken kerk nie. Ek het dit waarskynlik al in ‘n selgroep ook gese. Die kerk het nie ‘n probleem met my uitlating nie, maar ander mense gaan die kerk met klippe gooi. Dit is onregverdig.

    Wat ek op die een blog iets kwyt raak (wat deur ‘n verskillende groep mense gelees word) wil ek nie die mense betrek wat op een van my ander blogs kuier nie. Daarom adverteer ek nie my verskillende blogs nie.

  5. 5

    Skuldig said,

    Hier is ‘n voorstel wat seker deur 98% van die lesers hier verwelkom sal word.

    Stig onder die bloggers ‘n kommittee en noem julle self die blogpolisie. Wanneer ‘n nuwe blogger verskyn, laat hulle aansoek om goedkeuring by die polisie doen. Goedkeuring kan verleen word wanneer hulle identiteits dokumente verskaf, met ‘n bewys van hulle fisiese en epos adresse. Goedkeuring word terug getrek as iemand hulle wangedra.

    Dit kan natuurlik beteken dat julle oulike blogs kan misloop, maar ten minste weet julle dan met wie julle te doen het.

    Voordat iemand skree ek gooi klippe onder ‘n skuilnaam, ek het seker gemaak Dellie weet wie ek is. Ek was bereid om my blogs te erken. Ja, ek was gedwing om een van hulle bekend te maak. Ek weet ook dat hier mense is wat volmoedig gaan saamstem verskillende blogname is bedrog, maar dieselfde doen. Hulle is dalk in die minderheid, maar daar is van hulle. Daar is ook van hulle wat voorgee om iets anders te wees as wat hulle is. En daar is bloggers wat nie ‘n goeie storie met feite bederf nie.

    Gaan blog nie oor lekker lees nie?

    Ek praat glad nie goed diegene wat virusse aan mense stuur nie. Ek praat nie goed die mense wat mense se vertroue as verskillende karakters wen en oor hulle naiewiteit lag nie. Ek het nog nooit uitgegaan om iemand seer sonder rede seer te maak nie.

  6. 6

    Mmmm dalk is ek ook dom. Ek blog onder ‘n sogenaamde skuilnaam, Rosalind Franklin (google haar maar, sy is ‘n dooie wetenskaplike. Enige een met ‘n agtergrond in biologie weet wie sy was).
    Ek het haar naam gekies want ek hou van haar werk. Ek het net een blog. Ek wil nie onder my eie naam blog nie, omdat ek nie lus het nie.

    Maar ek het gedog (soos die een wat gedog het hy gaan ‘n veer plant en toe kom ‘n hoender op) as een mens klomp blogs het, sal hulle versoenbaar/gelink wees/avatar dieselfde of iets sodat mens kan agterkom dit is dieselfde persoon/mens. Vir my is ‘n persoon en ‘n mens dieselfde ding.

    Dit gaan nie oor die skuilnaam vir my nie. Ek het nie ‘n probleem daarmee nie. Dit is net dat dit blyk dit is byvoorbeeld 5 mense op 5 blogs en dan is dit een. Totaal onverwags is ek soos ‘n patat gevang.

    Ek weet daar is nie reels nie. Ek is nie ten gunste ‘n tipe polisie nie. Ek is ten gunste van vryheid van spraak.

    Noem my dan maar stupid.

  7. 7

    Ag nee wat, ek stem Rosa! Wie het nou polisie nodig…?
    Ek voel jy kan maak wat jy wil, maar as jy dan nou so voel om 5 verskillende blogs te he met 5 verskillende persoonlikhede, moenie emosioneel betrokke raak by dieselfde mense met al 5 persoonlikhede nie! Dis net nie mooi nie! Wat as jy nou nie van een van die karakters hou nie en se nou maar iets vir een van die ander karakters daaroor se??? Ek dink in elkgeval dis hopeloos te veel werk om dit te wil onderhou!
    Ek sou ook teleurgesteld en moerig gewees het daaroor, want hoe de hel moet jy nou weet of dit net opgemaak is en of dit rerig ‘n deel van die persoon is wat jy as vriend beskou. Mense kan ook maar lekker lelik wees.
    Skuldig, jy het tenminste verskillende name gebruik en blog op verskillende plekke as ek dit nou reg het en ek dink nie dis ‘n issue nie. DIe probleem kom in as mens iemand begin vertrou en dit kom uit dat al hierdie persoonlikhede dieselfde persoon is. Dis ‘n resep vir ‘n gemors en baie hartseer.
    Sulke goed maak dat mens oor almal begin wonder…en dit skep ‘n moerse wantroue onder die bloggers en dis so onnodig!

  8. 8

    Kaalvoet: maar was as mense/ek nie geweet die een persoon het meer as een blog met verskillende persoonlikhede nie? wie is dan die “ware mense”? Of is nie een “real” nie.

    Is effe van ‘n skok.

    As mens van die begin af weet is dit natuurlik ‘n ander saak.

    Effe vreemd as mens kommunikeer met A, en B sonder om te weet dis dieselfe mense, hoewel die karakter-eienskappe verskil. Ek het net nooit gedink so iets kan dalk gebeur nie. So E- vir my….sannie goedertrou

  9. 9

    Eben said,

    Wel-wel Dellie!!! Ek lees wat ander skrywe hierbo, en ek sien ook die punt van Skuldig, dat sy haarself wil beskerm.

    Gelukkig het ek en jy nie probleme nie, dus sien ek uit na my kuier saam jou en W in desember🙂

  10. 10

    Maar presies my punt…mens dink jy kommunikeer met mense en dan is dit skimme! Soos jy se, as mens van die begin af weet is dit ‘n ander saak.
    Ek dink dit was vir almal ‘n shocker, maar nou ja…such is life, full of surprises!
    E- vir ons almal wat geglo het dis verskillende mense en ‘n F vir die een wat so baie om die bos gelei het en seergemaak het!

  11. 11

    Wat my dwars in die krop steek oor die storie is net dat mense onnodig seergemaak is, al was dit nie die multi-personality blogger se intensies nie. Dit het ook gemaak dat almal wonder oor mekaar en daai vertroue wat ons in mekaar het of gehad het het seergekry. Mens sal altyd wonder of die een aan die anderkant net ‘n karakter is en of dit die ware persoon is.

  12. 12

    Jaco said,

    Toe die hele sweer hier in ons ou hoekie van die net gebars het, het die hele dinamiek van die blogosfeer verander. Alles en almal bejeen mekaar met so bietjie wantroue, en dit is jammer.

    Dit gesê,blog is wat jy daaruit kry. Vir my is dit steeds terapie en daarom sal ek aanhou blog. Ons almal leef agter maskers, so wie is enige iemand om klippe te gooi?

    Net een ding verder, ek sal die eerste een wees wat my blog sluit as daar ooit iets soos ‘n blogpolisie gevestig moet word.

  13. 13

    Skuldig said,

    Dalk is ek skuldig kwaad.

    Ek het nie een van die wordpress bloggers vir die gek gehou nie.

  14. 14

    Skuldig said,

    My blogpolisie aanmerking was sarkasties. Ek sal ook myself glad nie daaraan onderwerp nie.

  15. 15

    Skuldig, ek se nie JY het enige iemand vir die gek gehou nie. Ek praat van die wat dit wel gedoen het en hulle weet wie hulle is.
    Sover ek verstaan is jou blogs in elk geval nie almal op wordpress nie of hoe? As jy weer my 1e comment gaan lees sal jy sien wat ek bedoel.

  16. 16

    Skuldig said,

    Kaalvoetinireen

    Ek dink persoonlik as ek gaan sit, raak dit donker. Ek is egter nie so verwaand om te dink die inskrywing gaan oor my nie. Ek het my opmerking algemeen bedoel, nie in antwoord op jou opmerking nie.

    Ek gaan “Skuldig” nou versuip en met my ware kleure die res van die dag aanpak.

  17. 17

    Sorry dan, dog jy het verwys na my comment! Anyway, dis gedane sake en ek gee nie om wie is wie en wie nie! Die skade is reeds gedoen en nou moet mens maar net weer leer vertrou en aanploeter….Strongs met al jou blogs…weet regtig nie hoe jy dit regkry nie, maar GREAT! Keep it going’ cause I do read your stuff.😉

  18. 18

    Dellie said,

    Skuldig, hierdie possie was nie bedoel om jou af te kraak of “uit te haal” nie. Jou input beteken baie meer as wat jy besef. Daar word so bietjie lig gewerp op iets wat ons nie lekker verstaan nie!

    Ek het jou aanmerking oor die blogpolisie beslis as sarkasties aanvaar. Maar eintlik het jy jou gat gewip en toe soos ‘n stout kind gereageer om reaksie te kry. Ek ken jou beter as wat jy dink.😉 Toe, loop trek jou regte kleure nou aan!

  19. 19

    Dellie said,

    Ebie, dis darem een troos ja, hier is ‘n paar van ons wat mekaar darem rerig ken. Dit help. So jy kom hou eers in Des vaNkansie by ons? Wat van die Curriebeker final? Het jy dan nie gesien ek en Boendoe het al basies jou reisplan vir jou uitgewerk nie?:mrgreen:

    Kaalvoet, ek voel ook dat as ek van die begin af weet dis net ‘n karakter, is ek heel OK daarmee. Ek wil net nie maande later ‘n nasty surprise kry en uitvind ek het drie verskillende pels wat eintlik een is nie! Dis glad nie lekker nie.😯

    Jaco, ek wens so dat alles kan wees soos dit ‘n jaar gelede was. Dit was so eenvoudig! Ons het possies geskryf, by mekaar gekuier, en wat nou gebeur het was nooit eers in een van ons se gedagtes nie. Maar ek stem saam met jou – blog is nog steeds vir my lekker, en terapie is dit beslis! Hierdie possie is ‘n bewys daarvan.

  20. 20

    boendoe said,

    Dellie, jy neem die woorde uit my mond. My hok was redelik erg geskud toe ek uitvind dat van my blogpels meer as een blog het. Noudat die stof gaan le het, dink ek ook dat daar nie ‘n issue is met hoeveel blogs ‘n persoon het nie.

    Julle weet hoe dit is. Jy en ‘n ander blogger ‘kliek’, en julle begin e-posse vir mekaar stuur. Naderhand gesels julle redelik diep dinge. Bespreek soms af en toe ‘n ander blogger of twee. EN DAN…vind jy uit jy het jou sogenaamde blogpel se ANDER persona met hom/haar bespreek! Mens kom hard aarde toe. Want hoe opreg was hy/sy in die eerste plek gewees? Lag hy/sy vir jou in sy mou? As julle dan so ‘close’ was, hoekom red daardie persoon jou nie van ‘n moontlike verleentheid en erken wie en wat hy/sy is nie?

    Daar is nie antwoorde nie. Soos jy, Dellie, het ek egter een lessie hieruit geleer: ek gaan van nou af my afstand hou. Ek gaan definitief nie meer so naief en goedgelowig wees nie.

    Dalk is dit ek en jy wat hier fouteer het. Blogging was dalk nie bedoel om vriende te maak nie. Net om jou gedagtes swart op wit neer te sit. Ons was die fools om te glo dat die blogwereld nes die regte wereld operate.

    Dit gaan werk kos om daai mindshift te doen. Van nature is ek nie agterdogtig of sinies nie. Maar as dit is wat nodig is om te oorleef, dan doen ek dit. Survival of the fittest…of hoe? 😆

  21. 21

    Skuldig said,

    😳

    Ek sal vir die res van die dag in die hoekie gaan staan.

  22. 22

    boendoe said,

    Ha! Skuldig, jy weet mos wat aan die kook is. Moenie al die houe persoonlik opneem nie. Dis nie eintlik gemik na jou nie. 😉

  23. 23

    RB said,

    Ek hou maar by die ou bekende blogs en ‘luister’ maar na die ou blogger ooms en tannies oor verskillende blogs. Gelukkig het ek al in die regte lewe my kop ‘n paar keer gestamp met vriende, so ek vertrou nie maklik nie.
    Ek het nogal gedink ek wou vandag skryf oor hoe eg mens is op jou blog, vertel jy werklik alles in jou lewe? Maar ek dink ek het klaar die antwoord hier gekry. Niemand wat my in hierdie dorpie ken weet ek het ‘n blog nie en ek wil ook nie hê hulle moet weet nie. Die klomp by die werk weet ek lees, maar ook nie dat ek een het nie.
    Ek beskou my blog as ‘n soort dagboek oor gebeure en dinge wat pla, maar vir party mense is dit ‘n stokperdjie en afleiding. So what as hulle dan nie ‘regte’ mense is nie.
    RB is my voorletters en my blognaam JOMANA is ‘n kombinasie van my man, my kind en my naam.
    Dis jammer as mense hier seergekry het!
    Dit is seker vrek baie werk om verskillende blogs te hê en op elkeen iemand anders te wees, ek het definitief nie die tyd daarvoor nie, skeep juis my eie blog baie af, het darem nog ‘n lewe buite die blogosfeer!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Ek het darem oulike mense hier ontmoet wat my al baie gehelp, dankie.

  24. 24

    Sammi said,

    Ek mis vir Ding en sy stoep ongelooflik – hy het ons lewens verryk met sy vertellinge, makie saak dat sy skepper meer REAL was nie. Dellie, jy sal onthou dat hy as LXding begin blog het by SSSB as LXding.
    Mooibly

  25. 25

    Sammi said,

    Eish, nou herhaal ek die obvious

  26. 26

    Dellie said,

    Sammi, dis OK. Ek verstaan. Dis seer, né? “Hy” het hierdie lang paadjie saam met ons geloop, ons het gedink ons “ken” hom. Ai, hoe het ons nie aan sy lippe gehang nie! En hoe opreg het ons nie al sy skrywes ervaar nie. Ek dink net as ons die persoon agter Ding geken het, sou dit makliker gewees het om te aanvaar. 😦

    Skuldig, jy hoef nie in die hoekie te staan nie. Soos Boendoe sê, jy weet mos wat hier aan die kook is.😉

    Ek wil graag die mense uitnooi wat meer as een blog het, om vir ons te kom verduidelik hoe julle dit doen.

    Wat is die motivering?
    Hoekom is een nie genoeg nie?
    Hoekom is een persona nie genoeg nie?
    Probeer jy mense doelbewus om die bos lei, of is dit net ‘n speletjie vir jou?
    En waar op aarde kry jy die tyd en energie om alles te onderhou?

    Ek wil nie baklei hieroor nie. Ek sê weer, ek probeer net verstaan. Kom doen dit anoniem, soos Skuldig.

    Skuldig, Wip en Rosa – hierdie is nie van toepassing op julle nie. Julle het mos klaar verduidelik.😉

  27. 27

    demoerin said,

    😆 Nee jong, ek haal my hoed af vir die mense wat dit wel kan regkry om verskillende karakters te skep op meer as 1 blog. Ek sal so deurmekaar wees!

  28. 28

    Wipneus! said,

    Ja ek het meer as een blog. Ek doen net nie so baie inskrywings daar soos op wordpress nie.

    http://murielsdiaries.blogspot.com Dit is/was my eerste blog, dis meer persoonlik. Ek het ook oorsese blogmaats daar wat nie Afrikaans verstaan nie.

    Ek het nog ‘n “Onder die maan en sterre” daar gaan ek net baklei👿

    Ek skryf ook op ander sites, astronomie sites ens ens 😆 Maar ek kan julle verseker dit is nogsteeds onder Muriel of Wipneus!!!!

    Ek hou nie van blog polisie nie😈 Ek is te rebels vir die voorstel!

  29. 29

    Emil said,

    Wel, ek is wie ek is.

    Van die begin af gevoel dis nodig dat ek onder my eie naam blog. ‘n Mens moet self besluit en die keuse van inhoud is deurslaggewend.

    Almal het redes vir hulle eie keuses, skuilnaam, regte naam of wat ookal. skuldig is reeds ‘n sprekende voorbeeld hiervan – hy/sy kon natuurlik ‘n totaal anderse “nick” gekies het, maar of Dellie dit nou so bedoel het of nie, die inskrywing het ‘n skuldgevoel bewerkstellig. Daar steek baie meer in die keuses van skuilname ens. as wat mens net gelate aanvaar (ek glo mos juis nie in toevalligehede nie).

    Vir al wat ek omgee, kan iemand 300 blogs hê. Ek dink die keuse van onderwerp op die blog is bepalend of ‘n mens jouself in reële terme wil ontbloot, al dan nie. Persoonlik het ek geen probleem met hoe ek my eie blog bedryf nie. Daar is niks te verskans vir my vriende, familie, of selfs onderskeie werkgewers nie. Dis ‘n speelpark, ‘n tuiste, soos boendoe hierbo tereg aanvoer, waar dit nie noodwendig die doelwit was om vriende te maak nie. Dit handel oor ons eie stem, gedagtes, wedervaringe en worstelinge met ons alledaagse bestaan. Filosofie, stokpertjies, plesiere – dinge wat ons kies om oor te “gesels”. Mense vind aanklank daarby, of nie. Die vriende wat ons maak is ‘n bonus.

    Maar een ding is ‘n reël: mens moet in die kuberruimte met deurdagte oorleg rond beweeg. Emosionele verbintenisse het reeds sy uitdagings in die fisieke samelewing. Hoeveel te maar daar waar jy ‘n “karakter” nie eens direk kan leer ken nie.

  30. 30

    Adrie said,

    Laat ek maar begin bieg.

    My naam is nie Adrie nie. Ek is nie 1.39m lank nie. Ek blog nie voltyds vir ‘n lewe nie. Ek het nie ‘n (bloedeie) kloon, tweeling of drieling nie. Wipneus is nie my ouma nie, sy dink wel deesdae sy is my ma👿 . Verons is nie my ma nie. Ek is nie gay nie. Ek is ook nie (baie sadly) aan Ryk Neethling verloof nie. 😉 Ons speel, baklei, redeneer en debat in ‘n goeie gees op my blog. Dit help nogal om te recharge. Ek kan nie onthou wat ek nog as Adrie op my eie blog oor gelieg het nie.
    Sjoe. Kry ‘n mens ‘n dop as jy klaar gebieg het?? 😛

    Emil

    Keuse van my skuilnaam. Ek het geweet toe ek 13 maande gelede begin kommentaar lewer (op ‘n radioblog) dat die mense my gaan vloek. Nog elke Adrie wat ek ontmoet het, het my in die rug gesteek en was opperse bitches. Dit was ‘n vorm van wraak. (Then the joke was on me.) Toe ek weer sien, noem almal my Adrie. Ek moes beter gekies het.

  31. 31

    Adrie said,

    O ja, Kurt van Heerden is ook nie my pa nie.

  32. 32

    Adrie said,

    Ek is ook nie 12 nie en is al baie lankal klaar met skool. Ek verjaar ook nie 29 Feb nie. Ek dink nie dat dit nodig is dat die mense moet weet wanneer ek verjaar nie. Ek is amper 2 jaar jonger as Adrie.

  33. 33

    Wipneus! said,

    Adriana maak my gedaan!!! Adrie jy beter bly wees, dat ek dink ek is jou ma!!
    Het jy my “boutbyt” daar agter die deur gesien??? :mrgreen:

  34. 34

    Emil said,

    😆 Adrie, jy is baie snaaks – soos al die Adrie’s wat ek ken. En hier dink ek heeltyd jou skuilnaam het onstaan omdat jy van die Audi A 3 hou😉

  35. 35

    Dellie said,

    😆 Dankie Adrie, vir al hierdie info. Jy laat my weer die snaaks in die situasie sien.😉 Ek is vreeslik bly om te hoor Kurt van Heerden is nie jou pa nie!:mrgreen: En ook om te hoor jy is twee jaar jonger as jouself. I wish! Go girl!😆

    En ja, hier is ‘n dop vir jou. Takiela! Cheers!😉

  36. 36

    Wipneus! said,

    Gooi vir my ook ‘n dubbeltjie asb Dellie??? 😆

  37. 37

    Adrie said,

    Dellie

    Ek sal vinnig moet sluk, voordat Ouma my vang.

    Emil

    Is die Audi A3 ‘n blou, groen, geel op pers kar?

    Lieg ek alweer. 😆 My kennis van motors is beter as dit.

  38. 38

    Pikkelik said,

    Ek is nou seker weer agter, maar ek het soos ‘n fool gevoel! Miskien omdat ek ALLES met almal deel as myself, op my manier. (Miskien is dit ook hoekom ek so netjies deurgeloop het die afgelope tyd), maar die punt is, hierdie is net blogs, dis nie my lewe nie. Ek het ‘n heerlike lewe, met ‘n wonderlike man en die sweetste kinders! Hierdie was/is net ‘n stokperdjie! ‘n Heerlike stokperdjie! Maar ek DOEN nie fights nie, geen fights nie, dis vir my ‘n vermorsing van energie en krag wat ek op ‘n beter meer konstruktiewe manier kan gebruik. So wat doen, ek, ek dissapear, raak stil en wag vir die storm om oor te gaan. Miskien is ek ‘n pissy, but who cares, dis my lewe en ek het ‘n keuse hoe ek enige situasie wil hanteer. Stilbly is ook ‘n antwoord. Met dit alles gesê, tata maats, ek trek oormore en dan sal ek maar geduldig moet wag vir Telkom om my nuwe lyne te installeer voor ek weer met julle praat. En net nog dit, op my verspotte manier het ek werklik lief geword vir julle almal, fake of te not! So hou die blink kant bo!! Cheers vir eers, en moet om liefdeswil nie dink julle is van my ontslae nie!!…. 😈

  39. 39

    boendoe said,

    Pikkelik! 😦 Sterkte met daai trek!

    Nou net een vragie, en moet asseblief nie dink ek is stupid nie. Wie is Kurt van Heerden? 😳

  40. 40

    Sterkte Pikkie!
    EK wonder ook Boendoe….

  41. 41

    Adrie said,

    Op Kurt Darren se geboorte sertifikaart staan Kurt van Heerden. (Darren is sy broer se naam.) En nee, ek mag nie my eie pa gekies het nie.

  42. 42

    Wipneus! said,

    Kurt Darren??? 😆 whahahahaha Dis hillarious!

  43. 43

    boendoe said,

    OOOOOO! Ek sien nou! 😆

  44. 44

    Pagoda32 said,

    Daar’s geen wet wat sê jy mag net een blog he nie…ook nie een wat se dat jy nie mag uiting gee aan meer as een sy van jouself nie.

    Maar daar is menslike grense wat nie oorskry kan word nie. Ek glo dat as anonimiteit so belangrik is, bly by een skuilnaam en beskerm dit ten alle koste. Om meer as een skuilnaam te he en elkeen as sy eie “persoon” bekend te stel aan mense is laag…
    Ek’s jammer, ek’t groot issues daarmee…

    Ek het self ‘n handvol blogs, maar my skuilnaam sal jy op almal kry…
    Dan gee ek uiting aan die sportsfan in my, die ligter sy van my, die ernstiger sy, en dies meer…maar ten alle tye, as jy op my naam sou afkom, sou jy weet dis ek. Dis, hoe ek voel, dit hoort.

  45. 45

    Rustig said,

    Die lewe word net al hoe interessanter! Pla my min as mense onder skuilnaam blog en of hulle meer as een blog het. Soos Demoerin sê is dit wonderlik hoe hulle by elkeen kan byhou. Neem al my energie om iets uit te dink en te skryf. Opstelle was nog nooit my sterkpunt nie. Is selfs op skool aangeraai om liewer my ma te bel, want ‘n brief van my sal nie deug nie. Ek het op Onrustig besluit omdat dit te doen het met die plek waarvan ek kom en naam Rustig om die onrustig te balanseer. Ek is mens want het selfs foto van my op my blog. Ek vermy ongeskikte mense en as blog my nie aanstaan nie dan bly ek weg. Is tog maar speel plek en ons kan tog maak wat ons wil op ons eie werf, solank jy jou gedra op iemand anders sin omdat jy dan ‘n gas is.

  46. 46

    Dellie said,

    Pagoda, jy vat dit mooi saam. “Om meer as een skuilnaam te he en elkeen as sy eie “persoon” bekend te stel aan mense is laag…”

    Ek dink dit is die hele issue hier.

  47. 47

    flippiefanus said,

    Ek sal met alles wat ek kan gebruik probeer om die ontstaan van blog polisie te
    stop, maar ek dink dis reeds telaat. Dis amper klaar aan die gebeur hier. Want wat
    anders is blog polisie is ‘n groep mense wat besluit wat is reg of verkeerd en
    dan staf uitdeel. Goed ek weet julle probeer hard om nie oordele te vel nie maar
    op die ou ent is dit tog wat hier gebeur. As die blog waarlik vry is dan hoef
    Skuldig mos nie om verskoning te vrae oor hy/sy so bietjie kreatiwiteit gebruik
    het nie? Niemand is mos in die proses tenagekom nie of het ek dit nou
    verkeerd?

    Mmm ek dink voor ek myself nou hier verkeerd uitdruk moet ek liewer daaroor
    iets opskryf.

  48. 48

    boendoe said,

    Dellie, ek weet nie. Ek het hierdie ding nou al uit alle kante bedink. Eers het ek gedink die fout was myne omdat ek toegelaat het dat iemand onder my vel kom. Dan voel ek weer dis die ander ou se fout om my nie in te lig oor al sy personas nie.

    Kom ek stel dit so. Adrie het erken sy het ‘n paar blogs met verskillende skuilname. Ek en Adrie kom baie goed oor die weg, maar ons is nie ‘n tweeling nie. 😉 So, dit pla my nie hoeveel blogs sy het nie.

    As JY, aan die ander kant, nog ‘n blog of twee het, elkeen met sy eie identiteit, en jy bevriend my as Dellie en X en Y en Z, gaan ek jou kwalik neem. Want ek reken ons is amper bloedfamilie! Jy sal my vir die gek hou as jy by my sou voorgee dat Dellie, X, Y, en Z verskillende mense is en almal is my pelle!

    Maak ek sin?

  49. 49

    CLAZINE said,

    Hi Dels,

    Ja nee, ek sien hierdie is ‘n “teer sakie” vir baie. Maar ek dink jy weet darem regtig wie ek is en jy weet ook ek is te onnosel om even ‘n blog te skep nevermind 3/4 personias aan te neem!!!! He-he. Maar dit bly lekker om kommentaar te lewer as die onderwerp dit vra!!

    Mooi daggie vir julle almal en “almal en almal”.

    Ns. Onthou my woorde nê??

  50. 50

    Dellie said,

    Flippiefanus, nee jong, jy verstaan verkeerd hier. Kyk na Boendoe se kommentaar (48) se laaste deel. DIS wat ons bedoel.

    Ek wil nie blogpolisie aanstel om dit vir ons makliker te maak nie. Al wat ek deur hierdie possie probeer sê, is dat dit seermaak wanneer mens uitvind dat iemand nie rerig is wat hulle voorgee nie.

    Ek wil ook nie oordeel nie. Jy was miskien nie te na gekom nie, maar ander van ons was. Dan verander jou uitkyk oombliklik. Dit maak seer hier binne. Ek hoop van harte dat jou blogervaring wat tot op hede vir jou soveel plesier verskaf het, dieselfde gaan bly. Maar ek weet uit ondervinding dat jy jouself maar gereed moet maak vir ‘n teleurstelling of twee. Onthou net dat ons hier is wanneer daardie dag jou tref.😉

  51. 51

    Nee die gesprek het sy fokus verloor en toe afgedwaal na A3. Ek stem saam met wat Boendoe in inskrywing nr. 20 se.

    Dink net: Jy raak vriende met Appel wat ‘n blog het en met Peer wat ook ‘n blog het. Beide comment by jou. Jy dink dit is TWEE mense.

    En jy se in ‘n epos (dit is ‘n natuurlike uitvloeisel as mense kliek): Haai Appel, kyk watter nice ding se Peer! En Appel vra nogal, “waar, waar?”.

    Meantime is dit een en dieselfde mens!

    Dan word daar ‘n aap van my gemaak, ek is jammer. Dit is oneties.

  52. 52

    Wippie, ek praat nie van jou nie, enige iemand met 2 breinselle kan agterkom jy is een mense op jou blogs.

    En Adrie ek kon ook agterkom jy is nie op skool nie en al daai goed. Is fine en jy het nou verduidelik. En die 3-ling ding is uitgeklaar ect, lank al😉

  53. 53

    Pagoda32 said,

    DAAI is my punt ook! Op die kop geslaan RF!

  54. 54

    Dellie said,

    Ja Rosa, ek ken daai feeling…😦

  55. 55

    Skuldig said,

    Flippiefanus

    Ek en Dellie en Boendoe het al Donderdag die sakie tussen ons uitgesorteer. 😉 Ek het my dag voor die polisie gehad.

    My vloermoer was ‘n uitlaatklep oor ander frustrasies.

    Die moeilikste van verskillende blogs is om die verskillende passwords te onthou. Jy moet reeds soveel goed onthou, dat dit net te veel is.

    Rosalind Franklin

    Ek het ervaring van so ‘n iemand. Dit is glad nie lekker nie. My verskillende blogs met verskillende name gaan oor my. Nie om iemand te na te kom nie. Ek trap so baie per ongeluk op mense se harte, ek kan dit nie bekostig om mense se vertroue aspris te verraai nie. Ek sien myself as ‘n ridder.

    Ek het dit (dalk met ‘n skuilnaam) erken dat ek guilty as charged is. Ek sou dit gedoen het as ek nie uitgevang is nie. Wat meer is as baie ander hier buite.

  56. 56

    Emil said,

    Pagoda en Rosa, ek dink julle het die essensie van die saak daar beet. Mens wil nie graag vir die gek gehou word nie, veral as jy self opreg is in jou kommentaar. Maar hoe dit ookal sy, mense wil soms bietjie die gek skeer, maar ek dink dis ‘n fout om jouself as verskillende persone aan bekendes voor te stel. Daar is iets nie pluis nie, al dink die persoon hy/sy is snaaks. Ek het so tong-in-die-kies maar ook ernstig hierdie Gemene Delers reeds voorheen aangevat. Ek kan boekdele oor my sielkundige analise van die Afrikaanse blogsfeer skryf, maar julle moet maar wag tot die boek uit is😉

    Mense, ek dink nie hierdie verskynsel gaan verdwyn nie – ooit! Die beste is dat ons binne ons eie morele en etiese raamwerk en binne dit wat vir ons aanvaarbaar is al dan nie, ons eie blogs polisieer en hierdie Gemene Delers eenvoudig nie ‘n podium gee nie. Soos ek soms ook vir mense sê wat alewig kla hulle word deur ander gepla: “Jou selfoon het en aan-af knoppie.”

    Ons het die almag om te kan uitwis (lekker sterk woord daai). En so verloor die Gemene Delers.

    Terloops, jammer oor die afwyking met A3 – ek is maar net erg mal oor ‘n Audi. En Adrie het daardie vreeslike interessante en komplekse repliek gelewer en maar net gedog sy kon dit eenvoudiger stel🙂

  57. 57

    alta said,

    Ai tog, dit raak net meer pynliker! Ek is so deurmekaar soos kots in n tuimeldroeer nou! Waar kan ek die reels, moets en moenies, wettig of onwettig…en so aan omtrent die blog wereld lees????

  58. 58

    flippiefanus said,

    Dellie en Boendoe verduidelik vir my hoekom dit vir julle so erg is as julle sou uitvind dat verskillende web identiteite deur dieselfde persoon onderhou word? Dis mos nie asof die identiteite noodwendig iets negatiefs gedoen het nie? Ek voel dat as mens gaan begin reels maak en moraliteite definieer dan plaas mens onwillekeurig beperkings op mense se vryheid om hulself op die internet uit te leef. Dis mos nou presies wat almal nie wil laat gebeur nie. Ek sou liewer voorstel dat mens nie ‘n blog sien as ‘n spesifieke persoon nie maar eerder bloot as ‘n web identiteit wat deur iemand daar geplaas en onderhou word. Tot ‘n mindere en meerdere mate is dit tog wat almal doen.

  59. 59

    Pagoda32 said,

    En as die “entiteit” juis mense moedswillig om die bos gelei het Flippie? Wat dan? Dan is dit reeds nie meer net vryheid van spraak nie, dan begin mens mos die vertroue en vriendskap wat jy met ander opgebou het aftakel?

    Kruisig my as dit moet…ek is sterk genoeg in my eie wese om by myself te staan en te sê “hier’s ek…vat my soos ek is” …een entiteit en al en maak nie saak hoeveel ek deur daardie entiteit in die gesig vat, maak lag of vriende mee maak nie. Ek kon netsowel reguit vir die oortreder sy / haar fortune gaan vertel het onder ‘n ander skuilnaam. Maar dit is ‘n teken van iemand wat sukkel met ‘n tingerige ruggraat

    Watookal uit die les geleer was, so be it! Dit sal my net ‘n ruk vat om weer so ‘n persoon te vertrou. Dis verseker.

  60. 60

    Wipneus! said,

    Ek stem saam met Pagoda!!
    Die goue reël bly nogsteeds, respek vir jou blogmaats! Hoe moeilik kan dit nou wees????

  61. 61

    flippiefanus said,

    As dit ‘n geval was van *moedswillig* iemand om die bos lei, dan stem ek saam,
    want dit kom daarop neer dat iemand benadeel word. Maar uit wat hier gese^ is
    het dit nie vir my gelyk asof dit die geval was nie. Met respek vir blogmaats stem
    ek ook saam. Ek is net bang dat daar nou sommer reels gemaak gaan word wat
    op die ou ent die vryheid op die internet (wat terloops meer is as net vryheid van
    spraak) gaan beperk.

  62. 62

    Emil said,

    Flippiefanus, ek dink ons verwys na die “moedswillig”. Hoekom wil mens nou aan jou “vriende” meer as een persoonlikheid voordoen?

  63. 63

    Sammi said,

    Dellie, onthou jy? Het hierdie een van Ding op my PC – kan ons dan kwalik geneem word dat ons so gek oor sy skrywe was?

    Maandag, 26 November 2007.

    Sam, ding se selfoon, skree al van ligdag af dat ding hom aandag moet gee – hy wil ding herinner aan iets om te doen. Goed bemoerd klap ding Sam se gesig sonkant toe – en met die lees van Sam se boodskap, raak ding van vooraf die donner in. Wys vir ding vandag nog ‘n selfoon wat bemark word as ‘n foon en nie as een of ander slim rekenaar nie. Maar wat niemand vertel nie, is dat selfone van lewe en dood minder verstaan as ‘n kat van saffraan.

    Sam wil opsluit hê dat ding vir Maggie May geluk moet wens met haar verjaarsdag – gee nogals vir ding ewe getrou haar nuwe ouderdom en selfoonnommer (wat sal ding doen sonder sy slim sussatjie).

    Het Sam geweet ding se bene sal sommer swak raak by die lees van Sam se boodskap – die dat Sam klaar op die stoep op die tafel langs Magnus sit? Het Sam geweet dat ding sommer net daar op slag met sy rug teen die muur af sal gly en gatklap boude eerste met die sementvloer kennis maak, bene lankuit voor hom, oë in hulle kasse verstar, gefokus op fok weet wat doer ver by die plaashek?

    Asof in ‘n dwaal soek-soek ding vir Maggie May in die warboel van gedagtes en herinneringe. En al wat sin maak, is om hierdie dag af te vat, om ding se hare af te skeer, kaalkop af, vir Maggie May; dan die lewe net vir vandag in ding se twee hande te gryp en hom met mening en drif en geweld en passie roekeloos flenters op te lewe – vir Maggie May.

    Maggie May, ding wil jou onthou soos ding jou gesien het 13 jaar gelede, vir die eerstekeer. In daai tipiese staatsdienskotskantoor het jy net so min gepas as ‘n Vogue-model op ‘n ashoop. Jy was lank; fok, jy was LANK. Die langste vrou wat ding nog gesien het. En die grootste, mooiste diepbruin oë. Die eerstekeer dat ek jou oë gesien het, het die onsekerheid, verskuil agter selfvoldaanheid, my opgeval en ek het gedink: vir julle wil ek sien as julle skaamkry; selfbewus is, want dan gaan julle op julle mooiste wees. Het ek jou dit ooit gesê, Maggie May? (ek weet ek het nie)

    Ek wil nie jou oë onthou soos ek hulle die laaste keer gesien het nie, en God, dit is al wat ek onthou. Die onsekerheid wat plek gemaak het vir moegheid; die selfvoldaanheid wat verander het in dapper, moedige deursetting. Daardie laaste diep kyk van jou, Maggie May, die dag in Desember 2006, toe ek jou gaan groet het – die groet netjies verskans in net nog ‘n besoek, al is dit onverwags. Maar ek en jy, Maggie May, ek en jy het geweet, daai dag, dis die einde van ons pad. Daardie kyk van jou, asof jy foto’s neem met jou sielvolle bruin oë, wat my koester – hoe sal ek dit ooit vergeet? Tussen al die praat deur daai dag het ek gedink jy is ‘n meesterlike aktrise. Maar met daardie kyk van jou het ek geweet dit is so: jy sien ook die skrif teen die muur soos ek. Niks van jou gesproke toekomsplanne is realisties nie. Jou liefkosende oë het afskeid geneem soos niemand nog ooit van my afskeid geneem het nie. Geen hand het al ooit in my lewe oor my gestreel soos jou oë op daardie oomblik gedoen het nie. Het ek voorheen erken dat ek dikwels jou liefde vir my in jou oë kon sien? (ek weet ek het nie)

    Ek wil jou bene onthou soos ek hulle die eerste dag gesien het. My ou kykers het al baie bene gesien … en waardeer. Maar perfekte bene aan ‘n volgroeide, volwasse vrou? Joune sal altyd die maatstaf bly – jy, die vrou met die perfekste bene – en eindeloos lank. Kan ek die troetelglimlag nie help nie – net die gedagte aan jou bene laat my onthou wat my bar vriend gesê het – sy opmerking: die enigste fout met sulke bene is dat hulle nie om manman se nek is nie – en my gedagte dan telkens – hmmm…. Broere, sal jy nie weet of daai bene al om my nek was of nie! Van al my Lady kollegas was jy altyd die enigste wie deur al die jare ‘n mini met smaak kon dra – ten minste het ek jou dit gesê. Maar wat ek jou nie gesê het nie, was hoe die trane gestroom het die dag toe jy my bel en vertel jy moet nou besluit: moet jy jou been laat gaan en die lewe daarsonder

  64. 64

    Dellie said,

    Ja Sammi, ek onthou…😦

  65. 65

    Pienk Zuit said,

    oi vey! Hierdie hele storie klink soos ‘n skooldogter wat verlief raak op ‘n tv karakter en dan geskok is wanneer die huisgenoot ‘n artikel plaas oor sy laaste skande.

  66. 66

    Nelba said,

    Dit hele issue pla my nie. Maar dan was ek ook nie so nou betrokke by mense nie. Ek vermoed elke blog is ‘n manifestasie van verskeie fasette van dieselfde persoon se karakter. Maar selde almal. Al deel ons met mekaar aspekte van ons lewens is dit tog onmoontlik om alles te deel. Dis wat mense so ongelooflik interessant maak. NIEMAND is eendimensioneel nie. Mense met meer as een identiteit bloggewys split bloot daardie fasette. Of dis dan my teorie.

    Bv Ding. Die karakter is een wat empatie wek by die meeste mense en hulle op hulle gemak gestel het. Ek dink sy denkwyse is baie oorspronklik en ek vind aanklank by meeste van sy standpunte. Ek sou nie omgegee het om self die vermoë te hê om so iets te kon skep nie. Maar ek het nie. En ek wil nie. (Eenvoudig gestel: Ek bereik wat ek wil met my blog as ekself.) Wat vir my wonderlik was is dat Ding (die karakter) betrokke geraak het by mense. Ding kon mense laat goed voel oor hulleself. Is dit ‘n sonde?Ek hoop die skepper van Ding hou aan skryf in watter formaat ook al. Ek sal bly lees.

    Self het ek twee blogs – een Engels en een Afrikaans. Soms is ek te lui om in te log en dan comment ek as nelba (my naam) en soms wanneer ek wel ingelog is, comment ek as vygie. Dit het wel al verwarring geskep en ek het my settings nou verander om net nelba te wees.

  67. 67

    Pagoda32 said,

    So jy’s Vygie?
    Hoe kon jy ons so bedrieg! LOL!😉

  68. 68

    […] het ek aanvanklik glad nie verstand wat die inskrywing op kaalkop beteken nie. Maar toe ek danksy Dellie agter die kap van die byl kom was my eerste reaksie: Wow Cool! Ek respekteer Dellie se emosie oor […]

  69. 69

    Nelba said,

    Pagoda, nee jong nou is ek liewers oorversigtig!🙂

  70. 70

    Paula said,

    Nee kyk, ek weet nou nog steed nie wat op die blogs aangaan (of wat aangegaan het)(of wat nog aangaan nie).

    Miskien is ek ook te naief??

  71. 71

    Karoles said,

    Ek het my blog toegemaak nadat daar ‘n donker wolkie oor gekom het … en daardie donker wolkie het my lewe die laaste twee weke hel gemaak. Ek het agtergekom dat hier baie siek mense in ons samelewing is, en ek is nie opgewasse daarteen nie. Ek sal nie weer blog nie. Ek lees gereeld orals blogs, hier is ook baie oulike mense en ek het al baie geleer by ander, maar dan kry jy net daai een … daai een wat jou target … Ek het al hoeveel mails na wordpress gestuur, maar hulle doen niks omtrent dit nie, en hy gaan net aan en aan en aan …

  72. 72

    […] was ook die keer wat ek soortvan verplig was om myself aan die blogpolisie te verduidelik.  Dellie het die post geskryf wat almal se gevoelens saamgevat het oor verskeie blogname.  Ek was darem […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: