Geluk is…

… ‘n sonsopkoms met ‘n beker koffie in my hande terwyl ek luister hoe die wêreld wakker word.

… die kalmerende geluid van reën op ‘n sinkdak terwyl ek snoesig in my  geliefde se arms lê.

… ‘n worshond se onvoorwaardelike liefde wanneer hy sy nat neus teen my  wang druk.

… die wete dat my kind gelukkig is.

… wanneer ek die beste doen in my werk, en werklik ‘n verskil maak in iemand se lewe.

… tye saam met my geliefde wanneer woorde heeltemal oorbodig is – die verstaan is maar net daar tussen ons.

… musiek wat so met my siel praat, dat trane oor my wange loop sonder dat ek dit besef.

… die wete dat Iemand groter as ek, elke dag Sy hand oor almal hou wat ek liefhet.

‘Skuus Marina, dat ek so lank geneem het om hierdie huiswerk te doen. Ek tag vir Eben en Hexi, om vir ons te vertel wat julle gelukkig maak.

12 Responses so far »

  1. 1

    Die Brein said,

    Baie mooi Dellie, ja veral die een ” die wete dat my kind gelukkig is”
    Shit my vrou is so siek van gister af, gisteraand met haar in die oggend ure hospitaal toe gejaag, maar vandag voel sy beter , ek het haar nou gaan haal.Weet nog nie wat is fout nie.

    Jou posting vandag is presies wat ek ook waardeer in die lewe.

  2. 2

    boendoe said,

    Is dit nie gelukkigste gevoel om te weet dat jou kinders oukei is nie? Die wereld kan maar om my vergaan, maar solank hulle happy is, is ek ok!

  3. 3

    BB said,

    Whoever says money can’t buy happiness doesn’t know where to shop😀 so, all I’m asking is the chance to prove that money can’t make me happy😉
    Alle grappies op ‘n stokkie… ek dink dankbaarheid en geluk loop hand aan hand – jy is nooit doelbewus bewús van een van die twee behalwe as jy ongelukkig is en dan moet iemand anders jou soms remind om iets te soek waarvoor jy behoort dankbaar te wees en die oomblik wat jy iets kan uitwys as rede vir dankbaarheid, bekruip geluk jou onverhoeds en maak homself weer tuis in jou.
    Oooohhhhhh, i’m soooo happy right now, i could eat a pig!!
    Al agtergekom as jy vir langer as 6 weke aaneenlopend gelukkig is, tel jy 3 kg’s op??!!😯 Sien, geluk is nie net ‘n emosie nie – dis ‘n flippen fisiese toestand!!! LOL!

  4. 4

    Paula said,

    Baie mooi beskryf🙂

  5. 5

    Karl said,

    Geluk is daai kort oomblikke in my lewe waar my hele binnekant lag. Kan enige ding onder die son wees wat dit veroorsaak.

    Na gelukkige oomblikke, spoel daar gewoonlik ‘n gevoel van behaaglikheid oor my. Lekker.

    Dellie, jy sit lig in my dag. Dankie
    Karl

  6. 6

    CLAZINE said,

    Haai Dels,

    En dan natuurlik “….Sy Groot Genade” vir almal van ons!

    Mooi dag vir almal

  7. 7

    Roer said,

    Wat ‘n pragtige lysie Delsch.

  8. 8

    Tersia said,

    Pragtig Dellie!! Ons nuwe huis gaan beslis ‘n sinkdak he! (Dalk sal dit voorlopig die container wees….) Ek dink ons het ons misgis met boukoste! Maar, ek worry nie oor die container-dak ren nie! Ek het al begin tuin beplan, plante en klippe aangery en is baie opgewonde!

  9. 9

    Zee said,

    Jou Geluk is….. pragtig Dellie!! Ek vind ook partykeer dat woorde so oorbodig is wanneer ek gelukkig is by my wederhelfte… dis so asof ‘n mens weet wat die ander een dink…

  10. 10

    DORPER said,

    Om te dink , dis die simpel dinge in die lewe wat eintlik die gelukkigste maak.

  11. 11

    meermin said,

    Lekker naweek vir julle.

  12. 12

    Koekie said,

    Geluk is……. die “paytjek” aan die einde van die maand….hehehe, ag nee ek’s nou sommer laf.🙂

    Dis pragtig Dellie. Jou lysie som alles op wat vir my ook geluk beteken.

    Lekker naweek.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: