Pssst! Gehoor van die nuwe add-on?

Ek het onlangs by Facebook aangesluit, hoofsaaklik omdat dit makliker is om my seun se foto’s te sien. Hy laai dit sommer daar en spaar die moeite om dit nog vir my te e-mail. Dit vreet in elk geval aan die tyd wat hy tot sy beskikking het om op die Internet te wees, en aan my cap vir die maand as hy dit e-mail.

Toevallig kom ek gisteroggend op hierdie tong-in-die-kies artikel af, en toe onthou ek, ek is ook op Facebook!  Ek het toe bietjie daar gaan rondkrap. Maar o wee, daar is darem maar baie goetertjies en dingetjies! Ek kan nogal verstaan hoe iemand vir ure of selfs dae daar kan “wegraak.”

Ek leer maar so stadig wat alles daar aangaan. Die tyd is ook nie altyd daar om alles te ondersoek nie. Daar is ander dinge soos werk, eet, slaap en liefde, wat ook my aandag opeis. So die ouens wat my al ge-invite het na groups, en wat my uitdaag vir water-gevegte en vir my plantjies stuur… net bietjie geduld, asseblief! Eventually sal ek by wees. Ek is darem al iemand se pet!  Hie-hie!

Uhm, hierdie artikel is beslis van toepassing op sommige mense. Maar moet nou nie die dam onder die eend uitruk nie, lees dit met ‘n oop gemoed – dis veronderstel om snaaks te wees. Wel, dit was flippen snaaks vir my!

Facebook adds new “Life” plug-in, warns of Poke eyeball risk

NEW YORK. The developers of the popular social networking website Facebook say users have responded cautiously to its latest application. Called ‘A Life’, the new add-on allows users to upload food and beverages into their stomachs, explore realistically rendered environments, and interface with fellow users by means of sound-based exchanges of data called “talking”.

Head developer Dexter Dorque said that the application was the most exciting thing to come out of Facebook since its immensely popular ‘Bonk Blanche or Do Dorothy?’ plug-in, which had allowed users to test how sexually compatible they were with the stars of The Golden Girls.

“Facebook users seriously need to get ‘A Life’,” said Dorque.

He conceded that it had been easy for users to get by without ‘A Life’ until now.

“We at Facebook took the awkwardness out of socializing, allowing you to have thousands of friends without ever having to meet anyone who might be judgmental of your habits, personal hygiene, your long silences or your collection of porn and hunting knives.”

However, he said, the new application was already revolutionizing the social networking industry.

“The technology is incredibly complex, but in a nutshell users export their personal profile out of their workstations – a process we call ‘going outside’ – after which they meet other users and do ‘talking’.

“They do this by making units of data called ‘words’ that are then transmitted directly into the brains of other users.”

However he warned that there were still some glitches that needed to be ironed out.

“Users should not attempt to transmit anything other than ‘words’ into the brains of other users,” he said.

He explained that while it was possible to transmit a finger or a kebab into another user’s brain, it usually coincided with severe injuries and permanent brain damage.

“We therefore urge our users not to try to Poke their Friends in their emoticons, as we have had reports of eyeballs being popped out and smiley-face emoticons turning into sad-face emoticons.”

But he insisted that the overall package was “too good to miss”.

All I can say to Facebook users is: please, get ‘A Life’.”

Gelukkig het ek alreeds ene, en dis ‘n wonderlike add-on. Hie-hie, ek skat as ek dit nie delete nie, sal ek veilig wees?

Bron

Advertisements

20 Responses so far »

  1. 1

    nickeybotha said,

    More more

    Ja ek het ook die facebook storie probeer maar ja wat n teleurstelling.. Ek het my profile delete en eerder mense ontmoet face to face en nie via n book nie:-) dis tonne beter. Dalk het ek nie die werking lekker verstaan nie.
    lekker dag vir jou
    N

  2. 2

    boendoe said,

    Ja, die wonder van Facebook ontsnap my ook nog. My kinders kan vir ure op Facebook sit en…ek weet nie wat doen nie. Ek is heeltemal konfoesd met al die Karma’s, plantjies en so meer wat na my kant toe gestuur word. Dellie, miskien moet ons op mekaar oefen! Ek is te bang ek vergat my naam, maar siende dat jy in dieselfde bootjie is… 😉

  3. 3

    boendoe said,

    O ja, ek wou nog byvoeg: Facebook is great in die sin dat dit mense weer in kontak kan bring. Twee van my ou skoolvriende kon my darem so in die hande kry. Dis waar dit gestop het: ons weet van mekaar, ons is “Facebook-vriende” en sal mekaar dus vir reunies kan kontak. 😆

  4. 4

    flippiefanus said,

    Ek ervaar facebook ook soos julle. Het aangesluit omdat ek iemand se foto’s wou kyk. Gedog dis mos nou die nuutste in ding om te doen, maar het gou agtergekom dis eintlik ‘n pot strooi wat vir tieners bedoel is. Die klomp eiers en plantjies is darem vir my net te oppervlakkig. Het wel al ou vriende so opgespoor maar meeste van hulle het ek nou anyway nie regtig meer iets mee in gemeen nie. So hulle is ok nou maar net daar.

  5. 5

    Emil said,

    Ek is ook op Facebook, maar vir die foto’s. Ek het my profiel so aangepas dat ongure en ongewenste karakters niks kan sien sonder dat hulle ‘n vriend van my word nie. Verder blok ek soveel as moontlik van daardie presentjies en dinge waarmee jou gou of klap. Dis bloot net nog ‘n kommunikasie medium vir my. Soek my gerus … ek is die duiker 😉

  6. 6

    krista said,

    Ek is ook op limited profile, so ek kry nie uitnodigings vir plantjies, kopers, verkopers, fights en so nie. Dis cool.

  7. 7

    Flippen funny artikel! Ek het met facebook ‘n paar ou vriende opgespoor en ek sit ook net my pics daar vir mense want dis te groot om alles te mail!

  8. 8

    Eben said,

    Gie gie gie ek het gesien daar is so mooi ligte koppie op Facebook, en nooit geweet dis jy!!! 😆

  9. 9

    Dellie said,

    Ek het nog geen ou pels opgespoor nie. Maar ek het ook nog nie vreeslik probeer nie!

    Nickey, ek sal jou laat weet as ek dit uitgefigure kry. 😉

    Flippiefanus, soms het mens so bietjie oppervlakkige pret nodig om te ontsnap van die werklikheid. Maar ek sal jou nie poke nie, belowe! :mrgreen:

    Emil, ‘n duiker seg jy? Ek sal jou kom soek. 😎

    Boendoe, ek dink dis ‘n blink plan. Ek is ook bang vir daai vergat storie. :mrgreen:

    Krista, limited profile? Ek sal gaan soek, dit klink vir my of dit kan werk. 😉

    Ja Ebie, ek is die blond met die confused uitdrukking! 😆

  10. 11

    Nelba said,

    Lekker post die! Ek het nog nie Facebook probeer nie. Het genoeg sonde om by die vrinne wat ek het uit te kom…

  11. 12

    Wipneus! said,

    Ek moet ook Limited profile gaan soek! Ek gee nie baie aandag aan my facebook nie! Maar ek het darem al vir jou opgespoor Dellie 😆

  12. 13

    Paula said,

    Ek is maar dom met Facebook … te deurmekaar vir my 🙂

  13. 14

    netjane said,

    Ek’s ook ‘n Facebooker. (het selfs die duiker opgespoor!) 😉

  14. 15

    Dellie said,

    Ek sien toe nou dat ek ook soos Emil geconfigure is – net friends kan my goete bekyk. Dis OK. Wat is limited profile dan? Verskil dit van wat ek reeds het? Krista? Help asb? :mrgreen:

    Ja Wippie, die een lekker sover is dat ons mekaar al gevind het daar. Ek en Boendoe het al selfs gechat! Cool!

    NetJane, het jy vir ons ‘n paar tips?

  15. 16

    meermin said,

    Dellie ek het ook Facebook maar gaan bitter min daar in! Die werk blok dit ook in elk geval.

    Lekker dag verder.

  16. 17

    King said,

    Altyd lekker om by jou te lees.
    King

  17. 18

    Jasper said,

    Facebook, Love it or loathe it..

    Ek gebruik dit so af en toe. Aan die begin was dit lekker… tot die novelty bietjie uitgewas het

    Nou is dit net nog ‘n gimmick…

  18. 19

    Da Mario said,

    Lol, baie snaaks!
    Stuur my ‘n invite oraait Dellie… 😉

  19. 20

    Kokkewiet said,

    Ek is ook daar. Het ook maar net geregistreer om ou vriende op te spoor en nou kuier ek maar so met familie ook wat ver is!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: