Lente? Waar?

Is die Lente daar by jou? Stuur bietjie van dit hierdie kant toe asseblief?

Advertisements

21 Responses so far »

  1. 1

    WhiteKnight said,

    Hello Dellie

    As jy vanoggend koud kry dan weet jy dis die eerste dag van die lente in Suid-Afrika. Jy het niks om oor bekommerd te wees nie en jy is nog steeds in die regte land en nie ontvoer deur die nag nie. 😆

    Lekker koffie en daai koekies 😉 is wat die dokter voorskryf vir jou vandag.

  2. 2

    Adrie said,

    Dellie

    Sal ‘n foto ook help?

  3. 3

    Dellie said,

    More julle,

    Whitknigt, jy sal nie glo nie, maar ek het reeds gister toe die wind so droewig om die hoeke huil, ‘n bakseltjie van daai koekies gemaak! En dis al wat my deur hierdie dag gaan kry! 😉

    Adrie, ja, ‘n foto sal ook help… dis rerig nog vaal hier by ons, en vrek koud! 😦

  4. 4

    BB said,

    Ek wou ook die pienk lentedag rokkietjie ding doen – nou’s ek in ‘n jas en ‘n ‘bersie – en…. ja 😦 – oh well, hulle sê ons kan teen die naweek darem begin ‘tan’ 😀

  5. 5

    nickeybotha said,

    Ai dellie ja ja ek weet dis koud maar kom ons sien dit as positief darem is die datum al nader aan die somer:-)
    Hmmm gepraat van die koekies sjoe ja dit sou my ook gehelp het…. Maar nie vir die wintervetjies nie……… nie vir myne nie:-)
    Lekker dag vir jou ek hoop regtig jou dag is great! En dalk kom sing die voëltjies vir jou ook dat die veld vrolik is.

  6. 6

    EK het ook so gevoel vroeer vanjaar toe die lente hier net nie wou aanbreek nie en vandag begin die herfs alweer hier! Ek sien so op teen die koudkry!

  7. 7

    Tersia said,

    Sorry Dellie, maar hier is net stof en rook…. Ek wens die helle wat die wereld so aan die brand steek se vingers wil brand!!

  8. 8

    Roer said,

    Lente?! Nee, ek bibber nog voort. Gister in ‘n restaurant op Vishoek se strand gesit en gedink dis Oordeelsdag of ‘n Tsunami soos daai see tekere gegaan het. Winter is baie lekker voor ‘n kaggelvuurtjie met ‘n Milo in die hand, maar heng, ek is nou OP gewinter. Op ‘n positiewe noot, die koue pla bleikbaar nie die plante in my tuintjie nie. Vanoggend toe steek die mooiste blomme al hulle koppies uit. Ten minste het hulle besluit dis Lente en basta!

  9. 9

    boendoe said,

    Gmf…nee, tot hier by ons is dit maar mislik!

  10. 10

    Emil said,

    Wil jy lente-sneeu hê!

  11. 11

    Bottertjie said,

    Die son die skyn, die voëltjies die sing, die blommetjies: almal weggewaai, maar lente het ‘n ruk terug by ons begin. Die naweek het ons gevrek van die hitte. Die wind het eers gister begin waai hier. Baie veldbrande, lug sommer so bruin van al die stof, maar die son die skyn, die voëltjies die sing…Dis heerlike lente, die winter is verby…

  12. 12

    Zee said,

    Brrrrrrrrrr en ek kan alweer nie jou prentjies sien nie 😉

  13. 13

    Kokkewiet said,

    Ja-nee Dellie, hier is dit ook pure winter vandag met geen teken van lente nie.

  14. 14

    Dellie said,

    Ag ou Bottertjie, hoe kom jy hier ingehuppel nes ‘n sonstraaltjie! 😆 Maak my skoon jaloers. Ons het darem sonskyn, maar die wind waai yskoud. Sien, ons kry baie selde die sneeu – al wat ons kry is die winde wat die koue saambring!

    Zee, jou comment pas 100% by die prentjies! 😆

  15. 15

    Sandra said,

    Het ten minste so 20grade ekstra as julle wil he. Dis sal ons nog steeds los met ‘n heerlike herfs van 20+

  16. 16

    Dellie said,

    Stuur Sandra, stuur asseblief! My tone is so koud dat ‘n wikkel in warm sand nou hemels klink… :mrgreen:

  17. 17

    TristonJ said,

    😆 ek kan waarlik nie nou dink aan een lentedag wat waarlik warm was nie?!?

  18. 18

    Dellie said,

    Weet jy TristonJ, vanmiddag het ek ook vir iemand gevra of hulle ‘n rerige lekker “lentedag” kan onthou… en nie een van ons twee kon nie! 😆 Miskien moet “lentedag” skuif na 1 Oktober? :mrgreen:

  19. 19

    Emil said,

    Lente kom, lente kom … iewers. Die son gaan wees skyn … eendag. Intussen geniet ons nog maar die knoesige inkruip onder dik komberse met kampeersokkies om die tone warm te hou. Maar die lente kom, die lente kom.

  20. 20

    pluim said,

    Hier by my het ons al amper somer.

  21. 21

    Dellie said,

    Pluim, vandag voel ook amper soos somer by ons! Ek is by die werk met somers nagklere – ons max is voorspel op 30 grade…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: